Ons staan nie stil nie: ‘n Toekomsberaad

Beraadgangers-by-krisisberaad

Meer as 2000 mense het die Solidariteit Beweging se krisisberaad in Mei by die Voortrekkermonument in Pretoria bygewoon. daar is mense van regoor die land, selfs so ver as Namibië (Stampriet). Foto: Argief.

Johan Schoeman

Op 5 Mei 2015 het ʼn historiese gebeurtenis by die Voortrekkermonument plaasgevind.  Op daardie dag het die Solidariteit Beweging ‘n Krisisberaad gehou en gesprek is gevoer is oor ʼn wye spektrum om die nasionale krisis in Suid-Afrika te bespreek; ʼn krisis wat spruit uit swak, ondoeltreffende en onverantwoordelike regering.  Gebeure in die land sedert daardie datum het die krisis net verder belig.

Afgevaardigdes van verskeie Afrikaanse organisasies en individue het saam gesels en gedink oor moontlike oplossings vir ʼn wye verskeidenheid uitdagings wat die Afrikaner en die Afrikaanse gemeenskap raak.  Verskeie mosies is aanvaar, maar, nog meer belangrik, daar is ook besluit om die gedagtes te omskep in praktiese, uitvoerbare planne ten einde ‘nie stil te staan en dalk uitgevee te word nie’, om een van die sprekers by die beraad effens te parafraseer. Dit is natuurlik nie ʼn maklike taak nie, maar met ʼn dinamiese span aan die stuur kan vordering nou reeds gesien word.

Instellings van die Solidariteit Beweging is tans besig om nie net hul beplanning vir die volgende vyf jaar af te rond nie, maar ook om te beplan om die uitdagings wat by die beraad bespreek is, die hoof te bied.  Daar word beplan om op 10 Oktober vanjaar ʼn verdere beraad te hou; ʼn Toekomsberaad waar praktiese voorstelle en planne voorgelê en bespreek sal word. Om dit reg te kry is ʼn hele aantal projekspanne saamgestel wat reeds met hul werksaamhede in dié verband begin het.

Hierdie projekspanne sal ruim gebruik maak van kundiges (plaaslik en internasionaal) om hulle te help met die formulering van duidelike, volhoubare en verantwoordelike planne om uitdagings wat onder andere verband hou met erfenisbewaring, goeie regering, onderwys en opleiding, werk, die beskerming van eiendomsreg, veiligheidskwessies, Afrikaans as taal en owerheidskakeling die hoof te bied. Hierdie beplanning geskied teen die agtergrond van beginsels wat graag wil verseker dat Afrikaners vry, veilig en voorspoedig kan wees tot hul eie en die hele Suid-Afrika se voordeel. Geleentheid sal gebied word om, behalwe vir die insette van die publiek wat reeds ontvang is tydens bogenoemde Krisisberaad wat ook nou verwerk word, weer aan die proses deel te neem en kommentaar te lewer.

Maar nog belangriker, om ook die beplande Toekomsberaad by te woon waar verder saam gedink, beplan en gedoen kan word. Die bekende skrywer Hennie Aucamp het eenkeer gesê dat stilte ook ʼn vorm van applous is – miskien die hardste.  Wat nodig is, is mense wat nie stil is nie, maar doen. Hou dus hierdie en ander gespreksruimtes binne Solidariteit dop en sorg dat jy nie stilbly nie!

 

 

 

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Cathy Kotze ·

Ek bid elke dag dat daar uitkoms kom. Sterkte vir julle en al julle harde werk.

Ek glo julle werk reeds hieraan; moenie moontlike bondgenote in ander Suid-Afrikaanse gemeenskappe mis kyk nie. Almal kry swaar. Ons Bruin mede Afrikaanssprekendes se taal is ook in gedrang. Hulle lewens en leefwyse word ook elke dag bedreig.

Dis tyd dat almal wat werklik in ‘n beter toekoms vir die land glo, begin saamwerk.

Ek glo dat dit is waarvoor God ook hoop. Laat die groot aantal ordentlike Suid-Afrikaners saamstaan vir ‘n beter toekoms.

Matty Heijns ·

Die NBR sal binne afsienbare tyd die konsêp wet vir intérne selfbeskikking in die NV ter tafel lê. Die handves van mense regte sal saam ter tafel gebring word. Noordkaap + Weskaap + Suidkaap = Hartland = Vaderland = Kaapland vir sy burgers en sal heelwaarskynlik die eerste Staat in die Verenigde State van Suid Afrika (VSSA) wees. In Kaapland werk ons in almal se belang saam vir ‘n beter toekoms. Ons sal.

Ampie ·

Ek het ook die beraad op 5 Mei bygewoon. Dis nou amper twee maande later en niemand het my gekontak oor my voorstelle nie. Ek is nogal teleurgesteld. .

Andre ·

Ek hoop ons eie bank word op die been gebring. Winste sal vir ons eie gewin wees, soos die bou van akademise instellings.

Matty Heijns ·

Interne selfbeskikking in Kaapland vorder goed maar te stadig. Noordkaap + Weskaap + Suidkaap is so by so Kaapland en sal beslis die eerste staat van die Verenigde State van Suid Afrika word as geopolitiek meer aandag kry. Quaere verum.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.