ʼn Vreemdeling in jou eie land

ANC-logo

ANC se logo op ‘n muur in Soweto, Johannesburg. Foto: Ben Sutherland/Flickr.com

Deur Jeannette Gnade

Minderheidsgroepe het selde nog so uitgesluit gevoel van landsgebeure soos nou in die aanloop tot die ANC se nasionale verkiesingskonferensie wat op 16 Desember by die Nasrec-sentrum in Johannesburg begin. Vir mense in die Afrikaner-dampkring is dit Geloftedag – die dag wat ons voorouers belowe het altyd as ʼn Sondag onderhou sal word. Die Slag van Bloedrivier het tot ʼn wonderwerk gelei en kan nie misken word nie. Dit is egter die Gelofte wat na al die jare die meeste saak maak en die herdenking van dié dag het geensins ten doel om ander nasies en kulture te kwes nie.

Mense buite die ANC het ook al geleer dat die viering van Nasionale Jeugdag om die Soweto-opstande te gedenk, nie ʼn voortgesette persoonlike aantyging is nie. Maar wanneer dit by regeringsake kom, wil almal graag weet hoe bepaalde gebeure hulle alledaagse lewe gaan beïnvloed. Die afgelope ruk wemel die media van ANC-nuus. Nuwe kandidate moet vir die regerende ANC gekies word omdat die Zuma-era tot ʼn einde gekom het. Dié kandidate gaan egter ook oor almal in die land besluit as die ANC die algemene verkiesing in 2019 wen.

En dit is hier waar die vlieg in die salf vassit. Hoeveel inspraak en seggenskap het gewone Suid-Afrikaners in die manier waarop hulle regeer word? As daar na die ANC en die regering se uitsprake geluister word, is dit duidelik dat die burgery nie regtig in tel is nie. Wit mense hoor gereeld dat hulle steeds bevoordeel word, swart mense moet ʼn storm opjaag om dienslewering af te dwing, Moslemgelowiges moet smeek om hulle eie plek van aanbidding by staatsinstellings te kry en die Indiërgemeenskap sê hulle word openlik verkleineer. Moontlik speel die Guptas ʼn rol daarin.

Bruin mense op die Kaapse Vlakte leef dag en nag in angs oor misdaad. Tog is daar ʼn gevoel dat dit veral die wit mense is wat deurloop. Die subtiele gebruik van die grondkwessie het ʼn verband met plaasaanvalle – al word dit ontken. Dit word afgemaak as blote misdaad asof dit enigsins verskoonbaar is. Radikale ekonomiese transformasie het die wagwoord geword om batebeslaglegging te regverdig. Groot maatskappye en korporasies in wit hande moet glo teruggeneem word, al is daar derduisende swart mense in hulle diens. Die beleid van Swart Ekonomiese Bemagtiging het bewys dat dit nie in die belang van swart burgers is nie. Miljarde rand word in die vorm van maatskaplike toelaes uitbetaal, maar die getal armes word elke jaar net meer en meer. Vir bykans elke probleem word wit mense uitgewys as die oersondaar, en ongelukkig glo so baie swarte mense dit. ʼn Land kan nie behoorlik regeer word as ʼn regering nie bereid is om na al die landsbewoners te luister nie. En dit sluit die Afrikaner in.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Veritas ·

Ai dit moet swaar wees om jouself altyd minderwaardig te ag as die Afrikaner. Dalk weet hulle meer as ons.

Heinrich ·

Ek stem Veritas. Kan maar net sê: bewys aan my dat jy die land beskaafd, verantwoordelik en suksesvol kan reageer dan sal ek ophou kla.

John ·

Minderheid in moderne terme kom basies neer op manipulasie of blote getalle… geboortes dus wat gebruik word om mag te bekom. Moet Afrikaners nou minderwaardig voel omdat sekere ander groepe meer aanwas of dalk ander politieke sienswyses, ideologiee of godsdienste aanhang en harder skreeu of wilder toi-toi selfs tydens kerkbyeenkomste? Of moet ons sleg voel omdat andere op slinkse wyse beheer uitoefen? Hoeveel volke of groepe of sekere taalsprekendes het nie in die verlede ook dieselfde stryd gevoer teen oorweldigende opposisie of kritiek nie? Wil ons nie eerder trots wees om ons eie unieke eienskappe nie al word dit afgeskiet of bedreig.? Die Bybel vra dat ons bereid moet wees om selfs te sterf vir ons geloof en die behoud van ons siele… So… kom ons doen… en wees onsself… ons die Afrikaners… Dit is in elke geval net ons wat die beste ‘ons’ kan wees…

Johanna Botha ·

Wel ek voel ek het verhuis na n ander land sonder om een damn tas te pak.

