Nadoodse onteiening

Deur Daniël Eloff

Prof. Pierre de Vos. Foto: Twitter

Prof. Pierre de Vos van die Universiteit van Kaapstad het onlangs geargumenteer dat die Suid-Afrikaanse erfreg op sy kop gedraai moet word. De Vos is van mening dat testeervryheid onregverdig en moontlik ongrondwetlik is omdat dit die ongelykhede binne Suid-Afrika in stand hou. Die oordrag van welvaart tussen geslagte verhoog ongelykheid en maak dat die ongelykheid oor generasies heen voortduur, sê De Vos.

De Vos argumenteer dat die reg om te erf onwettig verklaar moet word of alternatiewelik dat die staat ’n 100%-boedelbelasting moet instel om te sorg dat welvaart en rykdom herversprei kan word.

Alhoewel De Vos se voorstel moontlik vir sommige mense edel mag klink, is dit alles behalwe. Soos die filosoof Albert Camus geskryf het, die welsyn van die samelewing was nog altyd die alibi van tiranne. Die voorstel om die reg om te erf en testeervryheid (die vryheid om jou eiendom te bemaak aan wie die individu self kies deur middel van ’n testament) omver te werp, is soos verskeie ander sosialistiese en statistiese beleidsvoorstelle bloot ’n nuwe poging tot onteiening sonder vergoeding.

Die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) is ’n poging deur die staat om aan individue voor te skryf hoe hulle hul inkomste moet bestee wanneer dit kom by gesondheidsorg. Die voorstel van voorgeskrewe bates is ’n poging deur die staat om aan die individu voor te skryf hoe en waarin hulle hul geld moet belê. En die uitwissing van die reg om te erf, is ’n poging om aan individue voor te skryf aan wie hulle hul besittings mag bemaak.

Die mees effektiewe wyse om rykdom te herversprei en die probleem van ongelykheid op te los, is om te sorg dat individue binne die ekonomie vrylik kan handel dryf sonder uitbuiting, maar ook sonder belemmerende regeringsinmenging. Niks het meer gedoen om die mensdom uit armoede te lig as die markekonomie nie. Hierdie bewering is waar, of ons nou kyk na ‘n tydperk van dekades of eeue. Die aantal mense wêreldwyd wat tans met minder as ongeveer twee dollar per dag leef, is minder as die helfte van wat dit in 1990 was.

Die voorstel deur De Vos is meer as net ’n drastiese en drakoniese inperking op testeervryheid en die reg om te erf. Die voorstel is eenvoudig blind vir menslike natuur. Indien die reg om te erf afgeskaf word, of dat daar ’n 100%-boedelbelasting gehef word, sal mense eenvoudig maniere kry om dit te ontduik. Mense het ’n intrinsieke bereidwilligheid om belasting te betaal, maar teen 100%-boedelbelasting verdwyn daardie bereidwilligheid besonder vinnig.

Suid-Afrika het nie ’n ongelykheidsprobleem nie. Suid-Afrika het probleme en uitdagings om rykdom te skep. ’n Belet om erfreg skep nie welvaart of rykdom nie en sal dus nooit die probleem van ongelykheid kan oplos nie.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Daniël Eloff

Daniël Eloff werk by Hurter Spies Ing., ʼn regsfirma wat spesialiseer in openbare belang-litigasie en is tans besig met sy meestersgraad in publiekreg. Hy is ook ʼn direkteur van AGENDA, ʼn nie-winsgewende organisasie wat hulself beywer vir die ontwikkeling van debat in Afrikaans in Suid-Afrikaanse skole en op ons land se tersiêre kampusse.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Dewald ·

Die wêreld het ‘n vreemde plek geword. Iewers in die nabye toekoms gaan daar ‘regstellings’ gedoen moet word om weer by gesonde-verstand-samelewing uit te kom.

Maar dit gaan nie mooi wees nie……

Kakamiet ·

Ooh ek stem! Hier is baie mense wat se koppe nie reg dink nie en die man gaan biekie vroer sy skepper ontmoet. Hyt gekrap waar dit nie jeuk nie en daardie leeus, is nie sy maats nie.

