Ontkenners kan ’n ramp veroorsaak

inenting-inspuiting-kind.

Foto: Greenmedinfo.com

’n Nuwe studie het ’n vorige studie bevestig dat inenting teen masels nié outisme kan veroorsaak nie. Vir die nuwe studie is ’n halfmiljoen kinders vir meer as ’n dekade lank dopgehou, maar geen abnormale toename in outisme is gevind nie. Daar is die afgelope twintig jaar ’n skerp toename in gevalle van outisme, maar die studie het bevind dat daar onder die groep wat die inentings ontvang het, geen toename bo die normale toename is nie.

Die studie val saam met ’n toename wêreldwyd, maar veral van maselsgevalle in die VSA, nadat in 2000 reeds verklaar is dat masels uitgeroei is. In Januarie en Februarie vanjaar was daar reeds 206 gevalle in die VSA, meer as dubbel so veel as wat in 2007 voorgekom het.

Groot vrese bestaan dat masels en ander siektes nou ’n epidemiese omvang kan aanneem. ’n Groot probleem is dat baie ouers eenvoudig verseg om te glo dat die inenting nie outisme sal veroorsaak nie, en weier dat hul kinders ingeënt word. Hulle sal selfs vir gesondheidsamptenare lieg, ook in Kalifornië waar streng wetgewing bestaan.

Andrew Wakefield, die persoon wat verantwoordelik was dat die gerug oor outisme ontstaan het, is dadelik in ’n omvattende ondersoek verkeerd bewys. Die ondersoek is pas selfs nóg meer omvattend gedoen, en die vorige bevindings is herhaal.

Die Amerikaners is onder wetenskaplikes berug oor hul vatbaarheid vir samesweringsteorieë en as ontkenners. Dit is mense wat gewoon nie vatbaar is vir bewese feite nie, en verkies om wilde stories absoluut vas te glo, ’n verskynsel wat as conspiracy de jour bekend staan.  So het die meeste Amerikaners eers enkele jare gelede oortuig geraak dat aardverwarming wel plaasvind en dat die mens ’n aandeel daarin het. In die jaar 2010 het ’n opname getoon dat 49% van die inwoners van New York nog geglo het die aanval op die Wêreldhandelsentrum in 2001 was deel van ’n sameswering van die Amerikaanse regering.

Nog ’n gewilde samesweringsteorie is dat wetenskaplikes reeds ’n kuur vir kanker ontdek het, maar dat farmaseutiese maatskappye saamspan om dit geheim te hou sodat hulle hul eie medikasie kan verkoop.

Baie van die dinge wat ontkenners en samesweerders glo, is eintlik onskadelik, soos die standpunt dat dit onwaar is dat die VSA al mense op die maan laat land en loop het. Ander standpunte dryf wetenskaplikes die mure uit, sodat optogte al wêreldwyd gehou is.

Die mate waartoe die een groep eenvoudig nie vatbaar is vir die stellings van die ander nie, lei dikwels tot die vreeslikste vitrioel, soos in leserskommentare onder aan berigte. Die ooglopendste leek sal met absolute oortuiging die grootste kenners oor ’n onderwerp as gek probeer uitmaak. Die vitrioel vloei dikwels sterk.

Die internet speel ’n groot rol daarin dat van hierdie teorieë vasskopplek kry. Google kan maklik ingespan word om te lees van die beweerde myn en basis van buiteruimtelike wesens op die agterkant van die maan.

Redakteurs wat nie lus het vir die smerigheid nie, kan in die proses om dit te voorkom, lesers eintlik van waardevolle en noodsaaklike inligting – en selfs hul lewens – beroof.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Ouer van Vele ·

Geagte Mnr. Toerien

Miskien moet jy ophou glo in ‘n plat, vierkantige aarde en asb. vir ons almal sê presies waar om daardie studie te gaan lees en te verifiëer? Het hulle ‘n volkome studie met die inenting teenoor ‘n ‘placebo’ gedoen of is dit maar soos al die ander vorige studies wat teenoor pasiente met aliminium adjuvante en net ‘n kleiner dosis van inentingstof gedoen is? Is jy self op datum met al jou inentings, want na 3-5 jaar begin jy jou imuniteit verloor? Watter land se inentingskedule volg jy? Amreika, VK of RSA, want hulle verskil…? Lees die boek, How to end the Autism Epidemic om agter die kap van die byl te kom. Ek het my eerste kind by ‘n dokter gehad wat nie eers masels kon herken nie, maar vandag is hy teen almal wat nie inentings doen nie. Ek ken persoonlik ten minste 3 gesinne wat van hulle kinders sien agteruit gaan het direk na hulle inentings. Long-, gastro- en outistiese probleme. Maar wat weet ouers nou..? Hulle beter luister na die slim manne. Hoekom het Amerika al oor die 4 (Amerikaanse) Biljoen Doller uitbetaal oor inentingsprobleme? Doen die placebo studie, dan praat ons weer. En kyk ou Del Bigtree se videos op Youtube.
Dankie dat jy nie ons menseregte en vryheid om oor onsself en ons kinders se gesondheid te besluit, inperk nie. Of doen jy dalk?

