Om slegs te oorleef is nie genoeg nie

Vrou_sit_hek_sonsondergang_stiltetyd.jpg

Foto: invertedculture.net

Deur Christoff van Wyk

In 1955 skryf NP Van Wyk Louw ’n artikel met die opskrif “Is ons ’n intellektuele volk?”. Hierdie vraag het hom bekommer maar ook aangespoor. Hy het nie die vraag gevra om ’n klinkklare antwoord daarop te gee nie, maar eerder die vraag gebruik om die soeklig te plaas op ’n area wat hy gesien het as ’n kritieke bestanddeel vir die voortbestaan van enige volk en in ons spesifieke geval, die Afrikanervolk. Die vraag was vir Louw een wat elke volk slegs aan homself kon vra en deur selfondersoek beantwoord.

Louw beskryf die intellektueel as iemand wat “geïnteresseerd is [in] idees en hul waarheidsgehalte”. Dit is ’n persoon wat “honger na idees omdat hy verlang na waarheid”. Hierdie vraag na waarheid kry gestalte op alle lewensterreine en is nie beperk tot filosofie of dalk teologie nie. Hy stel veral die vraag aan jong studente: “As julle oor politiek praat, is dit dan net oor vrae van die dag en met die menings van die koerante as wapens – of gaan julle soms in op die groot veronderstellings wat agter elke politieke mening lê? Praat julle soms met die bewussyn dat julle in die ingewikkeldste, mees problematiese land van ons tyd, woon? En dryf hierdie bewussyn julle dan soms tot beter dink en swaar studie, alleen?”

Dieselfde vraag kan regtens vandag steeds gevra word. Louw se bekommernis het te doen gehad met die geesteslewe en die kultuur van ’n volk wat volgens hom die kern vorm van die bestaan van enige nasie. As die kultuurlewe ’n geval word van herhaling van of slegs instemming met alles wat al was en nie altyd vernuwend is nie, kwyn die hoop op bestaan baie vinnig. Indien die intellektuele in die volk nie aktief besig is om deur hul waarheid-soekende optrede wrywing en botsing te veroorsaak nie, sterf hierdie kultuur as’t ware uit en sal “die volk van bloedarmoede kwyn”.

Objektiewe waarheid

Die idee van soeke na waarheid bring ons noodwendig by die vraag: wat is waarheid? Of, is daar so iets soos waarheid? In ons postmoderne tyd van relativisme waar elkeen se standpunt waar kan wees, al verskil dit soms lynreg met mekaar, het die idee van objektiewe waarheid en universele begrippe byna ’n vloekwoord geword. Wat die aanhangers van hierdie idee egter nie besef nie, is dat die argument dat daar geen objektiewe waarheid bestaan nie, self vernietigend is. Om te sê daar bestaan nie so iets soos waarheid nie, is self ’n waarheidstelling wat volgens die aanhangers se eie idee dan gediskrediteer word, want dan beteken dit hul eie stelling oor waarheid is ook nie waar nie! William Lane Graig gee op sy webtuiste ’n bondige, maar tog uitstekende, uiteensetting van hierdie probleem in sy antwoord op die vraag: “Is there objective truth?”

Die eenvoudige afleiding wat ons kan en moet maak is dat daar werklik iets bestaan soos objektiewe waarheid. Waarheid wat gister, vandag en môre steeds waar gaan wees. Dikwels maak hierdie soort vrae en die wonder daaroor ons bang, of is ons net bloot nie geïnteresseerd genoeg om daarin belang te stel en selfstudie hieroor te doen nie. Ons kies gewoonlik ’n paar mense wat ons vertrou en hang dan aan hulle lippe. Of ons maak dieselfde fout as waarna Louw verwys, deur die koerante, TV en ander media te glo en daarop ons opinie te bou.

Die Bybel

Die Bybel gee vir ons ’n baie interessante blik op die idee van rasionele denke en die noodwendige uitvloeisel daarvan wat die soeke na waarheid is. Die evangelie van Johannes begin met hierdie woorde: “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.” Hierdie “Woord” is ’n direkte verwysing na Jesus en in Grieks word die woord logos gebruik. Dis baie interessant dat Johannes hierdie gelaaide woord gebruik om Jesus mee te beskryf. Die Grieke, wat briljante denkers opgelewer het, het ook met dieselfde vrae geworstel soos ons vandag. Hulle sou onmiddellik hierdie woord herken het, waaraan gekoppel word die groot idee van rasionele denke oor die mens en die heelal en hoe alles tot stand gekom het en wat die doel daarvan is. In kort, die manier hoe jy by die waarheid uitkom.

