NY se kille aborsiewet: waar laat dit Christene?

fetus-derde-trimester

‘n Fetus se ontwikkeling teen die derde trimester. Foto: FamilyDoctor.org

Deur Victor Correia 

In New York is ʼn nuwe aborsiewet in werking gestel wat ʼn vrou se reg om self besluite oor haar liggaam te neem, só ver voer dat aborsie tot in die derde trimester verleng word.

Godsdienstige leiers verwys na dié wet as die “Licence to kill” en selfs demokrate soos Barack Obama sou, volgens Christopher Hale, nie hierdie wet gesteun het nie.

Volgens goewerneur Andrew Cuomo wat die wet ingeteken het, is die wet ’n groot oorwinning vir vroueregte.

“Today we are taking a giant step forward in the hard-fought battle to ensure a woman’s right to make her own decisions about her own personal health, including the ability to access an abortion. With the signing of this bill, we are sending a clear message that whatever happens in Washington, women in New York will always have the fundamental right to control their own body.”

Die wet laat vrouens toe (om watter rede ook al) om tot en met geboorte te besluit of hulle ʼn ongebore baba wil aborteer of nie. Hierdie word as een van die mees aggressiewe aborsiewette ooit beskou.

Sommige meen dat die wet nie eenvoudig as ’n voortsetting van die 1970 Roe Wade-hofsaak beskou kan word nie. Ongelukkig het die aborsiedebat in Amerika in ’n partypolitieke stryd ontaard, wat dit moeilik maak om in dié opsig tussen die politieke en etiese motiewe te onderskei. Sonder om in die politieke debat vasgevang te word, is dit nodig om kortliks die konteks van die wet te gee.

Die bogenoemde wet is opgestel in geval die hooggeregshof in Amerika die bestaande besluit oor aborsie sou wou omdraai, veral nadat die konserwatiewe Brett Kavanaugh laasjaar as hoofregter aangestel is. Die wet bepaal tans dat aborsie wel wettig is, maar dat beperkings volgens die betrokke state se relings op laat termyn-aborsies geplaas word.

Die voorgestelde wet wat Cuomo geteken het, wil alle sodanige beperkings ophef. Hierdie wet word beskou as ʼn oorwinning vir vroueregte. Daar word gestel dat ʼn vrou se liggaam aan haarself behoort en dat sy daarmee kan maak wat sy wil. Terwyl ʼn ongebore kind in ʼn vrou se liggaam gedra word, word dit volgens die betrokke opvatting as haar reg beskou om daarmee te doen wat sy wil. ’n Swangerskap mag hiervolgens ’n vrou se vryheid in geen opsig inperk nie. Ten diepste handel dit hier oor “selfeienaarskap” – mense wat glo in die absolute keusevryheid van die mens, glo dat die mens met sy liggaam kan doen wat hy wil.

Dit bring wel moeilike, maar geensins onbelangrike, etiese vraagstukke na vore. Indien die mens net aan homself behoort, beteken dit dan dat die mens met hom/haarself kan doen wat hy/sy wil. Indien ’n kind ongewens is, mag die kind nie ’n vrou terughou op enige wyse nie.

Of ons nou hiermee saamstem of nie, blyk dit of hier iets anders op die spel is. Dit is die vraag of ’n ongebore kind wel as ’n mens gereken word. Om daaraan te dink dat ’n ongebore kind op hierdie gevorderde fase van die swangerskap geaborteer kan word, word deur godsdienstige leiers as koelbloedige moord beskou.

Ongebore kinders kan in dié stadium al die stem van hul ouers erken, kan tussen lig en donker onderskei – ons hoor telkemale van kinders wat een of twee maande te vroeg gebore word, maar kan op die ou end normale lewens lei. Hierdie wet is dus op ’n aangrypende manier ’n ingryping op ’n ander mens se lewe.

Hierdie radikale aborsiewet gaan ook oor meer as net ’n grensverskuiwende wet. Dit openbaar ’n afkerige houding teenoor kinders in die algemeen. Terwyl kinders deur ons voorgeslagte as ’n seën beskou was, word kinders vandag eerder as ’n las beskou wat ons terughou om ons lewensdoelwitte te bereik.