Ouer van Vele

Herman Toerien ·

Hallo ouer van vele. Ons eie kind is outisties, maar is eers op 16 positief gediagnoseer. Ek moes dus self baie navorsing doen om iets oor toepaslike terapie te wete te kom. Die inentings kan nie outisme veroorsaak nie. Outisme is die gevolg van een van sowat 20 genetiese mutasies. (Dit kan al meer wees). Daar is ook twee chrosome bekend wat outisme kan veroorsaak, Phelan-McDermot (22 q deletion 13.3) en deesdae word Fragile X ook daar ingedeel. Mutasies onstaaan voor geboorte, wanneer inentings nie ter sprake is nie. In baie gevalle “aktiveer” die outisme eers wanneer die kind aan ‘n sneller blootgestel word. Die inenting sou dus hoogstens as snellerfaktor kon dien. Met die eerste navorsing is vasgestel dat daar egter ‘n effense hoër voorkoms onder kinders is wat nié ingeent is nie, as onder dié wat wel ingeent is. Die verskil is egter te klein om te weet of die inenting of nie ‘n verskil sou gemaak het, maar ‘n mens weet minstens dat dit nie vir die aktivering van outisme kan verantwoordelik gehou word nie. Al besliste snellerfaktor waarvan ek weet wat deur navorsing bevestig is, is dat ongebore babas in ‘n sekere stadium van swangerskap geneller kan word as die ma dan griep kry. Die ruimte hier ontbreek om verder uit te brei. Ek is, terloops, disleksies wat laas wat ek gesien het deur een van twee mutasies veroorsaak word.

Arak ·

Ja, soos die teorie dat RoundUp van Monsanto kanker veroorsaak. Wat ‘n joke… O, skuus, dit is was toe eintlik waar.
En wat van die aanval teen die, die USS liberty deur Egipte… O, skuus, die teorie was toe eintlik ook reg want dit was Israel wat sy bondgenoot, die VSA, aangeval het om hulle in ‘n oorlog in te forseer…
En wat van gebou 7 wat in mekaar geval het op 911. Dan praat ons nie eers van die teorie van “wapens van massa vernietiging” in Irak, en al die ander leuens wat jou “betroubare” bronne dag en nag verkondig nie.
Jammer, maar ek is maar skepties oor baie van die twak wat voorgehou word as “waarheid”, want die groepe wat dit vir my voorhou is nie bekend vir hulle integriteit en eerlikheid nie.

Hendrik ·

Roundup veroorsaak nie kanker nie. Meer as 600 wetenskaplike studies en 40 jaar se kommersiële gebruik bewys dit. Roundup word nog steeds deur die regulatoriese owerhede van die VSA, Kanada, Duitsland en meeste ander lande in die wêreld as veilig om gebruik te word beskou, en geregistreer vir gebruik. In een hofsaak in Kalifornië het ‘n jurie van leke $289 miljoen toegeken, wat onmiddelik deur die regter mt 2/3’s verminder is. Die saak word geappelleer. Die tweede saak se eerste helfte is sopas afgesluit, en die jurie besin of daar genoeg getuienis bestaan dat Roundup kanker kan veroorsaak. IARC, wat die verslag publiseer het wat beweer dat Roundup kanker veroorsaak, het oneties en met botsende belange hulle verslag uitgebring. Afgesien daarvan, klassifiseer hulle Roundup in dieselfde klas van kankerveroorsakende agente soos spek, hare sny, nagskof werk en so meer. Jou glasie wyn of of bier bevat alkohol wat in ‘n baie ernstiger klas van kankerveroorsakende stowwe val.

