Ons geld moet weer Afrikaans praat

flip-buys-2017-11-01

Flip Buys, die voorsitter van die Solidariteit Beweging. Foto: René Roux.

Virseker-vennootskap verseker Afrikaans se toekoms

Die Virseker-korttermynproduk van Auto & General het ’n nuwe ooreenkoms met die Solidariteit Beweging gesluit om Afrikaans te bevorder. Afrikaanssprekendes beskik oor ʼn reusagtige 30% van die totale koopkrag in die land. Maar dit help niks as daardie geld nie Afrikaans praat nie. Ons taal se toekoms sal verseker wees as Afrikaanse koopkrag ten bate van ons taal en sy mense ingespan word. Dit is die hoofrede agter die betrokkenheid van die Solidariteit Beweging by die Virseker-korttermynversekeringsprojek. Virseker word bedryf en onderskryf deur die versekeringsmaatskappy Auto & General.

Ons moet Afrikaans weer deel van die hoofstroomekonomie maak. Navorsing het getoon dat ʼn taal sonder ekonomiese waarde se toekomskanse al skraler word. Daarom het ons wêreldwyd na die beste taalpraktyke gaan kyk om te bepaal hoe kleiner tale suksesvol kan voortbestaan.

Ons het ook uit die verlede geleer. Afrikaans is grootgemaak deur sentleggings, koeksisters en pannekoek. Dit was die resep in ouma se tyd. Die nuwe resep is om koopkrag op ʼn sakegrondslag op so manier te kanaliseer dat dit ons taal bevorder. So kan ons weer ’n nuwe taalekonomie skep.

Virseker werk op ʼn sakegrondslag om volhoubaarheid te verseker. Dit moet steeds die beste diens en produk teen die beste prys bied – in Afrikaans. Dit moet tot voordeel van die verbruiker, die versekeraar en van Afrikaans wees. Almal weet van die krisis waarin Afrikaanse onderwys en opleiding verkeer, maar oplossings kos geld. Daarom gaan Virseker oor die kanalisering van Afrikaanse koopkrag.

Solidariteit, AfriForum en Auto & General gaan tot die Virseker Trust bydra om Afrikaanse onderwys en opleiding te bevorder. Ons wil Virseker tot ’n reus uitbou sodat Akademia tot ’n volwaardige wêreldklasuniversiteit uitgebou kan word om Afrikaanse jongmense landswyd in hul eie taal op te lei en om goeie Afrikaanse onderwys te verseker. Elke Afrikaanse polis gaan help om ʼn baksteen te koop of ʼn student te befonds, soos wat die koeksisters en pannekoeke van ouds gebruik is om die land op te bou.

Ons wil nie nou ʼn monument vir die verlede bou nie, maar ʼn monument vir die toekoms.

Virseker vermenigvuldig Afrikaans met vyf

Die basiese idee agter Virseker is heel eenvoudig. Almal moet tog versekering hê ‒ dit is geld wat jy buitendien moet spandeer. Virseker bied die kans om waarde vir jou geld te kry en terselfdertyd ʼn bydrae tot die toekoms van Afrikaans te maak. So verseker jy jou huis en motor, maar help ook om ons taal te verseker sonder dat dit jou ekstra kos. Dié projek het ʼn suiwer sakegrondslag om volhoubaarheid op so ʼn manier te verseker dat almal wen. Die kliënt kry waarde vir sy geld, die versekeraar maak geld, en Afrikaans word vyf keer daardeur bevorder.

Eerstens kry Afrikaans as besigheids- en reklametaal ʼn inspuiting, tweedens is dit ʼn inkomste vir die Afrikaanse media, derdens kry Afrikaanse kliënte die kans om in hul eie taal gehelp te word, vierdens word talle Afrikaanse studente die geleentheid gebied om te studeer, wat vyfdens tot die langtermynvoordeel van Afrikaanse kinders gaan strek.

Dan is daar ook nog ander voordele vir Afrikaans. Virseker maak Afrikaanse projekte soos Afrikaans is Groot moontlik met borgskappe en is ʼn navolgenswaardige voorbeeld wat bewys dat Afrikaans steeds ʼn suksesvolle handelstaal kan wees. As die huidige groei in Afrikaanse kliënte se steun vir Virseker so voortduur, gaan dit vir sakelui ʼn sterk sein stuur dat dit beslis sakesin maak om Afrikaans op groter skaal as handelstaal te gebruik. En ʼn taal met ekonomiese waarde se toekoms is verseker.

Daar is miljoene Afrikaanssprekendes in die land met koopkrag van miljarde rand. As ʼn wesenlike deel van hierdie groep hul geld Afrikaans laat praat, gaan die sakelui luister. Dan is Afrikaans se voortbestaan verseker. Virseker is vir die sakewêreld ʼn belangrike stap vorentoe en vir Afrikaans die begin van ʼn nuwe pad na ʼn versekerde toekoms. Afrikaanse mense wat Virseker ʼn kans gee om te kwoteer, gee weer vir duisende jongmense ʼn kans in die lewe.