Dit is juis teen hierdie agtergrond wat ons opnuut weer moet besin of ons eie opvatting rakende kinders reg is. Volgens die Bybel is lewe ’n gawe van God. Iets wat vandag soms misgekyk word, omdat die gawe uitgestel of selfs afgestel kan word deur moderne gesinsbeplanning. Ironies genoeg is daar steeds diegene wat selfs met behulp van die beste tegnologie kinderloos bly, wat vir ons steeds wys dat kinders nie vanselfsprekend is nie.

Die gawe van kindskap is iets wat pragtig in die boek Psalms vermeld word, waar die digter uitroep:

“Want u het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.” (Ps. 139:13)

Die rede waarom aborsie binne die Christendom vir jare so fel bestry is, is juis omdat lewe vanaf konsepsie as die werk van God se hande beskou is. Daardie sigoot is nie maar net ’n bol selletjies nie, maar ’n lewende siel. Daar is soveel wat die mikroskoop hier nie kan sien nie.

Maar ook dit wat ’n mens met jou eie oë beleef, kan ’n mens tot groot verwondering stem. Hoe verklaar ’n mens in elk geval dat ’n pasgebore kind se longe ná geboorte begin werk en dat die baba ook presies weet hoe om om te drink.

Beskou ons kinders as ’n gawe uit God se hand, bring dit noodwendig ’n groter verantwoordelikheid mee. Dit is my raaiskoot dat vele jong meisies wat ’n aborsie oorweeg, dit juis doen omdat hulle nie reg is om die volle verantwoordelikheid van ouerskap aan te neem nie. Dit geld in ’n baie groot mate vir kinders wat uit onstabiele verhoudings verwek word (gewoonlik buite die veilige ruimte van die huwelik).

’n Ander kwelpunt wat opduik, is die vraag na die tipe lewe wat hierdie nuwe wet aanmoedig. Word ’n meer of minder verantwoordelike lewe deur dié wet aangemoedig? Ons weet dat ouerskap meer verantwoordelikheid vereis. Die feit dat ’n vrou (hier word niks vermeld van die pa nie) ’n kind sonder enige rede kan aborteer tot en met geboorte, getuig eerder van ’n lewe van minder verantwoordelikheid.

Hierdie wet leer nie kinders of jeugdiges om meer verantwoordelik op seksuele gebied te wees nie, maar moedig eerder jeugdige onverantwoordelikheid en seksuele losbandigheid aan.

Uiteindelik lyk dit of die voorgestelde wet eintlik die hekkie baie laag stel. Wette behoort die mens tot hoër hoogtes aan te spoor. Hierdie betrokke wet getuig eerder van nuwe laagtepunte in die Weste se geskiedenis. Sommiges gaan self so ver as om te stel dat hierdie wet niks anders as ’n terugval tot barbarisme beskou kan word nie.

Dalk is dit nodig om weer hieroor te praat? Indien ons daarmee vrede het dat aborsie wel toegelaat word, gaan ons ook eendag vrede hê as aborsies tot só laat in swangerskappe toegelaat word? Is die toelating van aborsie tot op ’n bepaalde punt nie juis ’n onhoudbare tussenstandpunt nie?

  • Victor Correia is ’n dosent in etiek, filosofie en bedryfsetiek aan Akademia.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

KLSGF ·

Ek dink die skrywer moet eerder na die feite gaan kyk voor ons begine te skryf. Dis hoofsaaklik “aborteer” wanneer daar nie iemand is om te besluit tussen die ma en die kleintjie nie.

Yvonne ·

Dalk moet jy weer gaan lees en terwyl jy besig is gaan kyk sommer verder hoe hierdie gevorderde stadium aborsies plaasvind. Dit is om van siek te word , daardie baba word in stukke uitegtrek met tange . Ek hou eerder hier op voor ek iets onbehoorlik kwyt raak . Vroue regte my voet!!!! Hierdie is suiwer moord.

