ʼn Kort begrip van ons laaste vyftig jaar

Die bekende foto van FW de Klerk en Nelson Mandela wat hande omhoog hou ná die eerste presidensiële inhuldiging in 1994 Foto: Reuters

Die bekende foto van FW de Klerk en Nelson Mandela wat hande omhoog hou ná die eerste presidensiële inhuldiging in 1994 Foto: Reuters

Prof. Hermann Giliomee, gerespekteerde historikus, het op 8 Oktober by ’n byeenkoms van AfriForum in Pretoria gepraat oor die foute wat tydens die vroeë jare negentig tydens die onderhandelingsproses gemaak is. Hier volg sy volledige toespraak. – Red

1. Drie vereistes vir voortbestaan

Met die steun van Idasa het ek in 1989 ʼn konferensie in Bonn, Duitsland gereël waarheen akademici en joernaliste genooi is wat besig was om aan die onderskeie konflikte in Suid-Afrika, Israel en Noord-Ierland te werk. Ek het daarna die konferensieboek, The Elusive Search for Peace: South Africa, Northern Ireland and Israel (1989), saamgestel waarin hul bydraes verskyn het. In ʼn slothoofstuk het ek my indruk gegee van wat nodig is vir ʼn standhoudende skikking in enige een van die drie lande.

My boek, The Last Afrikaner Leaders: A Supreme Test of Power (2012), wat julle [AfriForum] my gevra het om vandag te bespreek, is in ʼn sekere sin ʼn aanwending van die skema wat ek begin ontwikkel het in die konferensie van 1989 en die redigering van The Elusive Search for Peace.

Die skema lyk so:
(i) ʼn Beskermende Buitelandse Moondheid (BBM) wat ʼn waarborg bied in geval van ʼn historiese skikking en onderneem om dit af te dwing (finansiële sanksies indien een van die partye nie by die skikking hou nie) of aan te moedig (lidmaatskap van die Euromark, soos later aan Spanje beloof is indien dit ʼn demokrasie word). Die VSA speel hierdie rol in Israel en Westminster (Londen) in die geval van Noord-Ierland. Die Nasionale Party-regering het gekies om nie só ʼn BBM te betrek nie. In retrospek was dit ʼn flater om alleen te onderhandel. Dit is onmoontlik vir ʼn regering om orde te handhaaf en terselfdertyd doeltreffend mag in ʼn toekomstige bestel te beding en diegene in die geledere van die onderhandelingsvennoot vas te vat wat ʼn kompromis ondermyn.

(ii) ʼn Ideologie by die groep wie se mag uitgedaag word wat die ander kant se ideologie genoegsaam kan “akkommodeer” vir ʼn skikking, maar tog kernwaardes behou wat die eie kultuur na die oorgang tot ʼn nuwe bedeling kan onderskraag. In Suid-Afrika was Afrikanernasionalisme aanvanklik ʼn legitieme ideologie; apartheid was ʼn sekondêre, “operasionele” ideologie. Van die middel 1960’s af, het apartheid as ideologie oorheersend geword en dit het nasionalisme besoedel. Toe dit in duie stort, het dit nasionalisme saam ondertoe getrek. Maar: minderhede in SA kan moeilik die mas opkom sonder ʼn ideologie en sonder ʼn grondwet wat vir die land geskik is. Nie-rassigheid is heeltemal gediskrediteer deur die ANC self en so ook liberale demokrasie. Pierre Vandenberghe in The Liberal Dilemma (1979) waarsku die demokrasie in Afrika moet as die “groot alibi van Afrika-nasionalisme” beskou word. In die algemeen kan die Afrika-demokrasieë nie as liberale demokrasieë beskryf word nie. Ons Grondwet is besig om ʼn kwynende vyeblaar te word. ʼn Minderheidstaal soos Afrikaans kan net gehandhaaf word indien dit ʼn belangrike aspek van die sosiale identiteit van ʼn groot deel van sy sprekers is.

(iii) Versiende leiers in staat om noodsaaklike en selfs ongewilde kompromieë aan te gaan. ʼn Mens kan vandag hierby byvoeg: leiers moet aan hul volgelinge genoeg inligting verskaf om ʼn ingeligte en oorwoë besluit te neem wanneer hulle gevra word om groot leiersbesluite te bekragtig. Voorbeelde: Lincoln, De Gaulle, Churchill.

In die geval van Noord-Ierland is die krities belangrike referendum in 1998 gehou nadat die volle grondwet bekend gemaak is. Hierdie grondwet het vir verpligte magsdeling voorsiening gemaak. Lede moes aan die begin van die termyn hulle affiliasie (Unionisties/Protestant versus Nasionalis/Katoliek) bekend maak en moes vir die hele termyn daarvolgens stem. Geen besluit oor belangrike aangeleenthede kon sonder steun van albei kante geneem word nie.

Kom ons kyk kortliks na die verskillende Afrikaner-leiers binne die raamwerk hierbo uitgespel.

HF Verwoerd se leierskap 1958 – 1966

Dr HF Verwoerd

Dr HF Verwoerd

Wat Verwoerd wou doen:
(a) Wil die Suid-Afrikaanse ekonomie moderniseer deur massa onderwys vir swartes te verskaf, maar sonder dat dit ʼn radikaliserende politieke uitwerking op hulle sou hê. Dit is ʼn vaste patroon: hoe verder kinders op skool in standerds vorder, hoe meer radikaal raak hulle as hulle deel van ʼn onderworpe gemeenskap. Verwoerd kyk ook na die belastingbetalers. Volgens RFA Hoernlé, die voorste liberale denker in die land, was daar in die 1940’s baie min ondersteuning onder blanke belastingbetalers dat die staat die finansiële verantwoordelikheid vir swart onderwys van die kerke oorneem.

