Om mure te bou: Boos of uit selfbehoud?

vsa-mexiko-grensmuur

Mense by die see langs die grensdraad wat Mexiko van die VSA in Tijuana skei. Foto: Wikimedia.org

Die media en ook talle politici is tans in rep en roer oor die beoogde bou van ʼn grensmuur tussen die VSA en Mexiko, een van pres. Donald Trump se verkiesingsbeloftes. Die burgemeester van Berlyn in Duitsland, Michael Muller, het só ver gegaan om te sinspeel dat hier weer ʼn bose verlede, wat simbolies deur die afbreek van die Berlynse Muur eintlik agtergelaat is, in die vorm van ʼn muur wat mense skei, herleef.

Die Berlynse Muur is in 1961 deur die kommunistiese regering van Oos-Duitsland, oftewel die “Duitse Demokratiese Republiek”, reg deur deur Berlyn gebou en het ʼn groot stad in twee ideologiese helftes verdeel, vriende en familie van mekaar geskei en natuurlike wisselwerking en beweging onderbreek. Die argument vir die bou van die muur deur die kommunistiese regering was om hulle te beskerm teen ʼn aanval uit die Weste, maar inderwaarheid is die muur gebou om hulle eie mense in te hok en te keer dat hulle na die Weste met sy vryheid en beter lewensomstandighede trek. Toe die muur in 1989 geval het, was almal behalwe stoere kommuniste daaroor bly. Die simboliek van die Berlynse muur is baie sterk, en daarom word dit ook hier deur teenstanders van die Mexikaanse grensmuur gebruik om Trump as iemand daar te stel wat mense wat saamhoort, wil skei en wat ons wil terugdwing na ʼn slegte verlede wat eintlik oorkom is.

Die vergelyking is egter skeef. Daar is mure wat mense wat bymekaar hoort, op grond van ideologie van mekaar skei, soos, behalwe die Berlynse Muur van weleer, die muur oftewel grens tussen Noord-en Suid-Korea. Net soos met die Berlynse Muur word hier ook mense nie uitgehou nie, maar in ʼn tronk gehou. Verreweg die meeste grensmure in die geskiedenis het egter die doel gehad om mense te beskerm teen aanvallers van buite, nie om mense in te hok of om vreedsame betrekkinge soos handel en reis te verhoed nie. Bekende voorbeelde is die Chinese Muur, wat die barbaarse Mongole (ten minste vir ʼn lang tyd) weerhou het om die gevorderde Chinese beskawing te vernietig. Ook die Romeinse grens, die limes, het relatiewe vrede en voorspoed en ontwikkeling binne die uitgestrekte Romeinse Ryk vir honderde jare verseker. In die Middeleeue, waar staatsgrense grootliks verval het, moes stede stadsmure bou om hulle te beskerm teen aanvalle. Meer onlangs, het die muur tussen Israel en die Palestynse gebiede terroristiese aanvalle aansienlik laat afneem.

Mure is nie ʼn ideale toestand nie, maar ons lewe nie in ʼn ideale wêreld nie. Net iemand wat dink dat alle mense inherent goed en gelyk is, kan beweer dat grense sleg is. Ook die Europeërs, wat nou so veel te sê het oor die Mexikaanse muur, het hoë, bykans ondeurdringbare heinings opgerig waar Europa en Afrika op mekaar tref, in die Spaanse enklaves Ceuta en Melilla in Noord-Afrika. Terloops, as jy ʼn muur moet bou om mense in te hou omdat almal wil vlug, doen jy iets verkeerds in jou land, en as jy een moet bou om hulle uit te hou omdat almal na jou land toe wil kom, doen jy iets reg. Dalk moet Mexiko, eerder as om die bou van die muur te kritiseer, vra hoekom hulle mense nie in hulle eie land wil bly nie.

Behalwe vir tronkmure word eintlik alle mure gebou om ongewensde elemente uit te hou. Enige huiseienaar in Suid-Afrika omhein sy erf om goeie redes. Daar was tye in die verlede toe mense se erwe oop was, omdat die grense effektief bewaak is, maar in vandag se tyd kan ʼn mens dit nie meer doen nie. Ironies genoeg, hoe meer staatsgrense verval en geen effektiewe grensbeheer meer plaasvind nie, hoe meer is individue gedwing om mure om hulle eie erwe op te rig. Terwyl die groot mure verdwyn, vermenigvuldig die talle mure om erwe, komplekse en woonbuurte. Diegene wat skreeu teen die grensmuur met Mexiko moet hulle afvra of hulle bereid is om hulle eie erf se heining te verwyder en om hulle erf ʼn kuierplek vir boemelaars te maak (om van inbrekers nie te praat nie).

Waar mure saamgaan met natuurlike grense, soos historiese en etniese grense, skep dit gewoonlik vrede en vreedsame naasbestaan, terwyl daar waar geen grense meer bestaan nie, gedurige konflik heers. Uit ons eie geskiedenis is die voorbeeld van die Oosgrens by die Visrivier goed bekend. Juis omdat daar geen duidelike grens was om te keer nie, het mense heen en weer op mekaar se gebied oortree en was daar gedurig konflik, tot die Voortrekkers geen ander kans meer gesien het as om te trek nie.