ZAR ·

KLSGF dis nie waar nie, Virginia het selfs die wet verder gevoer, hulle stel voor dat die baba gebore kan word en dan kan die ma nog besluit of die kind vermoor moet word. Ons generasies is sag gemaak, eers was dit “slaap rond so veel as wat jy kan, niks fout daarmee nie”
Toe word dit “as jy swanger word is dit nie jou skuld nie, jy het die reg om te aborteer”
Nou is dit “kinders is ‘n las, jy sal beter af wees sonder een”
Ek stel voor julle gaan kyk bietjie blackpilled se videos op youtube om te sien hoe hollywood ons sag gemaak het.

James ·

Ek is nou nie ‘n dokter nie , maar ek sou reken dat ‘n aborsie in die laasste maand, twee of drie – eerder ‘n induksie om te kraam is? Met die opvolgende moord dan, op die (vroeg)gebore baba?

John ·

?.. iemand is om te besluit tussen die ma en die kleintjie nie? Wat is ‘n kleintjie? Bedoel jy ‘n niks, want kleintjie beteken mens… ‘n klein mensie. Waarom tot so ‘n daad oorgaan om dan die gevolge te ontken? Verantwoordelikheid is dus nou taboe. En selfs wanneer die kind toegelaat word om gebore word, word hy/sy die staat se verantwoordelikheid. Ons ruik die hand van ene Soros wat in New York woon en ‘n groot voorstaander van absolute menseregte is wat selfs nou skynbaar moord insluit, Die antieke tye is terug; Babel in plaas van die Bybel. Hoeveel aborsies word jaarliks in SA gepleeg? Die syfers sal skok.

leser ·

aborteer, moord leeg, selfde ding, omdat te veel jonger kinders nie meer speelgoed gehad het toe hulle jonger was nie , het hulle tot seks gedraai, dis mos lekker, hulle dink nie aan die nagevolge hiervan nie
God gee Lewe en aborsie is n klad op Sy Wil, Sy Naam, maak nie saak op watter stadium van fetus lewe nie, vat jou kind net soos hy/sy is, want hy/sy is na God se Beeld/Gelykheid geskape
lees jou Bybel meer gereeld en verstaan wat God vir jou gee om voor te lewe
minder afwykings sal wees van minder onsedelike dade, drank, dwelms,ens.
afwykings is n straf wat God teen jou en jou familie ingestel het omdat jy/julle Sy Wet ondermein/gebreek het
die ouers is hiervoor verantwoordelik, mos nie meer tyd vir hul kinders nie
in parkie speel, fietsry, stap, gesonde leefstyl, is daar mos nie meer tyd nie
vergeet die tv, tv speletjies, drank, dwelms, saamslaap, allerly onwettig “saam” met vriende wees
om ver weg van God te wees is nie n probleem nie, dit neem net een tree terug en op jou kniee en bid vir jou Genesing en Sy Hand van Beskermimg en Genade oor jou
lewe na God se Wil – Hy is jou Saligmaker en Anker

Johan ·

Dit is so ironies dat ‘n ouer van ‘n baba wat met ‘n afwyking gebore is wat aan mediese nalatigheid toe te skryf is, ‘n eis om skadevergoeding kan instel teen so ‘n dokter. Dan is dit hoogs relevant wat met die fetus gebeur het, maar by aborsie is die fetus niks…

Rupert Ashford ·

Hoe kan jy hierdie tipe laaste trimester aborsie goedpraat, maar tegelykertyd neonatale medisyne goedpraat/ondersteun, en dan ook baie vroom teen die doodstraf wees? Dan ondersteun mense ook die reg tot mediese ondersteunde selfdood. En dan kry mens gevalle soos die dokter wat in Nederland vervolg word oor sy ‘n oumensie laat vasdruk get om die doodsmedisyne toe te dien. Die mens is inherent boos en kan nie vertrou word met hierdie etiese vraagstukke nie. Slippery slope norm die Ingelsman dit. Wie se dood gaan volgende “regverdig ” word? Oumense? Armes om Gaia te red?

