ʼn Nasionale en gesonde versekeringsplan vir plaasaanvalle

Argieffoto.

Deur Jeannette Gnade

Daar word druk bespiegel oor president Cyril Ramaphosa se moontlike reaksie as hy regstreeks gekonfronteer word met ʼn versoek om plaasmoorde geregtelik te laat ondersoek. Net soos die res van land kan hy dit nie ignoreer dat drie sinnelose plaasmoorde weer eens plaasgevind het nie. Hy het na bewering al ontken dat plaasaanvalle op etniese suiwering neerkom of dat sprake van grondonteiening sonder vergoeding ʼn rol speel in die aanslag op die landelike gemeenskap.

Die regering se gewilde antwoord is om plaasaanvalle uit te maak as deel van die groter misdaadprentjie in die land. Of dit heeltemal dood te praat. Die president was gou om ʼn kommissie van ondersoek aan te wys toe slegs ʼn paar moorde in moskees plaasgevind het. Moontlik is hy bang vir Islamitiese ekstremisme, maar minstens een van die moorde is deur ʼn man met sielkundige afwykings gepleeg wat terreur uitskakel.

Die president is bekend vir sy byna onmiddellike medelye as mense in ongelukke omkom of as ʼn vliegtuig in Kuba neerstort – selfs al was daar geen landsburgers aan boord nie. Die mees onlangse voorval, toe ongeveer 50 jong (hoofsaaklik wit) Suid-Afrikaners in China gestrand was as gevolg van ʼn bedrieglike agentskap, het blykbaar nie sy kommentaar regverdig nie.

Hy is ook doodstil oor plaasmoorde. Dit is asof plaasaanvalle en die gruwelmoorde op landbouers net nie saak maak nie. Of is die president bang dat hy deur medelye met slagoffers en hul families te betoon, dalk bevestig dat witmense uitgesonder word vir bloeddorstige misdade in afgeleë gebiede?

Gedurende oudpresident Thabo Mbeki se termyn het hy minstens gereageer op die Kill the Boer, Kill the Farmer-uitsprake wat op die jeugaktivis, Peter Mokaba, se begrafnis geuiter is. Dit was toe alreeds as haatspraak verklaar. Mbeki het die land daaraan herinner dat boere net so geregtig op hul plek in die son is soos enige ander Suid-Afrikaner.

In 2001 het die voormalige minister van veiligheid en sekuriteit, wyle Steve Tshwete, ʼn besoek aan die plaas Rooikoppies in Noordwes gebring waar ʼn boer pas vermoor is. Al het dit nie ʼn wesenlike invloed op die voorkoms van plaasgeweld gehad nie, het die minister se besoek baie beteken vir die naasbestaandes van die talle boere wat toe al vermoor is. Hoofsaak is, hy het plaasmoorde en -aanvalle veroordeel.

Waarom word hierdie kategorie misdaad verswyg? Om te keer dat buitelandse beleggers afgeskrik word of om radikale groepe soos die EFF en die BLF gelukkig te hou? Hoe is dit moontlik dat die president nie die waarde van ʼn paar trooswoorde besef nie?  Dit kan ook help om plaasaanvallers te ontmoedig as hulle hoor dat die regering nie gediend is met hulle optrede nie.

Die president het vroeër die week met die bespreking van die ANC se verkiesingsmanifes vir aanstaande jaar gesê die regerende party kan nie langer op sy verlede teer nie. Hy bepleit ’n manifes wat op die hele land se toekoms konsentreer.

Die voortgesette onderdrukking van die land se plaasgemeenskap is tog seker nie deel van dié toekoms nie ?

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Wys die wereld ·

Wys die wereld die fotos en laat hulle self besluit. Moorde op plaasmense is baie wreder as ander moorde. Laat fotos die praatwerk doen.

Christiaan ·

Die wêreld sien die foto’s en lees die boodskappe, hier in Europa word al hoe meer mense bewus van die moeilike omstandighede waaronder die wit Afrikaners leef.

