NWU-kenner meen skole moet kulturele diversiteit leer omhels

prof-elda-de-waal

Prof. Elda de Waal. Foto: Verskaf.

Deur Prof. Elda de Waal

Dit blyk of die proses van transformasie in skole so vinnig moes gebeur dat daar nie genoegsame maatreëls en intervensies gereed was ten einde die proses voldoende te fasiliteer nie. Dít het aan die lig gekom ná die onlangse besoek van die Gautengse LUR vir onderwys aan die Pretoria High School for Girls om berigte oor rassisme by die skool te ondersoek.

Die Suid-Afrikaanse Skolewet is nog net 20 jaar oud en regulasies en riglyne wat vanuit hierdie wet gepromulgeer is, spesifiseer dat skole moet toesien dat leerders ten alle tye gemaklik voel, dat alle fundamentele menseregte nagekom moet word en dat menswaardigheid, selfrespek en dissipline vooropgestel moet word. Die dokumente verduidelik egter nie aan die skoolbestuur en -beheerliggame hoe hulle dit moet doen nie. ʼn Verdere uitdaging is die moeilikverstaanbare taal waarin die wet geskryf is. Ek is van mening dat skole hierdie dokumentasie in diepte sal moet deurwerk en met strategieë vorendag moet kom om, soos wat dit verder in die wet genoem word, die kind te help onwikkel ten einde by die gemeenskap in te skakel as verantwoordelike burger.

Ek voel sterk daaroor dat alle skole ʼn daadwerklike poging moet aanwend om kulturele diversiteit te leer omhels. Een van die belangrikste rolspelers in hierdie proses is die verteenwoordigende raad van leerders. Dikwels is ʼn probleem soos dié een wat hom by Pretoria High School for Girls afspeel, bloot ʼn simptoom van ʼn dieperliggende spanning. Die leerlingraad moet daarin ʼn rol vervul om effektiewe kommunikasie tussen die leerders en die personeel te laat geskied.

  • Prof. Elda de Waal, kenner in die onderwysreg aan die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU Vaal) deel hiermee haar mening oor die onlangse vlaag van transformasie-uitdagings by talle Suid-Afrikaanse skole.
  • De Waal tree ook binnekort op as simposiumvoorsitter by die Schools Act @20 Simposium, met die klem op veral Suid-Afrikaanse onderwysreg, wat deur die Optentia-navorsingsfokusarea en die Edu-HRight navorsingsentiteit by die Emerald Hotel in Vanderbijlpark aangebied word. Die simposium, met die tema “Schools Act @20: Charting the way forward”, vind op 14 en 15 September plaas en gedenk die 20ste bestaansjaar van die Skolewet.  Rig navrae aan Marinda Malan van Optentia by [email protected]

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

17 Kommentare

Basson ·

“Simptoom van dieperliggende spanning” – korrek, ek verstaan dat daar glo ‘n geweldige rassistiese toespraak in die voorafagaande week deur ‘n swart leerder gelewer is, maar niemand maak melding daarvan want dit is nie polities korrek nie.

Ook – het die geagte prof al waargeneem hoeveel rassisme gemik teen minderhede is in skool handboeke opgeneem?

Sarie ·

Goed en wel maar hoe haal ons die politiekery daar uit. Swart skole laat ook nie die haredosse toe nie , maar net sogenaamde wit skole word veroordeel. Is dit dalk omdat daar nie meer kulture in swart skole voorkom nie.

Ampie ·

Professor de Waal, kyk net hoe mooi het Stellenbosch Universiteit hul diversiteit “omhels”. Wat jy verwag van skole is om dieselfde pad te stap: raak ontslae van Afrikaans, dan van Afrikaanse onderwysers, dan van dissipline en les, bes – die skool verander in die disfunksionele skole wat ons in die townships sien. Hoe geleerde mense so naief kan wees en dit nie kan insien nie, verstom my. O, nou verstaan ek Prof, jy probeer jou transformasie punte hoog hou om seker te maak Vaaldriehoek transformeer jou nie ook nie.

chrisp ·

Puik Ampie.
Baie waar. Wysheid en slimgeit twee werelde soos die hoogere professor sopas bewys het.

