’n Mens beveg nie ongeregtigheid met haatspraak nie

hande kultureel diversiteit rasse

Argieffoto (Foto: maxlkt, Pixabay)

Noam Chomsky sê nou die dag: “If it is wrong when they do it, it is wrong when we do it.”

In teorie stem die meeste van ons saam, maar in praktyk is dit dikwels ’n ander storie.

Die kerkvader Augustinus skryf in sy bekende belydenis dat hy as kind dikwels gesteel het. Dit het hom egter min ontstel, skryf hy, wat hom wel erg ontstel het was wanneer iemand by hóm gesteel het. Dan was dit ’n ernstige saak. Dié tipe ongeregtigheid wat ’n mens nie net kon laat gaan nie.

Die probleem met die meeste van ons is dat ons sin vir geregtigheid stukkend is.

Ek verstom my byvoorbeeld wanneer uitgesproke rassiste “onregverdig!” of “diskriminasie!” skree. Dís wat rassisme, seksisme, homofobie, xenofobie… doen: dis wesenlik onregverdig, dit bevoordeel net een groep, dit diskrimineer.

O, die ironie.

Nou die dag hoor ek weer hoe ’n oom, wat ek my lewe lank ken, te kere gaan oor hoe onregverdig dit is dat daar teen witmense gediskrimineer word in hierdie land, bloot op grond van hulle velkleur, sê hy.

Nou vra ek: Maar is dit nie dié oom wat ’n paar jaar gelede gesê het ons is nié gelyk nie? Dit was dan nou die dag nog volgens die einste oom reg dat swart mense die strande en die NG Kerk verbied word en nie kon studeer by “wit” universiteite nie? Dat die bediende uit die blikbord moet eet?

Die oom het dan self herhaalde kere gesê swart mense moet verplig word om Afrikaans te leer praat, want anders gaan hulle nêrens kom nie?

Jy kan sê, ja, maar dit was lank gelede. Maar dit help nie ons lieg vir onsself nie, die oom praat steeds so, hy het vandag net meer skietgoed.

Daai selfde oom se gewete pla hom steeds nie as hy met sy bakkie verby ’n vrou met ’n kind ry nie – al weet hy sy gaan meer as tien kilometer in die koue dorp toe moet stap.

As die rolle egter sou omruil, en hý was arm en dit was sý vrou of dogter, sou hy natuurlik die eerste een wees wat “snobisme”, “hoogmoed” of “ongeregtigheid” skree.

Ek is ook erg ongelukkig oor die groeiende haatspraak deur lede van die ANC, die EFF en ander, maar as ek moet eerlik wees, hoor ek daardie selfde taal nog al die jare by my eie mense om die braaivleisvure.

Alle vorme van haatspraak moet ophou. Niks goeds kan daaruit voortspruit nie.

Ek sê nie ons moet die oom haat nie, maar ons moet hom probeer reghelp. Hy dink mense is kwaad vir hom omdat hy opstaan “vir wat reg is”.

Die rede waarom soveel mense egter sukkel om die oom se punt in te sien, is nie omdat hy kamstig geregtigheid soek nie, maar omdat hy inkonsekwent is. Hy soek net “geregtigheid” wanneer dit voordelig is vir homself en sy eie groepie. Of die meer ekstreem hoogmoedige siening: dat dít wat goed is vir my en my groepie, die beste is vir almal in die land.

Die vraag is nie of ons moet opstaan teen ongeregtigheid nie – natuurlik moet ons – die vraag is eerder of ons bereid sou wees om dit altyd te doen, ook vir ander, ook wanneer dit nie tot ons eie voordeel is nie.

Ons moet hoop die oom oortuig nooit die regering om soos hy te dink nie, want dan is ’n klomp van ons finaal geskroef. In die woorde van Mason Cooley: “Think carefully before asking for justice. Mercy might be safer.”

* Enige ooreenkomste met my oom en die ooms en tannies wat hieronder kommentaar lewer is bloot toevallig.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jaco Strydom

Jaco is betrokke by ECHO, ’n geloofsgemeenskap wat geleenthede en ondersteuning bied aan jongmense in nood en probeer om weer die eenvoud van kerkwees te herontdek. Hy skryf rubrieke vir onder andere Beeld en Kerkbode. Lees sy artikels op ECHO Jeugontwikkeling se webwerf.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Boerseun ·

Toe lees ek die verkeerde Jaco se stuk. Jaco jy klink soos n ou NP wat n Afrikaaner lib in die nuwe SA geword het. So dan laai ons die vrou en kind op net om op social media gekruisig te word omdat iemand altyd agterop moet sit, nie almal ry double cabs nie. Maar ek is bly jy kon jou standpunt uit kry wat duidelik het jy die debat met jou oom verloor.