Eish ·

Stilswye is dalk n beter antwoord dan politieke woordgimnastiek.
Minstens bewys dit die ware agenda.

Willem ·

Deel van die grondhervormingsplan, waarom sal hy dan met daardie gemeenskap medelye hê of met hul naasbestaandes simpatiseer? Maar bloot omdat hy die president van die land is, sou mens dink dat dit, as dit dan nou nie goeie maniere is nie, is hulle darem ook sy eie landsbugers. Maar lyk my sekere ander lande se burgers ag hy hoër as van sy eie mense.

honourable member ·

Ja kyk hulle het mos vir maande aaneen gekerm oor die “state capture” en al die ondersoeke vir dit so nou kan daar mos ondersoeke gedoen word na plaasaanvalle. Dit is ook mos belangrik.

Ondersoeker ·

Ondersoek maar net die opsies vir self beskikking soos watter deel van die land en hoe die proses moet verloop.

Lou ·

VF+ of Solidariteit moet ‘n sessie reel in die Parlement waar die foto’s van vermoorde boere en hulle gesinslede (met toestemming van familie) gewys word dat die klomp agbare lede wat meeste van die tyd sit en slaap kan sien hoe lyk 40+ wreed vermoorde mense. Kry die slagoffers se familie in om te kom vertel hoe dit hulle lewens verwoes het en hoe hulle voel oor die gebrek aan ondesteuning van die Polisie en regering. As daar dan nog geen reaksie van die President en regering se kant af is nie dan is hulle regtig self gewetenlose misdadigers wat die misdaad en moord ondersteun.

Boek ·

Die fotos moet op ‘n website geplaas word waar die hele wereld dit kan sien en ons kan help.

Afrikaanse Knaap ·

Hy gaan dit ignoreer. Ek kan nie my redes hier aanvoer nie want daar is nie vryheid van spraak in SA nie.

Dokumenter ·

Jong mense wat film swot, maak ‘n dokumenter of fliek en wys dit op internasionale filmfeeste.

Pietman ·

Cyril kan nie bekostig om swart stemme te vervreem voor aanstaande jaar se verkiesing nie. Enige simpatie of veroordeling van die lot van witmense word deur swart kiesers vertolk as “verraad” teenoor hulle omstandighede en dit kan die ANC noie nou bekostig nie. Dis nie per toeval dat hy stilbly nie en ook nie weens onkunde nie. Hy weet presies wat aangaan, Die ironie is dat die nuus die buiteland bereik, nie net deur sosiale media nie, maar ook dmv buitelandse missies, wat gebeure monitor en terug rapporteer aan hulle onderskeie regerings en sakelui. Ander berigte dui juis op n afname in beleggings. Cyril sal moet leer dat hy nie sy brood aan albei kante gebotter kan hé nie.

Hendrik ·

Cyril kan niks doen nie omdat net minder as 50% van die ANC hom nie as president wil hê nie. Dit wys net hoe diep verrot die ANC en sy ondersteuners is, om nie eens van die EFF te praat nie. Verder pootjie die DA homself so met sy optrede teen De Lille dat ek nie kan sien hoe hulle gaan hond haaraf maak in die 2019 verkiesing nie. Selfbeskikking is die antwoord.

Jerry ·

Gnade tog! Hoe lank gaan julle nog praat oor paralelle strukture, inisiatiewe en buitelandse veldtogte wat kwansuis reeds veronderstel was om die Afrikaner staats en misdaadbestand te maak. Julle veldtogte en plaasbeveiligingsinisiatiewe bereik absoluut niks. N toename in plaasmoorde en aanvalle reflekteer sleg op julle wat die plaasbeveiligingsprojekte bestuur en al die pad bank toe lag! Waarmee julle eintlik besig is, is “one man shows”, propaganda en geldinsamelingsveldtogte. Julle is die naam van Afrikaner nie werdig nie!

Groot verkeerd ·

Buitelandse bewusmaking vorder goed. Die ANC het dit gedoen, ons doen dit nou. Eendag gaan die skuldiges boet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.