Nie ʼn woord oor OSV by grondkonferensie

Argieffoto: Pixabay

Deur Gabriel Crouse

Die konferensie oor grondherverdeling onlangs by die Universiteit van Wes-Kaapland was ’n geleentheid om vas te stel wat die polities-akademiese elite se ingesteldheid is. Die inleidingsgroet was op albei dae “comrade”.

Verskeie LP’s het opgedaag, onder wie Mncedisi Filtane van die UDM die meeste gepraat het. In die Konstitusionele Oorsig-komitee verlede jaar het Filtane gesê dat hy keelvol is en “ons kan weer oorlog maak indien nodig. Dit is basies waarheen julle my van nou af vorentoe gestuur het”. Hoewel sy lag by die konferensie hard en dikwels was, het sy idees en die manier waarop hy mense van wie hy verskil aangespreek het, nie veel verander nie.

Thoko Didiza, wat waarskynlik die voorsitter van die Handves van Regte-wysigingsproses sal wees, het op die tweede dag opgedaag en is omring deur bewonderaars. Didiza was versigtig in haar uitsprake om tegnies te bly. Sy het opgekom vir ’n gesentraliseerde regering in al die “veelduidigheid” daarvan met ’n vae herinnering oor wie nog in beheer is. Die kalklig het op Ruth Hall, die UWK se voorste professor, geval wat gekies is om in die president se advieskomitee oor grondhervorming te dien. Hall het net ná die konferensie reguit na die president se komitee vertrek.

Teen dag twee was Hall baie duidelik oor haar samevatting van die konferensie. “Dit was merkwaardig,” het sy gesê, “dat ons in werklikheid nie onteiening sonder vergoeding (OSV) bespreek het nie.” ’n Opmerking wat skokkend waar gebly het.

Presies hoe gebeur dit dat ’n konferensie oor grondhervorming op dié tydstip kan plaasvind sonder enige werklike bespreking van OSV?

Dit het deels plaasgevind deurdat die konferensie in drie verdeel is, om by drie opdragreferate in te skakel. Die eerste twee referate is deur relatief gematigdes gelewer wat hulle dalk duidelik teen OSV, of die koste van OSV, sou kon uitspreek indien hulle nie daarop ingestel was om hul eie alternatiewe voorop te stel nie.

Die derde referaat het van die voorsitter van Oxfam Suid-Afrika en die NRO-prins Mazibuko Jara gekom. Jara het die radikale benadering gevolg. Sy groep het die duidelikste antwoord gereed gehad op Hall se openingsvraag, “Hoe behoort grond vir herverspreiding geïdentifiseer en verkry te word?” In een woord, “Besetting.” Een deelnemer het gewonder: “Hoe organiseer ons selforganiserende openbare besetting?” Die voorsitter het soos volg gereageer: “Neem net jou intrek op die grond en beweeg aan. Grondbesettings.”  Toe een persoon te velde getrek het teen “verkrampte boere”, het die voorsitter haar kop in samestemming geknik. “Ons het aggressiewe implementering nodig.”  Die jarelange EFF-beleid.

In ’n land wat obsessief is oor sosiale identiteite, is hier iets waarop gelet moet word.  Die hardste stemme ter ondersteuning van besettingstrategie het in die volgende kombinasies met beklemtoning van ras (wit Afrikaans, wit Hollands) en die voorsitter (swart Amerikaans) gekom. Weer eens moet dit nie verbasing wek nie; ras was geen volmag vir fundamentele waardes nie.

Spesiale vermelding vir duidelikheid gaan aan Marc Wegerif, ’n dosent aan die Universiteit van Pretoria (en voorheen van Oxfam), wat entoesiasties gepraat het oor begunstigdes van grondherverspreiding wat “nieoordraagbare” regte op hul grond sou ontvang. Dit beteken dat begunstigdes nie hul grond sou kon verkoop of met ’n verband beswaar nie. Dit strook heeltemal met ’n groot deel van die denke oor grondhervorming wat uit die UWK gekom het, maar min het die moed gehad om dit ondubbelsinnig te stel.

Tracey Ledger, wat ’n navorsingsgenoot by Wits en ’n NRO-konsultant is, verdien ook spesiale vermelding. Ledger het verduidelik dat die solidariteitsekonomie wat Jara voorstaan – iets tussen AfrikaBurn se geskenkekonomie en Stalinisme – in die prysvasstelling in spazawinkels gesien kan word wat, volgens haar, standaardpraktyk is.

