‘Ons bly betrokke in dialoog en die soeke na oplossings’

Cyril Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

In ʼn geskiedkundige oomblik het pres. Cyril Ramaphosa die 100-jaarvieringe van die Afrikanerbond op 7 Junie 2018 in Paarl toegespreek. Deur die bywoning en toespraak by die geleentheid sluit Ramaphosa aan by die geledere van mnre. Nelson Mandela en Thabo Mbeki wat by vorige geleenthede die Afrikanerbond toegespreek het.

In 1707 verklaar Hendrik Biebauw in Stellenbosch “Ek is ʼn Afrikaner.” Tydens die besprekinge van die Bondsraad van die Afrikanerbond het ons ons plek in Suid-Afrika ook opnuut herbevestig. Ons kon opnuut verklaar dat ons Afrikaners is, maar ook Suid-Afrikaners en ook mense van Afrika. Die Afrikanerbond wat sy begronding vind in Christen-demokrasie, erken ook opnuut dat ons deel is van ʼn diverse Suid-Afrika met ʼn veelheid van tale, gemeenskappe en kulture en dat ons strewe na vryheid binne ʼn regverdige bestel. Ons weet dat ons as Afrikaners onsself nie kan isoleer of kan losmaak van Suid-Afrika, sy probleme en sy uitdagings nie.

Tydens sy toespraak herbevestig die president opnuut die besondere identiteit van Afrikaners deurdat hy sê: “Afrikaners is deur hul naam en per definisie van Afrika. Afrikaners is integraal deel van die Suid-Afrikaanse nasie, net soos enige ander gemeenskap. Hul taal, kultuur, behoeftes en hul verwagtinge is nie minder of meer belangrik is as enige van die ander gemeenskappe nie.”

Dié standpunt moet verwelkom word, want daar het geweldige vervreemding ontstaan die laaste paar jaar.

In ons uitnodiging aan die president in Februarie vanjaar om ons Bondsraad toe te spreek, meld ons die noodsaak aan interaksie tussen die regering, politieke partye en die Afrikanerbond omdat daar belangrike kwessies soos onderwys en ekonomie landbou en grondbesit is. Ons uitnodiging was juis om eerstehands van Ramaphosa te hoor wat sy standpunte oor die kwessies is.

Baie van hierdie uitdagings is wel deur Ramaphosa in sy toespraak by die Afrikanerbond uitgelig. Alhoewel ons meer besonderhede wou verneem oor van die kwessies wat ons veral onrustig maak, is die geleentheid geskep vir verdere gesprek. Onder meer het die Bondsraad tydens sy daaropvolgende besprekinge onsekerheid oor die grondkwessie en besorgdheid oor Afrikaanse onderwys uitgespreek. Alhoewel daar in breë trekke deur die president na die kwessies verwys is, is daar nog groot onduidelikheid.

Omdat die Afrikanerbond nog altyd oplossingsgerig gestaan het ten opsigte van die probleme en uitdagings het ons onself opnuut bereid verklaar om deur dialoog betrokke te bly in die vind van oplossings en sal ons bly beding met ʼn regering wat die Suid-Afrikaanse grondwet van toepassing moet maak vir alle mense in die land.

Ons is terdeë bewus daarvan dat daar kritiek op die Afrikanerbond is wat nie namens alle Afrikaners kan praat nie. Dit het ons nog nooit voorgegee nie en sal ons die rol ook nooit opeis nie. Ons lede is egter almal Afrikaners en dit is op dié grondslag wat ons ʼn rol wil speel omdat ons lede se belange strek oor verskeie sfere van die samelewing.

Ons wil ook graag langs dié weg opnuut ons dank en waardering teenoor Ramaphosa uitspreek dat hy, te midde van ʼn polities onsekere tyd, wel gekies het om met die Afrikanerbond in gesprek te tree en sy visie met ons te deel.

Ons sien uit na toekomstige gesprekke om ons visie met hom te deel.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jan Bosman

Jan Bosman is Hoofsekretaris van die Afrikanerbond.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

jcwf ·

Ja, hierdie standpunt moet verwelkom word.

