Nasiebou is ʼn snaakse woord

Deur Daniel du Plessis

(Foto: Demokratiese Alliansie/da.org.za)

Die onlangse struwelinge in die DA wentel, in ʼn sekere sin, om ʼn enkele vraag: Hoe behoort die DA se strategie vir nasiebou te lyk?

Dit is interessant om te let op die prominente posisie wat hierdie idee in die politieke diskoers ingeneem het – vir baie lank het min mense gehou van die idee van “nasiebou”.

ʼn Angel-Sakser wat in 1066 gesien het hoe die Normandiërs opdaag in Brittanje – met skepe, wapens en soldate – sou kon vermoed dat nasiebou in sy nabye toekoms was. En inderdaad – na ʼn paar maande van intensiewe nasiebou op die slagveld (en, daarna, ʼn paar eeue van stadige nasiebou in paleise, parlemente en howe) – is daar nie meer Angel-Saksers of Normandiërs nie.

Nasiebou is ʼn lang proses – dit het immers tot 1998 geneem vir die Goeie Vrydag ooreenkoms om geteken te word. Daarmee saam kom die einde aan enige en alle konflik in Britse eilande. Waarskynlik. Afgesien van Brexit. En wanneer Skotland gaan loop.

In plaas van die Angele, Saksers, Kelte en talle ander is daar nou net die Engelse – en hulle, op hul beurt, het weer Suid-Afrika in 1910 geseën met ʼn bietjie stadige nasiebou van ons eie. Na die vereiste intensiewe nasiebou op die slagveld, natuurlik.

Deesdae het ons veel meer gevorderde nasiebou-tegnologie as in daardie tyd, natuurlik. Grondwette, parlemente, presidente en stemdae hanteer nou stadige nasiebou met aansienlik meer grasie as outokrasieë – en met heelwat minder onbesorgdheid vir wat die mense werklik nodig het.

En die intensiewe nasiebou? Wel, dit lyk nie meer soos die inval soos Normandië nie – maar eerder soos rasseherries in Schweizer-Reneke, hofsake in Coligny, ou vlae in die strate, Afrikaans by die universiteite en springbokke jag vir haatspraak.

In hierdie opsig is die DA se pogings om “een SA vir almal” te bou lofwaardig in soverre dit probeer hierdie konflik voorkom – maar eintlik juis net ʼn ander vorm van dieselfde ding wat die konflik in die eerste plek veroorsaak.

Dit is natuurlik nie net ʼn DA-probleem hierdie nie. In hierdie opsig is die meeste groot partye eintlik betreklik soortgelyk – in die DA se individualistiese politieke agtergrond, ANC se historiese nierassigheid.

Kon die DA en ANC dan minstens hulself suiwer van enige kulturele identiteit? Beslis nie, en dit is ook sigbaar in hoe kiesers oor hulle dink.

Die DA se filosofie en waardes kom uit ʼn gans ander wêreld as dié wat meeste swart kiesers elke dag beleef. Dít is baie duidelik uit hul pogings om daardie demografie se stemme te werf – wat op sigself ook onbestaanbaar was met hul vorige kiesers se identiteite. So ook is dit vir talle van die DA se kiesers onbegryplik hoe enigiemand vir die ANC sou kon stem. In hierdie opsig, interessant genoeg, herinner die Suid-Afrikaanse probleem eintlik aan die probleem van die onderbewussyn in die sielkunde.

Freud se reusedeurbraak was die ontdekking dat jou gedrag op subtiele maniere beïnvloed word deur ʼn deel van jouself wat buite jou eie beheer was.

Vinnig het daar twee denkstrome ontstaan. Freud self het geglo dat hierdie onderbewuste invloede onderdruk en verwerp moet word om beskaafd te word.

Daarenteen het Jung, sy student, geglo dat ons juis ons onsself moet ken om goeie burgers te wees. Wanneer ons eerlik is oor ons gebreke, foute, voorkeure, drome en nagmerries – eers dán is dit moontlik om met ander mense saam te leef.

  • Daniel du Plessis is ’n regsontleder by Sakeliga, ’n onafhanklike sakegemeenskap.
Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nie waar

Nou waar kom al die baie ander mense dan vandaan as hulle nie genasiebou het nie?

Jack Klok

Jy kan nie iets ingewikkeld bou as die bestandele van jou resep nie verenigbaar is nie. Sekere bestandele gaan net nie saam nie. Die sig, smaak, tas en reuk sintuie verwerp sekere kombinasies van voedsel, smaak en geurmiddels. Gal bitter saam met vanilla roomys lê nie lekker op die tong nie. Mens roer nie duiwelsdrek in jou koffie om dit soet te maak nie. Die bestanddele in Seffrica is net TE verskillend om ‘n nasie mee te bou.

Yster en klei heg nie aan mekaar nie.

Nasie en Bou

…. is twee woordjies wat nie op SA van toepassing is nie.

gatiep

VF+ is klaar besig om regte party op te bou.
N nie rasgedrewe party vir al die klein nasies in SA.As hulle so aangaan sal hulle slaag.
DA is n party vir die nasie wat in die meerderheid is.

Spinasie en bou

….is twee glibberige woordjies wat nie op die land ban toepassing is nie.