Om te kniel of nie te kniel nie

Deur Isak Burger

Dr. Isak Burger (Foto: Facebook)

Die geknielery en gebalde vuiste by die T20-Wêreldbeker is tans groot nuus. Opmerklik is dat beide hierdie simboliese gebare ook ’n sterk Bybelse konnotasie het.

Om jou hande in die lug te steek, het in die Bybel die betekenis van eer en lof wat aan God gebring word. Dis egter nooit met ’n gebalde vuis gedoen nie, maar met hande wat oop is – simbolies daarvan om eer aan God te bring of barmhartigheid van Hom te ontvang. ’n Gebalde vuis spreek van aggressie, veglustigheid, rebellie en verset.

Om te kniel is een van die kragtigste simbole wat daar is. ’n Mens kniel nie voor enige persoon of saak nie. Dis ’n baie eksklusiewe gebaar. ’n Man kniel voor die meisie wat hy liefhet en vra om te trou, maar hy kniel nie voor verskillende meisies nie.

Om voor iemand te kniel het tradisioneel een van twee betekenisse gehad. Daar is gekniel voor iemand vir wie daar die allergrootste respek, agting, liefde, verering en dankbaarheid is. Dit is altyd ’n vrywillige en spontane, simboliese gebaar.

Die tweede rede wanneer daar gekniel is, was ’n teken van gedwonge oorgawe voor ’n vyand wat jou oorwin het. In tradisionele oorlogvoering en wanneer jy jou heerskappy en baasskap oor iemand wou bewys, is die persoon gedwing om te kniel. In teenstelling met die eerste rede, is dit nie vrywillig nie, maar gedwonge, en dit word teësinnig gedoen. Nou is dit nie meer verering nie, maar vernedering.

Hierdie tweede betekenis om te kniel, kom duidelik voor in ons gesegde wanneer iemand verloor het. So byvoorbeeld sal ons praat van ’n krieketspan wat “die knie moes buig” voor sy opponente.

Die eerste, vrywillige gebaar om te kniel het deur die eeue (en vandag steeds vir baie mense) hoofsaaklik ’n religieuse betekenis – vir alle godsdienste.

In die Bybel word dit male sonder tal vermeld dat mense voor God gebuig of gekniel het. Soos genoem, is dit een van die kragtigste simbole en het dit ’n dieper betekenis as wat ons besef wanneer ons kniel om te bid of God te vereer.

In die Bybel word hierdie gebaar as aanbidding eksklusief vir God gereserveer. In die gevalle waar mense in die Bybel voor ’n ander hemelwese soos ’n engel gekniel het, het die engel hulle onmiddellik gekeer en gesê dat daardie verering net vir God toekom.

In die lig hiervan beskou ek Krieket Suid-Afrika se opdrag dat ons hele T20-krieketspan op geboë knieë en met gebalde vuiste die BLM-beweging moet ondersteun as veragtelike politieke dwang en ’n flagrante vergrype aan die persoonlike en grondwetlike regte van die spelers.

Laat ek dit sover dit myself aangaan onomwonde sê dat God die enigste Een is voor wie ek my knieë buig!

  • Isak Burger is ‘n voormalige kerkleier en skrywer.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Pieter9 ·

Stem 100%, met Isak Burger saam; vreemd dat die Kerke so stil… Ons as lede van die ‘Kerk’ sal maar moet opstaan en standpunt inneem. BLM, knie-buig is verwerplik en verskoning vir geweld en die gebrek aan om te bou en te presteer… Kleur pas die agenda.

Andries ·

en dit alles oor ‘n swart krimineel wat met vervalsde geld vir ‘n pakkie sigarette wou betaal en deur ‘n polisieman bedwing moes word toe hy hom teen inhegtenisname verset het; om die te praat van die uittartende minagting jeens dieselfde polisieman nie.

Carolina ·

Ons soek nog na ‘n ander Israel Folau wat ‘n ruggraat en sterk Christelike waardes het en nie sy siel vir ‘n paar silver muntstukke verkoop nie!!