Dries du Toit ·

“Dit gee enige vrou die reg om haar eie liggaam te beheer” belaglik. As jy moord pleeg dan beheer jy ook jou eie liggaam deur die daad te pleeg. Dit gaan dan gevolge vir jou inhou. Deur te sorg dat jy nie verwgtend raak nie is ook n reg om jou liggaam te beheer.

Wat ‘n kille wrede dilemma ·

Die aarde kerm en kreun en protesteer alreeds onder al die mense. Daar is nie meer genoeg hulpbronne om alle mense te onderhou nie. Laat staan nog om ‘n menslike bestaan te voer en nie van honger uitgemergel te word nie. Hoe meer mense hoe meer moorde, verkragtings, dwelmmisbruik en ander ernstige misdaad. Hoe meer onderontwikkelde mense hoe meer ontevrede werklose mense en hoe meer gewelddadige opstande en aanrandings. Hoe meer honger mense hoe meer onwettige immigasie na meer gegoede en ontwikkelde lande in ‘n poging om ‘n beter lewe te hê. Hoe meer mense hoe meer lae sosio-ekonomiese omstandighede en hoe meer mishandeling en verkragting van babas en kinders.

Nou wat nou?

Realis ·

Ek wil graag van jou verskil van jou. Die aarde weet nie eers van die mense op hom nie. Ons is te nikseggend. Dis net in ons eie gedagtes wat ons dink ons beteken iets. Texas se oppervlakte is 696 biljoen vierkante meter. As vir elke mens op die aarde ‘n 3 x 3m spasie in Texas gee pas die hele aarde se bevolking in Texas in. Die res van die aarde kan dan vir kos en en ander produkte gebruik word. Die enigste rede hoekom die mens sukkel is oor sy ego en vraatsugtigheid. As alle politiek uit die wêreld weggeneem word is daar BAIE plek vir almal en BAIE plek om kos te verbou sodat niemand ooit weer honger hoef te wees nie. So, nee, die aarde “kerm en kreun” nie onder die mens nie. Ons kerm en kreun onder onsself.

Anti-propaganda ·

Hierdie is eenvoudig onwaar. Ons het meer as genoeg hulpbronne om nog ‘n hele paar miljard mense *ekstra* te kan ondersteun. Een voorbeeld daarvan, is dat die VSA alleen meer kos weggooi as wat nodig is om alle hongersnood in Afrika te beeindig. Wat ons wel het is ‘n logistieke probleem om die hulpbronne by die mense te kry wat dit benodig.

ZAR ·

Dilemma, ek gaan aanneem jy is ‘n boomer of ‘n millennial, want ongelukkig is dit die 2 generasies wat vreeslik gebuk gegaan het onder hierdie propaganda. Die nuwe generasie is besig om ver bo dit te kyk en die waarheid te gaan soek. Gaan doen navorsing oor die propaganda van agenda 21. As jou oë eers oopgaan, dan sal jy voluit kan lewe. Ons is nog altyd voor gejok, want mense wat bang is, is maklik om te beheer.

Db ·

Dan word daar daagliks geween oor die toestand van die wêreld. Nou het moord ‘n modegier geword want ek kan rondslaap soos ek wil en die nagevolge word vermoor! Elke mens sal voor God moet gaan verduidelik hoekom hulle ‘n baba vermoor het. ‘n Klein mensie wat niks self kan doen nie en aan die wrede aard van die mens oorgelaat is. Mag God hierdie wettemakers genadig wees met die groot oordeel want hulle weet nie wat hulle doen nie!

Valerie ·

Plaas dat die vroue (en orige mans) hul drange beheer. Gaan doen goed in die wêreld; daar is baie om te doen.

Anoniem ·

Dis n siek spul! Dis reeds n lewe en n baba van dag een af. Dis n lewende wese met gevoel en reeds emosies! Dis plein MOORD!! Alhoewel die vrou die baba dra, is dit nie deel van ha liggaam nie! Dis n wese op sy eie! Sy kan, mag en behoort nooit n keuse te hê om n lewe te neem, behalwe as verkragting plaasgevind het nie. Sy het wel n keuse om nie saam met elke man in sie bed te spring nie!!!!!!

