Noord-Korea sal bly klou aan sy grootste afskrikmiddel

Betogers hou Dinsdag ʼn optog naby die Amerikaanse ambassade in Seoel, Suid-Korea. Dié optog is om protes aan te teken teen die beplande beraad tussen die Suid-Koreaanse president, Maan Jae-in, en die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong Un. Dié twee leiers neem Vrydag aan Korea se derde beraad-praatjie sedert 1945 deel. (Foto: Ahn Young-joon, AP)

Die wêreld is deesdae weer op hol oor Noord-Korea se kernvermoë en die moontlikheid dat president Donald Trump van Amerika eersdaags die “opperbevelhebber” van Noord-Korea, Kim Jong-un sal ontmoet. Die doel is uiteindelik om Noord-Korea te oortuig dat hy sy kernkragprogram moet laat vaar en al sy bestaande kernbomme moet aftakel… soos Suid-Afrika self aan die einde van die vorige eeu gedoen het.

Voor ’n mens te opgewonde oor so ’n moontlikheid raak, is dit miskien die moeite werd om te kyk waar Noord-Korea se kernwapenprogram vandaan kom en waarom hy in die eerste plek daarmee begin het. Dis belangrik om te onthou dat daar ná die Koreaanse oorlog in die vyftigerjare nooit vrede tussen Noord- en Suid-Korea verklaar is nie. Die oorlog was in die eerste plek tussen die Amerikaans-gesteunde Suid-Korea en die Chinees-gesteunde Noord-Korea. Daar is nou net ’n skietstilstand tussen die twee en daar is steeds duisende Amerikaanse soldate in Suid-Korea.

Die afgelope tyd het die toenadering tussen die twee lande egter weer toegeneem en is daar van beide kante af gepoog om vir eens en vir altyd die vyandskap te laat vaar. Koreane is per slot van sake volksgenote, net soos die Duitsers wat ná die val van die Berlynse muur feitlik soomloos verenig is.

Pogings om die geskille by te lê, is egter niks nuuts nie. Agtereenvolgende Amerikaanse presidente het deur die jare gepoog om Noord-Korea te dwing om sy kernkragprogram te los. Talle ooreenkomste is al geteken, net om weer van albei kante verbreek te word. Noord-Korea het egter deurgaans geëis dat hy internasionaal erken moes word… en dit het beteken dat Kim Jong-un op gelyke voet met die Amerikaanse president moet kan onderhandel.

Nou het president Donald Trump, die president wat met sy selfoon twiete van die heup af skiet, daartoe ingewillig. Sien, Trump het geen benul van die fynere punte van internasionale politiek nie. Kim besef dit en het ná sy onlangse besoek aan die Chinese president Xi Jinping die eerste punte behaal deur aan te kondig dat Noord-Korea alle kern- en missieltoetse tot verdere kennisgewing opskort. Die fynskrif is egter dat Kim se Noord-Korea nie meer verdere toetse het nie, dat hy alles bereik het wat hy tot dusver wou gehad het.

Kim het egter die voorwaarde bygevoeg dat Noord-Korea onder geen omstandighede sy kernwapenarsenaal sal vernietig nie. Sy land, het Kim gesê, gebruik kernwapens as afskrikmiddel… net soos Suid-Afrika tydens die Angolese oorlog gedoen het. ’n Mens kan hom nie kwalik neem nie; Amerika het die gewoonte om, sodra ’n land sy kernwapens of enige ander wapens vernietig het, ooreenkomste op te skeur. ’n Voorbeeld is Iran, wat ’n ooreenkoms met die Obama-regering gesluit het om sy kernwapenprogram te staak net om nou te hoor dat Trump dit wil verbreek. Amerika sê dikwels dis in Amerikaanse belang, maar kan net sowel byvoeg dis ook in Israel se belang.

Die wêreld is natuurlik baie gou om op die wa te spring. Daar is nou selfs sprake dat Trump en Kim die Nobel-prys vir Vrede kan kry, ooglopend ’n poging om hulle moreel tot ’n vergelyk te dwing. Onthou egter dat President Barack Obama die Nobel-Vredesprys gekry het pas nadat hy vir die eerste keer president geword het, maar nou is Amerika in meer konflikte betrokke as toe.

Wat is die realistiese kanse dat daar ’n skikking tussen Kim en Trump kan kom? Ek dink dis bitter skraal. Amerika sal sekerlik sy een arm wil gee om die hele Korea onder sy vlerk te kry. Dis minstens deel van sy strategie om China te omsingel wat hy eintlik as die groot bedreiging sien. China sal egter nooit so ’n knus verhouding toelaat nie.

Maar die tyd sal leer.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Tienie Fourie

Tienie Fourie is ʼn oud-joernalis wat Suid-Afrika ook as diplomaat in Londen, New York en Wene verteenwoordig het. Hy het ook in Zimbabwe en China gewerk.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Marthinus Willemse ·

Die Nobelprys vir Trump en Kim terwyl Rusland, China, Japan en Suid-Korea vir jare agter die skerm geveg en gewerk het vir vrede. Dit sal onregverdig teenoor laasgenoemde vier lande se leiers wees. Amerika wil soos gewoonlik al die krediet vat.

johannes ·

Tienie Fourie se artikel is vol bewerings wat heeltemal verkeerd is, In n neutedop:Die VSA is die waghond vir vrede op hierdie aarde en veg vir die behoud van die westerse beskawing.

Casper Labuschagne ·

Noord Korea is steeds vasgevang in die oorlog van 1952…

@johannes, ek stem saam met jou. Wanneer die by Noord Korea kom, is die politiek vasgevries in die opset van die VSA as beskermer van demokrasie en vryheid teenoor wat huidiglik die brutaalste kommunistiese land op aarde is, en daar is geen ander liberale politieke interpretasie van daardie toestand wat geldig is nie. Die fout van alle Amerikaanse presidente sedert Reagan was om Korea te beskou vanuit die oogpunt van ‘n liberale nuwe wêreldpolitiek. Ek lees alles wat ek in die hande kan kry oor Korea en Noord Korea is ten volle steeds in die staat van ‘n Koreaanse oorlog uit die 1950’s en daardie paradigma definieer dan ook die enigste moontlike werkswyse aangaande Noord Korea.

johannes ·

Die VSA is net besig om die belange van die westerse beskawing te beskerm,wat hoofsaaklik die Christendom is , so bid maar gerus dat hulle die euwel van hierdie wereld oorwin

Marthinus Willemse ·

Johannes, ek wil jou nie ontstel nie, maar die VSA voel vere vir ons Christene. Joel Stein is `n Jood, wat in Time magazine en oraloor spog dat Hollywood en die media deur Jode besit word. Kyk maar na die gemiddelde Hollywoodfliek: die swart man is die held, die Jood is die genie, die Christen is die alkoholis, skelm, verkragter, en seksueel promisku.
Amerika se buitelandse beleid is gefokus om Israel ter wille te wees.

Henry ·

Goeie skryfsel Tienie.
Dit is veral jou heel laaste sin wat aan die oor van die wat wil hoor, geknoop kan word.
:-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.