Harley Davidson ·

Dit is nie eers debatteerbaar nie ek kniel net voor die heilige Vader punt.

Harley Davidson ·

My motors het almal “runflat” bande op vir veiligheid wat as jy langs die pad ‘n pap wiel kry word jy geroof of vermoor.,maar ek kan ‘n motorband vervang ja.

Werner ·

Daar os nie eers n debat te voer nie.Jy kniel net voor God .Jou siel is meer werd as spor.

absoluut ·

Amen daarop en dankie dat oom Isak dit so mooi verduidelik het vir die mense wat geen idee het van wat dit regtig beteken om te kniel vir iets of iemand te laat kniel vir iets nie.

piet ·

Dir hang af wat jou bedoeling is met die kniel anders beteken dit vir my niks.

Erik ·

Ek stem heeltemal saam. Sou iemand ‘n plakker wou dra of op een of ander manier die BLM beweging wou ondersteun is dit hulle saak (ek ondersteun glad nie die beweging nie), maar om te kniel skreeu tot in my diepste wese dat dit net verkeerd is.

Anoniem ·

Pragtige uiteensetting oor die bose kniebuigery in krieket. Verstommend dat sommiges in die wêreld so siek geword het om hulle daarmee te vereenselwig.

piet ·

Ek het nog nooit iemand sien bid met net sy een knie op die grond en sy kop omhoog soos die een-kniebuigers doen nie. Ek twyfel baie sterk of die krieketspelers ander gode aanbid met hierdie gebaar. Ek dink ongelukkig dwaal die dominee met hierdie een, dit gaan in elk geval oor wat die kniebuiger se bedoeling is en nie wat enige iemand anders dink hulle doen nie.

tweeling ·

Piet, haal jou oogklappe af en kyk rond om jou daar is menige voorbeeld van mense met een knie gebuig en kop omhoog wat bid, en die bedoeling van die kniebuiger is die kruks van die saak, wat anders dit is ter ondersteuning van BLM.

Mercia ·

Hulle onderwerp hulle aan die gesag van BLM. “By taking the knee , they pledge allegiance to EVERYTHING the BLM stands for.” En nee, hulle staan geensins vir ‘n edele saak soos “geen rassisme” nie. Hulle is opsigself geweldadiglik gekant en onverdraagsaam teenoor wit mense spesifiek.
https://www.heritage.org/progressivism/commentary/the-agenda-black-lives-matter-far-different-the-slogan

Ds. Isak Burger het met hierdie skrywe net jou aandag probeer vestig op die feit dat hierdie gebaar wel betekenis dra en nie bloot ‘n noodsaaklike toevalligheid is nie. ( Dit is nie soos om jou motor se pap wiel te ruil nie as dit jou moontlik verwar het)
Dit beteken as jy besluit om jou knie of knieë te buig of selfs jou vuis in die lug op te steek in opdrag van ‘n organisasie ,jy onomwonde jouself in lyn stel met hulle agendas en doelwitte en dat die uitkomste van daardie alliansie deel van jou verantwoordelikheid word.

piet ·

Die punt is hulle aanbid nie ‘n ander god nie. Hulle ondersteun ‘n aksie teen rassisme. Hoe enige een dit by aanbidding tot ander gode kan uitbring gaan my verstand te bowe. Niks met godsdiens te doen nie en het dus GEEN konnotasie wat in die bybel staan oor ander gode aanbid nie. Jy dwaal ook oor die oorsprong van die BLM-beweging, dit het beslis met rassisme (teen swartes) te doen, meer spesifiek oor wit polisiemanne in die VSA wat statisties gesproke meer geneig is om vermeende swart misdadigers te skiet. En ook – die ouens ondersteun vir waarvoor hulle dink BLM voor staan (of veronderstel is om te staan en dit is teen rassisme).