Jakobus ·

Nee, as jy mooi lees, sal jy sien dat Jaco se oom maar al die jare ‘n rassis gebly het, die afkeer aan die ander mense het hom nooit werlik verlaat nie, daarom het hy toe soos ‘n hedendaagse Zuma begin optree, en het die blaam gedurig op ander geplaas, die vinger na ander se ‘tekortkominge’ gewys. So het hy sy steke bly inkry. Dus het sy ingesteldheid dieselfde gebly.

John ·

Oppas nefie, jou ander oom De Klerk het soos jy gedink en voor die wereld gebieg… en oa die goeie ou queen wie se mense 28 000 Boere se lewens kortgeknip het, sonder jammer te se, en nou wil die einste glo verontregtes waaroor hy sy hart gebreek het hom eers stenig… Die wereld se geskiedenis begin nie is SA nie en die eerste wyse manne is ook nie hier gebore nie. Selfs slim en wyse Salomo het homself destyds oortref in onnoselheid…

Dawie ·

Jaco, dankie vir jou mening, ek stem heelhartig saam. Ongelukkig is hierdie nie die regte plek om jou mening stuk te plaas nie. Hier gaan hulle jou kruisig oor jou standpunt.

Frik ·

Jaco ek dink jy is net soos die oom. Julle het vasgehak by 1994 en kon nog nooit verder kom nie. Meeste van ons het aanbeweeg en wil n nuwe en beter Suid Afrika hê waar ons almal deur ons regering gelyk behandel word. Dis waaroor dit gaan ons moet gelykwees in die oë van ons regering en die oom en jy wat heeltyd koeie uit die sloot haal doen meer skade as goed. My kind van 20jaar het geen aandeel in jou teregwysing en aanhaling van die verlede. Hy word teen gediskrimineer en dis wat aangespreek moet word.

chrisp ·

Jaco.
Dankie vir jou skrywe dit is weer die ander sy van die saak en baie belangrik want as almal saamstem is daar geen debat nie. Jy sal die debatverkragters kry by die Linkse media en so ook meeste liberales.

Al wat ek jou wil vra terwyl jy so oor konsekwentheid praat.
Kan jy asb onderstaande reel ek dink dit is uiters konsekwent.

Laat almal nou konsekwent wees en pas apartheid in al sy euwel toe op my en my mense.Dws gee ons ons regmatige grond,eie universiteite,eie skole,hospitale jy kan maar die res self byvoeg. Ja self eie strande,man jy kan self my ‘n pasboek(eintlik maar paspoort)gee en verwag dat ek dit moet he om in die res van die land te werk. Ook kan jy die patetiese en rassistiese wette van apartheid soos bv eie busse,eetplekke,badkamers ens uit haat op my toepas.Gee sommer dan die gelykstaande bedrag jaarliks wat die Apartheids regering aan swart tuislande gegee het terwyl ek geen maar geen belasting aan jou betaal vanaf my tuisland nie. En kyk gerus wat gebeur met die verkramte landjie wat deur Godvresende konserwatiewe mense bestuur word.

Sal dit nie nou vir jou konsekwent en vir hulle genoegsame vergelding wees nie ?
Asb laat dit gebeur .
Ek kan nie wag nie.

Indien jy nie suksesvol is nie kan jy weer se “o,die ironie”.

Reinhardt ·

Chrisp, ek is ‘n voorstaander van self-beskikking, en ek weet jy probeer nou n punt maak en alles, maar hel man, om sulke wette weer toe te pas… nee man, dis nie hoe ons n toekoms bou nie. Die idee van self-beskikking is nie om n wit landjie te maak nie, dis om ons Afrikaner kultuur en taal te behou! En almal wat hulself vereenselwig daarmee is welkom. Almal wat hou van hard werk, goeie maniere, skoon strate, veiligheid, Afrikaans! Dit is ons toekoms, of te wel, die een wat ek graag wil hê.

chrisp ·

Dagse Reinhardt.
Ja man dit blyk ons is grootliks op dieselfde bladsy.
My punt hier is dat as konsekwentheid so belangrik is laat dit dan orals so wees. Ek is moeg om die hele tyd vertel te word ons is rassisties en al die ander ou naambordjies dws ek probeer wys dat om presies aan ons te doen wat ons aan ander gedoen het wat al die bg naamborde aan ons kwansuis regverdig eintlik pateties en ondeurdag is.Baie mense aan die Liberale kand kom met emosies as standpunte terwyl feite nie van belang is nie. Die vraag aan die skrywer is dus hoe sal die Afrikaner lyk na 30 jaar van dieselfde stelsel presies aan hom gedoen soos hy aan ander gedoen het? Sal daai land soos die Transkei ,Ciskei ens lyk?Indien nie ,hoekom?