Jadee Jaguar ·

Ja, Professor, u is reg wat onderliggende spanning betref. Die tienerfratse is simptome van iets dieperliggends, en Elsa Joubert het dit mooi vasgevat in haar POPPIE roman, waar die (Xhosa?) vrou haar werkgeefster toetakel oor iets kleins soos die laaste halmpie wat die kameel se rug breek. Tieners is rasend onseker sonder eties navolgbare rolmodelle onder huidige leierskap in onderwys sowel as hoër op in gesagsrukture wat onderwys (dus die leerders) rondskuif op `n malabalaba spelbord.. Groete. J J.

Flippie ·

Voor dat jy diversiteit omhels moet jou eie kultuuridentiteit vestig. Hierdie vorming en vestiging van kultuuridentiteit vinde plaas in jou vormingsjare.

Die skrywer wil nou hê dat kinders wat nog nie ‘n eie kultuuridentiteit ontwikkel het ander kulture moet omhels. Dit is ‘n resep om verwarring en ‘n identiteitskrisis by kinders te skep.

TDW ·

@Flippie, ek stem 100% saam met jou. Ek sien alreeds die verwarring onder veral wit kinders. Hulle begin wonder waar hulle hoort. Ons witmense was nog altyd trots op ons Godsdiens, geskiedenis, sport, kultuur en familie. So baie het verander van ons voorouers tot nou. Ons moes baie goed in die stof agter laat. Dis altyd die kinders wat die meeste lei onder volwassenes se dwaasheid.

TDW ·

Volgens Suid Afrika se reëls is ek ‘n groot rassis, seksis, homofoob. Ek dink die hare stories is nie rassisme nie, maar onderwysers wat die reëls wil nakom. (Verander die reëls vir African Hair, moenie rassisme skreeu nie)
Ek glo ek kan my vriende kies, dis onmoontlik vir my om kulturele diversiteit te omhels. As iemand nie dieselfde glo as ek nie of as iemand se kultuur van myne verskil (ongeag kleur) is ek nie van plan om saam te smelt met hierdie persoon nie. Hy kan glo wat hy wil, sy kultuur kan anders wees, maar ek gaan nooit vriende met hom word nie, hoekom? want ons het niks ingemeen nie.
Hierdie saamsmeltery wat almal in my keel afdruk maak my net naar. Ek glo homoseksualiteit is verkeerd, maar gaat jy maar aan – ek gaan jou net nie bevriend nie. Ek glo Jesus is my verlosser – enige iemand wat anders glo gaan ek nie bevriend nie. Ek glo dis verkeerd om heeltyd te staak en breek en af te pers om jou sin te kry. Jy sal nooit my vriend wees nie. En laastens dink ek dis verkeerd om vroue of ‘n kleur in poste te sit wat hulle nie verdien nie, maar net kry agv bbe. Jy sê omhels? Ek sê saam forseer!

Jan Grotman ·

A! Iemand wat die waarheid praat. Dit pas so reg in my kraal. Niemand kan my dewing om van iemand anders te hou nie; of sy vriend te wees nie.
Ek hou nie Australiërs nie.
Ek hou nie van Amerikaners nie
Ek hou nie van Nigeriërs nie
Ek hou nie van Egiptenare nie
Ek hou nie van Angolese nie
Ek hou nie van homoseksuele mense nie
Of straatbrakke, of skreeuende kinders nie
Ek hou nie koue koffie nie, of stomp messe nie. Of van ketties, skuifmoersleutels, flou Milo of vuil skottelgoed nie.
Is ek dan nou ‘n rassis? Moenie met my kom snert praat nie. Kultirele diversiviteit…jou voet in ‘n visblik.
Ek hou my by eie kultuur en jy bly by joune. En so word ons nie vyande nie.

