Oos-Duitse regime se rol in ANC

 

suid afrikaDie dood van Margot Honecker (89), vrou van die Oos-Duitse diktator Erich Honecker, verlede Vrydag in Chili het veel aandag in Duitsland en Europa getrek.

As toonaangewende regeringslid tot 1989 (sy was minister van onderwys) was sy kompromisloos kommunisties. Tot op haar sterfbed het sy die kommunisme, die diktatuur, die Muur en die doodskiet van vlugtelinge kliphard verdedig.

Ná die val van die Oos-Duitse diktatuur en die Duitse hereniging het sy en haar man na ’n Russiese militêre basis in die ooste van die land gevlug. Rusland wou hulle nie politieke asiel gee nie, maar het hulle toegelaat om hulle in Chili te gaan vestig, waar Erich ’n jaar later dood is.

Die egpaar Honecker se invloed was egter nie tot Oos-Duitsland beperk nie. Hul regime het ’n beduidende rol in die ontwikkeling van die ANC gespeel.

Die Oos-Duitse regering het dit as sy ideologiese plig beskou om die Weste – en dan veral Wes-Duitsland – te ondermyn waar hy kan. Deel van dié strategie was om hulp op allerlei terreine aan simpatieke Derdewêreldlande, veral Angola en Mosambiek, te verleen.

In sy memoires (in Engels uitgegee) sê die hoof van die Oos-Duitse geheime diens, genl. Erich Mielke, daar was ’n duidelike politieke motief vir die hulp aan die ANC: “We wanted to strengthen the left wing of the ANC … We and Moscow agreed that the most useful strategy for securing support for socialist policies in the ANC would simply be to help as promptly and generously as we could, so that we would be seen as allies in the broader struggle” (Memoirs of a Spymaster, bl. 280).

Hy vertel van ’n gesprek in die laat sewentigs met Joe Slovo, voorbok in die SA Kommunistiese Party, waarin dié gekla het die ANC word deur apartheidsagente gerysmier. Honecker het daarop ingestem met ’n opleidingsprogram vir teenspioenasie deur die Ministerie van Staatsveiligheid, die berugte Stasi.

“Under the close attention of a general borrowed from the top ranks of our counterintelligence department, the ANC learned how to spot moles, confuse them, and track them down without giving themselves away.”

Mielke se vertelling is baie bloedloos en neutraal. Daar is eintlik baie meer te vertel, iets wat wyle prof. Stephen Ellis in sy External Mission (2012) doen.

Uit dokumente in die Stasi en die ANC/SAKP se argiewe kon Ellis sien dat die kursusse waarvan Mielke praat, die beginpunt was van die ANC se “Department of National Intelligence and Security”, ook bekend as NAT. Dis soms ook genoem Mbokodo, oftewel die steen waarop vroue mieliepitte vergruis.

Ellis het die handboeke wat die Stasi in sy kursusse gebruik het, geraadpleeg. Daaruit blyk dat die Stasi-opleiding baie meer ideologies was as wat Mielke toegee. Die kursusgangers is byvoorbeeld geleer dat veiligheid afhang van die mate waarin die sosialisme (waarvan die Sowjetunie die leier is) gerespekteer word.

Hy behandel die vervolging van andersdenkendes in die ANC en die rol wat NAT daarin gespeel het breedvoerig. Diegene wat dit beveel het, skryf hy, “were steeped in a Marxist-Leninist tradition that regarded the historical achievements of the late Soviet leader Josef Stalin with admiration”. Dit was mense wat in Oos-Duitsland opgelei is “in a tradition of ideological intolerance little changed since Stalin’s death in 1953” (bl. 184-185).

Die uitwerking hiervan is in ANC-gevangenisse in Angola, Zambië en Tanzanië tragies gevoel. Die ergste daarvan was ’n strafkamp bekend as “Quatro”, noord van Luanda.

Die kommandant van die kamp was ’n tiener, die 19-jarige Gabriel Mthembu, een van dié wat deur die Stasi opgelei is. Hy het weens sy buitensporige wreedheid die wrang bynaam “Panelbeater” gekry.

Die meeste van sy kampwagte was ook bitter jonk. Luidens ’n verslag van ’n kommissie onder leiding van die sakeman Sam Motsuenyane (1991) het hul ouderdomme gewissel van 16 tot 30. Sommige was tienermeisies wat in wreedheid geen aks vir die seuns agteruit gestaan het nie.

Dit was mense wat, luidens ’n ander ANC-verslag, die uitgangspunt gehuldig het dat ’n verdagte skuldig is, tensy sy onskuld bewys word. Wat dit beteken het, het in nóg ’n verslag van NAT geblyk, naamlik dat sekere verdagtes wat ’n oop gesprek oor die ANC-leiding wou voer objektief die rol van vyandelike agente of provokateurs gespeel het, ondanks die feit dat hulle nooit as sodanig gerekruteer is nie.

Dit is presies dieselfde houding as wat ’n mens tydens die Stalinistiese terreur in die jare dertig in die Sowjetunie teenkom. En vergeet nie dat pres. Jacob Zuma sy politieke verstand as toonaangewende lid van NAT gekry het nie.

