Nuwe fase van Swart Ekonomiese Bemagtiging

Piet le Roux is die uitvoerende hoof en direkteur van die sakeregte-organisasie AfriSake. (Foto: Solidariteit Beweging)

ʼn Nuwe en verskerpte fase van Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) staar Suid-Afrika in die gesig indien die voorgestelde Mededingingswysigingswetsontwerp aanvaar word. Ingevolge die Wysigingswetsontwerp sal Suid-Afrika se mededingingsowerhede as’t ware in instrumente vir SEB omskep word.

Die Wysigingswetsontwerp vergroot die omvang van mededingingsregulering aansienlik, wat op sigself jammer is. Maar selfs belangriker, dit vergroot mededingingsowerhede se vermoë om pryse, samesmeltings en ander markgedrag te reguleer op grond van kriteria soos dié wat tans toegepas word onder die Wet op Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging.

In beginsel val alle markgedrag reeds onder die jurisdiksie van die Mededingingswet. Tans gebruik mededingingsowerhede kwansuis kliniese maatstawwe van markkrag, billikheid en openbare belang om pryse, samesmeltings en ander markgedrag te reguleer. Nou stel die Wysigingswetsontwerp voor dat mededingingsowerhede ook verplig moet wees om arbitrêre kriteria vir rasseverteenwoordiging toe te pas.

Deur die rassetransformasie van eienaarskap by die kern van die mededingingsbeleid te voeg, word die Mededingingswet dus een van die kragtigste stukke SEB-wetgewing in die land. In beginsel, en sonder dat ‘n grondwetwysiging nodig is, kan mededingingsowerhede dan enige ekonomiese rolspeler intimideer of opdrag gee om aan daardie owerheid se arbitrêre visie vir rassetransformasie te voldoen. Groot maatskappye sal in die grootste gevaar wees, maar geen markgedrag sal buite die wet se bestek wees nie.

Twee voorbeelde van die wetsontwerp se mees problematiese wysigings rakende rassetransformasie kan uitgewys word:

Eerstens kan dit sogenaamde onmededingende gedrag verbied, straf of toelaat, afhangende van ras. Onder artikel 10 van die gewysigde wet kan die Mededingingskommissie byvoorbeeld vrystelling verleen vir ooreenkomste en praktyke wat andersins verbied sou word, afhangende van die betrokke maatskappye se verspreiding van eienaarskap volgens ras.

Tweedens word ras bepalend by die goedkeuring of verwerping van samesmeltings. Byvoorbeeld, onder artikel 12 van die gewysigde wet, word samesmeltings beoordeel op grond van hoe dit ʼn groter rasgebaseerde verspreiding van eienaarskap bevorder, of nie.

Nou, daar sou beweer kon word dat bogenoemde klousules nie in so ʼn ernstige lig beskou moet word nie. Die wet moet immers welwillend en sonder ekonomiese skade geïmplementeer word. Sulke optimisme is egter nie geregverdig nie.

Eerstens word dit in die agtergrondnota van die Wysigingswetsontwerp duidelik gemaak dat dit die bedoeling is om rasgebaseerde eienaarskapsveranderinge nougeset deur te voer.

Tweedens word die ideale maatstaf, aan die hand waarvan mededingingsowerhede moet poog om rassetransformasie te bevorder, geheel en al aan die betrokke owerhede se goeddunke oorgelaat. Dit hou ʼn beduidende risiko in.

Derdens moet die nuwe bepalings verstaan word as dat dit ANC-beleid verteenwoordig en wil volbring. Oproepe tot radikale ekonomiese transformasie word dan juis voortdurend op die hoogste vlakke van openbare ampsbekleding in Suid-Afrika gemaak. Selfs die nuwe staatshoof, president Cyril Ramaphosa, verwys by name na mededingingsbeleid wanneer hy in sy toesprake oor ekonomiese transformasie praat.

En vierdens sal die bepalings die aandag van politici en aspirant-begunstigdes van bemagtigingstransaksies trek, wat sal lei tot aansienlike druk op mededingingsowerhede om die bepalings te interpreteer met ʼn vooroordeel ten opsigte van eiendomsoordrag.

Die mededingingswysigingswet is tans nog net onder oorweging, maar regverdig veel meer debat as wat dit tans ontlok.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Piet le Roux

Meer oor die skrywer: Piet le Roux

Piet le Roux is die uitvoerende hoof en direkteur van die sakeregte-organisasie Sakeliga.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Theresa

Skuus, maar nou voel ek uiters onnosel. As ras in soveel van hierdie stipulasies so ‘n groot rol speel, is dit rassisties?

Eish

Ongetwyfeld lui die doodsklok vir Kaukasiese entrepeneurs wat die hoop gehad het om n besigheid te vestig ten einde vir hul kinders n toekoms te verseker. Dit was vir welgesteldes nog altyd die pad rondom BEE. Ek het gewonder hoe gaan die inspeksies op maatskappye gedoen word betreffende optrede teen gebrekkige transformasie. Nou het die antwoord uitgekristaliseer. Ek weet van etlike boere wat oor die jare meulens in bedryf gestel het uitsluitlik ten einde verder in die waardeketting betrokke te raak en n toekoms vir hul kinders te verseker. Die besighede het goed gegroei oor die jare en is deur… Lees meer »

Jerry

Die mededingingswysigingswet vir SEB is maar net een van baie rassetransformasie teikens en let wel, rassetransformasie kan nie gekeer word nie, daarvan getuig staatsdepartemente en staatsentiteite wat reeds getransformeer het. Die wet gaan die wit eienaars van ryk maatskappye en topposte teiken. Oor so 5 jaar van nou af behoort meeste van die teikens gehaal te wees. Oor 8 jaar behoort jy nie n witman in n toppos te sien nie. Die groter prentjie het al die kleure van die reenboog waarvan wit nie deel daarvan gaan wees nie tensy jy n kommunis of sosialis is! Afri-Forum se kans om… Lees meer »

Anti-propaganda

Met ander woorde mededinging is net gemik op swart mense en neem glad nie witmense in ag nie…..dit word nou baie duidelik …….ook dat CR defintief n kommunistiese baadjie aanhet…….hulle sal net voortgaan totdat daar niks meer oorbly vir die wit mense nie – wit Afrikaners moet ek benadruk want die vroee koloniaaliste se kinders sit llekker diep in die anc op……..DIE ANC MOET UITGESTEM WORD om werklike demokrasie in hierdie land te bewerkstellig.

bgj van der westhuizen

wel ek sien groot werk looshied kom en die maatskap wat dit kan bekostig gaan net sy hoof kantoor skuif na die buite land en dan raak hy buitelands se maatskapy en ek sien ook baie skuif net oor ons grense en ons wit mense moet leer om werk te doen en vir ons self te werk en skaal af