Noord-Sentineleiland: ʼn Ander perspektief op sendelingmoord

John Allen Chau was ’n avonturier was lief was vir die natuur Foto: Facebook

Strydom het hierdie Facebook-inskrywing gemaak ná ʼn leser hom gevra het oor sy mening oor die onlangs gebeure in November op die Noord-Sentineleiland waar ʼn sendeling vermoor is. Die inskrywing is op die skrywer se versoek woordeliks gepubliseer net soos wat dit op Facebook verskyn het.

‘n Paar vinnige random gemengde gevoelens:

Toe ek op die Anamans was, was daar nuus oor ‘n visserman wat skipbreuk gelei het op North Setninel-eiland en doodgemaak is – een van vele deur die jare. In 2006 het dieselfde lot twee ander vissermanne getref. Hulle lyke is aan pale op die strand gehang as waarskuwing aan besoekers.

In 1974 is daar op ‘n National Geographic-span met pyl en boë geskiet.

‘n Voortvlugtige uit ‘n Indiese tronk wat daar beland het, is vermoor. Ons weet van ten minste twee skepe daar gestrand het, waar die mense moes veg en vlug vir hulle lewe…

As jy “the most dangerous places in the world” Google, is die kanse goed dat jy iets oor North Sentinel gaan lees.

Maurice Vidal Portman was in die 1880’s op ‘n paar ekspedisies na die eiland. Hy het onder andere op een van die ekspedisies ses mense (waarvan vier kinders) as deel van ‘n navorsingsprojek na die hoofeiland ontvoer, die volwassenes is dood en die kinders is later teruggeneem. Dalk het dit groot invloed op hulle agressie teen Westerlinge?

Nie waar dat daar nog nooit “vreedsame” kontak gemaak is nie, though.

Die Britte het reeds in die 1800’s Onge-stamlede van ‘n ander eiland na North Sentinel geneem in ‘n poging om te kommunikeer omdat hulle gedink het hulle praat dieselfde taal – wat nie die geval was nie.

Daar was ook meer onlangs vreedsame interaksie – voor toegang tot die eiland verbied is – tussen ‘n groep Duitse toeriste en die North Sentinals. Niemand weet waarom hulle so vriendelik ontvang is nie.

Daar was ook al studies op die eiland deur ‘n Indiese antropoloog.

‘n Mens sou die eiland wou beskerm teen Westerse invloed om ‘n klomp redes, onder andere omdat hulle waarskynlik swak weerstand het teen ons siektes. Ook die vrees oor potensiële impak van buite op hulle kultuur ensovoorts – jammer dat die “Christengemeenskap” te dikwels gelyk is aan “Westerse samelewing” en kolonialisme, en dat ons ons aanvanklike vryheid verloor het.

As mens bewus is van die foute van die Westerse samelewing is dit maklik om primitiewe stamme te verromantiseer. Gaan ook maar rof daar. Utopia bestaan nêrens nie.

Daar gebeur dikwels dinge in hierdie samelewings wat moeilik is om te ignoreer as jy wil hê liefde moet wen.

Vroue het byvoorbeeld dikwels besondere swak status, word as eiendom van mans beskou – om nie eers te praat oor wreedhede teenoor gestremdes, gays, albino’s of enigiemand wat bietjie uitstaan omdat hy of sy anders is nie.

Met meeste van die Andaman-stamme wat vandag gereelde kontak het met bosbouers, vissermanne en ander groepe van die hoofstroom-Andamans gaan dit toenemend al beter – al was dit nie aanvanklik die geval nie.

Groot reddingspogings is byvoorbeeld aangepak om destyds met die tsoenami van die stamme te help. Van die stamme het totale uitwissing in die gesig gestaar.

‘n Ander interessante feit: Amper al die mense op die erg afgeleë Nicobar-eilande, Suid van die Andamans, is Christene (94%).

Hierdie Nicobar-Christene leef steeds baie primitief – vang vis in selfgemaakte long boats, woon in grashutte, vier steeds tradisionele feeste…

Hulle is bekend as een van die mees vreedsame stamme op aarde (vroue word onder andere gelyk gesien aan mans – iets wat nogal uniek is vir primitiewe stamme…) en hulle jaarlikse moordsyfer is 0.

(Die sekulêre media is uit die aard van die saak nie gretig om hieroor te berig nie.)

Ek het gemengde gevoelens oor die ou wat met die pyl en boog doodgeskiet is. Kan nie help om vir hom en sy familie jammer te voel nie. Gee hom dit: hy was dapper en hy het vir seker geglo in wat hy gedoen het. Ek het sy dagboekinskrywings gelees en kan nie help om empatie met hom te ervaar nie.

’n Mens kan baie praat oor die manier waarop hy dit probeer doen het.

Ek besef dis maklik hier waar ek voor die rekenaar sit om vanuit ‘n gemaklike materialistiese lewe te oordeel oor ander mense wat ‘n verskil probeer maak… En as ek dit doen, wat sê ek van die vroeë kerk en die apostels?

Ons is vandag Christene omdat hulle grense oorgesteek het, gevaarlike en dikwels verbode grense (die vroeë kerk was ‘n verbode organisasie).

‘n Mens kan krities wees oor wat die ou gedoen het – dis ook my eerste reaksie. Maar, let’s face it, ons weet nie wat hy sou doen, sou hulle hom aanvaar nie. Sou hy deel word van hulle tradisie, hulle taal leer ken, saam met hulle woon op hulle manier? Of op ‘n tipies arrogante Amerikaanse wyse probeer Bible bash?

Baie skade is al aangerig deur dit wat mense probeer doen het – dikwels met goeie motief. When helping Hurts is ‘n goeie boek.