Eish ·

Baie treffend verwoord Johanna!
Dit sê alles wat ek wou kwytraak.

Vince ·

Ja dis hoekom ek my letterlike tasse 11 jaar terug gepak het….

Wit vlaggie ·

Die “nuwe” Suid-Afrika is regtig vir my n vreemde plek, n plek waar ek nie welkom voel nie!!!

bgj van der westhuizen ·

hulle is besig om ons uit te moor sonder dat mense dit agter kom

Nouja ·

Jeannette, hierdie klink soos jou eureka oomblik waar jy besef dat ons eintlik maar net gaste in die land is. Voorts dat ons hier is op geleende tyd. Ek bespeur nie juis hoop of n bemoedigende “wat nou” aspek in jou skrywe nie. Dis maar iets waarmee ons almal worstel elke dag. Een ding is seker en dit is dat die toekoms onseker is en dat dit glad nie ooit soos die verlede kan en sal lyk nie. Jou geliefdes kyk vraend na jou vir leiding, raad en advies. Hul soek dit nie van n ondefinieerbare volk sonder leiers of leiding figure nie. Ja, nie eers van die kerk nie. We are not in this together my friend, ons staan alleen. Stoksielalleen. Jy en jou Skepper, of dan net jy en jou agnostiese gewete.

Casper Labuschagne ·

Baie jare terug was die 16de Desember bekend as Dingaansdag. Die naam het ‘n kleur gehad wat polities nie korrek was nie, is verander na Geloftedag en weer verander na Versoeningsdag. Maar hierdie jaar sal dit so werklik weer Dingaansdag wees, in meer as een sin met Zuma wat heel moontlik sy opponent sal verbysteek.

Saartjie ·

Ek wonder al vir baie jare oor dié Geloftedagbelofte wat ons al die jare so getrou nagekom het. Is dit dan nie net van toepassing op die mense wat die belofte afgelê het en hulle nakomelinge nie? My voorgeslagte het almal rustig in die Boland gesit en wyn drink terwyl die Voortrekkers die binneland en Natal ‘verower’ het. Net soos wat ek daar geen sin in het om Goodwill Zwelethini en sy uitgebreide familie in weelde te onderhou nie, want hy is nie my koning nie, het ek daar ook geen sin in om die Geloftedagbelofte na te kom nie. Maar let wel, ek respekteer die reg van al die lesers om 16 Desember as ‘n ‘Sabbat’ deur te bring as hulle so sou verkies.

Frans C ·

.Nie almal het teen die Duitse magte in die 2de wêreldoorlog geveg nie. As dit nie vir Amerika se toetrede was nie sou die wêreldgeskiedenis totaal anders gelees het.

Netso is dit die belangrikste vir alle wit Suid Afrikaners is,dat die Zoeloemag gebreek is.Indien die Voortrekkers daar uitgemoor is sou geen witmens waar hy/sy ook al gebly het en binne bereik van die impies veilig gewees het nie.
Die geskiedenis en ontwikkeling van Suid Afrika sou totaal anders gelyk het

Doe Zoeloemag was egter nog so sterk dat hul op 22 Januarie 1879 ‘n sterk gewapende,
Engelse mag by Isandlwana verslaan het.

By Zuluculture.co.za lees ‘n mens:’The British and colonial troops were armed with the state-of-the-art Martini-Henry breech-loading rifle and two 7 pounder artillery pieces as well as a rocket battery. Despite a vast disadvantage in weapons technology, the numerically superior Zulus ultimately overwhelmed the poorly led and badly deployed British, killing over 1,300 troops, including all those out on the forward firing line. The Zulu army suffered around a thousand killed.

The battle was a crushing victory for the Zulus and caused the defeat of the first British invasion of Zululand. The British Army had suffered its worst defeat against a technologically inferior indigenous force. “

Hendrik ·

Maroela media mag ek ‘n oplossing voorstel? Dit gaan nie met geweld of enige rassisme gepaart nie. Daar is wel 2 sulke modele van hierdie oplossing wat in die land suksesvol hardloop en groei.

lizl ·

As ek nie binnekort in Orania kan gaan bly nie, moet ek uit die land wegkom. Ek kan dit nie meer hanteer, die korrupsie, die hekse jag op blankes. Ek sal moet wegkom voor ek ook die voorblaaie haal in `n onsinnige rasse klagte.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.