Dink net bietjie ·

Dit is vir my merkwaardig hoe daar gekap word teen enige iemand wat teen die instelling en regering gaan. Word altyd uitgemaak as conspiracy theorist ens. As jou oe eendag oop gaan sal jy sien hoe die mensDom dom gemaak word. Mag nie meer vir jouself dink nie. Alles word voorgeskryf wat jy mag en nie mag doen nie. Vat jou eie omgewing en land en hoeveel vrye keuse het jy werklik. Jy dink jy is vry maar is vas gevang in ‘n stelsel van belasting en wette. Wette is goed tot op ‘n punt maar wetgewing skryf so baie van jou lewe voor en die mens besef dit nie. Stelselmatig was jy geindoktreneer om die stelsel blindelings te volg. Waneer laas het jy gevra hoekom doen ek iets of moet ek iets doen. As daai antwoord baie lank terug is, en jy doen net wat jy moet elke dag werk dit wat hulle doen. Jy is vagevang in die stelsel van mag en beheer en jy word beheer sonder dat jy dit eers agter kom. Word wakker en dink vir jouself. Hou op dat sosiale media en die media vir jou manupileer. En dit wat jy dink sal nie altyd reg wees nie maar dink vir jouself, doen ordentelike navorsing oor alles en bevraagteken alles. Moenie dat mense vir jou voorskryf wat jy moet dink nie. Dis ‘n baie gevaarlike pad om te loop. Kyk net naie die geskiedenis en die val van elke stam of volk.

Iemand ·

Dis so ironies, want jy laat jouself duidelik beinvloed deur ander mense, mense wat jou laat dink dat jy OK gaan wees as jy aan polio blootgestel word sobder dat jy gevaksineer is.

Jj ·

Klink my hier is ook sommer n HELE paar mense wat glo die aarde is plat ook. Ai

Judge Dredd ·

Jy weet natuurlik dat die mense wat “Johnson en Johnson Baby powder” daarvan beskuldig het dat hulle produk kanker veroorsaak hul saak gewen het ne?

Anti-vax hier ·

Jammer maar daar is al te veel vir on gelieg in die verlede. Vertel maar jul leuns vir ouers met n ge-ente beseerde kind. Ongelukkig word baie mense wat teen die groot leuens is uitgemaak as belaglik en word selfs vermoor. Nee wat die feit dat ek kan lees, die vou biljet kan lees en my gesonde verstand kan gebruik om nee te se vir die bestandelde wat daarin is. Ek het n e-pos gestuur aan Biovac oorMeasbio. Gevra wat die voordeel is vir bytsoda in hul in-enting. Amper twee jaar verder en nog geen andtwoord nie.

MissDemeanor ·

Julle weet nie hoe waardevol vaksinasie is nie, omdat dit tot dusver vir julle gewerk het. Julle weet nie wat die gevolge van polio is nie, want julle kom uit die generasie wat gevaksineer is daarteen. Daar is siektes wat ons immuun sisteem kan ontduik en dan verwoesting saai in ons liggame, polio is een van daardie siektes. Julle dink dat daar n sameswering is van farmaseutiese maatskappye, maar julle sien nie raak dat daar ook kwaksawers is wat geldmaak uit julle uit deur allerhande “health supplements”aan jul te verkwansel wat gladnie getoets is nie.

Bella ·

Snaaks dat mens nie nou vir Herman Toerien direk kan antwoord nie, ek wil graag! Jy noem dat outisme al in die baarmoeder gevorm word waar inentings mos nie ter sprake is nie, maar jy is wel verkeerd, want daardie ma was heelwaarskynlik inge ent teen masels bv? So dus is die som se antwoord 2 = 1+1
Dus werk jou toerie nie? Elke mens is sekerlik geregtig tot hul eie opinie, en ek is op aandring oortuig daarvan dat my opinie sterk staan saam almal wat gekant is teen inentings – ek persoonlik het die negatiewe effekte gedra van inentings en my oudste kind ook as gevolg van my onkunde, my tweede kind is totaal en al die teenoorgestelde – rasend en blasend gesond sonder inentings. Ek kies maar ook om nie soos n skaap gelei te word deur die wereld nie, maar wel deur my Skepper

MissDemeanor ·

Onthou net dat jou Skepper als geskep het, insluitend polio, en jou Skepper sit mense deur allerhande beproewinge on hul te toets. Jou Skepper het ook vir jou n verstand gegee wat jy veronderstel is on te gebruik. Ek is bly jou tweede kind is gesond, maar as hy wel gaan siek word van masels, waterpokkies, rubella of polio is dit jou skuld.

