Onteiening: Kring veel wyer uit as net plase

grondwethof2

Foto: Reint Dykema

Deur Armand Greyling en Stefan Pieterse

Die Wetsontwerp op Onteiening is sekerlik een van die gevaarlikste wetsontwerpe sedert die aanbreek van demokrasie in Suid-Afrika. Dit magtig onteiening van enige bate van enige persoon solank dit maar in openbare belang of openbare doel volgens die staat is.

Die parlement se Nasionale Vergadering het amptelik op 23 Februarie 2016 hierdie wetsontwerp aanvaar, wat beteken dat die volgende drie stappe nou nodig is voordat die wetsontwerp ʼn geldige en afdwingbare wet sal word, naamlik:

  1. Die debattering en aanvaarding van die wetsontwerp deur die Nasionale Raad van Provinsies;
  2. Aftekening deur die president;
  3. Promulgasie in die staatskoerant.

(Die wet tree gewoonlik in werking op die datum waarop dit in die staatskoerant gepromulgeer word, maar die president mag dit in ʼn latere stadium eers in werking laat tree.)

Volgens AfriSake kan die Wetsontwerp op Onteiening binne die volgende twee maande wet in Suid-Afrika word.

Die wetsontwerp in sy huidige formaat beoog om grond te onteien op grond van die openbare  belang of openbare  doel. Openbare belang is breed onderhewig aan wye interpretasie. Openbare doel is meer spesifiek en nouer. Onteiening kan egter ingevolge albei plaasvind volgens artikel 25(2)(a) van die Grondwet.

Volgens artikel 25(1) mag niemand eiendom ontneem word nie, “behalwe ingevolge ʼn algemeen geldende regsvoorskrif, en geen regsvoorskrif mag arbitrêre onteiening van eiendom veroorloof nie”.

Artikel 25(4)(b) van die Grondwet bepaal spesifiek dat eiendom nie tot grond beperk is nie.

Die gevolge hiervan is dat die wetsontwerp in sy huidige formaat ook ʼn persoon se aandele in ʼn maatskappy, intellektuele eiendom soos patente en enige ander roerende of onroerende mag insluit; solank dit maar vir ʼn openbare doel of in openbare belang plaasvind.

Ook Suid-Afrika se armste mense kan hierdeur benadeel word, byvoorbeeld waar die houers van regte in eiendom soos plaaswerkers aan wie okkupasieregte toegeken is, onteien kan word.

Die grootste teikens van die Onteieningswet sal volgens AfriSake boere met plase wees;  veral groot plase. Plase sal onteien kan word onder “openbare belang” om grondhervorming te bevorder volgens artikel 25(4) van die Grondwet, wat ʼn groot gevaar vir voedselsekerheid in Suid-Afrika sal inhou, veral in die lig van die groot droogte wat boere tans ervaar, en ook omdat van Suid-Afrika se grootste boerderye die meeste bydra tot ons voedselsekerheid.

Volgens artikel 25(3) van die Grondwet moet die vergoedingsbedrag “regverdig” en “billik” wees en ʼn ewewig gevind word tussen die openbare belang en die belange van diegene wat geraak kan word, met inagneming van onder meer die volgende faktore: huidige gebruik van die eiendom; die geskiedenis en die verkryging van die eiendom; markwaarde van die eiendom en die doel van die onteiening.

Goeie nuus is dat die wetsontwerp nou ʼn bepaling bevat in artikel 21 (wat dit nie voorheen bevat het nie), naamlik dat grondeienaars wel die onteiening in ʼn hof mag betwis.

Elke feitestel het sy eie meriete, en moet deur die hof getoets word om sekerheid oor eiendomsregsekerheid in SA te verkry. AfriSake sal sy lede bystaan om met verskeie hofsake die grondwetlikheid van die nuwe wetsontwerp te toets.

  • Armand Greyling is regs- en beleidsanalis by AfriSake en Stefan Pieterse is die organisasie se woordvoerder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Zumie ·

Kom ons noem ‘n ding by sy regte naam “Diefstal deur meerderheidstemming”

Attie ·

Zumie jy het nou net die gees en wese van demokrasie beskryf, waar mens mag stem oor die onteiening en vedeling van ander se bates, dit is wat demokrasie is.