(b) Wil veilige politieke uitlaatkleppe skep vir swartes wat die hoër standerds bereik:
Verwoerd bied in 1950 volle selfregering in die swart woonbuurte aan. Swartes moes die geleentheid kry om al die werksgeleenthede self te benut en moes dus die soort onderwys kry wat hulle in staat sou stel om “ʼn volle lewe van werk en diens te verrig”. Die lede van die ontbonde NRC (onder wie ANC-leiers) het geweier: hulle wou direkte verteenwoordiging op provinsiale en nasionale vlak saam met wit mense hê. Wat sou gebeur het as hulle soos die onafhanklike vakbonde in 1979 die “halwe brood” aangegryp het? Dalk kon SA die uitmergelende stryd van die jare 1960 tot 1994 vermy het.

(c) Na swart leiers plaaslike selfbestuur weier, word die NP-beleid dat swartes slegs verteenwoordiging in tuislande kry: op die lang duur was dit fataal vir wittes. Die Nasionale Party (NP) wen geen swart of buitelandse bondgenote met tuislandbeleid nie, maar ANC wen Sowjet-Unie met sy steun vir “anti-kolonialisme”.

Die volgende punte was die swakhede van die Nasionale Party:

(i) ʼn Enkele persoon (Verwoerd) verteenwoordig die idee van apartheid. Maar daar was geen plan nie. Niemand ná hom kan die beleid oortuigend uitspel of in die praktyk in werking stel nie. Sy idee berus op foutiewe demografiese projeksies: daar was in 2000 uiteindelik 15 miljoen meer swartes as wat Verwoerd in die vroeë 1950’s verwag het.

(ii) Die party se onvermoë in meer as 40 jaar om belangrike aanpassing te maak. Die volgende het al meer nodig geraak:
• vrywillige assosiasie van mense en uitfasering van rasseklassifikasie (laasgenoemde eers in 1990’s);
• inlywing van bruin mense (vgl. Israel se relatief liberale hantering van die Arabiese-Israeli’s);
• afwenteling van mag en “magsdeling”. PW Botha verwerp in 1982 die voorstel van Buthelezi-kommissie vir magsdeling tussen KwaZulu-tuisland en Natal-provinsie;.
• swart plaaslike besture met voldoende hulpbronne.

Aan die ander kant was daar ʼn hoë ekonomiese groei tot in die 1970’s. Daarsonder sou Suid-Afrika ver agter gebly het.

John Vorster

John Vorster

John Vorster se leierskap 1966 – 1978

Vorster tot De Klerk in 1989 het almal aan Verwoerd se idee geglo, maar het geen ander plan beraam of aanpassing gemaak nie.

In 2010 was Derek Keyes se woorde aan my: “Tuislande was van nul en gener waarde vir die Suid-Afrikaanse staat .”

Vorster glo indien hy swartes burgerskap van tuislande sou gee, sal hy hulle aanspraak op burgerskap en stemreg in SA afsny. Dít was ʼn groot en dwase dwaling.

Wit leiers het teen die 1970’s geglo dat internasionale kommuniste die grootste gevaar vir blankes inhou, drie keer groter as swart nasionalisme. Dit was die produk van massiewe self-misleiding. En gevolglik die fatale betrokkenheid by konflik in Angola vanweë obsessie om kommunisme te stuit.

Die kiesers was glad nie oor die oorlog ingelig nie. Een of twee politieke leiers se koppe moes hieroor gewaai het.

PW Botha

PW Botha

PW Botha se leierskap 1978 – 1989

Wiehahn-verslag en hervorming: Arbeidshervormings word wyd geloof, maar daar was min besef van groot historiese les: om vakbondregte voor politieke regte te gee is erg destabiliserend en sal ʼn land lank kortwiek in sy ekonomiese groei. Dit strem die ekonomie nou nog.

Botha sou egter nie die fout begaan wat in die 1990’s begaan is nie, naamlik om te ontwapen voor onderhandel is.

Wiehahn-hervormings is baie aangehelp deur die sterk sakeleier, Wim de Villiers (van Gencor) wat deur sowel PW Botha as Fanie Botha, die betrokke minister, vertrou is.

Die politieke onderhandelings van die 1990’s word gekenmerk deur die afwesigheid van ʼn soortgelyke figuur. Ook die afwesigheid van kenners van Afrika en van kiesstelsels, maar die belangrikste van alles: die afwesigheid van ʼn kenner van die strategieë en tegnieke van onderhandelings. Iemand soos Johan Liebenberg, onderhandelaar van die Kamer van Mynwese in die 1980’s wat dikwels met Cyril Ramaphosa kragte gemeet het.

Nasionale Party-onderhandelaars moes van meet af aan leer. Soos Roelf Meyer aan die joernalis Patti Waldmeir gesê het: “Dis nie iets wat jy in handboeke leer nie.” Moeilik om te begryp waarom FW de Klerk nie buite die koukus wou gaan om top onderhandelaars en top strateë te kry nie.

FW de Klerk

FW de Klerk

FW de Klerk se leierskap 1989 – 1994

De Klerk wou nie die militêres met hul kennis van teen-rewolusionêre oorlogvoering as raadgewers gebruik nie. Hy het gou die militêres vervreem deur die Gesamentlike Bestuurstelsel, wat die opstand in die 1980’s effektief onder beheer gebring het, op die kantlyn te skuif. Onstabiliteit in die townships van 1990 tot 1994 is nie onder beheer gebring nie, en die ANC het beheer oor die townships verwerf. Dit is bitter moeilik om só te onderhandel.