Die Mexikaanse muur, soos enige normale grens, sal nog steeds mense wat wil reis, familie wil besoek, handel wil dryf of wettiglik wil werk, toelaat om dit te doen. Dit sal wel onwettige immigrasie, misdaad en dwelmhandel keer. Net diegene wat laasgenoemde wil doen, het ʼn rede om kwaad te wees oor die muur.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Sebastiaan Biehl

Sebastiaan Biehl werk tans as ʼn analis in Berlyn, Duitsland. Hy is ook ʼn skrywer van romans en reisbeskrywings in sy vrye tyd en was op ʼn tyd (2001-2005) ook vir Solidariteit se media-afdeling werksaam. Sy kwalifikasies is BA algemeen, BA Hons (Politieke Wetenskap) en MA Politieke Wetenskap by Bloemfontein en RAU, onderskeidelik. Sebastiaan se gebiede van belangstelling is veral politiek, geskiedenis en reis.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Julie ·

Selfbehoud, as SA lankal ‘n muur gebou het tussen SA en Zimbabwe en SA en Mosambiek was hier nie XENOFOBIA in SA nie, ook nie uitlanders wat misdade pleeg en die ‘locals’ se werk afneem nie. Ongelukkig is die persone wat uit Zim en Mozambiek hier aangekom het NIE almal wettig nie. SA spandeer miljoene ‘n jaar om aan hierdie mense huisvesting te probeer verskaf, hulle aansoeke aan te hoor of uiteindelik te deporteer, net om te sien hulle is binne ‘n week weer terug. Hoekom het ‘n onwettige emigrant uit ‘n ander land (waar hulle demokratiese regerings INGESTEM het) die reg in SA tot mediese fasiliteite, verblyf en werk, in ‘n land waar hulle glad nie belasting betaal of enige belang by het nie hulle VAT net geld hier uit. NEEWAT .. die muur is ‘n fantastiese ding .. en die wat voor die tyd wil TREK moet maar trek.

Geintreseerd ·

Ek sien daagliks hoe suidafrikaners nie wil werk nie, die van Zimbabwe, Mozambique en Swaziland is baie meer gewillig om te werk en dus ook vir minimum loon, Daar is baie Suid Afrikaners wat deksels hard werk om iewers te kom maar ook wat dadelik n sak vol geld wil verdien om die minimum werk te doen, Ons land se werkspermitte moet gecheck word daarmee stem ek saam , maar sonder hulle sal dien lewering in Suid Afrika nog 10 keer erger wees.

Hendrik ·

‘n Muur om my woongebied is goed, want ek bly tussen my eie kultuurmense met dieselde waardes. Ander mense is nie daar welkom nie. Daar is gemeenskaplike areas soos die werk en winkels waar mure nie nodig is nie. Eenvoudige konsep om konflik te vermy.

swart ·

Ek het geen probleem met ‘n muur nie- dit hou die kwaad uit. Net kwaaddoenners sal oor ‘n muur kla.’n Muur by ons – tussen SA en Mosambiek en Zim sal goed wees want dan sal die stropery afneem en baie sal ‘n werk het deur om die muur te bou en baie sal kan werk deur om die muur instand te hou en nog ‘n lot sal ‘n werk he omdat hulle die muur moet patrolleer.
Ook sal ongewenste elemente soos ‘drug- handelaars” dit moeiliker vind om ons land in te kom.Ek stem vir ‘n muur – maak nie saak waar nie.

JC ·

Ek is nou al redelik moeg vir hierdie debat. Die muur gaan gebou word, kom wat wil.
Wat het geword van nasiestate se soewereiniteit indien daar die heeltyd tot vervelens toe gedebateer word hieroor? Wat ons nou weet, is dat nasies se sowereine reg om hul grense te beskerm nog soos altyd belangrik is asook die reg om absolute beheer uit te oefen oor wie hul land binnekom en klaar, soos daargestel deur die Amerikaners wat President Trump verkies het, welke belowe het hy gaan die muur bou.

Paul ·

Sjoe. Die laaste sin is bietjie dik vir ‘n daalder. Of as mens goedgunstig wil wees, ‘n erge oorvereenvoudiging.

Om te dink dat ‘n muur “onwettige immigrasie, misdaad en dwelmhandel” sal keer…

‘n Groot en groeiende getal van die onwettige immigrante in die VSA is mense wat met ‘n tydelike visum ingekom het en dan eenvoudig langer agtergebly het as wat die visum gesê het. Daar kan geargumenteer word dat sulke mense “beter” of “veiliger” is as diegene wat nooit enige visum gehou het nie, maar is ook maar ietwat vêrgesog.
Oor die idee dat dit “misdaad” sal keer… Misdadigers laat hulle nie deur ‘n muur afskrik nie.
En dwelms, ai. Die mensdom gebruik nog altyd dwelmmiddels en sal altyd ook. Daar sal altyd dwelmmiddels ingesmokkel word, al wat ‘n muur doen is om sekere metodes van smokkelary relatief tot ander makliker te maak. Hoe effektief is ‘n muur teen heroien uit Sentraal-Asië?

