Nuuskommentaar: Die waarheid in die staatkunde teenoor politiekery en fopnuus

In twee onverwante kraakvars artikels – een Suid-Afrikaans, een Amerikaans – word die kwessie van die waarheid vandag onder die loep geneem. Enige ontleder wat sy sout werd is, sal ter wille van objektiwiteit by die waarheid probeer hou, al laat dit hom erg onder vitrioel deurloop. Die ontleder sal probeer om die mees betroubare bronne, sover moontlik die mees onlangse bronne en die mees objektief gestaafde bronne, aan te wend, maar loop hom dikwels vas teen ʼn hoogs emosionele alternatiewe narratief wat behoorlik wortelgeskiet het.

Wanneer ʼn nuwe rekruut by ʼn intelligensiediens aansluit wat enigsins aan die veronderstelde internasionale standaarde voldoen, word hy twee dinge dadelik geleer. Die een is om nooit ʼn onwettige opdrag uit te voer nie, en die tweede is om altyd die waarheid oor te dra. Ja, internasionaal is goeie intelligensiedienste nie baie gewild by hul regerings nie, want hulle meld nie net wat die regering wil hoor nie, maar die waarheid. ʼn Regering, die “kliënt” van die intelligensiediens, word geen guns bewys deur te hoor wat hulle wil hoor, as dit nie die waarheid is nie.

Hierteenoor het ʼn voormalige premier van Mpumalanga verklaar dat dit aanvaarbaar is vir politici om kluitjies te bak. Hoewel hy in wese die spyker op die kop geslaan het oor wat dikwels in die praktyk gebeur, was die lang messe en spotprenttekenaars lank los om die draak met hom te steek, en kort voor lank het sy provinsie as Mamparralanga bekend gestaan. Die geweldaandoening van die waarheid was so endemies dat selfs met die matriekuitslae gekonkel is om dit beter te laat lyk.

Die Bybel het baie verwysings waarin die waarheid nie net aangeprys word nie, maar as noodsaaklik uitgelig word. Reeds in Genesis is gyselaaraanhouding gebruik om die waarheid te bekom en so te weet of mense spioene sou wees. In Eksodus 18:1 lees ons: “Verder moet jy onder die volk bekwame manne uitsoek, dienaars van die Here, mense wat die waarheid liefhet en nie hulle eie voordeel soek nie. Dan moet jy hulle oor die volk aanstel as leiers oor duisend, oor honderd, oor vyftig en oor tien.”

In 2 Kronieke 18:15-17 lees ons in die NetBible soos volg: “The king [Agab van Israel] said to him [Miga die profeet], “How many times must I make you solemnly promise in the name of the Lord to tell me only the truth?” 18:16 Micaiah replied, “I saw all Israel scattered on the mountains like sheep that have no shepherd. Then the Lord said, ‘They have no master. They should go home in peace.’” 18:17 The king of Israel said to Jehoshaphat [koning van Juda], “Didn’t I tell you he does not prophesy prosperity for me, but disaster?”

Die twee konings het besin of hulle Ramoth Gilead in Sirië moes aanval. Al die profete se raad was dat die twee konings moes voortgaan met die aanval. Miga was egter nie vir sy inset gevra nie omdat hy, volgens Agab, altyd net teenspoed vir die koning voorspel het. Toe Miga ook laat haal is, het die man wat hom gaan haal het vir Miga voorgesê om soos al die ander ʼn voorspoedige veldtog te voorspel. Miga het egter geweier en gesê hy sal voorspel wat die Here vir hom sê.

Ons hoor ook dikwels dat die waarheid ons sal vrymaak. Uit Johannes 8:32 blyk dit dat dit eintlik oor ʼn bepaalde waarheid handel, naamlik dat as ʼn mens ʼn dissipel van Jesus is, sal ʼn mens weet wat die waarheid is, en daardie waarheid stel ʼn mens vry. Maar: “If you continue to follow my teaching, you are really my disciples and you will know the truth, and the truth will set you free.”

Die belangrikheid van die waarheid kom vanoggend aan die beurt omdat dit in vandag se politieke situasie dikwels bloot as nuttige instrument ingespan word as dit die orator/skrywer/politikus pas.

Die New York Times, wat onder Amerikaanse lesers as nie juis baie getrou aan die waarheid beskou word nie, het nie juis tot die persepsies van sy betroubaarheid bygedra nie deur vroeg in die Trump-bewind syfers te plaas van die aantal kere wat Trump glo kluitjies sou gebak het, of die waarheid so aangepas het dat dit op fopnuus sou neerkom. CNN bevind hom in die Trump-aanhangers se “dog box”. (Twee bronne wat die uwe nié gebruik nie.)

In vanoggend se Rasmussen-verslag is ʼn artikel van die bekende kommentator, Patric J Buchanan, geplaas. In wese handel dit oor die wysheid van Trump se besluit om hom aan Sirië se grens met Turkye te onttrek. Hy gaan haal onder meer die geskiedenis ver om te motiveer dat Trump se besluit reg was, al word hy deur baie verguis omdat hy die Koerde in die steek sou gelaat het.