De Klerk het van die eerste maande as president militêre uitgawes gesny en die periode van diensplig met die helfte verminder. Hy wou daarmee die sein gee dat die staat nie wil veg nie. “Everything was staked on getting a politcal settlement within 1 to 3 years.” Daar was geen terugvalposisie nie.

Asimmetriese konflikte: Suid-Afrika was hiervan ʼn voorbeeld. Ook Vietnam, Irak en Afghanistan. Die een kant het die militêre oorhand en die ander kant het die morele oorhand (en het sterk steun binne die geledere van sy opponent (die elite in die wit gemeenskap in die geval van Suid-Afrika).

Die militêr-sterker party se wil om te veg, kwyn en die siening kry in hul geledere oorhand dat omdat stryd immoreel is, is dit ook ʼn verlore stryd. Uiteindelik het die VSA die wil verloor om aan te hou veg. Dit was ook die patroon in talle anti-koloniale stryde. Ook in Suid-Afrika.

Dit is veral ook waar van akademici in Suid-Afrika in die 1980’s. Die meer rasionele faksie onder regses in 1980’s het ʼn veel meer realistiese verwagting gehad van hoe die land vandag onder die ANC-bewind sou lyk, as die meeste akademici in die fakulteite van sosiale wetenskappe gedurende die 1980’s (sien meningsopname onder plattelandse blankes onderneem deur Pierre Hugo in laat 1980’s).

Daar was by akademici wat die ANC gesteun het, ʼn groot dosis romantiek saam met die brandende begeerte om van die skuldlas van apartheid ontslae te raak. Hierdie akademici wou “aan die regte kant van die geskiedenis wees”. Dit is iets wat enige persoon wat iets van die geskiedenis weet, met groot agterdog moet bejeën.

Die groot les van ons tyd is deur Vernon Bogdanor, politieke wetenskaplike van Oxford geformuleer: “Divided societies that have attained stability have all adopted a model of government whose essence is the sharing of power. Some kind of power-sharing has been a feature of governments in all societies that have successfully overcome their internal divisions.” (Daedalus, Spring 1997)

Die Nasionale Party onder De Klerk streef ook hierna, maar gooi tou op in September 1992 met die Record of Understanding. Die veel groter behoefte by die NP-leierskap was om met ʼn skikking morele respek te probeer terugwen.

Die NP het sy ideologie verloor. Die party het toegegee aan die ANC se definisie van die stryd dat dit suiwer om die immorele beleid van apartheid gaan en dat ʼn gewone meerderheidsregering normaliteit (en moraliteit) sal herstel. Die party het nie probeer om die definisie van die stryd om te draai en daarop te wys dat dit oor die totstandkoming van ʼn doeltreffende staat handel wat vir stabiliteit en werksgeleenthede kan sorg nie.

Die NP het sy band met die kiesers verbreek (ʼn mens kan dit ook sterker stel). Die 1992 referendum het bloot oor die proses gehandel; die NP hou nie sy belofte dat hy ʼn tweede referendum sal hou as die onderhandelde grondwet te ver afwyk van sy beleid wat hy in September 1991 aanvaar het nie (ʼn roterende presidensie en ʼn tweede huis waarin minderhede oorverteenwoordig sou wees en wetgewing sou kon blokkeer wat hulle benadeel). Uiteindelik was daar geen magsdeling en wigte en teenwigte soos die NP beloof het nie.

En uiteindelik was daar geen doeltreffende beskerming vir minderhede nie. Daar was die Grondwet en Grondwethof, maar teen 2009 het die ANC die stryd gewen om die meerheid ANC-gesindes in die Regterlike Dienskommissie te kry, wat die aanbevelings oor die aanstelling van regters by die president maak. Volgens een goedgeplaaste bron is daar nou ʼn 16 teen 7 ANC-gesinde meerderheid.

ʼn Mens weet nie tans meer of diskriminasie teen minderhede nog diskriminasie is en of die nasionalisasie van grond nog nasionalisasie is nie.

2. Huidige posisie Afrikaanse mense

Daar is ʼn algehele afwesigheid van leiers onder Afrikaanse mense en ʼn afwesigheid van ideologie wat lei tot ʼn verswakkende staat, maar daar is steeds baie sosiale kapitaal met organisasies soos die Solidariteit Beweging en private kanale soos kykNET wat hulself vir Afrikaanse mense beywer. Die kanse vir bondgenootskappe is ook baie sterker as tien jaar gelede.

3. Paraatheid

Lees, dink, skryf, leer en onthou dat sonder ʼn sterk historiese besef en ʼn aanvaarbare ideologie, kan geen minderheid homself handhaaf nie.

Hoe lyk só ʼn ideologie?

Afrikaners (en daarmee word bedoel almal wat hulle met die groep identifiseer) vorm ʼn nasionale minderheid (soos Vlaminge of Jode in die VSA vandag), maar nie die soort minderheid wat eens gestigmatiseer was soos die sigeuners of swart mense in die Amerikaanse Suide nie. ʼn Nasionale minderheid is ʼn politieke kategorie, een wat sterk deur sy kultuur gerig word. Mense neem verantwoordelikheid vir hul taal en kultuur.

