NWU Vaal-kenners: Min hoop vir mosie van wantroue in Zuma

Pres. Jacob Zuma tydens sy staatsrede van 2016. Foto: Elmond Jiyane / GCIS

Pres. Jacob Zuma tydens sy staatsrede van 2016. Foto: Elmond Jiyane / GCIS

Akademici op die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU Vaal) in Vanderbijlpark het dit eens: dit is onwaarskynlik dat die DA se mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma vandag sal slaag.

Dr. Ina Gouws en me. Busi Khala, albei dosente in Politieke Wetenskappe op die kampus en kenners op politieke gebied, reken dit is vergesog vir die DA om ʼn ander uiteinde te verwag as die een wat hy verlede jaar in September gekry het toe die party ʼn mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma aanhangig gemaak het.

Dr. Gouws skets die agtergrond

Die DA meen hy het weer ʼn kans nadat die president sy vorige minister van finansies, Nhlanhla Nene, summier afgedank het: ʼn roekelose en irrasionele aksie volgens die party. Die reaksie hiervan op die finansiële markte is onmiddellik gevoel; die negatiewe persepsies oor en die slegte kredietwaardigheid van pres. Zuma het toe net begin.
Verdere olie op die vuur het gevolg toe die president se regspan erken het dat hy gefouteer het om nie te hou by die bevindings en aanbevelings van die Openbare Beskermer se verslag oor Nkandla nie.
Die skerp kritiek van pres. Zuma uit alle oorde sal egter niks beteken op die dag van die mosie nie; die DA sal die stemme van die sittende lede van die parlement benodig. Partyleier Mmusi Maimane het gevra dat die lede van die ANC hulle van die stemproses verwyder en ʼn privaat stembrief aangevra omdat geglo word dat ʼn groot aantal ANC LP’s die mosie sal steun mits hulle met hul gewete kan stem en nie hoef te vrees vir hul werk nie. Altesaam 72 lede van die parlement verteenwoordig die ANC. Die vraag na ʼn privaat stembus val binne die regte van die DA, maar Maimane se versoek aan ANC-lede om nie te stem nie, kom ondemokraties voor. Dr. Gouws verwag dat albei versoeke geweier sal word. Dit bring die DA voor dieselfde situasie te staan as in September 2015: sonder die meerderheid stemme wat nodig is vir die mosie om deurgevoer te word.

Me Busi Khaba stem saam

Busi Khaba, dosent in Politieke Wetenskappe aan dieselfde kampus, stem saam. Die stem hang af van die Nasionale Vergadering, waarvan die meeste lede vanuit die ANC kom. ANC uitvoerende beamptes in die NV staan steeds agter pres. Zuma. Sy reken die DA is heelhartig bewus van die feit dat die mosie heel moontlik nie deurgevoer sal word nie.Die herhaalde en hernieude pogings laat pres. Zuma met ʼn verdere klad teen sy naam.

Sê nou maar net …

Indien die lede van die parlement hierdie politieke kenners verras en die mosie word deurgevoer, wat sal dan gebeur? Khaba reken dat die logiese vervanging vir Zuma adjunkpres. Cyril Ramaphosa sal wees. Gouws voel die kanse is so skraal dat die vraag grens aan fantasie, maar sê sy sal min. Pravin Gordhan kies as sy kon. Sy nugter uitkyk en verwagtinge van die regering in geheel, maar veral wat die ekonomie betref, kan van hom ʼn goeie leier maak.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jan maak n Plan ·

Ek stem volkome saam met de twee kenners. My rede hiervoor is vooraanliggend. “No One” het oorgenoeg maatjies op al die regte plekke om hom te beskerm.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.