Maar ek hoor die Feyenoord-lied op die agtergrond:

“..geen woorden, maar daden…”

Kannaland ·

Ek vra in alle onkunde want ek weet niks van die AB nie, maar ek is dalk reeds onkundig want ek hoor nie van projekte wat hulle doen om gewone mense soos ek te help nie. Maar wat het die AB vir die Afrikaners gedoen die afgelope 10 jaar? Ek weet baie goed wat en hoe baie Afriforum gedoen het, maar ek is oop vir oortuiging as die AB ook baie gedoen het. So asseblief, kan iemand dalk vir ons n lys gee? Dalk is dit ook ‘n instansie wat ons kan ondersteun?

Paul ·

En wanneer gaan daar eendag duidelikheid oor die grondkwessie wees? Dit bly gesels maar die antwoorde bly vaag, Dit stap van die een konfirensie na die volgende en dit pas hulle om die ander aan die raai te hou, want hulle het self nie duidelikheid nie, maar ten minste hou hulle die ander op die tone.

John ·

Die woord skynheiligheid staan mos reeds in die woordeboek? Wanneer is dit uitgedink en waar, maar verseker is dit nog nie uitgedien nie. Afrikaans bly maar oulik selfs al is daar hordes bonde in SA elk met groot ambisie en klandisie en oogmerke. Mind you, die Bybel het veel daaroor te se maaar nooit iets goeds nie.

dr. Sakkie van der Merwe ·

Ten spyte van al die gepraat is daar nog steeds “groot onduidelikheid”. Ek is bly dat die AB erken dat hul nie namens die Afrikaner kan praat nie maar dit was die AB (sien NP) wat in gesprek gegaan het met die ANC en uiteindelik die land weggegee het met groot beloftes van “eie” dit en “eie” dat.

Nasievisie Nasiestrategie Nasiesukses Vlakvark ·

Geagte mnr Bosman, ‘n Netjies geformuleerde stuk. Dankie.
Elke eerlike en opbouende strewe na reg en geregtigheid moet verwelkom word. Die Broederbond het ook ‘n opbouende rol te speel.
Kom ons formuleer as nasie ‘n Nasievisie en ‘n Nasiestrategie sodat ons as nasie gefokus kan saamwerk vir ekonomiese wêreldkompeteerbaarheid. Dan sal meeste van ons probleme langs die pad wegval.

Hendrik ·

Ek lees dat die IMF nou meer duidelikheid wil kry by die regering oor die grondkwessie. Lyk my dat die groot honde nou wakker word…

Boerseun ·

Jan. Ek kan nie verstaan hoe julle kan dink dat dit n uitsonderlike ding is dat Ramapose te midde van politiese uitdagings julle toespreek nie. Die probleem wat hy het is hulle het n blikkie wurms oop gemaak omdat hulle paniekerig is. Die land gaan brand en goed gaan gevat word of the ANC dit wettig of nie. Catch 22. Onteieing uitsprake het hulle nou gesnoeker omdat dit hulle botweg teen wereld ooreenkomste laat staan en die mense hier het nou bloed geruik . Ramaposa het al met menigde organisasies vergader, en dit nie by n toesprakie met kos en wyn nie. Die ANC soek n uitkoms by die Afrikaner op grondonteieing wat die ekonomie nie gaan seer maak en hulle laat gesig verloor nie, maar ongelukkig gaan enige aanvaarbare oplossing vir hulle (soos in die vroe 90’s) n kompromie van die Afrikaner vat. Probleem is dat enige kompromie nou ( op die laaste van die regte wat van Suid Afrikaners gevat gaan word, water en mynregste was eerste, en nou eiendomsreg ) gaan die deur oop maak vir n verde president (Malema) om dit nog n stappie verder te vat op n wetlike manier. Net soos hulle met julle Afrikaanse skole gedoen het (wat ek niks van julle kant af sien doen het om te verhoed nie) gaan hierdie onderhandelinge en mooi praatjies in hartseer eindig. Pleks julle val in by ander organisasies wat die wereld bewus maak van wat hier aangaan. Dankie Afrifurm en TLU

Hendrik ·

Die AB is heeltemal uit pas uit met die grondvloer Afrikaner. Die manne gaan vasstaan sonder om ‘n voet te verroer en dit is ‘n stille onderlinge besluit onder die manne. Ons ken mos onsself as ons in ‘n hoek gedryf is en ons is in die hoek.

Basson ·

Nou swymel al die wittes en spesifiek die Afrikaanses weer voor Ramaphosa en sy ANC bende.