In teenstelling hiermee beklemtoon liberalisme die individu en sy materiële belange, terwyl kommunistiese klassebelange voortbestaan.

Nasionale minderhede wil nie eksklusief of dominerend wees nie. Dit soek vreedsame saambestaan in ʼn nasie-staat deur die onderskrywing van ʼn (liberale) grondwet.

In Europa word toenemend besef dat nasionalisme nie noodwendig die probleem is nie, maar eerder die miskenning van nasionale minderhede se regte. Sien veral die werk van Tom Nairn, wat eens een van die voorste sosialistiese teoretici in Brittanje was, in sy boek, The Break-Up of Britain (1981).

Minderhede in Suid-Afrika het te veel potensiaal en energie om onderdruk te word en onder druk te bly.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Hermann Giliomee

Hermann Giliomee was 'n professor in politieke wetenskap aan die Universiteit van Kaapstad. Hy skryf gereeld oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis en kontemporêre politiek. Hy woon tans in Stellenbosch.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Naas Viljoen ·

Prof Gilomee is ‘n intelektuele denker en ook ‘n gentleman. Hy som die geskiedenis mooi en akkuraat op. Sy relaas oor wat onder FW de Klerk gebeur het is netjies saamgevat. Omdat hy so ‘n ordentlike mens is sal ek dit meer inkleur – de Klerk het sy mense verraai. Niks wat hy of ander ter verdediging sê kan hierdie feit wegpraat nie. Soos Prof Gilomee tereg noem is die belofte van ‘n tweede referendum wat sou volg na ‘n mislukte onderhandeling, nie nagekom nie. Met die tussentydse grondwet op die tafel (wat basseer was op ‘n een-man-een-stem eenheidstaat) sou die tweede referendum ‘n oorweldige Nee-stem opgelewer het. Dit sou die ANC en NP onderhandelaars dwing om ‘n sinvolle debat te voer.
Die mislukte SA van 2014 is die gevolg hiervan.
Hoor ek iewers iets van geweld en opstande in so ‘n geval na 1992? Toemaar, die NP was toe nog in volle beheer van alle Veiligheidsmagte en staaskas.
Daar was genoeg tyd vir konstruktiewe onderhandelings.

Shannon ·

Hermann ek het waardering vir jou mening. Aan die een kant is so `n opsomming noodsaaklik want dis `n soort oefening in ‘due diligence for posterity’ wat die feite vir die anale vaspen. Aan die ander kant – met alle respek – vertel dit ons wat almal reeds weet. Nietemin, dit is noodsaaklik.

Ek het egter `n yslike probleem met beide akademici en die man op straat wie tot vandag toe nog glad nie besef dat nog die Afrikaner nog die belange van wit mense op die kontinent van enige werklike belang was vir enige buitelandse moondhede of individue. In elk geval nie tot `n beduidende mate nie. Die Afrikaner was, dood eenvoudig, nie belangrik genoeg nie en begrip vir die kritiese teenwoordigheid van `n westerse standaarde in Afrika het begin kwyn reeds lank voor die Amerikaanse simpatie vir Israel begin afneem het. En in baie opsigte was beide die Afrikaner sowel as sy sg. leiers juis uitoorlê deur die proponente van die wêreld wye verlingsing. Helaas, dit was ook die lot van Frederick Willem De Klerk.

Met bogenoemde in gedagte, was dit vir my snaaks – en frustrerend – dat blanke mense in hul hordes volstrek geweier het om te erken dat hul National Party reeds in die middel 80’s hardkoppig en arrogant op `n rampspoedige pad begin voort stu het. Ek dink dit moes aan enige individu met halwe verstand tog duidelik gewees het dat die NP se rekord reeds teen daardie tyd meer as kruppel was. Met sluwe maneuvers het hulle die groepsgebiede wette afgestel in gebiede waar die KP begin oorneem het maar tog nie in Waterkloofrif nie .. want dan sou hulle eie magsbasis van sluimerende Pretorianers dalk wakker skrik. En so het dit aangekarring .. tot en met druktyd toe daar nog geen gemoedsrus was in enige hart aangaande die versekerings vir toekomstige blanke veiligheid nie. Asof daar geen alternatief was nie, het die JA stem geseëvier en mens kon amper hoor hoe die boute en skroewe afval terwyl die ou regime karretjie voort jaag op `n baie rowwe pad.

En toe die voor die hand liggende (en uiteindelik ook onomkeerbare) gevolge aanbreek toe skeur die kamp. Die bitter einder ‘Young Turk’ bende van Roelf Meyer vertel tot vandag toe nog vir ons hoeveel ons het om oor yslik dankbaar te wees, terwyl ander met ewe groot verontwaardiging aanvoer dat die Afrikaner (blankes oor die algemeen) verraai was.
Ek glo dit is maar `n vorm van self beheptheid in beide gevalle.

Die Afrikaner was nie verraai deur F.W. De Klerk nie. Die Afrikaner het, met die begeleiding van hierdie man, homself verloën. En nou betaal sy kinders vir sy bespotlike strewe na gewildheid. Verkoop jou land aan chaos en in ruil kry jy `n Mc Donalds op elke hoek en deelname aan V.N. vergaderings.

Vandag is die leiers dood. Die konsep daarvan ook. Ons het wel heel party individue wie hoog en laag sweer dat deelname aan die Regering van Nasionale Eenheid die enigste opsie is wat oorgebly het vir die Afrikaner. En elkeen van hierdie individue is opbetaalde lede daarvan.