Enigeen wat GG Alcock se werk oor Kasinomicks ken, sal dit belaglik vind omdat duidelik aangetoon word dat spazas dikwels uiters mededingende besighede is wat pryse tot onder dié van supermarkte kan afdwing ondanks laasgenoemde se voordeel in skaalbesparings. Maar selfs indien dit waar was, indien jy sou hoor dat die winkels waar jy jou kos koop, by prysvasstelling betrokke was, sou jy aangetrokke voel tot dié soort “solidariteit”?

Toe besetting en inname as die ware Jakob gevestig is, is die aspek dat “ons ’n bietjie geweld gaan nodig hê” geopper. Die verfyning wat aangebied is, was dat slegs geweld teen swart mense en swart vroue fokus verdien het. Dit was soos om in Ramaphosa se wêreld in die VSA te wees waar dit nie nodig was om ’n enkele vermoorde boer te erken nie.

Die groep het afgesluit toe Dan Kriek, die hoof van Agri SA, opgestaan het om te sê dat hy self nooit sy plaaswerkers laat uitgaan het wanneer daar weerlig was nie. Dit was met verwysing na die onlangse Upington-geval waar vier werkers in die veld doodgeslaan is waar, volgens die groep, op onmiddellike vergeldings-“besetting” aangedring is met, om dit sagkens te stel, “Ons soek ’n revolusie”.

Kriek het bygevoeg: “Onthou, 80% [van boere] lewer 20% van voedsel, waarmee ons dan drastiese dinge kan doen. Nee, nie drastiese dinge nie, maar ons kan vinniger vordering maak.”

Dit het gelyk asof Kriek ’n punt wat vroeër deur Ben Cousins, ’n ander UWK-grondfoendie, gemaak is, wou herbevestig. Cousins het (breedweg opgesom) betoog dat indien die 20% van boere wat 80% van die voedsel lewer, onaangeraak gelaat word, die swakker 80% van boere sonder veel skade aan voedselsekuriteit vervang sou kon word.

Toe Kriek later in privaatheid daaroor uitgevra is, het hy beswaar gemaak. Hy het verduidelik dat hy eintlik die teenoorgestelde aan Cousins wou te kenne gee, as uitgangspunt en ter afsluiting. Hy was beslis dat dit ’n misverstand was. Hy sal ongetwyfeld volgende keer minder dubbelsinnig wees. Desgelyks sal Kriek miskien ook die onregverdigheid van OSV noem.

OSV is nie bespreek nie omdat die teëstanders daarvan stilgebly het en die voorstanders dit as vanselfsprekend aanvaar het dat selfs die verandering van die Grondwet oor hierdie aspek nie genoeg sou wees nie. Wat werklik nodig was, was dat die polisie aan die kant van “vrywillige” grondinname teenoor grondeienaars moes wees.

Afgesien van ’n paar uitbarstings, was die algemene gees heeltemal aangenaam, byna soos ’n paar uitdagende teenoormekaarstellings. Koel en kalm, selfs gemoedelik, met grappies en lang vervelige kolle. Nogtans, oor die algemeen, aaklig.

Vir die konferensie om so oppervlakkig bedaard te wees dat daar nie eens oor OSV gedebatteer is nie, het ’n parlementêre proses vereis wat, in die woorde van ekonoom Azar Jammine, “met een slag enige hoop vernietig het dat daar ’n opbloei van kapitale belegging sou wees wat volhoubare ekonomiese groei weer sou opwek”.  Die ekonomie is doodgewurg, die intelligentsia is goed geolie.

  •  Hierdie artikel het vir die eerste keer op die Rational Standard verskyn.
  •  Gabriel Crouse is die George F.D. Palmer finansiële joernalis/trustgenoot by die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV), ’n liberale dinktenk wat politieke en ekonomiese vryheid bevorder. Lesers word genooi om saam met die IRV standpunt in te neem deur ’n SMS na 32823 te stuur (SMS’e kos R1, bepalings en voorwaardes geld).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

marco polo ·

Kriek het gese 80% boere lewer 20% voedsel? Is hy simpel, of is dit ‘n tikfout, Maroela?

Diegene wat so graag rewolusie soek verstaan nie dat daar bloed gaan vloei nie, hulle bloed ook.

Steven ·

AgriSa – Kriek is ‘n agent vir die megaboere. Hy beding nou vir wat in 1994 besluit is. 80% boere gaan geoffer word, rofweg 25000 terwyl net die megaboere beskerm sal word om skatryk te word en natuurlik die elite kos te gee. Jan alleman en die gepeupel sal van die honger omkom… en mekaar vertrap vir n stukkie brood. Alles mooi uitgewerk, die wigte en teenwigte skop nou in, maar net vir die uitverkorenes. Viva Suid Afrika.