Lyk my die groot prentjie is maar redelik onsigbaar vir al die handklappende ‘meelopers’.

bgj van der westhuizen ·

so sal hulle praat en alles glo wat daar die cr se kom by ja ons kan praat maar moet nie net alles glo wat gese word nie wees wakker hulle is besig om die wit man uit te moor op n mooi manner

Zachrys ·

Ja my eerste gedagte was… “nou wie is hierdie Afrikaner bond?” ek is jammer maar daardie ouens doen nie veel nie klink vir my maar na ‘n klomp pasifisme… My geld gaan na afriforum en andere wat drastiese dinge doen wat ons regte Afrikaners help voorentoe bring. Bond… Klink maar argaïes… Jammer ouens gooi julle gewig agter die doeners en bouers…

Charles ·

Die AB bly betrokke in dialoog en die self realiserende profesie van die Afrikaners se stapsgewyse en eventuele vernietiging.

Dink die AB regtig dat hulle vertrou moet word met Afrikaners se toekoms, EN OPGEE VAN HULLE GODGEGEWE PAG, na die skande van 1994?

Totsiens AB, ek was ‘n lid, maar na hierdie gepaaiery (PAAIBELEID) wat nog nooit in die geskiedenis vrugte afgewerp het nie, se ek totsiens.

EK IS VEEL EERDER lid van Afriforum, wat nie ‘n TREE terugstaan vir dreigemente en die idee van self-vernietiging,-kastyding en- verwyt nie.

Maar ja, moet my nie glo nie, oordeel vir julleself hoe kanselleer jonger lede nou hul lidmaatskap.

AB ·

Korrek Charles.

AB, noem vir my EEN kritiese saak wat julle beredder het vir Afrikaans / minderheidsgroepe?
Kan ons ook sommer ‘n lysie kry van die daadwerklike pro-minderheid aksies wat deur Mandela en Mbeki opgevolg is na julle hulle getrakteer het? Enige iets blywend?
(Nou dat ek daaraan dink, wat het julle self uitgerig die afgelope 20j ? )
Wees Sterk!

Charles ·

Die AB bly betrokke in dialoog en die self realiserende profesie van die Afrikaners se stapsgewyse en eventuele vernietiging.

Dink die AB regtig dat hulle vertrou moet word met Afrikaners se toekoms, EN OPGEE VAN HULLE GODGEGEWE PAG, na die skande van 1994?

Totsiens AB, ek was ‘n lid, maar na hierdie gepaaiery (PAAIBELEID) wat nog nooit in die geskiedenis vrugte afgewerp het nie, se ek totsiens.

EK IS VEEL EERDER lid van Afriforum, wat nie ‘n TREE terugstaan vir dreigemente en die idee van self-vernietiging,-kastyding en- verwyt nie.

Maar ja, moet my nie glo nie, oordeel vir julleself hoe kanselleer jonger lede nou hul lidmaatskap !

Mede-Suid-Afrikaner-Soogdier Erdvark van Opwaarts ·

Gehawende Suid-Afrika STORT, WAS & VERSORG
Geagte alle Suid-Afrikaners,
KOM ons stort en was Suid-Afrika skoon van alle gestrooide rommel;
KOM ons stort en was Suid-Afrika skoon van alle ongeduld en onverdraagsaamheid;
KOM ons stort en was Suid-Afrika van kriminaliteit;
WEES positief en opbouend in die soeke na groter reg en geregtigheid;
WEES positief en opbouend en neem hande met alle nasiegenote in die strewe om ‘n ekonomies wêreldkompeteerbare nasie te wees;
WEES positief en opboued ter wille van ‘n voorspoedige toekoms vir ons nageslagte.
Hoe kan ons verwag ons Skepper moet ons vergewe indien ons nie ons medemens en mede-soogdiere vergewe nie?

Vlugie ·

Die AB gaan met hulle kapitaal uit die land vlug wanneer moeilikheid kom (baie het al klaar geemmigreer), hulle gaan nie lojaal wees teenoor die land nie.