Pierre B. de Villiers ·

Ek kan nie glo dat julle steeds dink daar kon `n beter plan op die tafel gewees het nie. Die Anc/Pac ens. sou hierdie land in totale anargie laat verval het.
Die feit bly dat De Klerk in `n blik gedruk was deur die Amerikas en die Weste.

Johan Wiggill ·

Dit is presies wat die ANC/PAC/SAKP/Georganiseerde arbeid gedoen het sedert 1994. Sonder de Klerk se kapitulasie sou die anargie ten minste beheer gewees het.

Manie Maritz ·

Goeie aand ek dinkprofesor Gillomee soom dit alles mooi op.Ek dink die nasionale party en fw de klerk het die volk mislei , ek het gedink met die referenden sou ons n nee stemgekry het, maar hy F w. Die anc was beter voor berei op die onderhandeling met kodesa,. de Klerk het die blanke minderheid bedrieg en onervare en manne gestuur wat nie verder gedink het as wat hulle neuse lank was nie. Jammer ons kon nie die profesor daar gehad het as hoof van die NP regeerings se onderhandelbares nie. Ons ons Np. manne het ons in die steek gelaat. Ook toe die NP uit die twee party regeering uit getrek het. Ja FW de klerk het ons as blankes behoorlik verkoop vir n potjie lensie sop, weet nie hoehymet sy gewete saamleef nie. Tot so ver my kommetaar ons land salnooit weer so sterk land op ekonomiese vlak en militer wees nie.

Deon ·

Arme Pierre, ek kan nie glo jy het nog nie wakker geword uit die trans nie. FW was te lig vir die tydvak, hy is ore aangesit deur twee bosvegters. O ja, dit is hoekom hy die regte (te kompleks) versaak het om ‘n broedertjie se salaris te kry as voetsoldaat in die parlement. Mos lid sedert hy 27 jaar oud was. Soos pa en boetie (verligte dubbelagent). Nou ja ‘ons’ kan altyd vir roelfie blameer wat hy hoofonderhandellaar gemaak het. Nou alles geskiedenis. Kan hy berou betoon en deel word van volkselfbeskikkingstrategie? Dit sal darem te veel van ‘n man vat.

Pieter B Botha ·

Ek handhaaf die ekstreme siening dat ons voorgeslagte nie hul God vertrou het en die regte strategie vir nasiebou gevolg het nie.Die Afrikaner volkie het tot prooi geval van die stryd tussen die Hollanders en Engeland. Ek sien die probleem baie verder terug as Dr Malan,tot by FW de KLerk.Daar is vele voorbeelde in die geskiedenis waar boere en swart hoofmanne baie goed saamgewerk het en ook as goeie bure saam gewoon het.Kruger se isolasionistiese denke en die “volksvreemde” filosofie was die begin van die Afrikaner se ellende.Indien leef en laat leef gegeld het en die Afrikaner sy geloof in praktyk geleef het,integrasie toegelaat het,minder gepeuter het met natuurlike samesyn prosesse dan kon Suid Afrika vandag ‘n leier land in die geskiedenis gewees het.

Samuel j Steyn ·

Geagtes,
Hoekom het die destydse NP ‘s nie die besluit geneem voordat die mag oorgehandig is aan die ANC dat elke wit burger die vooreg moes he om terug te keer na sy / hy se Voor Vaderlande van waar hulle agter groot ouers afkomstig was. Die betrokke lande soos Engeland Holand, Duitsland,Scotland ens…moes dan volle verantwoordelikheid geneem het, en paspoorte sonder versuim aan ons uitgereik het en finasieel steun….Hulle was tog die lande wat gekla het en sanksies teen die oud Suid Afrika gemaak het….ja die wit mense moes n keuse gehaat het om terug te keer na hulle voor Vader lande….. en of ook ter enige tyd die land kon verlaat sonder enige beslommernis, Dit kan nog heidiglik gedoen word want die wereld kan sien veral die lande wat so teen die soogenaamde apartheid was kan sien in wat se situasie die mens in Suid Afrika nou moet lewe of is hulle blind….hulle moet nou Paspoorte vir al die wittes uitreik en Walla die probleem is opgelos…..

Nellie Price ·

Wonderlike nuus vir my,want ek is ook nou al n bietjie kop sku vir kras taal en verdoeming nog voordat n debat aan die gang kan kom!!

Frik Lotz ·

Die NP en FW de Klerk het die mense mislei en die land op n skinkbord aan die ANC gegee. Nou sit ons met die gebakte pere en moet ons as Afrikaners aan die agterspeen suig. Minderhede het geen sê meer nie en daar word getrap op minderhede se regte. Die enigste party wat veg vir minderhede se regte is die VF Plus. Die DA voel vere vir Afrikaners en ander minderhede en is in n dolle gejaag na swart stemme. Hul steun SEB, regstellende aksie en grondhervorming wat alles diskriminerend is teenoor minderhede. Tog stem Afrikaners nog DA. Hoe ironies! Mense het destyds toe oë agter die NP aangehardloop en nou doen hul dieselfde met die DA. Die ANC en DA verskil nie veel van mekaar nie en mense moet hul oë begin oopmaak. Dis tyd dat minderhede begin opstaan vir hul regte en sê: Genoeg is genoeg!

Danie Putter ·

Ek onthou nog goed van Kortbroek se EIE SKOLE, EIE GEMEENSKAPSLEWE, EIE WOONGEBIEDE se sessies op TV. Ek wonder net wat het hy met sy wigte en teenwigte gedoen. Het hy dit vir skroot verkoop om nou aan die lewe te bly nadat Pres. Zuma ook van hom vergeet het? Sal graag wil weet in watter woestyn bevind hy hom nou. Was die referendum uitslag werklik die ware getalle?