Bella ·

Nee, ek stem glad nie saam jou nie, ek was self ingeent teen waterpokkies en glo my, ek het dit al 2 keer gekry ook, so stem stem ek nie saam jou nie! As my kind dit kry sal dit wees oor n kind wat juis daarvoor ingeent is en die lewendig virus oordra….kapiesh

Nika ·

My niggie se seuntjie was n normale baba daar was niks fout met hom tot hy een inenting op 6 maande gekry het nie, nou is hy outisties, kan nie praat nie maak snaakse klank geluide. In my opinie is dit nie n ding van inenting gee definitief outisme nie, ek dink net hulle gee die verkeerde hoeveelheid om die verkeerde tye, n prem baba van 6maande is nie op die selfde fisiese vlak as n ander baba wat op die regte tyd gebore is nie, dan dink ek ook bloed groep en familie geskiedenis speel ook n rol, nie een swangerskap, geboorte of mens is dieselfde nie.

MissDemeanor ·

Dis baie moeilik om verstandelike gestremhede raak te sien by babas wat maar net 6 maande oud is, want op 6 maande kan babas eintlik nie veel doen nie, en selfs normale babas het n wye spektrum van gedrag en mylpale wat hul bereik teen daardie ouderdom varieer. Outisme en ander verstandelike gestremdhede word gewoonlik eers gediagnoseer teen die ouderdom wanneer kinders verbaal begin komunikeer en begin sosialiseer. Omdat die kinders ook op die ouderdom ingent word dan is mense geneig on te dink die inenting was die oorsaak. Maar die inenting het bloot plaasgevind op die selfde leeftydperk as wat die kind se diagnose gebeur . Dit is natuurlik vir die ouers om iets te soek,om te blameer want hul voel dalk skuldig ondat hul nie al vroer die tekens raakgesien het nie. Mens kan nie sonder n breinskandering sien dat n 3 of 4 maande oue baba outisties is nie, want die dinge wat deur outisme geafekteer word manifesteer nie op daardie ouderdom nie, selfs nie in normale kinders nie, dus lyk outistiese babas normaal…

JJS ·

Sorry, wil nie lelik wees nie, maar hy kon praat op 6 maande en het toe opgehou?

Wessel ·

Herman, die mense is reg. Hulle het dit op Youtube gesien dat inenting meer nadele as voordele het. Hoekom sal mens leer om ñ dokter te word- youtube is slimmer as dokters. Die maan storie hoor ek gereeld, maar ek is nie gepla deur die maan nie. As dit hul veilig laat voel in hul wêreld is dit seker goed. Gelukkig het jy nie gesê die wêreld is rond nie anders het party mense klaar begin hout kap. Lekker dag.

benaYaHU ·

@Wessel
Jou nikssegende kommentaar is beduidend op jou eie onkunde..
Jou persepsie (soos deur vele geopper), dat die wat dit hul punt maak om ALLES te bevraagteken en dit VIR HULSELF te toets en uit te klaar, en nie net die s.g. “kundiges” te glo nie hul informasie op “youtube” of die “internet” bekom, is weereens ‘n aanduiding van jou eie naïewiteit.
Die internet is ‘n MEDIUM, en deur middel van die internet het die oorgrote meerderheid insae begin bekom oor die agendas en teorieë deur sogenaamde “wetenskaplikes” en hul sieninge .. en of jy dit nou wil glo of nie, daar IS vele bronne van inligting en informasie, asook kommunikasie met kundiges wat NIE deur die “stelsel” gemanipuleer, geïndoktrineer of omgekoop is nie, wat bekom kan word ten einde die feite vas te stel.
Net miskien as jy VIR JOUSELF navorsing begin doen en nie alles goedsmoeds aanvaar deur sogenaamde “kundiges” wat enigiets sal doen om hul befondsing deur “Big Pharma” en ander instansies te verseker, dan sal jy ook die feite bekom oor die vervalsing en manipulering van statistieke en “studies” ten gunste van die behoud van hul posisie en inkomste. Die ou wêreld daar buite is GEENSINS wat jy dink dit is.. ontwaak ou maat!

Wessel ·

Lekker lag ek nou. Ek is seker dan deel van die “stelsel”. Ongelukkig is ek nog nooit betaal of besoek gekry van X files se mense nie. benaYaHu, los youtube en gaan stap bietjie buite. Daar is regtig onverstaanbare wesens daar buite en hul kom van Venus af. Ons noem hul vrouens. Hulle is beter as youtube voor rekenaar.