Jerry ·

Julle handhaaf n gesonde uitkyk deur met n vriendskaplike ingesteldheid en dialoog oplossings te vind en dit doen meer goed as skade vir die Afrikaners. Doen so voort, want “met die hoed in die hand gaan jy deur die hele land”. Dit is iets wat erg tekort skiet by die forum en die se lede wat die skrywer hier so kritiseer, alhoewel dit vir my begin lyk of die forum begin besef hulle het van die Afrikaner en sy belange n groter en meer kwesbare teiken gemaak as wat die Afrikaner was agv die forum wat begin het met skoorsoekende grootmeneer reaksies op ANC en EFF strikval intensies, en wat toe die forum nie hulle sin kon kry nie, oorgegaan het na ondermynende inisiatiewe met die doel om die ANC en EFF te straf deur buitelandse investering te verhoed en sodoende het die forum verhoudinge tussen wit en swart verder vertroebel en die ekonomie ook verder geskaad en dit ten koste van nie net Suid Afrikaners nie, maar ook Afrikaners. Die toestande vir die Afrikaner in SA raak al hoe slegter en n groot gedeelte van die blaam moet ons maar by onsself soek. Die enigste werkbare oplossing wat ten minste tydelike verligting vir die Afrikaner mag bring is vir Afrikaner organisasies om die onreg wat apartheid veroorsaak het te veroordeel. Doen dit en raak ontslae van die bagasie van die verlede, doen dit vir die onthalwe van die Afrikaner jeug en Afrikaner nageslagte se heil en toekoms in SA.

TDW ·

Dankie Jerry, nou weet ons by wie jy jou skaar. Moes gedurig jou kommentare lees wat met 2 tonge praat. Jy is meer as welkom om te gaan wag staan by FW de Klerk se wigte.

Willem ·

My probleem met CR is dat sy oplossing, deur die swart mense op te hef, is om blankes te misbruik, te vertrap. Soos met grondhervorming soek hy die antwoorde by diegene van wie hy dreig om die grond af te vat, hou ‘n rewolwer teen hul kop. Hy is soos die wolf wat wolke om jou opblaas om reaksie uit jou te kry, want antwoorde het hyself nie.

Die antwoord is dat as hulle toenterjare, ipv om die mense na die ‘welvarende’ gebiede toe te lok, daar neffens ‘n plakkerskamp op te sit en moggetroffe hoop om te oorleef, vir hulle in daardie gebiede waarvandaan hulle gekom het, uitkomste te bied. Soos om daardie gebiede se mense te ontwikkel, beleggings te trek, entrepreneurs, dat die mense daar vir hulle besighede opsit, boer, werskaf, toerisme, maar nee, die maklike uitweg is gekies, en kyk waarmee sit die land vandag opgeskeep.

Met wetgewing het die ANC regering als oorreguleer want beheer wou hulle beheer. Hulle het ‘n geleentheid laat verbygaan, mense is ontwortel, hulle sit nou daar in nedersettings en plakkerskampe, met die hoop op ‘n beter lewe.

Hulle het die oog van die bal afgehaal, hulle het so daarop gekonsentreer om die ou bedeling te straf, apartheid, dat hulle vergeet het om aan die basiese ekonomiese beginsels aandag te gee, dienslewering, groei, werkskepping, die inwoners se veiligheid, 80% van die munisipaliteite is wanfunksioneel, hoe hef jy mense so op?

Paul ·

Hoe keer ‘n mens so ‘n situasie om? Is verstedeliking die antwoord, daar waar dit al reeds oorbevolk is, of moet jy dit vir die mense weer aantreklik maak om terug na die platteland en landelike gebiede te trek?

Baie lande, dit is nou in Europa, is so groot, of selfs nog kleiner, as een van ons provinsies, kyk hoe floreer dit daar, dit blom van entoesiasme en mense wat woel en werk, maar by ons ‘migreer’ jy net oor binnelandse grense heen na daar waar dit aantreklik lyk om sonder inspanning te oorleef. Nou wil CR dit nog ook oor landsgrense heen moontlik maak, soos daar by die Afrika Unie voorgestel.

Daar is geen, maar geen, aansporing en gewilligheid om jou provinsie of dorp tot ‘n volgende vlak te neem nie. En daardie plekke in die landelike gebiede? Die kennis en kundigheid van die owerhede het in die Afrika-stof gebyt.

Wie stel vandag daarin belang om in en om daardie plekke in besighede te belê en dan nou met wetgewing en regulasies wat nie vriendelik vir die entrepreneur, besigheid of buitelandse belegger in SA is nie?

humor ·

Die AB beskou hom as verteenwwordiger van die volk. Die raad wat ek kan gee voor jul deel word van enige onderhandeling is om duidelik te luister na die volk en onwrikbaar volgens die stem van die volk te praat en nie besig te wees met eie vooropgestelde idees nie soos dit gebeur het met die Kodesaonderhandelings nie .

