Nuuskommentaar: Die rol van die mens in klimaatsverandering

‘n Betoging oor klimaatsverandering in Alberta, Kanada. Foto: (Dave Chidley/The Canadian Press via AP)

Die VSA se formele kennisgewing aan die VN dat hy hom oor ’n jaar aan die Parys-verdrag oor klimaatsverandering onttrek, fokus die aandag weer op die kwessie van klimaatsverandering. Ongelukkig is daar reeds soveel oordrewe stories in omloop dat die ontkenners wel deeglik met skietgoed toegerus word, terwyl instansies soos die Xprize Foundation die hand diep in die sak steek om skade ongedaan te probeer maak.

Hoekom is die kwessie van klimaatsverandering nou weer in die nuus? Was daar dan nie reeds genoegsame konsensus dat die klimaat aan die verander is én dat die mensdom deur sy selfsug ’n ál groter rol daarin begin speel nie?

Waarskynlik die vernaamste rede hoekom die kwessie weer in die nuus is, en die meriete van die Parys-verdrag opnuut onder skoot kom, is omdat die VSA hom presies volgens die reëls oor ’n jaar aan die Parys-verdrag gaan onttrek. Die verdrag bepaal dat ondertekenaars drie jaar nadat hulle die verdrag geteken het, moet wag voor hulle kan onttrek. En dit het die Trump-administrasie nou gedoen – ná Trump reeds tydens die vorige presidentsverkiesingsveldtog sy planne bekend gemaak het.

In Suid-Afrika is ons via plaaslike media (en kenners) asook die buitelandse media bewus van die jongste verwikkelinge. ’n Artikel vandag op Netwerk24 deur Hendrik Selin gee ’n deeglike opsomming van wat aangaan. Maar Selin is ’n medeprofessor van Boston in die VSA, en die artikel het oorspronklik in The Conversation verskyn. Dit is ook ’n hoofsaaklik Amerikaanse produk. Daar is egter knap Suid-Afrikaners wat op gereelde grondslag oor natuurbewaring en klimaatsverandering skryf.

In die peilingsagentskap Rasmussen se daaglikse verslae verskyn ’n artikel wat op die oog af volgens die opskrif swaar na die kant van die ontkenners oorleun, Climate Myths. Al kritiseer die skrywer, politieke kommentator John Stossel, baie van die konsepte wat met opvattings van klimaatsverandering gepaardgaan, erken hy sekere kernelemente. Sy kritiek is hoofsaaklik op die alarmiste gemik, wat spookstories versprei, of implikasies oordryf, onder wie ’n Demokraat-presidentskandidaat.

Klimaatsverandering vind werklik plaas, en baie lank reeds voor die mens op die toneel verskyn het. Dit word aan onder meer sonsiklusse toegeskryf, aan kontinentale drywing, met tot vandag toe paleontologiese bewyse dat die suidpool in ’n stadium oor hedendaagse Suid-Afrika “geloop” het, terwyl paleontoloë fossiele en steenkool op Antarktika vind. Die aarde het ook wisselings in sy rotasie, ruimtevoorwerpe kom val redelik gereeld op die aarde, en reuse- vulkaniese uitbarstings beïnvloed die klimaat tot baie ver daarvandaan.

Die gevolg is dat paleontologie ’n belangrike onderafdeling het, klimapaleontologie, en argeologie eweneens klima-argeologie. In ’n nuwe artikel onder die titel, “Climate change may be behind fall of ancient empire, say researchers”, word geskryf hoe klimaatsverandering die einde beteken het van die reusagtige neo-Assiriese ryk wat in 630 v.C. tot niet is. Dit het van Egipte tot die Persiese Golf gestrek. Ook die val van die Romeinse Ryk word soms aan klimaatsverandering toegeskryf.  

Soms duur ’n klimaatsverskynsel baie lank – die Namib word byvoorbeeld as die oudste woestyn ter wêreld beskou, en is minstens 50 miljoen jaar oud. Die Sahara is weer minstens een miljoen jaar oud, maar in daardie miljoen jaar is verskeie natter periodes beleef. Reuseriviere het eens van suid na noord gevloei, en tot vandag toe word krokodille in poele, die laaste oorblyfsels van die riviere, aangetref.