Snowball ·

Ek glo vir geen oomblik dat de Vos ‘n edel doelwit het nie. Inteendeel, die voorstel van ‘n wetsgeleerde om deur wetgewing mense te wil verhoed om vir hulle kinders na te laat sodat nog meer tot beskikking kan wees vir ‘n korrupte staat, laat ‘n mens wonder oor sy oordeelsvermoë, laat staan nog sy kennis van die menslike natuur. Sy absurde konsep het my herinner aan die volgende stelling van Ayan Rand –
“When you see that trading is done, not by consent but by compulsion; when you see that in order to produce, you need permission from men who produce nothing; when you see money flowing from those who deal, not in goods but in favours; when you see men get richer by graft and pull rather than work and your laws don’t protect you against them, but them against you; when you see corruption being rewarded and honesty becoming a self-sacrifice, you may know your society is doomed. “

Kakamiet ·

Dooms day is om die draai! Kan ook nie se d evos gaan sy skepper vroer ontmoet nie want hy lewe tans onder sy vlerk, ou nick wat die bose wereld en geeste versorg!

Lizzy8 ·

Ek wil eerder nie kommentaar lewer nie, maar ek brand eerder alles wat ek besit, self my geld ook…..

Kakamiet ·

Jy kan eerder you mandaat gee om af te stig by die VVA. United liberty alliance. Asb.

Johan ·

Oud Prof Sampie Terreblanche het 2 dinge gesê wat my altyd sal bybly:
1. Die kringloop van armoede veroorsaak dat die nageslag van die armes arm bly. Die kringloop moet verbreek word.
2. Armoede sit nie in jou beursie nie, maar in jou kop.
Om bates te verdeel gaan geen verskil maak aan wat in die amoedige se kop aangaan nie. Hulle sal arm bly.
Ons moet begin by opvoeding. Dit sal die verskil maak. Om die rykstes se bates te verdeel by hul dood moet ons hul produktiewe bates verkoop. Hul fabrieke toemaak en dit onder die armes verdeel. As dit R250 miljoen van een ryke beskikbaar maak gaan elkeen van ons 25 miljoen inwoners R10 kry en almal wat by die ryke gewerk het sonder werk sit, want wie gaan nou die ryke se besigheid bestuur? Die staat. Ga!

Jacobus ·

Ou gesegde – ou is so arm hy het net geld. Maar dis ook waar party mense is só stupid, al wat hulle het is geleerdheid. “Virtue signaling” om van te braak. Arm groot geword (baie) Die bietjie wat ek weet sal NOOIT na die ondankbare kaders gaan. Stupidus Maximus.

Pieter ·

vossie sussie, ek sal jou graag een aand alleen wil raakloop om my opinie aan jou te verduidelik.

Alleen Wolf ·

Ek is sprakeloos, ek het gewerk vir wat ek besit, niemand gaan vir my voorskryf wat om met my hard verdiende nalatenskap te doen nie

Pieter ·

Hy is welkom om sy huis, voertuie en bates te verkoop an als aan die anc te gee oom die armes te help. Dit klink ook asof hy nie werk vir sy geld nie, ek ook nie kinders het vir wie hy iets wil nalaat nie, dis nou as ‘n vrou ooit in hom sou belangstel.

Baardman ·

Klink vir my hys verbitterd omdat hy dalk niks geerf het nie

Johanna Adriana ·

Het hy kinders? Dis seker weer net teen die blankes gemik? As blankes kry ons kinders nie sommer meer werke met byvoordele. Uit hul kommissiewerke en werk wat hulself moet skep, moet hulle probeer leef en sorg vir eie medies en pensioen. Nou wil die prof nog die bietjie wat ons eendag dalk vir ons kinders kan nalaat, ook wegvat. Hy moet bietjie met realiteite in aanraking kom vanuit sy ivoortoring. Ons is nie almal ryk! Wat hy voorstel klink na verraad!

Salome ·

Dis sommer nonsense. Ek sal nie my geld vir ander gee nie. My kinders is my erfgenames. Dit is nie my skuld dat die ander nie voorsiening maak vir hulle kinders nie.

Elisma ·

Laat ek liewer verder niks sê nie, maar die vet weet ons raak al hoe meer Kommunisties by die dag as hulle tot nou wil voor skryf wat jy met jou geld moet doen waarvoor jy so hard gewerk het. Dan vra hulle waarom mense immigreer.

donsie ·

Toemaar dis die gebrek aan sigarette wat hom sulke twak laat kwyt raak

Smurf ·

Wil die arme fool vir my se dat dit waarvoor ek al die jare geswoeg en hard gewerk het met die gepeupel gedeel moet word ???? Ek het flippen slegte nuus vir hom…. en o ja…amper vergeet ek …….ek kan hom baie duidelik beduie waarheen om te gaan…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.