Shannon ·

Ek sien jy sensor al weer skattebol. Soek jy vir vloek woorde ?

MM Wiese ·

En hier dag ek al die “ja stemmers” is opgeraap of land uit . Die land oorgee het 50 of so jaar terug begin , langsamerhand . As die een prima puppet nie “on the dotted line” geteken het nie sou die”hulle” voor staatsdiensteetyd n ander “puppet” kry om dit te doen vir n ou geldjie . Die “hulle” wat die betalings doen moet ons geskiedkundige navorsing oor gaan doen . Die’ Geskiedenis

Hanno Visagie ·

Die Here het grense tussen nasies en tussen volke gestel, en verwag van ons om dit te eerbiedig (Hand. 17:26). Dit is ‘n voortsetting van die taalverwarring wat tydens die bou van die toring van Babel ingestel is (Gen. 11:5-8). Dit was verkeerd in die oë van die Here dat die Babiloniërs ‘n wêreldstaat met net een taal wou instel, daarom het Hy vir elke groep sy eie taal gegee. Hulle het uitmekaargespat en elkeen in sy eie woongebied onder sy eie regering gaan woon. Hieruit het verskillende volkskulture ontstaan. Die erkenning van hierdie verskeidenheid is die enigste grondslag vir gesonde verhoudings tussen volke. In die evangelisering van die wêreld word ons ook na elke volk en taal gestuur sodat hulle verkieslik in hulle eie taal geëvangeliseer kan word. In die eindtyd gaan daar egter onder die aanstigting van die Satan, die Antichris en die valse profeet ‘n wêreldstaat met net een regering, een godsdiens en een ekonomiese stelsel geskep word (Op. 13:1-18). Die opkomende nuwe wêreldorde beywer homself hiervoor. Dit sal ‘n ernstige vergryp teen God se orde van onafhanklike en selfbeskikkende volke wees, daarom sal die Here Jesus die bose lewenswyse en samelewingsorde van die Antichris tydens sy wederkoms vernietig. http://www.bibleguidance.co.za/Afrartikels/Fundamentalisme.htm

Henkst ·

Internasionaal dra die Kores-silinder meer gewig as jou Babelse taalverwarring!
Sommige historici beweer dat die Achaemeense Persiese Ryk van ou Iran ongekende beginsels van menseregte in die 6de eeu v.C., onder Kores die Grote, gevestig het. Na sy verowering van Babilon in 539 v.C., het die koning die Kores-silinder, wat in 1879 ontdek is, uitgestuur, en word deur kundiges as die eerste menseregte dokument beskou. Die silinder is deur sommige kommentators aan die Dekrete van Kores, soos opgeteken in die Bybelboeke Kronieke, Nehemia en Esra, verbind. Dit meld dat Kores (ten minste ʼn aantal van) die Jode toegelaat het om na hul land uit hul “Babiloniese Ballingskap” terug te keer.

SY de Wet ·

Whao Hanno ! “volkskulture” In Deut 4:19 .God van die Bybel gee aan ander elkeen sy eie god .”gesonde verhoudings tussen volke” ? Bybel se ..Spreuke16:7 ” As die HERE behae het in die weë van ‘n man, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou” Hand 17;28 ook lees , ons is Sy “offspring” . Nie almal is nie , jou druides se ons is . Evangeliseer die wereld ? .Matt_15:24 Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.” Jou druides gooi die” kinders se brood ” en “julle perels” vir die honde en varke . Hulle leer jou ook nie van een wereld ras nie ,netnou verloor hy sy job . Youtube , E Raymond Capt . Leersaam . Dis Stalinbos funda ,nie Bybel nie . Die witman in die’ land kan nie meer gaan volgens hulle “guidance” nie . Hulle “guidance” het ons hier gebring

Henkst ·

Onder die Kelte was die eik die mees vereerde boom. Dit is daarom nie vreemd dat die woord druïde juis “ken die eik” beteken nie. Die eik was nie alleen vir die Romeine heilig nie, Homeros meld dat die eik vir die ou Grieke heilig was. Eikels (akkers) was beskou as ’n belangrike voedselbron wat tewens ook lang bewaar kon word. Hesiodus (700 v.C.), Pausanias (5de eeu v.C.) en Galenus (129-199 n.C.) meld die belangrikheid van eikels as voedselbron vir die mens. Die Griekse skrywer Strabo (64 v.C. – 21 n.C.) meld dat die Kelte brood gebak het van meel afkomstig van eikels. Die eikeboom is beskou as die goddelike gewer van voedsel.

DIY Moderator ·

Hanno . Die’ tipe Funda en “guidance ” het ons gekry waar ons nou is .”evangeliseer” lees Matt 15:24 .”verhoudings tussen volke”_Spreuke 16:7 “God se orde” Handelinge 1:6 en 15:16 . Kom ons kyk of ek weer moet modereer .Leersaam ‘”Roots” Raymond E Capt

Johan Bekker ·

Net so terloops: Ek wonder as ek so na die Afrikaner-oorblyfsel kyk, hoeveel sou die Drakensberge met ‘n ossewa aangepak het?

Johan Wiggill ·

As mens rondom jou kyk is daar nie veel wat die Drakensberge sonder teerpaaie sal aanpak nie, wat nog te sê van ‘n ossewa. Waar is die Afrikaner wat besing was deur Sir Arthur Conan Doyle? Of het hy nooit bestaan nie?