Moderne opvattings oor klimaatsverandering ontken nie hierdie invloede nie, maar glo die mens speel vandag ’n bykomende en versnellende faktor.

Wat as klimaatkundiges reg is wat sê Suid-Afrika beleef nie nou net ’n droogte nie, maar die gevolge van klimaatsverandering? Kon dinge nou daar anders uitgesien het as die invloed van die mens vroeër besef en aangeraak is?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Nooit ·

Regtig? Om volstruis te speel gaan nie die situasie verander nie.

Louis ·

Dar is verskeie videos van persone wat klimaatsverandering al vir 30 jaar en langer bestudeer en hulle is dit almal eens dat al die “hype” oor klimaatsverandering ‘n klomp nonsens is. In die laaste 100 jaar het die oppervlak van die aarde maar met 9 tiendes van 1(een) graad gestuig en dit is volgens ‘n professor wat klimaatsverandering al 40 jaar bestudeer en hy sê dit is absoluut niks om bekommerd oor te wees nie. Gaan soek net videos op Youtube oor “climate change” en jy sal al die feite kry

Julius ·

Klimaatsverandering is ‘n natuutlike verskynsel soos die artikel dit noem. Mense is wel verantwoordelik vir lug, water en grond besoedeling.

Danie ·

Klimaatsverandering is ‘n feit. Dit gebeur soms vinniger (in jare) en soms stadiger (in dekades, eeue, millennia).

Hoe groot invloed die mens werklik het bespiegel almal oor: Waar sommige aandui dit is net die mens en ander dat die mens net ‘n klein onderdeel is. Ek dink nie iemand gaan ooit regtig die feite bekendstel nie. Sou dit net die mens wees, gaan skadevergoeding ‘n groot rol begin speel. Sou dit mens net ‘n klein rol speel gaan hulle net meer in gierigheid daaraan vergryp.

Dat ons al van die 1960’s (en nogal deur verskeie sogenaamde toonaangewende wetenskaplikes [en waarskynlik die hoofoorsaak dat soveel twyfel bestaan oor wat feit en wat lieg is]) elke jaar in die laaste jaar wat die aarde sal bestaan leef, is fopnuus en eintlik net groot lieg.

John ·

Die Woord wat die hand van die Skepper oor en oor uitwys word geensins aangedui nie. Natuuraanbidders, soos in die antieke tye, gaan ook binnekort Odyseus en ander gode nadertrek want gode is onder ons beheer. Die Vader laat hom nie voorskyf nie en ons weier volstrek om Hom om hulp en raad te vra wat nog aanbid. Volgens navorsing was besoedeling voor 1929 baie minder as nou en klimaatsprobleme selfs erger as nou. Nasa is bekommerd dat die Depressie hom in Afrika kan herhaal.

Swannie ·

En moenie die geldmaak foefie vergeet nie.

ESKOM sit `n maandelikse “groen”heffing by boere se rekening – wat slegs as ekstra inkomste vir ESKOM beteken. NIKS met aardverwarming ens te doen nie.

GB ·

Swannie, ek het ‘n baie sterk vermoede dat geldmaak agter die hele storie sit. Die feit dat daar natuurlike veranderinge in klimaat voorkom word gebruik om ‘n krisis te fabriseer sodat bang gemaakte mense bereid sal wees om allerhande “groen” heffings te betaal en boonop baie geld sal spandeer om hul bedrywe en besighede en huise omgewingsvriendelik te maak. Niks verkeerd daarmee om omgewingsbewus te wees nie, maar soos die Engelse dit stel: “here is more than meets the eye.”

Lizel Bekker ·

Ek ontken nie klimaatsveranderinge nie en maar daar is ook wel baie mense wat glo dat dit gebruik word om ‘n verskuilde agenda te bereik en ook om die aandag af te trek van sekere baie meer ernstige probleme.

Mbt verskuilde agenda – UN Agenda 21, wat ook gaan onder verkillende name, oa “sustainable growth”, wat maar eintlik ‘n kommunistiese agenda is wat bv privaat eiendomsbesit ernstig bedreig. Die mikpunt is om mense in klein gehuggies in stedelike gebiede saam te prop, geen privaat eiendomsbesit toe te laat nie. Meer info op youtube : Rosa Koire, spesifiek ook ‘n youtube video : “how the UN’s Agenda 21 Influence every aspect of Society. Toespraak gelewer deur ‘n dame, sy is ‘n ekonoom en het grootgeword in 1 vd ou oosblok lande – so iemand wat eerstehands weet waaroor dit gaan.