Rupert Ashford ·

Een dingetjie om hieruit te leer is dat mens ook nie NGOs kan vertrou nie, ook nie met jou liefdadigheidskenkings nie. Hulle (en huiwerig sluit ek selfs Worldvision hierby in) is almal kop in een mus met die VN, die aanstigter van die siek tydsgees waarin ons lewe.

Ai ·

Elke stap verder wat die comrades vat is n stap nader in die rigting van die afgronde…
Julle eienste comrades gaan julle eie mense nog in n hongersnood plaas!
Julle arrogante comrades met n brood onder die arm vir nou dink Venezuela en Zimbabwe se toestand is n grap, maar kort voor lank sal jul eerstehands ervaar die Frankenstein wat julle besig is om aan geboorte te skenk!
Is jul wraak gevoelens teenoor die blankes en jul dwaasheid dan so groot dat julle comrades bereid is om die land op sy knee te dwing? Duidelik is dit.
Jul tree op sonder om te dink oor die nagevolge, maar weet die skade wat jul berokken gaan by Suid Afrika bly vir n lang tyd om te kom.
Ja die blankes gaan swaar kry maar die der miljoene meer nie blankes gaan dit nog erger voel…
Afrika die sirkel van wanhoop kompleet homself alweer nes middel, noord,oos en wes Afrika…Orals n gemors!
Verwag nie n dooie sent van my nie Unicef en white cross om die miljoene bakhandtjies in Afrika te help voed nie want jul brawe antiblank comrades gaan nou mos vir die land se voedsel produksie en ekonomie sorg so gaan bedel maar dan by julle comrades!…..Ek voel laat hul omkom van honger oor hul eie halsstarig en onbeholpenheid ….Die hart raak maar bitter…

Gert ·

Die een sin sê dit alles: “OSV is nie bespreek nie omdat teenstanders niks gesê het nie en die voorstanders dit as vanselfsprekend aanvaar het.”
Swaar tye op pad.

Afrikaner ·

Die teenstanders het dit gedwee aanvaar, gelei soos ‘n terslagting na die slagpale. Hulle kan nie na die tyd kom huil nie. Dan moet hulle maar vir hulle kry.

Jerry ·

Stilte voor die storm! Luister mooi, dan sal julle ook die dreuning hoor!

Rustig ·

Akademiese range beteken niks meer in die land wat grade soos kleingeld uitdeel nie, en daardie sogenasmde akademici sal vinniger weghol as hulle op my eiendom waag. Die wat hulle probeer stuur om my goed te kom vat gaan ook tweede kom.

John ·

Gister het Aljazeera ‘n lang program gebeeldsend oor Mandela met die klem op De Klerk as sy teendeel: die een super-wonderlik en die ander pateties-swak. Natuurlik was Max met sy wonderbril daar om perspektief te gee… o ja ook met sy wit vel. Die Afrikaners is as vloerlappe uitgebeeld. Die destydse onderhandeling is vertoon wat ooreenstem met bogenoemde gebeurtenis. Interessant dat Malema reeds die fase na grondoorname bekyk en die wit mense in die rol van die slawe sien. Dit is ‘n uitgemaakte saak… net ‘n kwessie van tyd wat die rewolusioniste betref. Iemand is egter buite rekening gelaat. Ons moet Sy hulp afsmeek. Dit is al redding. Miskien moet hulle lees hoe die Israeliete bevry is…

Therese van Schalkwyk ·

Ja, die ironie van die “polities-akademiese elite” wat mekaar as “comrade” aanspreek.

Die hoof van Agri SA het die aap uit die mou gelaat in ‘n onbewaakte oomblik.
Al die terugkrabbel in die wêreld gaan nie nou help nie.
Dit (die opoffering van kleiner boere) sal ook nie juis verbaas óf skok, wanneer in ag geneem word hoe lank dit dié elite-organisasie geneem het om op plaasmoorde te reageer nie.
Dis die harde waarheid, soos iemand onlangs gesê het.