Natuurlik was sommige van die verdagtes, soos vermoed, apartheidspioene. Dis bekend dat die destydse regering spioene oral in die ANC/SAKP gehad het.

Maar die meeste was eenvoudig mense wat verantwoordbaarheid van die politieke leiers gevra het. Hulle het beswaar gemaak teen die buitensporige weelde waarin die leiers leef terwyl húlle in die MK-kampe moes krepeer van ellende, asook teen die wyse waarop die leiers MK-vrouelede seksueel misbruik het.

Nadat die wantoestande aan die begin van die negentigerjare uitgekom het, het die ANC-leiding by monde van Oliver Tambo volgehou dit was alles nodig om spioene uit te ruik. Daar is halfhartig teen die skuldiges opgetree, maar in die geheel beskou het hulle skotvry daarvan afgekom.

Die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) het ook die saak ondersoek, maar ’n taamlik eienaardige gevolgtrekking bereik.

Die literatuur oor regverdige oorlog (“just war”) stel oorweldigend twéé oorkoepelende voorwaardes vir ’n oorlog om regverdig te wees, te wete ’n regverdige saak en regverdige metodes ín die stryd. Die WVK het dit eensydig verander.

In die verslag (deel II, bl. 325) word ’n onderskeid getref tussen “just war” (die regverdige saak) en “just means” (die metodes). Daar word erken dat die ANC nie aan laasgenoemde voldoen nie, maar eersgenoemde bly waar, volgens die WVK.

Deur die ontkoppeling van die twee begrippe (absoluut uniek) het die WVK ruimte gevind om die ANC bloot liggies oor die vingers te tik. En op die oorheersing van die ANC deur die SAKP – en die gepaardgaande strewe om apartheid met ’n diktatuur te vervang – gaan die WVK nie in nie.

Hoe ook al, só kan gesien word hoe Margot Honecker en háár diktatuur ook ons eie Suid-Afrikaanse geskiedenis beïnvloed het.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Leopold Scholtz

Leopold Scholtz is 'n onafhanklike politieke kommentator en historikus. Hy is al sedert 1972 as joernalis en historikus werksaam.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Theuns ·

Dankie Leopold dat jy die waarheid op die tafel le. Dit laat weer vra ontstaan oor die WVK en die Suid Afrikaanse onderhandeling Span nl. Leon Wessels, Roelf Meyer en ander. Dit is geen wonder ons is in die moelikheid nie!Hou maar vir Zuma en sy span kommuniste dop! Hulle het ander planne met die land.

humor ·

Theuns baie waar. Die oormag le ongelukkig in die hande van n gewetelose vyand. Tog glo ek ons kan die stryd wen, maar dit le nie alleen in die mag van die Afrikaner nie. Daar is tog nuwe klanke in die internasionale wereld wat in die toekoms kan toeneem. n Ander moontlikeid is etniese en politieke verdeeldheid onder die swart volkere. Negetiewe omstandighede kan n rol speel in n groterwordende eenheid in eie geledere sowel as tussen swart en wit. Maar die belangrikste is n geestelike omkeer en die hulp van Bo. Die MOONTLIKE is slegs hier ter sake. Dit sal egter n eeue lange en selfs langer stryd bly.

Dit toekoms lyk maar donker, baie donker..... ·

Stem saam met jou! Hul wil die blanke uit he!
Hul maak dinge warm en ongemaklik vir hom, kyk maar wat gebeur alreeds, verdrukking ,uitwissing van blanke kultuur,taal en sy geskiedenis,diskriminasie ,plaasmoorde, onteiening, kwotas, rassistiese propaganda, blatante haatspraak teenoor blankes, alewige blaam verskuiwing van die anc se voute en onbevoegheid na die blanke .
Nee wat as jy jouself wil blind hou en die wat nie wil sien nie sal dit nie sien nie…verkoop en emigreer daars nie hoop vir Suid Afrika nie…Hul wil net he en vat wil nie werk nie wil net optog, brand en plunder. Een stap voorentoe en sommer twintig terug direk daarna…
Belegers is ok nie dom nie nie hul sien gevaarlikke poltieke anc speletjies en ” nuwe besigheids regulasies en onteienings praatjies en ontrek en die dom speletjies wat die rassisties anc speel maak Suid Afrika baie baie seer en vertroue word minder..
Jul glans het verdof anc en stadig begin die buitewereld jul ware kleure sien net jammer dit is die in afrika wat die prys gaan betaal terwyl n paar “fat cats ” soos die mugabe’s die Zumas wat hul sakke lekker vol gelaai en gesteel het soos konings gaan lewe en die res moet maar krepeer..
Dankie aan die partye en instansies wat tog nog probeer veg vir die blanke Afrikaner en eintlik ok maar alle blankes in Suid Afrika se bestaansreg, die Afriforums , die solidariteite en VF..
Mag die Here ons genadig wees..baie swaar tye le voor…

Arak ·

Dankie vir ‘n goeie artikel.

Ek het ook die voorreg gehad om in 1988 in Duitsland te reis; was toe ook deur Oos-Duitsland na Berlyn.