SY de Wet ·

Onthou Johan , nie almal wat jy om jou sien is die nakomeling van die wat oor die berg gekom het en ook nie van die wat deur die Rooi See gekom het nie . Doyle het gronde gehad vir sy se’ maar nou ! Jesaja1:21 ” Ag, hoe het die getroue vesting ‘n hoer geword! Dit was vol reg, geregtigheid het daarin vernag—en nou moordenaars! ” Lees hele 1. En Jeremia_3:14 ” Keer terug, o afkerige kinders, spreek die HERE, want Ek is heer oor julle; en Ek sal julle neem, een uit ‘n stad en twee uit ‘n geslag en sal julle in Sion bring.” Fyn kyk . van hulle is hier iewers , ek,s seker

SY de Wet ·

Boom 1 .Genesis 3 Moes hulle maar by die naam genoem het om alle twyfel uit die weg te ruim . (eienaar van die slawe in Latyn) Ander gode dien is sekerlik kompleks H , maar as ons die antieke/europese geskiedenis navors erken ons afgodsdiens hedendaags , ek is baie bly oor Mat_11:25 In daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het.” Joh_6:48 Ek is die brood van die lewe.” – Jesus (Skuus maar ek het nog nie jou 3 studente vrinne ontmoet nie .) Tweede wereldoorlog Berlyn, voedseltekort, , hout saagsels in die deeg in gemeng om dit meer te maak , Hier’s ons nou ! Amo_8:11 ” Kyk, daar kom dae, spreek die Here HERE, dat Ek ‘n honger in die land stuur, nie ‘n honger na brood nie en nie ‘n dors na water nie, maar om die woorde van die HERE te hoor”. Amo_8:12 ” En hulle sal swerwe van see tot see en rondslinger van noord na oos, om na die woord van die HERE te soek, maar hulle sal dit nie vind nie. ” Deut 28:5 Maar n resep daarby . Behalwe die’ Boek geniet ek ook die”Kook en Geniet” , eerste uitgawe . Eerder as Schweitzer moes sy’ die Nobelprys kry

Henkst ·

Die Boek van Henog beskryf die boom van wysheid en sy vrugte soos volg in Hoofstuk 32:
4. Daardie boom was in hoogte soos die denneboom, en die blare soos die boom van dié van die Johannesbroodboom: en sy vrug is soos die trosse van die wingerdstok, baie mooi: en die geur van die boom dring ver deur.
5. Toe sê ek: Hoe pragtig is die boom en hoe aantreklik is dit nie!
6. En toe het Rafael, die heilige engel wat by my was, geantwoord en aan my gesê: Hierdie is die boom van wysheid, waarvan jou vader, oud in jare, en jou ou moeder wat voor jou was, geëet het, en hulle het wysheid geleer, en hul oë is geopen, en hulle het geweet hulle is naak en is uit die tuin verdrywe.

Marten ·

Ek verstaan FW het twee hondjies aangeskaf. Hulle name is wiggie en teenwiggie. Op n ernstiger noot – ek onthou nog die televisiedebat tussen FW en Dr Treurnicht. Treurnicht het gewaarsku dat SA sal lyk soos dit vandag lyk maar FW het hom probeer afmaak as ‘n siniese ou man. Die Afrikaanse koerante van daardie tyd (Beeld en Die Burger veral) het ook lustig meegedoen om enige behoudende Afrikaner te probeer belaglik maak. Almal wat probeer waarsku het is afgemaak as doemprofete. Nou weet ons egter wie was reg en wie het in ‘n absolute “fool’s paradise” geleef.

MM Wiese ·

En n “fish n Chips” winkel . Daar is heelwat ou beeldmateriaal van vroee SAUK nuus edm op Youtube , Jaap Marais was n ware volksleier en het in die sestigs al dit gesien kom . (toe was die oorgawe in die geheim al op dreef) Sterk opposisie gewees teen NP , enigiets daarna was om die” steun te verdeel .

