Ontkenners kan ’n ramp veroorsaak

inenting-inspuiting-kind.

Foto: Greenmedinfo.com

’n Nuwe studie het ’n vorige studie bevestig dat inenting teen masels nié outisme kan veroorsaak nie. Vir die nuwe studie is ’n halfmiljoen kinders vir meer as ’n dekade lank dopgehou, maar geen abnormale toename in outisme is gevind nie. Daar is die afgelope twintig jaar ’n skerp toename in gevalle van outisme, maar die studie het bevind dat daar onder die groep wat die inentings ontvang het, geen toename bo die normale toename is nie.

Die studie val saam met ’n toename wêreldwyd, maar veral van maselsgevalle in die VSA, nadat in 2000 reeds verklaar is dat masels uitgeroei is. In Januarie en Februarie vanjaar was daar reeds 206 gevalle in die VSA, meer as dubbel so veel as wat in 2007 voorgekom het.

Groot vrese bestaan dat masels en ander siektes nou ’n epidemiese omvang kan aanneem. ’n Groot probleem is dat baie ouers eenvoudig verseg om te glo dat die inenting nie outisme sal veroorsaak nie, en weier dat hul kinders ingeënt word. Hulle sal selfs vir gesondheidsamptenare lieg, ook in Kalifornië waar streng wetgewing bestaan.

Andrew Wakefield, die persoon wat verantwoordelik was dat die gerug oor outisme ontstaan het, is dadelik in ’n omvattende ondersoek verkeerd bewys. Die ondersoek is pas selfs nóg meer omvattend gedoen, en die vorige bevindings is herhaal.

Die Amerikaners is onder wetenskaplikes berug oor hul vatbaarheid vir samesweringsteorieë en as ontkenners. Dit is mense wat gewoon nie vatbaar is vir bewese feite nie, en verkies om wilde stories absoluut vas te glo, ’n verskynsel wat as conspiracy de jour bekend staan.  So het die meeste Amerikaners eers enkele jare gelede oortuig geraak dat aardverwarming wel plaasvind en dat die mens ’n aandeel daarin het. In die jaar 2010 het ’n opname getoon dat 49% van die inwoners van New York nog geglo het die aanval op die Wêreldhandelsentrum in 2001 was deel van ’n sameswering van die Amerikaanse regering.

Nog ’n gewilde samesweringsteorie is dat wetenskaplikes reeds ’n kuur vir kanker ontdek het, maar dat farmaseutiese maatskappye saamspan om dit geheim te hou sodat hulle hul eie medikasie kan verkoop.

Baie van die dinge wat ontkenners en samesweerders glo, is eintlik onskadelik, soos die standpunt dat dit onwaar is dat die VSA al mense op die maan laat land en loop het. Ander standpunte dryf wetenskaplikes die mure uit, sodat optogte al wêreldwyd gehou is.

Die mate waartoe die een groep eenvoudig nie vatbaar is vir die stellings van die ander nie, lei dikwels tot die vreeslikste vitrioel, soos in leserskommentare onder aan berigte. Die ooglopendste leek sal met absolute oortuiging die grootste kenners oor ’n onderwerp as gek probeer uitmaak. Die vitrioel vloei dikwels sterk.

Die internet speel ’n groot rol daarin dat van hierdie teorieë vasskopplek kry. Google kan maklik ingespan word om te lees van die beweerde myn en basis van buiteruimtelike wesens op die agterkant van die maan.

Redakteurs wat nie lus het vir die smerigheid nie, kan in die proses om dit te voorkom, lesers eintlik van waardevolle en noodsaaklike inligting – en selfs hul lewens – beroof.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ouer van Vele

Geagte Mnr. Toerien Miskien moet jy ophou glo in ‘n plat, vierkantige aarde en asb. vir ons almal sê presies waar om daardie studie te gaan lees en te verifiëer? Het hulle ‘n volkome studie met die inenting teenoor ‘n ‘placebo’ gedoen of is dit maar soos al die ander vorige studies wat teenoor pasiente met aliminium adjuvante en net ‘n kleiner dosis van inentingstof gedoen is? Is jy self op datum met al jou inentings, want na 3-5 jaar begin jy jou imuniteit verloor? Watter land se inentingskedule volg jy? Amreika, VK of RSA, want hulle verskil…? Lees die… Lees meer »

Arak

Ja, soos die teorie dat RoundUp van Monsanto kanker veroorsaak. Wat ‘n joke… O, skuus, dit is was toe eintlik waar. En wat van die aanval teen die, die USS liberty deur Egipte… O, skuus, die teorie was toe eintlik ook reg want dit was Israel wat sy bondgenoot, die VSA, aangeval het om hulle in ‘n oorlog in te forseer… En wat van gebou 7 wat in mekaar geval het op 911. Dan praat ons nie eers van die teorie van “wapens van massa vernietiging” in Irak, en al die ander leuens wat jou “betroubare” bronne dag en nag… Lees meer »

Dink net bietjie

Dit is vir my merkwaardig hoe daar gekap word teen enige iemand wat teen die instelling en regering gaan. Word altyd uitgemaak as conspiracy theorist ens. As jou oe eendag oop gaan sal jy sien hoe die mensDom dom gemaak word. Mag nie meer vir jouself dink nie. Alles word voorgeskryf wat jy mag en nie mag doen nie. Vat jou eie omgewing en land en hoeveel vrye keuse het jy werklik. Jy dink jy is vry maar is vas gevang in ‘n stelsel van belasting en wette. Wette is goed tot op ‘n punt maar wetgewing skryf so baie… Lees meer »

Jj

Klink my hier is ook sommer n HELE paar mense wat glo die aarde is plat ook. Ai

Anti-vax hier

Jammer maar daar is al te veel vir on gelieg in die verlede. Vertel maar jul leuns vir ouers met n ge-ente beseerde kind. Ongelukkig word baie mense wat teen die groot leuens is uitgemaak as belaglik en word selfs vermoor. Nee wat die feit dat ek kan lees, die vou biljet kan lees en my gesonde verstand kan gebruik om nee te se vir die bestandelde wat daarin is. Ek het n e-pos gestuur aan Biovac oorMeasbio. Gevra wat die voordeel is vir bytsoda in hul in-enting. Amper twee jaar verder en nog geen andtwoord nie.