Rasper ·

Hierdie is soos ‘n vuishou in die maag. Ek weet nie hoekom ek dit nie verwag het nie…. Ek hoop die mense besef wat gebeur… Miskien is dit omdat ‘n mens nog altyd hoop. Suid-Afrika oor 10 jaar raak nou al duideliker. ‘n Paar mega-boere met Dan Kriek as hulle pion. Die res van ons in plakkerskampe of vir die wat gelukkig was, ‘n beter lewe oorsee. Nie eers te praat van die wat in ‘n onverklaarde oorlog vermoor gaan word op plase en in dorpe, terwyl dit vir my lyk dat die polisie gaan staan en toekyk. As hulle dit nie al klaar doen nie. Die woord “tragies” kom by my op.

Steven ·

Rasper, dis ongelukkig die wrede werklikheid, en die skokkende deel is, dis nie 10 jr nie.
Ek sink meer na op die meeste 18 maande. Die landgryp gaan soos ‘n tsunami plaasvind, teenoor waar ons gewoond was hier en daar n plaas, enook plaasmoorde, gaan dit nou streke word. Waar die droogte nog nie sy tol gevra het nie, sal hordes hul intrek neem (insluitende ZIM vlugtelinge).
Nee, 10jr het ons in elk geval nie. Met 52% werkloosheid onder die jeug sit ons op ‘n tydbom, duisende op kampusse wat doelloos rondhang, hulle gaan skielik iets kry om te doen… Malema sal daarvoor sorg. Geen belegger sal sy geld in ‘n donker gat ingooi nie, geen ekonomiese groei nie, staatskuld, rent van R1milj per dag en ons voorland is Venezauela, Argentinia, Brazil… ons word reeds met hulle vergelyk. Hyperinflasie en die koeel is deur die kerk. Ons mense sal vinnig moet wakker skrik om hierdie ramp te buffer, af te weer is nie meer moontlik nie. natuurlik is ons boere reeds onder beleg deur FNB wat plase nou in Hoopstad en Bultfontein opeis. Snaaks tog dat die boere nie die ISLAM (sekels) Moskees in hule dorpe kan verwyder nie, dalk sal die reen terugkom.

Gaan kyk bietjie – dorpe in die moeilikheid = ISLAM tempels (selfs Bethelehm in die Vrystaat spog met een – Colignie). Kaapstad het vele en selfs op Seinheuwel en dan wonder hulle hoekom hulle water opdroog.

Jerry ·

Rasper se stelling van n onverklaarde oorlog wat voorle, glo ek prikkel belangstelling by almal wat verby gatvol is. julius malema het reeds by verskeie geleenthede oorlog teen alle witmense verklaar. Afrikanerorganisasies is dus in die bevoorregte posisie om vorentoe terenigetyd en wat lyk na die regte tyd, die oorlogverklaring te aanvaar of nie. Net die tyd sal leer en indien Trump van Amerika ons sal ondersteun, kan ek geen rede sien, hoekom ons nie die oorlogsverklaring moet aanvaar nie. Dit hang seker ook maar daarvan af of Trump nog teen daardie tyd president sal wees of nie, want soveel tyd gaan verlore met die sloerstaking waarmee sekere Afrikanerorganisasies besig is en andere om sakeryke te bou, dat geen mens sal kan se, hoe lank daar dan uiteindelik gewag gaan word vir wat meer en meer begin lyk na n onafwendbare en uitgemaakte saak!

Steven ·

Ons gaan nie lank wag nie, die tafel is gedek vir die ineenstorting van RSA. Die tekens is regvoor almal, ongelukkig let net ‘n handjie vol mense daarop en raak ook weglaatbaar meegesleur weens almal in ‘n droom van ‘n etopia wil glo en nie wil hoor die skip sink nie. Hierdie onverklaarde oorlog is oppad en het reeds begin. Die leuens van kwakpraters (wat ons steeds nog glo) soos vir Roelf en Dan Kriek en ander leiers wat kamtig na ons belange omsien gaan ons duur te staan kom … (en Trump of Amerika of enige ander land gaan ons nie kom red nie). Hierdie is ons eie bootjie wat hom in ‘n helse storm begewe het…

Rita Labuschagne ·

Ai mense! Waar is die vertroue in ons God en ons Beskermer? Hy sal ons nie tot hier gebring en ons dan verlaat nie! Kom ons kyk op en weet Hy is ons Redder!!

Steven ·

Rita, God3 was wel by Bloedrivier omdat ons Sy aangesig gesoek het.
Die Engelse oorlog en rebellie van 1915 het God3 nie weggevat, netso ook nie 1933 depressie en 2de wereldoorlog en 1994 se verwrongevafdraaipad nie. Netso gaan Hy ooknie die komende ramp stop nie, want dis afrekeningstyd…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.