Pietman ·

Ander kulture omhels? Het voormalige Afrikaanse universiteite Afrikaans omhels? Wat van Engelse universiteite? Is hulle inklusief tot Afrikaans? Nie moeilik om in te sien die “omhelsing” is slegs in een rigting is nie. Die prof se opinie is van geen waarde nie.

HEVW ·

TDW Baie mooi en in eenvoudige verstaanbare Afrikaanse taal gestel. Die die tyd toe ek op die PUK was, het ons sterk gestaan op onderlinge respek vir die diversiteit van volkere met verskillende kulture waarin almal die geleentheid sal he om hulself te verwesenlik en met trots hul eiendomlike kan handhaaf sonder om in n edentiteitslose massa re verdwyn. Dit is waarin ek tot die einde toe sal glo.

Disselboom ·

Daar is ‘n Bybelse woord van wee die land waar ‘n kind regeer – nou moet die “raad van leerders” dinge oplos, wat sogenaamde grootmense nie in die samelewing en op nasionale vlak kan oplos nie? En wee ook die land waar dierbare tantetjies (al is hulle professors) se geloof in die goedheid van die mens en sy menseregte as wysheid voorgehou word. Disselboom gee toe hy is bietjie bitterbek vandag, maar sê ook nie maklik iets sonder rede nie.

Vaalseun ·

Klink goed Professor. Maar wat bedoel u met “kulturele diversiteit omhels?”
Kyk gerus na die volgende kulturele skool gebeurtenis:
http://www.news24.com/SouthAfrica/News/our-kids-will-never-be-the-same-parents-on-circumcision-fiasco-20160908?isapp=true

Dis maklik om na die tyd te sê, ja, maar dis nie wat ek bedoel het met kulturele diversiteit nie, of ek sou dit nie toegelaat het nie. Hoekom nie, dis dan juis kulturele diversiteit?

Ek het self op die Bestuursraad van ‘n groot hoërskool gedien. Toe ons ‘n skoolbeleid moes opstel het ek ook self die onderwyskundiges in Pretoria gaan raadpleeg. Die ononderhandelbare primêre verantwoordelikheid van enige publieke instansie, ongeag watter diens dit lewer, is die handhawing van die veiligheid van elke personeellid en besoeker, ongeag of die besoekers ingeskrewe leerders, studente, diensleweraars, afleweraars, pasiënte, passasiers, klante of kliënte is. Alle besluite oor gedrag en aktiwiteite word eers aan die veiligheidsnorm getoets. Indien die toets wys dat die beoogde optrede tot persoonlike of publieke skade, besering, siektetoestand of die dood kan lei, word dit net nie toegelaat nie. Dit is ook hoe en hoekom gedragreëls opgestel en toegepas word.

Jeanne ·

Wat is kulturele diversiteit? Dat een groep mense dissipline moet he en ander nie? Dat een groep se hare netjies moet wees en ander s’n nie? Dat een groep swempette moet dra en ander nie? Dit gaan oor dissipline en netheid, niks met kulturele diversiteit te doen nie. Dis hoekom universiteite afgebrand word nie, want die skole het die ‘kulturele diversiteit’ reeds te ver gedryf. Skeer almal oor een kam (no pun intended).

Gerhard ·

Beste Tannie Elda

Paar vragies…

… hoeveel van tannie se kleinkinders se bedjies is op bakstene wat in koerante toegedraai is, gemaak staan?…

… hoeveel van tannie se kleinkinders laat tannie toe om met hulle hande aan tannie se eetkamertafel te eet?…

… watse een van tannie se kleindogters sal tannie bereid wees om te laat ruil vir ‘n paar beeste?…

… en laastens… watse kleinseun sal tannie vir so paar weke in die berge laat gaan wil bly om sy voorhuid prys te gee as bewys van sy manlikheid?…

Ek sien uit om va tannie se omhelsing te hoor…

Groetnis né…

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.