Frans C ·

Dit gaan oor veel meer as net ‘aborsie’.In 1 Petrus 5 lees ek:
“Pas op vir die duiwel
8In die geestelike stryd moet julle op en wakker wees. Julle het ’n gevaarlike vyand, die duiwel. Hy loop rond soos ’n honger leeu wat iemand soek om te verskeur. As hy julle aanval, moet julle met julle geloof in die Here terugveg.
9Moenie toelaat dat hy julle geestelike fondamente skud nie. Laat dít vir julle ’n troos wees: daar is Christene oor die hele wêreld wat as Christene dieselfde dinge as julle ly omdat hulle dieselfde stryd as julle stry. ”

God en sy gebod word eenkant gerangeer.Eintlik word God as oorbodig verklaar,want die mens het liefhebbers van hulself geword,die sg ‘seldoen en beskik’ mense.

Daar is pragtige omskrywings:
“Know that the LORD Himself is God; it is He who has made us, and not we ourselves; we are His people and the sheep of His pasture” (Psalm 100:3, NASV).
“Thus says the LORD, your Redeemer, and the One who formed you from the womb, ‘I, the LORD, am the maker of all things, stretching out the heavens by Myself, and spreading out the earth all alone . . .'” (Isaiah 44:24, NASV).
“But now, O LORD, Thou art our Father, we are the clay, and Thou our potter; and all of us are the work of Thy hand” (Isaiah 64:8, NASV).

Rina Kotze ·

Mag God ons genadig wees!

Hierdie is suiwer moord! Wat van die baba se reg op lewe???

Daar is hoeveel mense wat nie kan kinders hê nie, die ma WAT nie die kind wil he nie, kan eerder voltyd dra en die kind vir aanneming gee!

Elkeen wat dit goedkeur, is net so skuldig daaraan.

Ai dis hartseer, ek as Kind van God, sê duidelik: NEE!!!

Charles ·

Gewettigde moord- hierdie wending van sake gaan bydrae daartoe dat die Republikeine en President Trump ALLE magsetels herower in 2020- want mag in die hande van die hopeloos roekelose, verlinkse radikale demokrate is NIE die gewenste ding nie, en die kiesers leer dit nou op die swaar manier nadat hulle die Huis aan die demokrate gegee het verlede jaar.
Pres. Trump het dit trouens die beste opgesom toe hy gese het dat hierdie wending van sake ‘n grootse pluimpie en dryfveer agter die Pro-Lewe beweging gaan word!

Moet Cuomo nie geekskommunikeer word deur die Katolieke nie? Is hierdie dalk die merk van die dier?

#MAGA/KAG

Bokkie ·

Sjoe, hierdie is te erg. My dogter is op 29 weke gebore, het 1.5kg geweeg. Sy het baklei om aan te hou lewe. Al ons vriende en mense in die kerk het saam met ons gebid, om haar te bewaar. Vandag is sy amper 25 jaar, is so normaal soos enige een van haar onderdom. Sal niks wil verander het nie. . Wie gee my die reg om ‘n lewe te neem , wat God aan my toe vertrou het? As jy nie ‘n baba wil grootmaak nie, moet nie seks he nie, of gebruik iets om nie swanger te raak nie.

Stephan ·

Die wêreld is siek. Jy word dood verklaar sodra daar geen hardklop is nie. ʼn Fetus se hardklop kan vanaf 6 tot 8 weke gehoor word, beteken dit dan nie hy lewe nie?
In dieselfde staat NY mag jy nie eiers of larwes van sekere bedreigde reptiele vernietig nie so dui dit dan nie op lewe en voortplanting nie. Wat vandag gebeur is ʼn skande en ʼn vreeslike sonde in God se oë.

dr. Sakkie van der Merwe ·

Vroueregte? Regtig? As ‘n ma na geboorte besluit haar kind is ‘n las vir haar of tas haar regte aan kan sy die kind dan doodmaak? Wat is die verskil? Daar is reeds lewe en die Bybel stel dit duidelik dat ons die lewe moet koester en moet bewaar. Die wereld is besig om in een groot Sodom en Gomorra te versink.