In hierdie verband is dit interessant dat die Bybel ons nie soos baie ander gelowe of filosofieë op ’n koue en abstrakte manier probeer leer van waarheid nie, maar dat dit ontdek kan word in die persoon van Jesus Christus.

Wat beteken dit vir die Afrikaner vandag?

In Suid-Afrika ly ons vandag aan ’n kritieke verlies aan waarheid. Ons word elke dag gebombardeer met leuens en propaganda oor onsself, ons identiteit, ons kultuur en selfs ons bestaan. Daarom is dit vir die Afrikaner, maar ook vir elke individue in ons land, so nodig om op een of ander vlak hulself besig te hou met ’n soeke na waarheid. Selfondersoek is nodig. Selfondersoek oor die verlede sowel as die hede. Selfondersoek op ’n manier wat nie skroom vir die waarheid nie. Selfondersoek wat nie deur die kanker van politieke korrektheid, wat deur die huidige politieke kultuur gekweek is, besmet is nie. Van aller belang is die motiewe agter hierdie harde vrae, want as daar selfs ’n sweempie van magsbeheptheid of politiekery te bespeur is, sal die proses platval en meer skade aanrig as goed.

Dit blyk tot ’n mate of die Afrikaner vandag sy pad as’t ware moet oopveg tussen al die gewraakte retoriek wat op hom uitgespoeg word, en asof die moeite wat dit kos om hierdie malheid teen te gaan net te veel is. Om teen die verwronge idees van “white privilege”, transformasie en gelykheid te probeer opstaan, blyk vandag ’n uitmergelende stryd te wees vir ’n klein volkie wat reeds vuisvoos is. Die stryd om oorlewing vir die Afrikaner het nou so fel geword dat dit dikwels al ons energie opneem en ons word dan bloot meegesleur.

Hier moet ons baie versigtig luister na die waarskuwing wat deur Louw aan ons gerig word, want sterf die intellektuele uit, dan sterf die volk ook uit.

Daarom loop die fisieke oorlewing van ’n nasie hand aan hand met die versugting wat hy openbaar vir die soeke na waarheid. Dié twee dade is twee kante van dieselfde munt. In die lig hiervan moet ons dus baie goed besef dat om slegs fisiek te oorleef, nie genoeg is nie.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

NP van Wyk Louw-sentrum

Meer oor die skrywer: NP van Wyk Louw-sentrum

Die NP van Wyk Louw-sentrum vir Gemeenskapstudies is ‘n toekomsgerigte ideesentrum wat fokus op die voorwaardes vir selfstandige en suksesvolle gemeenskappe.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

13 Kommentare

Theuns ·

Christof, ek stem 100% met jou saam!Een van my vrese is dat die Afrikaanse intelektueles sal stil raak agv van swak ondersteuning uit eie geledere of die aanslag van ander op wat hulle se. Wit liberales is ook ‘n groot gevaar.

Drikus ·

Fantastiese artikel Christoff.
Hosea 4:6 is redelik reguit hieroor: “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis”
In die konteks van die res van Hosea 4 is hierdie “kennis” nie ‘n wetenskaplike of vakkundige kennis nie, maar ‘n kennis van God en ‘n kennis van die waarheid.
Hierdie is nie bloot ‘n oud-testamentiese beginsel nie. Paulus in Romeine 12:2: “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. ” Die woord “gemoed” hier kan ook vertaal word as “denke” (soos in die 83 vertaling).
‘n Meer gepaste woord sal wees “wereldbeskouing” . ‘n Individu of ‘n kultuur se wereldbeskouing is die fondasie waarop die verstaan van jou geloof berus. Vanuit ‘n wereldbeskouing vloei jou filosofie, waardes en jou lewenshouding. Sonder ‘n sterk wereldbeskouing sal dit onmoontlik wees om die omstandighede van die vervalle skepping en samelewing te kontektualiseer. ‘n Christelike Wereldbeskouing is m.a.w. nodig om te “beproef wat die wil van God is” binne elke omstandigheid wat die wereld na ons toe kan gooi. Kom ons sit dus nie op ons intellektuele loure nie. Die eerste gebod vereis immers dat ons God lief het met ons hele hart, met ons hele siel, en met ons hele VERSTAND.

Lupus ·

Drikus,

In die tweede sin van jou redevoering dryf jy ‘n wig in tussen geloof en kennis, tussen God en Sy skepping. Hierdie soort “redenasie” is fundamentalisties in sy voorskriftelikheid en laster teen ‘n werklike waardering van die skepping, waaronder die gawe van verstand tel.