Mercia ·

piet….. na die menigte opmerkings en skakels wat hier geplaas is om ‘n lig te werp op BLM se ware agenda en motivering en doelstellings……..kan mens net tot een gevolgtrekking kom en dit is dat jý die enigste een is wat op ‘n dwaalspoor is.

piet ·

Ek kniel ook as ek aan my motor werk, met die kinders speel, as ek rolbal speel, ensovoorts. gaan alles oor wat jou bedoeling is met die kniel anders is dit niksseggend.

tweeling ·

Wat probeer jy nou eintlik sê Piet, enige handeling is met ‘n doel, of jy nou kniel of loop of lê of jou hond vryf

piet ·

Dis ‘n teken van weerstand teen rassisme, niks met godsdiens te doen nie.

Mercia ·

Kyk my antwoord aan piet onder sy opmerking dat hulle nie aanbid nie. Miskien gee dit jou bietjie meer duidelikheid.

Jack ·

Dis duidelik jy is moedswillig oppervlakkig. Ek neem aan jy kniel ook as jy op die toilet sit?

piet ·

Ek dink dis moedswillig oppervlakkig om enigsins hierdie een-knie affere gemik op ‘n spesifieke doel ‘n godsdienstige konnotasie te probeer gee. Om die waarheid te se, ek vind dit belaglik. Julle is gekant teen die beweging en sal nou na enige grashalmpie gryp. As hulle byvoorbeeld die beweging ondersteun het deur hul hande op een of ander manier in die lug te swaai, sou julle ook ‘n probleem gehad het.

piet ·

Die enkele kniebuig het absoluut niks met godsdiens, geloof of aanbidding te doen nie. Dis ‘n uitdrukking/gebaar/teken om verenig te staan teen rassisme (kon net sowel ‘n ander gebaar gewees het). Mense van alle gelowe en nie-godsdienstiges gebruik hierdie teken ter ondersteuning van hul weerstand teen rassisme. Absoluut geen konnotasie met die Bybel waar gepraat word van dat jy nie voor ander gode mag neerbuig (om hulle te dien/te aanbid nie).

Jack ·

BLM is nie gekant teen rassisme nie. Die teendeel is waar. Die BLM beweging is gekant teen alle blanke invloed en kultuur is die VSA, dws anti-blank en gevolglik rassisties. Hulle posterboy (messias) is George Floyd. ‘n misdadiger, wat hom verset het teen inhegtenisneming en in die proses dood is. As GF hom nie verset het nie dan het hy waarskynlik nou nog gelewe. BLM se motto is dieselfde as die ANC en ander sogenaamde bevrydingsbewegings: Wit=sleg (verdrukkers) en swart= goed (die slagoffers). Maar aan jou dade word jy geken. BLM se opstandstokery of GF het tot die dood van talle mense en skade van miljarde dollars gely. Om te sê dit gaan oor weerstand teen rassisme is ‘n leun, dit het gegaan oor weerstand teen die Trump regering en om Biden aan bewind te kry. En nou sing die plaaslike anti-blank rassiste in dieselfde koor en beweer hulle is anti-rassisties. Hoe dom-onnosel kan ‘n mens wees?

Jannie van Niekerk ·

Met ander woorde jy imlpiseer dat Blankre lewens maak nie saak nie want dis net blankes wat rassiste is?

Johanna ·

En ek stem.saam met Dr Isak Burger..Ek kon nog altyd sy menings aanneem en daaraan vashou..
Hulle kan my in Daniel se leeu-kuil gooi, ek sal net voor die LEWENDE ALMAGTIGE God buig..

WILLEM ·

Dit is jammer dat die Krieket Raad blykbaar geen benul het van wat dit beteken om te kniel nie.
Baie dankie Dr Izak vir jy teregwysing en betekenis van kniel.
Hoop net die Krieketraad neem ook kennis van die werklike betekenis.

Jannie van Niekerk ·

Dankie Dr Burger. Nou kan die mense sien dat ek die waarheid praat in my kommentare in die verband.

Jakes ·

Baie dankie Isak dat jy nie skroom om jou meneing oor KSA en BLM se belaglike en gedwonge voorstel te lug nie. Daar is baie mense wat dit ook veroordeel maar huigel om dit in die openbaar bekend te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.