Liezl ·

Dr Sakkie van der merwe, ek dink ons is al ver verby Sodom en Gomorra. Red ons, Vader. U alleen is goed. Vergewe ons??

Drikus Kotze ·

Jer 2:34 “Ook is aan jou some die bloed gevind van die siele van onskuldige armes; nie by ‘n plek waar ingebreek is, het Ek dit gevind nie, maar by hierdie almal.” Die algemene betekenis is duidelik en dui op die skuld van Israel om haar kinders te offer aan – die “arm onskuldiges” – in ‘n vreeslike offer aan die afgod Molog; Die mens is geskep as ‘n liturgiese wese. Party dien ‘n god en ander die God. “Weet jy waar jou kinders is. Op jou roep sê ons nooit née nie,Sê ons altyd, altyd ja: Om te lewe, om te sterwe –
Ja, ons kom, Suid-Afrika.” Elkeen sal aan God verantwoording doen oor die medemens wat Hy vir my en jou geskep het.

Weeskind ·

What is normal to the spider is chaos for the fly.

Miskien sal so wet beter van pas wees in ons land waar daar letterlik elke week babas doodgaan in asblikke, sakke, ashope en sommer langs die pad. Ek dink dit is beter om hulle dan nou maar te aborteer as wat jy jou government grant kry vir ‘n kind wat jy weggegooi het (letterlik)

Anti-propaganda ·

Hierdie brief is uiters oneerlik, vir die doel om ‘n selfsugtige standpunt te verdedig.

Volgens die CNN artikel: “… can be performed after 24 weeks if the fetus is not viable or when necessary to protect the life of the mother.” Ek was gewalg deur die idee dat dit tot en met geboorte toegepas kan word. Toe gaan kyk na die besonderhede. Niemand praat van vroeggebore babas vermoor nie. Vroue kan nie op week 38 net besluit dis nou verby nie, en daar is redelike beperkings op geplaas.

Deur die brief te publiseer word Maroela Media se objektiwiteit en joernalistieke integriteit in gedrang gebring. Of jy saamstem met die brief of nie, hierdie is ‘n duidelike voorbeeld van fopnuus.

Kobus ·

Anti-propagande, val jy steeds vir CNN propaganda? Gaan kyk na die wet en nie die leuens wat CNN verkondig nie.
Wat is die volgende stap? My kind is siek maar kan nog nie praat nie, so 2 jaar oud – laat hom maar uitsit?

Marinda pretorius ·

Vroue regte??? Kom ons noem dit wat dit is, moord, niks minder, niks meer. Watse soort “vroue” het baklei vir hierdie “reg” om hulle eie kinders te vermoor. Skrikwekkend om te dink ons leef saam met mense wat so iets goed keur

Barend ·

Die sondige verval van die mensdom wat al hoe groter word hoe nader die einde kom, is al duisende jare gelede in die Bybel voorspel. Hoekom is almal nou so verbaas en geskok!

Ek ·

Hierdie is siek verby. Dit is moord.
So moord is nou ‘n “wen” vir hierdie aaklige feministe / LGBTXYZ123…
Wat is volgende – gaan die ouderdom vir moord nou opgeskuif word na 3 jaar oud, dan 10, dan moor wiekookal jy wil..???!
Hulle vergeet net een ding – God sien ALS en hulle gaan eendag moet pa-staan vir hierdie wreedhede…

bollie ·

Goeie ekonomiese beleid. Dink net hoe baie geld kan SA spaar met minder kindertoelae. So terloops – ek reken die biologiese pa behoort regte te he in die verband tensy die kind verwek word agv verkragting (in welke geval die vrou self kan besluit).

M ·

Aborsie is MOORD. Klaar !!!! Al wanneer dit moontlik geregverdig kan word is in die geval van n lewens gevaarlike situasie en in my opinie sal enige vrou wat haar sout werd is eerder haar lewe opgee as dit in die laaste “trimester” as om die kind te aborteer. Hierdie vrouens moet ten alle koste verwerp word deur die samelewing. Dis moord !!