Jan maak n Plan ·

Net soos destyds in Zimbabwe met die verskil dat die universiteite nou gebrand word en nog nie die plase nie. Dis seker nou maar ‘n keuse van skiet of trek.

Amanda ·

Al die vreeslike WETSONTWERPE, hulle kan nie eers E-TOL toepas nie.

jannie ·

Ja nee onteien sommer nkandla eerste. Oor my dooie liggaam. Onteien plase sommer net en ons gaan dit maar met patrone betwis. As jy nou oorlog soek moet jy dit maar doen Zuma. Pasop waarvoor jy vra ne.

Trolle ·

Vat maar jong dit gaan my nie armer maak nie,my rykdom is in my siel dis maar net n tydelikke lewe die, Dit sal my net nog nader aan die Here bring kyk maar of dit vir julle meer geluk gaan bring.

Trolle ·

My afrikaans sal julle nie kan steel nie al moet ek dit ook eendag net saggies in my kop praat,as dit so ver gaan gaan wat vir my baie moontlik lyk op die oomblik.

GES ·

Hierdie wet baan die weg vir die implementering van kommunisme. Alles moet uiteindelik aan die staat behoort. Moenie vergeet dat Zuma ‘n kommunis is en die hoof van MK.

anna ·

ek is seker die buitelanders soos guptas gaan nie happy wees nie!!

anna ·

ek is seker die buitelanders soos guptas gaan nie happy wees nie!!

david ras ·

Eerste vraag : het “DEMOKRASIE” werklik aangebreek, of is dit eerder ‘n geval. om ‘n ou uitdrukking aan te haal, “it is not Africa that is democratised, it is Democracy that is Africanised……
Sommer net een los aanmerking—die wet is so wyd, dat die Staat enigiets kan konfiskeer, soos bv ‘n baie duur skildery in besit van ‘n privaat person, wat dan die pad sal vind van een of ander kader se muur…..
Die moontlikhede in die wet herinner baie sterk aan die Nazis wat alle kosbare items in Jode se besit dood eenvoudig “geannekseer” het (oulike word hierdie—eerste deur die Ingelse gebruik toe hulle die Kaap kom steel het )
In elk geval—-dis eintlik net ‘n uitbreiding van BEE, wat die verandering van eienaarskap te omslagtig gemaak het …….
Wonder darem wat se die kerke hiervan—–“Jy mag nie steel nie…….Jy mag niks van jou naaste begeer nie’—-
Seker sal hulle se: “gee aan die keiser wat die keiser TOEKOM…” en as die Keiser steel ….?
Ek sal liewer nie my asem ophou in afwagting van kommentaar van die Pouse en prinse van die kerke nie…

Flippie ·

En ward gaan grond eienaars die geld vandaan haal om dit in die hof te beveg

Dit is ‘ n artikel in die wet net om die onwettigheid van die wet te wetting.

Gerhardt ·

Ek hoop hulle onteien ons laste soos ons verbandlenings saam met die bates.

jj ·

al hierdie gemors kom van die ANC : die studente propaganda, de rassisme, die patetiese regering. almal weet dit. laat hoor jou stem en stem!! DIt is in elk geval geen verrassing dat die ANC faal nie. ek het dit in 94 al geweet en voorspel. Hulle is niks anders as dit wat hulle vir ‘n duisend jaar al is nie. ek praat nou van die sogenaamde magshonger wellustige kwansuise’ leierskorps’ . As ek met gewone mense praat is hulle ontsteld oor Zuma, steeds vredeliewend maar heeltemal ontnugter en hartseer.

Theunis ·

TLU SA waarsku al twee jaar oor die onteiening/ontneming. Niemand het hulle ernstig genoeg opgeneem nie. AGRI SA en sy provinsiaale unies het TLU SA se waarskuwings afgemaak as “spoke opjaag” en “dis sommer regse praatjies”. AGRI SA wil nie saam met TLU SA gesien word nie, want TLU SA maak die regering kwaad, aldus Omri van Zyl.
TLU SA maak niemand kwaad nie. Hy dien die boere van die land met woord en daad. Hy sorg dat daar kos op die tafel sal wees, deur konsekwent die komersieële boere se saak te verdedig.
Dan wil ek verder vir Zuma en sy gevolg sê: MOENIE MET JOU MOND VOL KOS PRAAT NIE!