Joh. 3:16 ·

Jammer Lupus. Tensy jy jou halfpad uitgedruk het, kan ek net met Driekus saamstem. Alle gelowe op die aarde bestaan uit twee bestanddele uit: geloof = kennis + vertroue. Die kennis wat jy met jou wese vertrou sal jou geloof wees. Daardie geloof raak die fondament van jou hele wêreldbeskouing: jou siening oor die huwelik; gesinne; kerk; werk; politiek; ander volke; ens. As jou kennis van God skeef is, sal jou vertroue skeef wees. Inderdaad is Driekus fundamentalisties om te sê dat alle mense se lewens vloei voort uit hulle kennis van hulle idees van hulle god nie. As Christene leer ons al die kennis wat ons kan van Jesus Christus (ons logos), want in Hom is die volle openbaring van God.

Joh. 3:16 ·

Ek meen om te sê Driekus is NIE fundamentalisties nie…

Geloof Hoop en LIEFDE ·

Stem saam, so vra ek myself en elke mens ouers in besonder, dat die HERE ons SKUHEID, onbeholpenheid sal raak sien en HELP OM VERBY DIÉ GERAAS, VAN BINNE en BUITE. U W I L te HOOR SIEN en VERSTAAN enDOEN. Biddend SAL SY VOLK BLY LEEF IN SY HUIS.

HEVW ·

Drikus baie goed gestel. Ons kan die lyn verder deurtrek na na die kern van alles en dit by die naam noem. Chritus se:”Ek is die weg, die waarheid en die lewe. Met die Verlossing as vertrekpunt en ook as fokus in ons toekomsgrigtheid word waarheid n werklikheid.

John ·

HEVW jy slaan die spyker op die kop. Christus is ons middelaar. As ons nie val vir die nuwe (ou?) verskynsel om hierdie waarheid se probeer omseil deur die gelykmakende wereldsiening te aanvaar dat ons direk en sonder die Middelman kan onderhandel met die Grootbaas nie. Ons glo ons is nou geleerd en ryk genoeg om ongenooid by die Koning op te daag en Hom opdragte te gee. Na die wereldoorloe in Europa en met die opkoms van sekere filosofiese denkwyses veral uit Duitsland en Frankryk het die verslae mensdom, besluit om hul geloof in die Here af te sweer. Om ‘n akademiese geleerdheid te bewys moes jy later ook ateisties voordoen. Die’ chroniese siekte het hierheen oorgewaai. Baie predikante het ook aangesteek. Ons moet nou weer die Handleiding begin bestudeer sodat genesing kan intree. Die behandeling kan selfs ‘n kind volg sonder die toetrede tot ‘n mediese fonds.

Otter ·

Dankie vir die artikel ons het wekroepe soos dié nodig. Sonder om weg te neem van God se almagtige vermoë om onafhanklik van enige mens Sy kerk in stand te hou, beweer ek dat die gemeenskap/samehorigheid van ons volk die kennis van en gemeenskap met ons God bevorder. Omdat ons eenders dink, Sy verbond met ons in gemeen het, is Afrikaner virtuele maar ook fisiese interaksie met mekaar belangrik.

Joh. 3:16 ·

Die diepste verdeeldheid is geloof. As geloof = kennis + vertroue, dan moet daar sekerheid wees oor kennis waarin daar sommer blindelings vertroue gestel word. As mense verskil in hulle geloof, dan kan hulle mekaar ook nie vertrou nie. Dit maak dus nie saak hoe groot ‘n gemeenskaplike probleem is nie, weens die verdeeldheid in kennis wat vertrou word (=geloof) sal hulle nooit saamstem oor die oplossing nie. Verdeel die Afrikaner se geloof in ‘n land soos Suid-Afrika, met sy vele natuurlike en volkere uitdagings, en jy gebruik die volk self om hulle self te vernietig. In die 20 ste eeu het die volk stelselmatig die Gereformeerde geloof verwerp vir tuisgemaakte godsdienste.

Otter ·

Ja, Joh 3:16, die ZAR het dit reg gehad: ons voorouers se grondwet het bepaal dat presidentskandidate lid van ‘n Protestantse kerk moes wees.

Otter ·

Daarby: ek vat liewer nog 20 jaarvan hierdie sirkus as om as Afrikanervolk te lewe sonder om die Here te dien in die ware kerk. Ons moet bid vir bekering in Afrikanergeledere. Ons voorouers se naletenskap is die van eenvoudige Protestante wat die Gereformeerde leer aangehang het en in God geglo het.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.