Dr Pieter van der Dussen ·

Shannon het deels gelyk. Die Afrikaner is wel deur De Klerk en ander verleiers verraai. Maar die Afrikaner het, onder sy verleierskap homself verloën. En nou betaal sy kinders vir sy bespotlike strewe na gewildheid. Verkoop jou land aan chaos en in ruil kry jy `n Mc Donalds op elke hoek en deelname aan VN-vergaderings.
Die Afrikaner-Broederbond het sake reeds voor die moord op dr H F Verwoerd beplan (wat tot vandag toe nie uitgepluis is nie. Ons het van 1965 tot 1970 in Rotterdam gewoon waar ek gestudeer het. In 1968 het my vrou se neef (noem hom maar Willem), wat later ‘n baie ho-e betrekking in die plaaslike nywerheidswese beklee het, ons vriendskaplik besoek. Om die een of ander rede het hy aanvaar dat ek ook ‘n Broeder is, maar weens my afwesigheid nie kon weet waarheen daar staatkundig in Suid-Afrika beweeg word nie. Die skande van Broederbondlidmaatskap het my gelukkig nooit getref nie sodat ek nie juis deur sy veronderstelling gevlei was nie, maar ek het dadelik besef dat ek maar moet stilbly en luister omdat ek bewus was . van die tweespalt tussen Vorster en Hertzog. Willem het presies dit vertel waarop uiteindelik op Kemptonpark ooreengekom is, selfs die voorwaardes genoem – soos eie woongebiede, eie skole en universiteite, werksekerheid vir almal, en al die ander dinge wat De Klerk met plakkate en al in die laaste Blanke verkiesing en in sy referendum beloof het. Ek onthou die plakkate se slagspreuke baie goed omdat ek toe aan die ander kant bedrywig was.
Dit is opvallend dat die Broederbond die eerste openlike gespreksgroep in 1988 of daar rond na die ANC/SAKP in Dakar gestuur het, stellig om die gevoelens te gaan toets met die wete dat ‘n regeringsafvaardiging ‘n openlike opstand onder kiesers sou meebring en in elk geval ook nie vir die vyand maklik aanvaarbaar sou wees nie. Dr Teuns Eloff, destyds predikant van die Gereformeerde Kerk Brooklyn en nadat hy sy amp verlaat het die hooforganiseerder en hooffassiliteeerder van KODESA geword het, was een van die Broederbondgesprekvoerders. Was dit om hom vir sy later opdrag om KODESA ten alle koste te laat slaag voor te berei? Sy hedendaagse praatjies dat hy nie geweet het dat die ANC op hulle wag nie, laat ons met heelwat sout daar……
Willem het as nywerheidshoof mettertyd by ‘n enorme uitverkoping betrokke geraak, hetsy gewilliglik of gedwonge. Daarna het hy sy gratifikasiess en bonusse gebruik om et sy vrou en gesinslede Nieu-Seeland en later Australie toe verkas het, waar hy en sy vrou oorlede is.
Die Broederbond se gedagtes is almal aanvaar. maar die voorwaardes uiteraard nie. Sommige is in wigte en teenwigte omskep of eintlik daarin weggesteek. Ons weet vandag dat daardie hoogdrawendheid van De Klerk so op niks uitgeloop het nie dat self hy Mandela se geslepenheid moes erken en sy kabinet meos verlaat.
Van die Broederbond se goeie bedoelings het niks gekom nie. Trouens, ons kan sonder vrees vir teenspraak se (en dit kom uit die mond van ‘n PU-professor-Broeder) dat KODESA op ‘n volslae oorgawe uitgeloop het. Dit het by alle kwaad darem die Broederbond wesenlik tot nietigheid laat verval met weinig invloed behalwe in Tlokweverbonde kringe. Terloops bly dit koddig dat selfs die Broederbond (of soos hy deesdae bekend staan Afrikanerbond) kapsie teen kaderaanstellings gemaak word – iets wat die Broederbond veral in die jare-sewentig tot ‘n verfynde maar venynige kuns ontwikkel het. Dat hulle tot ongeveer 1970 wel hoogs bekwame manne aan betrekkings gehelp het bo ander hoogs bekwames, staan vas. Maar daarna was bekwaamheid slegs in nie-Broederbondkringe ‘n wesenlike saak. Natuurlik het dit die gehalte van Broeders ook verlaag wat tot die vinnige verval van hierdie geheimsinige gees bygedra het.

Dr Pieter van der Dussen ·

Shannon, jy sien die saak reg. Ek haal jou aan: Die Afrikaner was nie verraai deur F.W. De Klerk nie. Die Afrikaner het, met die begeleiding van hierdie man, homself verloën. En nou betaal sy kinders vir sy bespotlike strewe na gewildheid. Verkoop jou land aan chaos en in ruil kry jy `n Mc Donalds op elke hoek en deelname aan V.N. vergaderings. Aanhaling eindig.

Dis goed dat jy die skuld van die Afrikanervolk uitwys wat agter mense aangeloop het. Dit verminder natuurlik nie die verantwoordelikheid en skuld van die voorlopers nie.

Ek het ‘n langerige uiteensetting gegee van hoe die oorgawe van De Klerk reeds ten tyde van die moord op dr Verwoerd beplan is/ Blykbaar het ek daarmee tone raakgetrap en het die sensor(!) ingetree. As jy die agtergrond wil he, kan jy met my skakel by [email protected].

MM Wiese ·

Lees “Volksverraad” en “kerkverraad” vir wie het Vwd laat/vermoor . Follow the money trail en sien wie was en is nog maar net “usefull idiots” vir die swaargewigte agter die skerms . “Politics is acting for ugly people” .Jammer my ander kommentaar was nimis . n Ebrahim se vir my “Paul Kruger was the greatest statesman SA ever had , but he had bad friends ,” The …. ? ” Yes them” Die een wat nie so goeie vriende was nie is omgebring . Dis dalk net nie die regte werk vir n eerlike man nie

Dr Pieter van der Dussen ·

Ekskuus Redakteur, my eerste kommentaar is toe tog geplaas. Baie dankie!

oscar Wildebeest ·

Elke Afrikaner is sy eie republiek: so lykkit mos vir my wanner ek hier lees.

Daar is baie te lees in die weldeurdagte, onderbeklemtoonde manier waarop prof Hermann sy mening weergee. Vir my kommit voor asof ons Afrikaners deurgaans ( en steeds ) ‘n baie groot gebrek aan “grootse” leiers gehad, en steeds het. Miskien was general Smuts die uitsondering?

In elk geval: moenie dat ons onsself alewig aan die teologie vergryp nie.

MM Wiese ·

Wat “grootse” leiers maar nog altyd kortkom is om deur God gelei te wees , dit’ het bittermin met teologie te doen . Smuts was n Zionist wat na die Empire se belange omgesien het

MM Wiese ·

Johan , meer kreatief man , Oscar ? te’ voor die handliggend , wat van Damian of Justin of so ? Damian sal highly educated wil klink , reg spel en ook nie op die’ een kommentaar lewer nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.