Maar groot skade word ook aangerig deur die moaners, mense wat selfsugtig terugsit, 100% vir hulleself lewe, bloot krities kyk na ander se pogings, consumers wat net vat en niks noemenswaardig tot die samelewing bydra nie – nie eers probeer nie – behalwe kritiek lewer op sosiale media.

As ek (as volgeling van Jesus) tussen die twee moet kies, kies ek John Allen Chau. Het met sy lewe betaal – en dit lyk nie of hy enige skade gedoen het nie.

Ek vermoed hy sou waarskynlik vir ‘n tyd lank tussen die North Sentinels kon woon, sonder dat die res van die wêreld weet, maar die Indiese wette sou dit uiteindelik onmoontlik maak om verder as dit te gaan – definitief vir besoeke deur groter groepe ensovoorts.

Aan die ander kant fassineer die idee dat daar nog groepe mense is wat in totale primitiewe afsondering leef my. Ek sou ook graag wou hê dat hulle ten alle koste beskerm moet word teen “Exploits of the West”.

Daarom dink ek die 3 km geen toegang-radius om die eiland is ‘n goeie ding. Wie weet watse effek vrye toegang sou kon hê.

Ek het self gereis deur die gebied van ‘n ander groter stam, die Jawarras (met toestemming – al was ek die enigtse Westerling, die res was plaaslike Indiërs wat op die drie grootste eilande gevestig is).

Een van die redes waarom ek destyds daarheen gegaan het, was bloot die soeke na avontuur – elke nou en dan iets raakgelees oor die Andaman- en Nicobar-eilande toe ek in ‘n stadium in Indië gewoon het… Onder andere gelees van die beautiful ongerepte woude wat deur die Loneley Planet beskryf is as “Jurassic Park like forests” – en die ongerepte see… Baie van die eilande is vandag nog totaal onbewoon…

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jaco Strydom

Jaco is betrokke by ECHO, ’n geloofsgemeenskap wat geleenthede en ondersteuning bied aan jongmense in nood en probeer om weer die eenvoud van kerkwees te herontdek. Hy skryf rubrieke vir onder andere Beeld en Kerkbode. Lees sy artikels op ECHO Jeugontwikkeling se webwerf.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Se maar net ·

Het ons voorouers nie dalk dan verkeerd opgetree deur die primatiewe stamme wat voor hulle hier was te verwesters nie. Ek dink so.

B ·

Oortuig hiervan ja.
Godsdiensgewys het baie navorsing het al getoon dat primitiewe stamme grootliks onbekeerbaar is en as die sendelinge uit die prentjie verdwyn word daar terug geval na voorvaders ens, of na ‘n ‘hibriede geloofsmodel’ wat ‘n vermenging is van alle invloede.
Of ‘n primiewe stam verwesters kan/moet word – nee op beide. (Die vraag is ook hoekom?)

B ·

Dankie Jaco, weldeurdag!

(John, ek dink jy mis moontlik die gees waarin die stuk geskryf is?)

My mening ·

Baie goeie artikel. Ek sal graag wil he dat daar nog plekke en mense is wat nie deur die Westerse wereld beinvloed (besmet?) is nie. Ons het mense vol haat, geweld en negatiwiteit geword, sal alles doen vir geld en mag en het bitter min respek vir ander mense. Ek hoop nie al die aandag gaan die mense se bestaan vernietig nie. Ek hoop hulle sal nou alleen gelos word sodat hulle kan voortgaan met n lewe sonder mense wat vir hulle wil besluit wat vir hulle die beste is.

Natan ·

Gaan verder terug die geskiedenis in. Marco Polo het in die 13de eeu nC al reeds oor hierdie moordenaars-eilande geskryf. Oppervlakkige artikels en kommentaar sonder om in die verlede te delf. In die verlede is groot rykdomme begrawe wat deur ons luiheid tot stof vergaan en ons lot versleg.

Frans C ·

Van ons voorouers het ook nie anders opgetree nie.
Oor ‘Bonifatius’ is geskryf:
“In Spring 754 he settled nearby Dokkum where he baptized a large number of Friesians. Many of them were supposed to be confirmed on 5 June 754, but instead he and his 50-something compan-ions were murdered. A few days later franconian soldiers were able to recover the bodies of the martyrs and the books spread all over the place.”

Van ons voorouers het naamlik geglo dat van hul gode in heilige plekke gebly het.
Een in ‘n eikeboom,toegewy aan die noorse god van ‘donder’ Donar,waaraan ons ‘donderdag’ sy naam te danke het.Daar is geglo dat as jy waag om die boom af te kap,Donar, jou onmiddellik sou straf.Dit het nie gebeur nie en het ‘Bonifatius’ die hout gebruik om ‘n kerkie te bou.

Ek weet nie of die moord uit weerwraak vir die afgekapte eikeboom was nie.

Paul ·

Jaco, vertel ook die anderkant van die storie, van mense wat nie ge-eksploiteer wil word nie. Ek is self ‘n natuurliefhebber, meer as dit, kan nie daarsonder nie, my siel laat dit nie toe nie, maar ek weet wanneer ek die boodskap kry as ek in ‘n sekere gebied is om my afstand te hou. Dis nie nodig dat die mens als in sy beheer wil neem nie, gee ruimte vir God en sy skepping.

Lee ·

Nee wat los die mense uit, moet nie altyd jou siening wil afdwing op mense nie, hul is op hul eie op die eiland, as dieselle met jou gebeur, is dit niemand anders se skuld as jou eie nie.

jean ·

Partymaal dink ek hulle probeer te hard…. en uit die liefde en oortuiging van hul hart…daars self mense in die res van Afrika wat kamtig “Christene” is maar steeds in die voorvaders glo….. wat jy saai, sal jy nie altyd sien groei nie…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.