Die waarheid is vanoggend ook die onderwerp van die hoofartikel in BizNews se Daily Insider: “Explosive documentary evidence offering a different side to the Bosasa scandal was finally presented to the SARS Tax Inquiry yesterday. The originals of documentation published as the Bosasa Files on Biznews last month, were handed to the Inquiry by the late Gavin Watson’s nephew Jared, a chartered accountant … He says the evidence is proof that Zondo Commission star witness, Angelo Agrizzi, has a very different agenda to the one delivered on live television to an astonished nation in January … With that evidence sufficiently interesting to absorb members for five hours, it’s likely the Inquiry is warming to a possibility that all might not be what it first seemed. There is nothing more powerful than the truth. Given time, it will always emerge.” (My vetdruk – HT.)

In die subjektiewe wêreld van fopnuus en erge mensverering is dit bitter moeilik om die objektiewe waarheid vas te stel en daarby te bly, en terselfdertyd nie in ʼn vitrioelstorm te beland nie. Die emosies om die alternatiewe narratief staan te sterk.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

John ·

Herman… Hoe lyk dit met bietjie ware geskiedenis oor Black Thursday, die 24ste van deesmaand, negentig jaar gelede en die Groot Depressie wat gevolg het en daar van die goudstandaard afgestap is. Volgens NASA lyk SA van bo-af baie soos destyds weens die huidige striemende droogte wat SA toe op sy knieè gehad het voor die volgende ramp, WO2.

Peet ·

As Zondo die hele proses gaan oorleef sal hy sekerlik ‘n Nobelprys vir geduld of so-iets verdien.
Wat seker is, is dat R500mjard missing is en dat ons in ‘n misdaad staat woon waar enige geld wat rondlê in gevaar is. Wat ook feitelik waar is dat daar amptenare, der duisende van hulle miljoene “verdien” en in ag genome die duisternis protesaksies bittermin produktiwiteit te bespeur is.
Die probleem om die feite na te speur is dus meer intens.
Good luck Regter.

Jerry ·

Om die feite as fopnuus af te maak, om feite te weerhou, te verdraai of om die teenoorgestelde van die feite voor te hou as die feite is fopnuus en dit is iets waarin Donald Trump n ware meester is. Soos wat mense egter agterkom waarmee Trump besig is en hoe hy die feite aanval as kwansuis fopnuus, so hang hulle die tou bietjie vir bietjie n bietjie langer uit, want hoor my lied Trump en sy chronies is besig om hulself te hang soos wat hulle hulself blootstel oor die feite wat hulle gebruik het teen ander mense en soos wat hulle nou die teenoorgestelde van daardie feite aanhang met die aanslag teen hulself! Trump en sy chronies is besig om hulself vas te lieg en dit is net n kwessie van tyd dan sal die ware feite terugkom en hulle drome aan skerwe laat spat! In SA het ons ook n situasie waar Trumpagtige halwe waarhede, ondersteun deur toepaslike bybelaanhalings en beledigings mense toegedig word en waar die volle waarheid as fopnuus afgemaak word, dit gaan met tyd ook terugkom en mag dalk net ook hulle geldgierige drome aan skerwe laat spat!

Leon ·

Dit is so jammer dat die CIA en die Britse intelligensie diens lieg soos ‘n advokaat. Elke keer as hulle, hulle monde oopmaak, lieg hulle dat dit klap.
Ek wonder of daar ooit ‘n intelligensie diens in die wêreld is wat ooit die waarheid gepraat het of sal praat. Politisie is eerliker as intelligensie dienste.

Kosie Kramer ·

Geheimediens-werk het drie basiese reëls:

1] Moenie dat hulle uitvind nie.
2] As jy uitgevind word, moet dit nie erken nie.
3] Pak die skuld altyd baie deeglik op iemand anders.

Therese van Schalkwyk ·

Met “erge mensverering” word heel waarskynlik op Donald Trump gesinspeel, want wie dan nou anders? “Trump-aanbidders” is ook al gebruik deur ander skrywers.
Die media dra ál die skuld vir enige hewige reaksie, “vitrioelstorm” is ietwat oordrewe, wanneer president Trump ter sprake is. Bevooroordeelde joernaliste het uit die staanspoor die klimaat geskep vir ‘Trump-ondersteuners versus die res’.
Lesers vra ewewigtigheid, geen leier is nét altyd sleg nie. Selfs Jacob Zuma sal nie onthou word as die SA president wat ‘onteiening sonder vergoeding’ amptelik gemaak het nie.

Trump en Zuma. Hofmeyr en Malema.
Albei belaglike, holruggeryde vergelykings wat as beledigend ervaar word, en heel moontlik so bedoel word.

Ruiklont ·

Kinders van die Here se basislyn is soos voorgeskryf in die Woord van die lewende God; Vader Seun en Heilige Gees. Dit soos hierbo bespreek is dus hoofsaaklik vir die wat die wêreld aanhang en nie kan of wil onderskei tussen lig en duisternis nie, skep van wanpersepsies, fopnuus is aan die orde van die dag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.