Kleintjie ·

Die artikel noem duidelik dat hulle nie hulself as verteenwoordigend sien nie en ek is bly hulle het die ordentlikheid om dit te noem. Hulle het nul vir my of enigiemand wat ek ken gedoen terwyl Afriforum al n hele paar mese wat ek persoonlik ken goed gehelp het. AB verteenwoordig my niks.

Leonardo ·

Die AB is irrelevant in 2018 en steeds net so elitisties soos altyd.

Jerry ·

Die AB bou brue, nie mure nie.
Die AB gebruik dialoog vir oplossings, nie ondermynende inisiatiewe nie.
Die AB vat die hand van vriendskap wat uitgereik word, die AB verguis nie die geleentheid nie.
Die AB moedig buitelandse investering aan, hulle ontmoedig dit nie.
Die AB strewe na vrede en voorspoed, nie konflik nie.
Die AB veroordeel die onreg van apartheid, hulle verdedig dit nie.
Die AB raak ontslae van die bagasie van die verlede deur versoenende optrede, hulle saal nie die Afrikaner jeug daarmee op nie.
Die AB ondersteun CR se goeie intensies, hulle ondermyn dit nie.
Die AB se inisiatiewe is nie skoorsoekend nie en rig nie skade aan nie.
Die AB sien strikke wat gestel word deur die Afrikaner se opponente en trap nie daar in nie.
Die lys kan nog langer gemaak word as dit moet. Hierdie lys behoort te dien as waarskuwing vir Afrikanerorganisasies wat hulself aan die negatiewe kant van die lys bevind om hulself reg te ruk.

AB ·

Jerry, ek vra net een konkrete, meetbare resultaat ten gunste van mindersgroepe wat die AB beding het, wat my en my kinders laat welkom voel in SA, en ‘n veilige kulturele en ekonomiese toekoms vir my kinders fasiliteer. Net een.

Boerseun ·

Jammer die AB het in die eerste plek in die strukke getrap wat jy nou wil hê ons moet weer in trap. Jy word net in die rug geskiet as weghol.

Eish ·

Die eertydse grote NG kerk het pas toegetree tot die dialoog. Lees die jongste kerkbode.

TDW ·

Die Afrikanerbond praat met gesplete tong. Ek vertrou niemand wat hulle vereenselwig met hierdie groep nie. Die stigting van die bond was opreg, maar vanaf die 60s het hulle verdraai na die gemors wat hulle vandag is. Dat hulle nogsteeds die stigters noem op hul webtuiste is ‘n belediging aan daai mense wat werklik die beste vir die Afrikaners wou hê. AB gaan verander julle naam na die skull&bones, en volg jul eie verdraaide agenda.

Jerry ·

Wat het geword van die Afrikanerleiers se morele kompas, TDW. Die verbale aanvalle, beledigings en skep van wanpersepsies teenoor persone wat van die forum verskil is tekenend van n groep mense wat nie weet waarheen hulle oppad is nie en ook nie weet waar hulle handel en wandel gaan eindig nie. Julle tas rond in die donkerte omrede julle julself daar plaas. Julle kan nie vernuwe nie, nie in God nie en ook nie in die realiteite van SA nie. Julle skep geen toekoms vir julle kinders nie, inteendeel saal julle hulle op met die bagasie van apartheid en die trauma van plaasmoorde, n bagasie wat hulle vir geslagte nog gaan moet saam dra. Daar is geen salf aan julle te smeer nie, julle wil nie verander nie, want julle kan nie en dit gaan die Afrikaner meer kos as grond!

TDW ·

Jerry, sover my kennis strek saal ons nie ons kinders op met plaasmoorde en misdaad nie, inteendeel, ons kinders is opgesaal met dit deur die mense wat dit propageer. Die einste mense met wie daar al onderhandel is. Die einste mense wie julle sê ons moet nog meer mee onderhandel. Mens kan nie onderhandel met mense wat jou ondergang wil bespoedig nie. Ons oogklappe is af. Ons sien waarnatoe die wind waai, daar is geen salf te smeer nie. Ons het saam gepraat om ons nasie te bou, wou saam werk na ‘n beter Suid-Afrika, maar nou sien ons, ons wat blind was, daar is nie plek vir ons in die nuwe Suid-Afrika nie. Ons glo nie meer die leuens nie. Die AB het gehelp om ons graf te grawe, sowel as die grafte van ons kinders. Jy is reg, ons tas rond in die donker, want ons weet nie hoe om uit hierdie situasie te kom nie, ons praat en onderhandel en niks kom daarvan, volgens Mandela is die enigste uitweg geweld, maar dis juis ons morele kompas wat dit nie toelaat nie.