John ·

Die meeste Jode in Europa wou ook nie glo wat hul hoor oor wat aan die kom is nie. Hulle het goeie geld gehad, besighede en eiendom. Lees Hitler se Mein Kampf (dis op Internet) waarin die jaloesie jeens die Jode ontwikkel het in haat en agterdog en die uiteindelike plan vir hul uitwissing. Die vyandigheid teenoor die Boer is nie ‘n grappie wat die ANC-leierskap gaan stop nie, dis ‘n katalis wat groot skade kan aanvuur. Hofsake oor dit en dat wat gese en gedoen is, sal nie die stroom van skade keer nie. Mense moet gewaarsku word teen wilde aksies. Bravado hoort in flieks. Beskuit en koffie en ‘n kruithoring is nie meer genoeg nie. Minder is nou meer. Die wat wil vat, soek reaksie.

Frans ·

Nou waar is die beloofde wigte en teenwigte? Gaan dit so absurd word dat as jy bv alleen in ‘n huis woon, hulle dit in openbare belang en doel gaan onteien om huis en- werklose mense te huisves?

Abraham ·

..’Ja’? Werkloos baat: nee. Dit is nie die doel nie, dis nie die ‘gee’ wat belangrik is nie, maar die ‘wegvat’. En dit gaan ook nie eens oor alleen bly nie, jy moet net deel van die verkeerde minderheid wees. Kinders en als, die wet is ‘n groot bekommernis. Hulle kan letterlik _enige ding_ van jou afvat en dis ok. So wanneer hulle begin huise vat, moenie dink waarheen jy gaan trek nie, want jy gaan nkis he _om_ te trek nie, en niks om _in_ te trek nie, as jy nog onderklere oor het, gaan die hongeres dalk kwaad word. Onthou, selfs jou bank rekening is ‘privaat eiendom!
Die wet is net ‘n wettig making van van alledaagse krimineele reel hier in die RSA: ‘As jy van ‘n witte steel is dit nie diefstal nie want alles wat hulle het, het hul juis by jou gesteel’ – die was gepubliseer in die Sowetan, wat, 4 of meer jaar terug? ..en hoeveel keer het ons dit nie al gehoor voor en na dit nie! Zuma het met sy SOTN duidelik gemaak dat die eerste doel is ‘grond’, want niemand kan ‘vry’ wees sonder grond nie.
Daai nuwe, maar ware gesig, (Musimane) van die DA, het dit be-aam!

Kobus ·

Ag assesblief, almal se altyd laat daar nog net een moord wees dan is hier moeilikheid. Boetie, sussie hier is al honderde doodgemaak en niks gebeur nie. Wie’t nou gedink as hul eiendomme wil beset iemand gaan opstaan en daarvoor baklei. Wys my wie gaan baklei…ons is te bang…

Peet J ·

Ons voorouers wat bekend staan as Voortrekkers wat hulle hier in die binneland kom vestig het, het na die oorlog met die Engelse ‘n tydperk van armoede binne gegaan maar met hulle deursettingsvermoë het hulle weer opgebou wat vernietig was. Met die huidige swart regering aan die stuur van sake wat gepaard gaan met al die wetgewing wat meesal op die wittes se doen en late betrekking het bv. onteiening, taalbeleid, onderwys veroorsaak dit net meer en meer rebelsgesindheid wat ook rasseverhoudings nadelig bewerkstellig.
Gestel ons voorouers sou hulle in hierdie netelige posisie bevind het wat sou hulle optredes gewees het natuurlik sou hulle hul gesinne sowel as hulle eiendomme beskerm en verdedig het, hulle was ook gekant teen onderdrukking en gevolglik sou hulle aanbeweeg het.
Ongelukkig het die omstandighede met ons Afrikaners wat onder die swart regering moet buig sodanig verander dat so-iets nie gedoen kan word nie tensy jy vir die res van jou lewe in ‘n gevangenis wil deurbring.
Vir ons om onder die ANC regering uit te kom behoort ons politiekeleiers hulle toe te spits om met ander swart state in Afrika te onderhandel vir ons eie grondgebied met selfregering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.