Anti ente ·

Ek het 6 kinders, nie een geënt, my oudste nou 16 en nie een van my kinders was al by ‘n Dr behalwe vir steke nie, nie een het al antibiotika nodig gehad nie. My suster het gekies om hulle kinders te ent, hulle is so 2 tot 3 keer per jaar op antibiotika. Hul een seuntjie het ‘n swart tong gekry na die 6 weke ent en in die eerste jaar in en uit hospitaal as gevolg van swak immuunstelsel. Vir my is dit eenvoudig 1 plus 1 gee wel 2.

Bella ·

Anti Ente – Ditto!! my 1+1 gee ook twee, ek stem volkome met jou saam, been there also, done that also, got the Tshirt also

Judge Dredd ·

Ek beskou inenting soortgelyk aan vliegtuig ry – Dis ‘n kans wat mens vat vir die voordele.

Oorgrote meerderheid is dit voordelig vir die kind.
Maar in die gevalle waar dit nadelig is moet gesondheidsorg opdok.

Jacobus ·

Herman, wat is jou siening rondom mense wat evolusie (wat as onomwonde feit geleer word in skole, universiteite en in die media) ontken? Is hulle ook maar net arme mense wat vatbaar is vir conspiracies soos die wat nie die ‘feite’ rondom inentings en aardverwarming net aanvaar nie? Dit is na alles die wêreldse voorste wetenskaplikes wat sê dat evolusie ‘n wetenskaplike feit is.

Is dit nie dalk jy, Herman, wat so maklik vatbaar is vir enige storie wat die woord “feit” of “wetenskap” bevat, terwyl ander dalk net so bietjie verder dink voor hulle die dokter se pilletjie net sluk nie?

chris ·

ek sal graag wil weet wie vir die studie betaal het en waar hul belange lê. wat ek vermoed dat die benodigde hulpbronne en infrastruktuur om sodanige studies wetenskaplik en sosiaal uit te voer meestal rus in die sakke en hande van staatsinstellings en miljarddoller medisynemaatskappye.

Herman Toerien ·

Die volgende is van Anna Atkins, grootbaas van die Vereniging vir Outisme van SA ontvang:Anna Truter Atkins Herman Toerien hierdie is ‘n ontsettende belangrike kommentaar wat jy hier skryf. Ja, die wetenskap het bewys dat die MMR inenting nie outisme veroorsaak nie. Maar vir my is 2 faktore hier belangrik: Eerstens, Outisme-simptome steek dikwels kop uit omtrent dieselfde tyd as wat die MMR inenting gebeur, en dan is mense geneig om die 2 aan mekaar te verbind, wat heeltemaal onwetenskaplik is.Die tweede faktor is stigma, en die vrees wat daaraan verbonde is. Ongelukkig is daar in die verlede ‘n onoordeelkundige stigma aan outisme gekoppel, en baie mense wat nie verstaan nie, het ‘n vrees ontwikkel vir die diagnose. Die feit is egter dat die “vreesaanjaende” simptome wat dikwels aan outisme gekoppel word, nie die simptome van outisme is nie, maar simptome van diagnose wat SAAM met die outisme voorkom. Voorbeelde: verstandelik gestremdheid, erge epilepsie, “cieliac disease”, OCD” en vele ander. Outisme, soos wat dit beskryf word in die huidige DSM, is nie ‘n tragedie nie. Dis ‘n neurologiese verskil van die hoofstroom. Outisme is wat my betref ‘n totale alternatiewe manier van menswees – soos wat Windows van Linux verskil. Daar is so baie wat ek nog sou wou sê, maar spasie is min :-)

Hendrik ·

Die Amerikaners het ‘n gesegde: “Correlation is not the same as causation”. Dus, as mense wat geëent word outisties word, beteken dit nie dat die enting die outisme veroorsaak nie. Om so iets te bewys, moet mens na ‘n baie groot steekproef van mense kyk. Selfs al flip jy ‘n muntskuk 50 maal, gaan jy nie by ‘n 50/50 verhouding van kop teenoor stert uitkom nie. Dus, jou subjektiewe waarnemings van ‘n paar gevalle waar mense outisties geraak het na ‘n inenting, het nie die statitiese krag om jou punt te bewys nie. Daarvoor benodig mens groot studies soos die een in die artikel. As jy my nie glo nie, gaan skiet maar jou muntstuk in die lug op en begin tel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.