En dan kom mens nog nie eers by die vraag oor die praktiese implikasies van so ‘n muur nie – die grens is dikwels onstabiele terrein – rivieroewers. Daar is ook sensitiewe natuurgebiede, insluitend migrasiepaaie vir diere. Die huidige grensdrade en mure maak voorsiening hiervoor, maar maak ook die grense meer poreus. Wat gaan die nuwe “muur” doen?

Dup du Plessis ·

……baie is waar wat jy se Paul, nes die mure om ons huise nie diefstal, of misdaad voorkom nie, maar die vraag is? gaan jy sonder ‘n muur of diefwering wil wees?….daar is tog maar ‘n doel vir ‘n muur….of andersins moet daar geen grense in die wereld wees nie……die muur / heining is irrelevant, maar ons kan nie sonder grense wees nie…..en ‘n grens is daar om iets in of uit te hou

hannes marais ·

die muur tussen usa en mexico gaan niks help…mexikaanse terroriste groepe gaan vuurpyle oor die muur skiet netsoos wat hamaz in die gaza strook vuurpyle oor die grens skiet na israel

Paul ·

Hahah, ek hoop regtig hierdie is ‘n grap wat Hannes Marais maak.

John ·

Die muur tussen Oos- en Wes-Duitsland kan nie met Trump se muur vergelyk word nie. Eersgenoemde het Duitsers geskei en Trump s’n moet net onwettige Mexikaners en hul ‘pakkies gif’ uithou. Daar word nie gese geen Mexikaners sal mag immigreer of oor en weer kuier nie. Maar die Mexikaners is hardekwas en soos by Zimbabwe is dis leierskap baie ingenome met die uitvoer van mense en doofmiddels saam met die paar ander produkte. Sigarette vloei SA binne en Mogabe (en Zuma seker ook) weet dit maar al te goed.

Kas ·

Elke lewende wese en mens bou mure om kompetisie en enige vorm van dreigement uit te hou. Om oop te maak is onnatuurlik, dom, wie gaan sy eie hulpbronne weggee?

gatiep ·

Nie dom nie Kas maar baie baie dom om nie jou land te wil beskerm nie. Net so goed ek besluit om maar my huis se deure af te haal.

Piet ·

Baie dankie vir hierdie verfrissende artikel. Te lekker om te sien as iemand ‘n logiese argument uiteensit i.p.v. om net die wêreld media se “Trump bashing” klakkeloos na te praat.

Welgedaan!

Johan ·

Die muur moet gebou word dit sal ons oe laat oopgaan in sa.

Lena Jonk ·

Baie goeie stuk waarheidsnuus Sebastiaan, baie dankie vir die waarheid dat mense kan sien wat aangaan. Mure is nodig, hou vuilgoed uit dan bly jou werf skoon, ons sien uit na nog sulke goeie nuus. Sterkte

Liendempers ·

Ek is n draadsitter wat Trump betref en voel hy moet eers tyd gegun word…….maar ek verstaan sy punt. Daar is Amerikaners wat swaar kry. Daar is onwettige imigrante wat letterlik die kos van sy bord neem. Hoeveel dink julle kos dit om die onwettiges te vang en aan te hou tot deportasie afgehandel is. Na my mening kan hy een tamaaie vierkant langs die muur bou met n oop hek na mexico en n hek wat gesluit word deuskant. Bogger aanhouding, laat hulle diekant ingaan. As hulle honger dors en koud is kan hulle eenvoudig deur die oophek terugstap na sy eie land……..hoekom mort amerika vir hom sorg?

My tweesent bydrae ·

Is die muur tussen my erf en my buurman se erf boos ? Mure skep orde .

Chris ·

Ek dink dit is ‘n blink idee van Trump om die muur te bou. Die Sjinese het ‘n muur gebou en daar is geen Meksikaan te sien nie.

Terrence Minnaar ·

Die muur is nie daar om die VSA te verdeel nie, maar om ONWETTIGES van n totale ander land uit te hou. Dis wat ons hier benodig. maar die liberale breinspoeling sal jou laat probeer glo dat die “Weste” aan almal in die hele wereld behoort, geen reels, wette of grense hoef te geld nie.
Die mensdom is besig om deurmekaar te raak…..nes die ‘toring van Babel’

Terrence Minnaar ·

Die muur is nie daar om die VSA te verdeel nie, maar om ONWETTIGES van n totale ander land uit te hou. Dis wat ons hier benodig. maar die liberale breinspoeling sal jou laat probeer glo dat die “Weste” aan almal in die hele wereld behoort, geen reels, wette of grense hoef te geld nie.
Die mensdom is besig om deurmekaar te raak…..nes die ‘toring van Babel’
Laat al die liberale huil-piete van Hollywood en NY al hulle fences en security by hulle wonings uithaal, hulle wil mos n open society he….

Frans C ·

Waarom kan ons President ‘n muur om Nkandla laat bou, wat boonop met belastingbetaler geld gebou is? Geen moë verbyganger kan nie eers ‘n bietjie afkoel in die man se swembad nie.
So waarom kla en kerm oor Trump se muur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.