‘n Nuwe spanbestuurder vir die Bokke?

Gelukkig lig die Bokke hulle spelpeil so ietwat, beter kombinasies word saamgegooi en siedaar, die ganse volk slaag ʼn sug van verligting oor die Bokke se wen oor die All Blacks. Moenie te gou te optimisties raak nie – die Wêreldbeker is nog glad nie gewen nie.[youtube=http://www.youtube.com/watch?v=6mvJwgDUfdc&w=300&amp]
Die oorwinning was soet en lekker, maar daar wag nog baie benoudheid op die span se ondersteuners want ons weet nie wat Pieter vir die volgende wedstryd gaan doen nie.

Eerstens het die Bokke beter gespeel en die samespel was meer op peil. Brüssow is ʼn yster en hy gaan nog verbeter. ‘k Sal graag die dag wil aanskou dat ʼn fikse Brüssow en Richie McCaw mekaar die stryd aansê.

As Pieter nie kan insien dat Bismarck kop en skouers bo enige haker in die wêreld uitstaan nie, is hy die enigste blinde. Wat ʼn verskil het dié Boerseun darem nie gemaak nie. Hy dwing vrees af in enige teenstander se gemoed nog voor hy op die veld draf.

Ek verneem dat die spanbestuurderspos nog nie gevul is nie. Hier is nou ʼn ideale geleentheid om vir John Smit ʼn pos te gee sodat hy steeds die Bokke kan motiveer, maar nie op die veld hoef te verskyn nie.

Vir die sures onder ons wat kla oor die gebrek aan drieë aan die kant van die Bokke – onthou die woorde van Oubaas Boy Louw: “looks at the scoreboard.”

Dis die “scoreboard” wat sal bepaal wie die Webb Ellis-trofee omhoog gaan hou. As die “scoreboard” in jou guns is, kan die ander span maar die drieë druk. Gee vir my Morne Steyn wat die wedstryd takties dikteer en die telbord aan die rol hou.

Die Leeus se stert is toe geknoop en met reg ook. ʼn Onderskepdrie is indrukwekkend, maar dis iewat van ʼn gelukskoot en die Leeus het dit gehad. Weereens het Catrakilis bewys dat die skopskoen goud werd is as die nood druk.

Die Sharks-ondersteuners sal maar op hoop moet bly lewe, maar die getjommel wat die span darem nou aanbied gaan veroorsaak dat hy nie sy titel suksesvol gaan verdedig nie.

Die jong Bulle het gewys hulle kan nog nie afgeskryf word nie Die geskiedenis van die Bulle wys dat – as hulle die uitspeelwedstryde haal – dan moet die teenstanders ligloop want hulle wéét wat om dan te doen.

Die Cheetahs het  weer hulle ou, beproefde resep van wydspeel gebruik; en met goeie balbesit kan hulle enige span dronk hardloop. Die enigste manier om hulle hok te slaan is om die bal van hulle gevaarlike snellers af weg te hou.

Groete tot volgende keer.

Bloubul

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Polla Roux

Polla Roux is 'n oud-Westransvaler. Na draaie in die onderwys en korporatiewe wêreld, het hy vroeër vanjaar as Organisasiesekretaris by Solidariteit uitgetree.Hy het net meer as honderd Carlton-wedstryde agter die blad (1966-1976), het vir Noord-Transvaal gespeel en is na Springbokproewe genooi, maar sy loopbaan is deur 'n skouerbesering kortgeknip. Hy het gereeld as eerste liga-skeidsregter opgetree en was vanaf 1995 tot 1998 senior bestuurder by die Noordtransvaalse Rugby-unie en betrokke by die skep van die Bloubul-lied saam met Steve Hofmeyr.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Reint ·

Goeie voorstel vir die spanbestuurder. Div se volharding met John Smit as kaptein gaan ons nog kos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.