Hierdie projek het homself al bewys. Virseker het oor die afgelope 5 jaar reeds R32 miljoen aan die Virseker Trust betaal wat, onder meer, al ingeploeg is in die oprigting van Akademia, Helpende Hand se Studiefondssentrum, ondersteuning aan die Skoleondersteuningsentrum, en die oprigting van die Afrikaanse tegniese kollege Sol-Tech.

Help Virseker om Afrikaans se toekoms te help verseker.

  • Lees die berig oor die Solidariteit Beweging se nuwe vennootskap met Virseker op Maroela Media.
  • Lesers wat graag meer oor Virseker se produkte wil weet of ʼn kwotasie wil kry kan ’n SMS stuur na 42641 of 0861 62 42 74 skakel.

 

  • Maroela Media en die Virseker Trust werk saam om Afrikaanse onderwys en ander Afrikaanse inisiatiewe te ondersteun. Kry ʼn verpligtingvrye Virseker-kwotasie.
  • Virseker is ʼn produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy, ʼn gemagtigde finansiëlediensteverskaffer. B’s & V’s geld. (FDV-lisensienommer: 16354)

 

 

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Flip Buys

Flip Buys is voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Afrikaanse Knaap ·

Daar is ander versekeraars wat ook Afrikaans praat.

Willem ·

Ek verneem graag hul name. By Santam bv wat uit die Afrikaans ontstaan het, sukkel mens om diens in Afrikaans te kry, mens gee later moed op. Amptelike kommunikasietaal binne die instansie is Engels.

Skepties ·

Net in advertensies om ons aandag te trek, daarna volg arrogansies en geen Afrikaans. Virseker is die beste by ver.

C ·

Afrikaanse Knaap: Dit gaan nie net oor afrikaans praat nie. Ploeg hul terug in die afrikaanse gemeenskap in??

Willem ·

O ja, ek kry Afrikaanse bylaes en kennisgewings by hernuwing van Santam, maar as ek hulle skakel om daaroor te gesels dan het hulle nie ‘n Afrikaanse persoon beskikbaar nie. So vra ek toe vir die Engelse persoon na wie hulle my deurgeskakel het of die persoon Afrikaans kan verstaan, want ek sit met ‘n kennisgewing en hernuwingsbylae in Afrikaans wat ek graag wil bespreek. Nee, sê die persoon, en daar val die gesprek plat.

Kaaakdiens ·

Ek hoor wat Flip sê en stem saam maar ek betaal ook vir diens, goeie diens. Slegte diens in afrikaans is te duur vir my. Virseker se diens is hopeloos.

Andrea ·

“Ja” vir Afrikaans, dis belangrik. Ek wens egter ons geld kon aangewend word om die sprekers van die taal eerste te red, en dan die taal self. Dis vir my belangriker. Ek smag na n oplossing soos emigrasie as n groot groep mense na n land wat ons kan/wil inneem en waar ons kan WERK, en inskakel by die gemeenskap. Ek kan nie sien dat ons gaan oorleef hier in SA om Afrikaans en dus die Afrikaner weer mededingend te maak nie. Ons word uitgewis. Kan daar nie n oplossing voor gevind word nie? Ons is te min om ons in SA te beveilig/beskerm en n toekoms hier te hê.

Fanie ·

Andrea, dis nie prakties uitvoerbaar nie. Emigrasie is ‘n oplossing vir enkelinge, nie vir ‘n hele volk nie. Semigreer is makliker as emigreer. Ons is só yl verspreid dat ons orals ‘n miderheid met dieselfde probleme is. As ons konsentreer in ‘n paar stede en -Afrikaanse gebiede, hoef ons nie te emigreer nie.

Daan Erasmus ·

Vir seker moet verseker asb help dat daar in Maroela Media oor die Vir Seker beker verslag gedoen word.

Posman ·

Andrea, jy maak ‘n goeie voorstel, groep-emigrasie vir Afrikaners – dit is al gedoen (Groot Trek gedurende 18de eeu), hoekom nie weer nie?

humor ·

Kan dit so wees dat Afrikaanssprekendes in Nanibie ook deelnemend kan word.

lewies ·

“Die gras is altyd groener” pasop vir hierdie waarheid voor julle finale besluite neem, om Suid-Afrika te verlaat. Die ontnugtering mag groter wees as wat ons huidiglik ervaar.

Cherokee ·

Dink jy wel dat die gras meer dor kan wees anderkant die horison, as hier? Dan was dit verkeerde rigting. Beplan reg. Andrea droom interessante drome.

marco polo ·

As jy elke naweek wil braai en rugby kyk, kan die buiteland jou dalk teleurstel, maar al die ander dinge soos persoonlike vryheid, ordentlike salaris, respek en erkenning wat jy in die buiteland kry, maak meer as genoeg op daarvoor. Maar dan moet jy bereid wees om nie in n laer te wil bly nie en in te skakel by die gemeenskap. Groete uit die buiteland.