Wonner ·

Wat as hulle die kleintjie aborteer en hy lewe??? Word hy dan vermoor!!!!

Yvonne ·

Ja. Gaan doen bietjie navorsing. En o ja die geboorte word nie geinduseer nie.

Karien ·

As hulle die kindjie aborteer, ruk hulle hom/haar stuk-stuk uit. Op n video gesien hoe lê die armpies en breentjies langs die Dr in n skinkbord, dis vreeslik. Kan nie dink dat n vrou dit toelaat nie nie en n Dr dit selfs doen nie.

Asjas ·

Waar laat dit Christene? Die wet het verander, nie wat God ons leer nie, nie die Bybel nie en beslis nie my beginsels nie. Waar laat dit my? Presies waar ek was baie dankie!!!

Jan Frederik ·

Bedaar, mense. Dis Amerika. Nie Suid-Afrika nie. Wat julle dink of sê, gaan in ieder geval geen verskil maak nie. Nie daar nie en ook nie hier nie.

johannes ·

In die Bybel staan, daar sal ‘n tyd kom dat die liefde verkoel… liefde vir mekaar en selfs liefde vir ons eie ongebore, hulpelose, onskuldige, kindertjies…..
Aborsie is lank reeds gewettig in ons land — waarom het ons dit maar gelate aanvaar? Moord is moord,
of dit nou op ‘n 1 dag oue, ongebore babatjie is
(ja, hy is reeds dan al mensie — hoe durf ons besluit wanneer is hy mens?),
of op ‘n 38 weke ongebore babatjie,
of op ‘n pasgebore babatjie.
Dit is moord.
Ek sien hierin die hand van Satan wat hard werk om die Skepping te vernietig. Lewe skep kan hy nie, lewe vernietig kan hy.
Uit die hemel uitgewerp, kan hy nie daar meer God se troon uitdaag nie — nou vernietig en verniel hy so goed hy kan alles van God se Skepping, hier op aarde. Soos ‘n brullende, woedende leeu soek hy wie kan hy verslind — en vind babatjies, jongmense, grootmense, oumense…
Bid sonder ophou want daar kom nog baie erger dinge voor ons Here Jesus Christus op die wolke kom.

Wolf Cilliers ·

Ek is nie ‘n kundige nie maar ek kan dink dat behalwe in werklike gevalle van lewensgevaar van die moeder enige aborsie op watter stadium ook al verkeerd en sondig is.
Siende dat daar al baie foetusse op ouderdomme van sowat 20 weke vroeggebore is en normale lewens gehad het wonder ek hoe gaan ongebore babas op gevorderde stadium van swangerskap van bv. 30 of 35 weke ge-aborteer word?
Gaan babas in sulke laattermyn swangerskappe wat alreeds hulle ouers se stemme herken, ens. ook uitmekaar gesny en stuk-stuk met tange uitgetrek word? Grusaam om die minste daarvan te sê. Gaan hulle doodgespuit en afgebring word? In lig van kennis wat ons het is dit steeds moord.

Chris ·

As jy nie na die kind kan omkyk nie dan liewer die kind opgee vir aanneming na geboorte. Dit is beter as moord.

de Beer Johan ·

Moenie verbaas wees as verwoesting en elende New York binnekort tref nie.

Joe ·

Dit verduidelik wat in SA aangaan, en nog vir jare lank gaan aangaan.

Jurgens ·

Ander mense se doen en late het gelukkig niks met my te doen nie. Ek hoef genadiglik nie eendag namens hulle te antwoord nie. So laat hulle maar opsnork soos hulle wil.

Nee wat, nou gee ek op ·

Ek verfoei die mensdom by die dag al hoe meer. Wat ‘n gespuis.

ZAR ·

Nee moenie opgee nie. Onthou dat ons nie veg teen vlees en bloed nie, trek jou wapenrusting aan en onthou dat God nog altyd by ons is. Hierdie is net nog ‘n aanslag teen die Woord. Staan sterk in jou geloof.

Dries ·

Dis ‘n ander! mens binne so iemand se liggaam wat vermoor! word.