tamboti ·

Jerry miskien wil ons nie saam met die Nuwe Suid Afrika in die afgrond in vernuwe nie! Miskien is ons godsdiens, tradisie, taal en kultuur jou bagasie, miskien is ons soeke na vryheid en reg en geregtigheid vir jou wanpersepsies en tas in die donker (Afrika?), maar ons het net soos enige ander lands-inwoner ‘n reg om hier te wees, om te strewe na beter lewe en die metode om daarby uit te kom.
Die realiteit is: ons is die klein minderheid in hierdie land en in die groter Afrika, as ons nie baklei vir die bietjie wat ons het nie, sal ons verswelg word deur die moeras van Afrika wanorde wat nog nie eers ons bestaan hier wil erken of aanvaar nie, na 350+ jaar – en jy se ONS wil nie vernuwe nie?

AB ·

Jou stelling ‘Julle skep geen toekoms vir julle kinders’ verwys.
EEN voorbeeld Jerry, waar die AB ‘n wesenlike verskil gemaak het vir ons kinders se toekoms?
(Ek het nou al 3 of 4 keer gevra.)

thinus ·

Die AB en Jerrykaners hou van dialoog, dit terwyl die bloed reeds vloei!
Waarom sal CR dan so gretig wees om met die AB te praat, seker omdat hy uit ondervinding weet hy kan sy wil op hul afdwing en kry net wat hy wil sonder dat hul sal teepraat. (soos die geskiedenis bewys het) Dan kan hy mos sy grondgryp doen in konsultasie en met goedkeuring van die Afrikaners ( AB). Hy weet die AB sal alles weg gee namens die Afrikaners net terwille van voortsette dialoog en versoening.
Aan die AB en Jerrykaners wil ek net se: ek is nie julle “joiner” nie!

JAN ·

IETS WAT MY VERSTAND TE BOWE GAAN IS HOE DINK DIE PRESIDENT ,VIR WIE WIL HY BEINDRUK. AAN DIE EENKANT PRAAT HY MOOI WOORDE ,AAN DIE ANDERKANT SPREEK SY ADJUNK MINISTER VAN POLISIE HAATSPRAAK TEENOOK BLANKES EN MOET NIE EERS PRAAT VAN MALEMA. EK SOU GRAAG WIL WEET WAT IS CR SE REAKSIE OP DIE MENSE SE UITLATINGS DRA HY OOIT KENNIS VAN DIT OF DRAAI HY MAAR NET N DOWE OOR…….

Jerry ·

Dankie vir julle reaksie op my opinie. Dit is tekenend dat my beskeie opinie tref daar waar dit saak maak, daar waar die grysstof sit, daar waar jou denke besig is om in rat te kom. Julle was eers vinnig om aan te val, nou is julle blitsvinnig op die verdediging. Dankie tog, julle het so pas my dag gemaak, met julle bagasie en al!

Gerhard ·

‘n Paar dekades gelede het die Broeders gewone Afrikaners se heenkome weg onderhandel vir hul eie voordeel. Daar is niks meer waarvoor die Kaders hulle benodig nie behalwe komiese genot. Dit is julle beurt Broeders.

Jerry ·

Terwyl jy so van verswelg praat Tamboti, hier is vir jou n boodskap.
“Julle was ongehoorsaam aan die wette en die opdrag van God en vir julle straf moet julle, julle grond, eiendom en besittings verkoop en julself versprei na die uithoeke van die wereld. Die van julle wat dit nie doen nie en die land nie verlaat nie sal saam met die wat jou en jou God haat, se boosheid verswelg word. Hulle boosheid sal die water besoedel sodat geen mens of dier dit kan drink nie, selfs die plante sal nie groei nie. Hulle boosheid sal hulle straf vir drie tot vier geslagte en dan sal hulle boosheid hulle vernietig!
Tamboti, hierdie is my beskeie boodskap en die punt wat ek dus maak is dat dit nie gaan saak maak of jy wil baklei of nie en of jy versoen of nie en of jy die AB of die forum ondersteun of nie. Die boosheid gaan niemand ontsien nie, nie mens of dier of plant nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.