Ek se weer as jy konsekwentheid wil propageer verduidelik bg as jy soos ek van mening is dat so land ‘n eerste wereld land sal wees binne 20 jaar,met presies dieselfde stelsel.Indien jy verskil wys my die Afrika land (party wat nooit onder wit heerskapy was nie) se status en verduidelik hoekom daar nie so land is nie.. Los die skuldgevoel en emosies so bietjie en gaan vergelyk lande en kyk wie staan aan die stuur van daai lande.Kyk wat se inpak het volkere gehad op die beskawing dws gaan dink vir jouself oor die feite en los die emosie so bietjie.

tamboti ·

En nog iets, rassisme is nie gelyk aan haat / haatspraak nie.

Oompie ·

Nee so vang jy my nie. Na jou laaste sin sê ek nie ‘n woord nie. Groete.

tamboti ·

Diskriminasie moet onderskei word van die reg tot eie keuse!

tamboti ·

Diskriminasie moet onderskei word van die reg tot EIE KEUSE

tamboti ·

Diskriminasie en rassisme is nie MOORD, ROOF, VERKRAGTING< ROOF of STEEL nie.

Bert ·

Ek weet darem nie – as mens jou stuk begin deur om Chomsky aan te haal dan kan dinge lol. ‘The darling of the left’ volgens verskeie bronne.

Paul ·

Oor die inhoud van die skryfstuk sal mense debatteer.

Oor die aanhaling van Noam Chomsky… van alle mense om aan te haal… sjoe!

Snert Jaco ·

Ag asb tog, regtig, het ons nou nog SO ‘n ou JACO nodig in die huidige SA waar dorpe en vragmotors en strate reeds brand? Hoekom gaan skryf jy nie vir jou geliefde FW hierdie briefie nie, net soos die NG predikante wat nou anti-rassisme preek maar al die jare ook net wittes in die kerk toegelaat het, skielik is hulle nou liberaal en is almal welkom. Die NP Ministers wat apartheid ingestel het en gehandhaaf het is die skuldiges, NIE die publiek nie, ons moes maar net instruksies van ons (toe) regering uitgeoefen het. Op watter bus is jy nou Jaco? EK sal VERSEKER verbyry by ‘n VROU en KIND want as jy hulle oplaai en hulle spring af word jy van MOORD aangekla !! NEEWAT hierdie ou stukkie is nou regtig NP retoriek wat NERENS in SA meer welkom is nie!

jan van riebeeck ·

amen , meeste plaasanvalle in ons omgewing is gedoen op “liberale” boere wat altyd probeer het om hulle werkers te help , die rassistiese boere boer nog in vrede voort , plaasaanvallers weet wat met hulle op daai plase gaan gebeur en so kan ons aangaan
die feit bly hoe harder jy hom trap hoe beter mens word hy , en toevallig is dit maar so met ons boere ook , al manier om ons op ons kniee te hou

Ivor ·

Hi Jaco, lees “Is ‘n Landelike Bantoestan ons Voorland”. lees net Herman en Leopold se stukke. Lees alles wat jou hande kan op le oor die Zoeptas. Kyk na die universieteite, die skoole, hospitaale, paaie, brande, opstande. Kyk my vriend. Kyk…! Se vir my of jy daarvan hou. Gaan bietjie Nigeria, Cameroon, Binin, Uganda, Zimbabwe, Zambie, Mosambique, Angola. Gaan kyk na Afrika. Kyk baie mooi! SA gaan so lyk. Klaar. Vir wie moet ons bedank… ANC. Die liewe ANC en hulle aanwas. Groete. Ivor.

Henry ·

Waarom sommige siele altoos na “braaivleisvure” verwys, wanneer hulle allerlei neerhalende snert kwytraak oor gewaande diskriminerende en/of kwetsende “praatjies” wat daar sou plaasvind, sal ek nooit onder die knie kan kry nie.

In my omgewing wil ons dit nie meer waag om rondom ‘n vuur te staan en te kekkel oor al die korrupsie, moorde, diefstal, verkragtings, ens ens wat in hierdie droewe land plaasvind nie. Dit is gewoon lewensgevaarlik om jouself aan die dood en verwoesting bloot te stel, deur buite – in die onveiligheid van jou EIE tuin/eiendom – te staan en braai en twak te praat. Om heeltyd links, regs, agter, voor, bo, onder te kyk, te luister en om die ergste te verwag, laat geen ruimte vir allerlei slim praatjies oor siele wat strykdeur vir ander mense wil vertel wat hulle alles verkeerd sou doen, of laaaaank gelede sou gedoen het nie.