John ·

Solidariteit wil Afrikaans, die geliefde ou Sanna, gebruik om geld te genereer, maak nie saak watter geloof en ras nie, inteendeel. Enige monument vir die toekoms is ‘n yslike fantoom wat eers later verrys as ‘n glorieryke nagmerrie. Mnr Buys se unie is nie die Afrikaner se toekoms nie, eintlik sy ondergang. Akademia gaan in ‘n welsynsorganisasie ontaard waar anderskleuriges die groep afdreig met gratis alles en selfs die leierskap eis, vir ons ‘versekering’ dat die Afrikaner ook verduur sal word… as… Die gehalte van die eie universiteit sal swak wees want geen geleerde wat pensioen van die ANC-gedrewe staat ontvang sal dit waag om vir ‘n welsyns-loon by die Afrikaanse groep aan te sluit nie. Klasse by gegriefde menere is ‘n no go… en waar gaan die akkreditasie-lose afgestudeerdes werk? Godsdiens en kultuur dryf alle mense. Dit is reeds deur die eeue deur wysgere beredeneer en waar bevind. Unie-styl-beredenerings gaan Afrikaners die slawe maak van diegene wat nie eens Afrikaans behoorlik magtig is nie. Hoeveel 1993-belaglikhede wil ons nog in die landjie herhaal sien? Dieselfde slimjanne wat breed geglimlag het by die destydse onderhandelings, soos Mulder wat selfs adjunk-minister van landbou vir die ANC was, sit nou opgepof met ruim pensioene en nog salarisse en preek geskok oor die huidige gebeure; net so skreiend soos die ANC wat ook foefies spin vir sy aanhangers. Is Afrikaners dalk maar ‘n onnosele spul?

Werner ·

Sjoe John, los maar eerder die Doeners, sodat hulle kan doen wat die klaers nié doen nie

Celtis Africana ·

Baie interressante beredenering. Laat my verseker aan die dink gaan oor die wel en weë aan die skadukant van die maan.
… en natuurlik die opgepoetste ou slagysters wat weer gestel word…

Rasper ·

Onthou julle die Suid-Afrikaanse Nasionale Trust en Assuransie Maatskappy, SANTAM? Of wat van Volkskas wat in 1934 gestig was, vir ons ou volkie? Alles organisasies wat in moeilike tye names ons volk gestig was sodat ons, ons ekonomies kon selfstandig maak. Of ten minste net kon laat ekonomies voortleef. En nou? Gaan ons help om Virseker op te bou, sodat ons kleinkinders iets anders moet begin? Of gaan hulle almal in Australie sit? Ek skiet glad nie sulke inisiatiewe af nie. Inteendeel, is dit stappe in die regte rigting. In 1994 het ons politieke mag verloor, en daardeur ook baie werksgeleenthede in ABSA en bv. SANTAM. Die Afrikaner maatskappye het ‘n Rainbow-nation baadjie aangetrek. En ons maatskappye het almal s’n geword. So ook ons Universiteite. Dus, is Akademia, en Virseker ook almal s’n, en word ons “saampraat” geld weer gedeel. Dit terwyl ons “saampraat” geld al hoe minder word. Net politieke selfstandigheid, wat in Afrika net tel binne ‘n vasgestelde grondgebied, gaan Akademia en Virseker oor die langtermyn ‘n Afrikaner maatskappy/instansie hou.

Sarie ·

My broer het die versekeringmaatskappy wat sê hul bied geld aan as ‘n ander maatskappy hul premies kan troef met Virseker se premies getroef en hu kon dit nie ewenaar nie en moes hom R400 betaal. Virseker lewer baie goeie diens. Nou soek ons nog net’n bank wat in Afrikaans diens lewer.

DinkBiejie ·

Ten minste probeer die mense in die artikel die Afrikaanse taal bevorder. Vir die bitterbekke wat altyd iets wil sê, maar niks self ooit doen nie. Doen my ‘n guns hou julle monde.

Grondwetlose ·

Rasper jy sê daai ding skerp.
Daar sal MOET baie Duidelike met TROTS AFRIKAANS EN BLANKE TOEKOMSBEHOUD vasgelê word in alle geldsake!!!
Dis so ongrondwetlik as blanke UITgeluit te word GEDWONGE MOET alles INgesluit by EIE SAKE vir toekoms en geldelike groei NOU begin ….nie môre. ASB. Ek is trots geskape Halleluja amen.

Leon ·

Ek het n paar jaar gelede deur my lidmaatskap van Afriforum n huis ens. by Auto & General verseker. Moet ek nou hierdie polis kanselleer en weer deur Afriforum vir n Virseker-polis aansoek doen? Sal bly wees as een van Afriforum se beamptes die vraag kan antwoord.

John ·

Auto and General klink nie na ‘n Afrikaans-georienteerde groep nie. Laat Afrikaners hulle weer aan die stert rondswaai? Ag, as iemand tog net ‘hi’ in goeie Arikaans se, dan val ons oor ons voete vir nog ‘n sand-en-spoeg-skema.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.