Heinrich ·

In die ou testament het mense hulle kinders aan afgode ge-offer. Lyk my ons nou ‘full circle’ gekom deur weer ons kinders te offer aan die wellus afgod. Ons weet wat God daaroor in die Bybel te sê het.

Keuses ·

Ja ñ vrou moet oor haar liggaam kan besluit. Maar sodra jy swanger word is dit nie net jou liggaam nie maar jy dra n ander siel binne in jou liggaam. Hoe kan enige iemand tot so n besluit kom. En dis nog een ding. Die dokters wat daarvoor staan sien net geld.

V ·

Ronald Reagan — ‘I’ve noticed that everyone who is for abortion has already been born.’

CW ·

Die uitvloeisel van mense regte en vryheid. Dis wat die mens geskep het

Joshua ·

“My body, my choice!” Nee, nie jou body nie-dis die kind se body!

JKA ·

Daarsy, die lot vrouens vegters het nou gekry wat hul wou he.

JAN ·

Elders gelees
…………………………………………….
The Chinese product…
They have long time single child marriages / procreation . They practice late abortions The fetus is cuisine in restaurant menus together with dogmeat and snails and snakes . etc.
Scientific the fetus at 22 gestation is fully developed and its removal is called abortion up to 22 weeks.
After 22 weeks till 39 weeks premature labour takes place namely infanticide . / child sacrifice the killing of prem babies. [ full term is 40 weeks ]

Cannibalism also in the labs, is extremely dangerous ground zero genetics ; – Creutzfeldt Jacob disease = Mad cow disease …
What are you talking about hmm ? Christian Civilization science not?
””””””””’
wat dink u hiervan ?

Hazeldean ·

When God wants to judge a nation He gives them wicked rulers.
John Calvin

JAN ·

Die kleinste prematuurtjie het 900+- geweeg op 21 weke gebore. Meer as ń maand in broeikas. PERFEK NORMAAL Op 15 jaar beleef sy die eerste keer ń naderende stormreën. En sy sê met haar haar ogies groot: “… ek ruik HOM!!”
Waarheid! Juslaaik!

Lanie ·

Kom ons wees realisties. ek stem vir en teen aborsies. Hoekom? Een wanneer daar genetiese afwykings is, as die vrou verkrag word se ek ja doen dit. Hoekom moet die kind gebore word as hy / sy net mishandel gaan word. Twee nee, want daar is voorsorgmaatreels wat getref kan word indien jy nie swanger wil raak nie.

Frank ·

Jy mag maar jou kind vermoor, maar moet hom in hemelsnaam nie pakslae gee nie, want dan gaan jy tronk toe…..

VanAfrika ·

Hier is ek, n mamma wat haar liefding aan die dood moes afstaan op vol terme swangerskap. Dit het my rooitapyt onder my voete uitgeruk, Ek sal enige iets doen net om daardie kleinlyfie by my te hê. Dit is 23 jaar terug, 19 April en daar is nie n dag wat ek smag dat hy hier saam sy twee boeties moet wees nie. My boodskap aan kinders en vrouens wat wil aboteer. Jy moet mooi dink voordat jy so n daad oorweeg. Jy kan dit nooit weer terug vat as jy jou eie kind vermoor. Dit maak nie saak watter semester jy is nie, dis nog n lewe van die oomblik wat daardie saadjie geplant is. Jy behoort dit te weet want jou liggaam begin verander van jy daardie lewetjie begin dra, dis teken van jou kind se lewe. Moenie met die hartseer loop waarmee ek al 23 jaar mee loop nie. Ek wens ek kan die klok terug draai maar vir my is dit te laat. Ek kan dit nooit weer verander nie maar jy het nog die keuse. Dra jou kindtjie en as hy of sy gebore word, treasure daai armpies wat om jou nek gegooi word. Ek sal nooit die voorreg hê om dit te voel of ooit sy stemmetjie te hoor of die kleur van sy oë te weet nie. Jy het nog daai kans, En as jy hom of haar nie wil hê nie, gee hom vir n mamma wat smag na n baba.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.