Die skrywer van hierdie skryfsel kan dus gerus wees in die wete dat “braaivleispraatjies” nie in ons omgewing, of in die stad waar ons woon, plaasvind nie. Ons kruip agter doringdraad, baksteen mure en alarmstelsels weg van die onheilighede wat deel van hierdie rampokkerstaat se nalatenskap is en waarvoor die oortreders hopelik eendag vorentoe om verskoning sal vra.

Ek weerhou myself om kommintaar met een of ander neerhalende opmerking soos hierbo, te lewer.

:-)

Verwonderd ·

Swak artikel met ‘n eng uitkyk op die werkliheid. Ek wens ek kan die 2 minute wat ek spandeer het om hierdie onsinnige nering te lees, in my lewe op ‘n manier terug kry.

Aan Chrisp. Ek wens dinge was so maklik gewees. Bye maak soos bye maak… My vermoede is egter dat die regering erger vir ons beplan.

WC ·

Ek glo Jaco en meeste van hierdie komentaar is maar op dieselfde muntstuk, net verskillende kante daarvan.

Liberaal wees en als nou weer toelaat vir almal is net so gevaarlik soos die konserwatiewe wat almal wil teneerdruk en diskrimineer, maak nie saak hoe dinge loop op elke geval nie.

Elke geval soos deur altwee kante as voorbeelde gebruik word as diskriminasie soos bv “die vrou en kind langs die pad” storie is in elke geval verskillend en tot sy eie meriete en lokvalle. N mens moet maar elke ding vat soos dit kom en nie n “blanket decision” maak op als nie. Dit is te maklik…

Goku ·

Verbeel ek myself, want dit voel vir my elke keer as ek n mening stuk lees die skrywer gaan uit daarop dat sy mening geldig en reg is en almal wat met hom verskil is vreeslik onnosel of selfs n rasis of vreeslik agterlik is.
Voel jy jy het iets bereik deur so n artikel te skryf?
Ek hou meer van mense soos Steve en Donald Trump wat n ding reguit se en nie tippy toe om die sogenaamde polities korrekte mense gelukkig te probeer hou nie.

Reinhardt ·

Jou held, Meneer Trump, het pas onttrek uit die Paris Climate Agreement. As dit nie vir jou n teken is dat die man dom en korrup is nie, dan weet ek nie jong. Hier sit ons in die Kaap met absoluut geen water nie, maar jy weet, klimaatsverandering is n staaltjie! Of hoe?

Reinhardt ·

100% Jaco. Ek hoop jou vel is dik, want hier gaan niemand terugstaan om jou sleg te sê nie. Die probleem met meeste Maroela lesers is hulle weier eenvoudig om ander se standpunte in te sien. Ek is definitief n konserwatiewe, maar ek sal nooit diskrimineer teen ander nie, ek sal nooit iets aan ander doen wat ek nie aan myself gedoen wil hê nie. Maar die klomp op die webwerf sien dit ongelukkig nie so nie, en daarom sukkel ons om vooruit te gaan.

Maar nou ja, gee nog so 20-40 jaar dan is daai generasie ook uitgesterwe, dan kan ons ‘n nuwe generasie van Afrikaners begin. Jy weet, dit tipe wat lekker mense is, waar almal ons sal wil join, waar mense gaan begin sê: hel daai ouens is nie soos die van die verlede nie, ek leer sommer hulle taal aan want hulle is so lekker. xD

Bert ·

So, is jy een van die Maroela lesers wat ‘eenvoudig weier om ander se standpunte in te sien’? Regtig, met alle respek, jou plasings in hierdie geval is kinderlik naief en kortsigtig. So asof geharde Afrikaniste ons nou gaan ‘join’ omdat ons sulke ‘lekker’ ouens is!

Henry ·

Ja Bert
As dit nou nie was vir sulke “lekker Afrikaners” soos Oompies FW, Meyer, Wessels ens ens nie, sou ons nie nou in hierdie “lekker rommelstatus land” met sy “lekker” korrupte regime gesit en gelees het van al die “lekkertes” wat op die “lekker nuwe Afrikaners” wag nie.

:-)

Reinhardt ·

En dit is die einste rede hoekom ek van Solidariteit en AfriForum hou. Die beste plek om jou kanonne te posisioneer is op die morele hoë grond. Dit is wat ons as Afrikaners nou moet doen, ons mag nie foute maak nie. Ons kan dit nie bekostig nie. Ons mag eenvoudig nie rasisties of dubbelsinnig wees nie, ons moet ons kant skoon hou te alle tye.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.