Wat betref die ignoreer van meer ernstige kwessies : die immigrasie probleem van Europa, die aanslag op kinders en hul opvoeding – soos ons ook nou gesien het onlangs – dept v onderwys wat seksvoorligting klasse wil aanbied wat totaal onvanpas is. Basies sal ouers nie meer beheer hê oor hul kinders en hul opvoeding nie – staat wil als beheer.

an ·

Oorbevolking deur mense stroop die aarde van hulpbronne teen ‘n vinniger tempo as wat die aarde nuwe hulpbronne genereer. Dit stuur af op ‘n ramp … i.t.v. dors en hongersnood !

Oorbevolking veroorsaak ook dat die minderwordende hulpbronne (bv. skoon water en skoon lug) VERGIFTIG word met o.m. riool, swaar metale en ander gifstowwe.

Ongeag daarvan of die mens klimaatsverandering veroorsaak of nie … feit bly staan dat die mens sy eie habitat vernietig … met ernstige nagevolge!

Judge Dredd ·

Ek sal die mensgemaakte klimaatsverandering propageerders steun indien hulle resolusies die menslike populasie probleem insluit en daadwerklik planne op die tafel is om mense bevolking getalle te beheer/verminder.

Nogal logies dat as jy glo dat mense die hoofrede vir klimaatsverandering is dat as daar minder mense was, dat daar ook minder skade sou wees.

Die wereld is oorbevolk en word met GM voedsel aan die gang gehou, maar die sogenaamde leiers is te bang om die “elephant in the room” te bespreek.

André-Chris ·

Dudge, ek lees juis ‘n dag of so gelede een of ander internasionale organiesasie het die wêreldlande gewaarsku hulle sal ernstig moet briek aandraai met hul bevolkingsgetalle, dit kan nie so aangaan nie, komende jaar bv sal die wêreld se bevolking met 80 miljoen vermeerder, en so eskaleer dit met ten minste 10% jaarliks.

marous ·

Gaan vra vir die yanks hoe dit moontlik is dat daar 380 minimum temperatuur rekords gespat het verlede week ? Dit gaan seker nou verander word na aards verkluiming ….

Peet ·

Sjoe, ‘n taai onderwerp. Goed opgesom Herman. Die mens se rol in klimaats verandering moenie lig geskat word nie. Ongelukkig word dit só gepolitiseer om sekere narratief te pas. 

In baie gebiede groei bevolking vinniger aan as die drakrag van die omgewing – en skielik is dit sekere politici se skuld.

In Brazilië word reënwoude teen ‘n duislingwekkende spoed uitgeroei – koolstofdioksied ‘n groot probleem.

Arktiese woude word uitgeroei – die metaan wat vrygestel word uit die ontbindende permafrost modder –  ‘n skrikwekkende probleem aangesien dit per volume baie groter skade aanrig as kooldioksied.

Almal word aangemoedig om gepas skuldig te voel oor fossiel brandstof vir kragopwekking. China word indirek geprys vir sy pogings, maar open elke paar maande ‘n kragstasie.

Klimaatsnavorsing beteken groot geld – daarom dat die statistiek later bietjie verdag word.

Dolf ·

Moet ook nie lewende hawe boerderye en munisipale rommel uitsluit nie. Steak, eiers en melk is lekker, maar die gasse wat afgegee word!!!

Feite ·

Die klimaatkundiges is korrek dat die mens n groot bydraende faktor tot klimaatsverandering is. Trump se onttrekking aan die Parys-verdrag is n sprekende voorbeeld van die mens se selfsug en gierigheid ten koste van die klimaat, alhoewel ek reken dat Trump oppad uit is en dat sy onttrekking gekanselleer gaan word deur sy opvolger in 2020!

Judge Dredd ·

Kom ek gooi ‘n spanner in jou denke.

Minder mense beteken minder taksasie/geld vir regerings/ruling class/besighede.

Klimaatsverandering gee nuwe geleenthede vir taksasie/geld vir regerings/ruling class/besighede…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.