Jy het daar te make met dieselfde mense, selfde taal, selfde agtergrond, maar in die een was dit ‘n kommunistiese land en die ander vryemark. In die een het alles verval, alles het gegaan oor die “party” en die enkelinge bo het hulle ook self pragtig verryk ten koste van die gepeupel. Basiese produkte was, of glad nie beskikbaar nie, of buitensporig duur, want die land se vervaardigingsvermoë was so klein. Oos-Duitsland het dan ook op papier na ‘n wonderlike demokrasie gelyk, want na alles, dit was die Duitse Demokraties Republiek (DDR).

So geagte vriende, hoe kon enige regdenkende mens dink dat Suid-Afrika beter sou kon vaar onder die kommunisme.

Aangaande die skeiding van die voorwaardes deur die WVK vir ‘n regverdigbare oorlog. Daar is die gesegde van “Die doel heilig die middele” (The end justify the means), maar dit is ‘n absolute leun uit die hel, want daardeur kan jy enige bose aksie (soos ‘n bom in Kerkstraat) regverdig met “die doel”.

As verregaande voorbeeld is dit soos ‘n kerk wat fondse nodig het (die doel) en besluit om ‘n bordeel oop te maak gedurende die weeksdae in die klaskamers (die middele). Dink net hoe lekker kan diakens dan ook sommer traktate uitdeel aan die klante van so ‘n aksie… ;-)

Henry ·

Afgesien van Honecker en Mielke was daar ook die legendariese hoof – Marcus Wolf – van die Oos Duitse intelligensiediens (Hauptverwaltung Aufklarung – HVA) wat ‘n belangrike rol in die vestiging van die ANC se intelligensiediens gespeel het. Trouens, die Stalinistiese SAKP onder die leiding van Slovo, het voorkeur behandeling van Wolf se HVA ontvang. Beide wat opleiding en latere intelligensie hulp tydens die onderhandelinge in Kemptonpark betref.

Die HVA het onder die oorhoofse beheer van Mielke se Ministerium fur Staatssicherheit (MfS), oftewel Stasi gestaan. Nietemin het Wolf en sy ondergeskiktes hulself veel hoër as die ‘kru’ voetsoldate van die Stasi ge-ag. Intelligensie opleiding is hoofsaaklik in die Potsdam omgewing verskaf, terwyl militêre opleiding in Leipzig ontvang is.

“Mischa” Wolf was hoogs beïndruk met die toewyding wat die Suid Afrikaners tydens opleiding openbaar het. Wolf se toegeneëntheid jeens die ANC rekrute, kry ook spesiale vermelding in sy bekende en interessante outobiografie.

Daar het ‘n baie spesiale en noue verbintenis tussen Slovo en Wolf bestaan. Beide was hoogs professionele mense wat ook noue bande met die Russe se KGB gehad het.

Theuns ·

Ek lees die kommentaar vanoggend en ek se ek het hoop vir die toekoms met die klas van kommentators in ons Afrikaner geledere. Julle weet presies wat aangaan en propaganda of Verdomming gaan nie so maklik by julle vat kry nie! Een van ons take wat ons ons self moet ople is om die Waarheid te praat sodat ons mede Afrikaners en, veral ons kinders, die waarheid kan weet oor die ANC en sy Trawante. Dankie Humor, Arak en Henry. Ook dankie aan die onbekende wat nie sy of haar naam bygesit het nie!

John ·

Die ANC-oudstryders het mijoene $’s gekry van goedgesinde buitegroepe, maar niks daarvan bestee aan die ophef van hul mense tuis nie. Waarheen is die geld? Kommunisme is ‘n duur tragedie. Die betekenis wissel tussen ellende en sakke vol geld vir die leiers wat die ideologie bemark. Rusland het die duur maar inherent verrotte vrugte daarvan gepluk.

FriedaS ·

Ons betaal tans belasting en dit word net gebruik vir Zuma, sy baie vrouens en kinders en sy trawante in die parlement. Hulle keef in weekde en land se mense krepeer stadig maar seker. Die dommes sien dit net nie raak maar middelklas is bewus maar help nie om te kla. Diens bestaan nie en alles verval. Waar gaan ons oueres van dae heen ons ken net die land en word uitgemoir daagliks!! Ons kan nie emigreer wie sal ons inneem.

neelsie ·

Hierdie is nie alleen n aanslag teen die Afrikaner nie maar teen Christendom.
Alles wat gebeur dui op vernietiging van waardes.
Geen respek vir wette ,hetsy ,op die pad ,in die skool, of in die parlement nie.
Die ‘vrugte’ wat jy dra wys wie jy aanbid.
Dit wat uit die mond kom, kan lee woorde wees maar jou lewe wys jou ware kleure.
Die God wat ek aanbid regeer nie met afbrand van eiendom of vermoor van onskuldiges nie.
Die Vyand handel in vernietiging en verwoesting.
Mag ons land se mense tot hulle sinne kom en vrede najaag i.p.v. haat
Die oorwinning is reeds behaal….keer terug na God!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.