Ope brief aan Nathi Mthethwa: ‘Ons sal nie die knie buig’

Johnell van Vollenhoven het ʼn ope brief geskryf aan Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, nadat hy die Suid-Afrikaanse spelers in die Gallagher Premiership se besluit om nie die knie vir die Black Lives Matter-beweging te buig nie, bevraagteken het.

Hier volg die brief:

Minister Nathi Mthethwa. Foto: Siyabulela Duda/GCIS

Geagte minister Mthethwa

Agt rugbyspelers het die afgelope naweek opgestaan teen rassisme. Deur die dra van ʼn T-hemp het hulle dit bevestig. Tog het dit u so ontstel dat u dit nie net bevraagteken het nie, maar selfs ʼn ondersoek daarna aangevra het bloot omdat hulle nie wou kniel vir ʼn veldtog met ʼn veel dieper betekenis as die gronde waarop u dit voer nie.

Daardeur het u bevestig dat om standpunt teen rassisme in te neem, nie aanvaarbaar is nie en dat u, as regeringsamptenaar, die anargistiese idees van die Black Lives Matter (BLM)-beweging ondersteun en duidelik poog om daardie beginsels ook in Suid-Afrika te laat inslag vind – ʼn hoogs onverantwoordelike en gevaarlike daad.

Ons moet natuurlik besef dat die beginsels van hierdie beweging, wat u so skaamteloos ondersteun, in werklikheid geen plek in Suid-Afrika het nie. U sien, anders as die swart minderheidsbevolking in Amerika, is u deel van die regerende meerderheid en is u en u party direk verantwoordelik vir die bestuur en die welstand van hierdie land. Tog, in hierdie bevoorregte posisie, kies u om steeds as slagoffer op te tree en enige optrede met rasse-agterdog te bejeën eerder as om met waardigheid in versoenende ontvanklikheid daarop te reageer.

ʼn Sportman wat hom openlik uitspreek teen ongelykheid en rassisme, maar wat weier om die knie te buig, kan nie deur u – of enige ander mens – uitgekryt word as ʼn rassis nie. U kan nie u oortuigings op mense afdwing nie. U kan lankal nie meer “onderdrukking” skree nie, want hier, in hierdie land, is u deel van die meerderheid wat die regerende party ingestem het en in werklikheid is u nou deur nuwe onderdrukking besig om u mag te misbruik.

U sien, Minister, vir die afgelope 26 jaar is hier ʼn swart meerderheidsregering en het ons ʼn swart president. En hierdie einste regering, waarvan u deel is, het elke staatsentiteit die grond in bestuur. Weinig is in hierdie tyd opgebou. Nou wil u met u rasse-obsessie nie net die kern van sport – wat op meriete tot prestasie moet lei – kom ontwrig nie. U wil, bloot omdat dit u ideologie pas, spelers tot optrede dwing waarmee hulle nie gemaklik is nie.

Die feit is dat die BLM nie net ʼn veldtog is nie. Dit is ʼn gewelddadige ideë-oorlog. Die kern daarvan is nie velkleur nie, maar eerder die ontbinding en afskaffing van geloofstrukture, akademiese instellings, sportliggame en die wegdoening met kultuur. In plaas daarvan om ʼn middeweg te vind waar alle rasse regverdige geleenthede vir vooruitgang kan benut, poog die BLM om afbreuk te doen aan enige iets wat nie sy ideologie ondersteun nie.

Die BLM wil nie noodwendig bou of vooruitgang bewerkstellig nie. Dit wil eerder gevange neem deur die wek van ʼn wit skuldgevoel sodat wit mense die beweging, en dit waarvoor dit staan, ewig iets verskuldig sal wees en só gedwing word om dit aan hom te gee. Dit is ʼn gemaklike dekmantel vir die ANC om sy eie ideologiese middele, soos regstellende aksie en kwotas, te bevorder. Daardeur bevoordeel die aanhanger van die BLM egter nie homself nie, alhoewel hy so dink. Hy raak net meer afhanklik en onbevoeg en ontwikkel geen vermoë om selfstandig te kan funksioneer nie.

Deur top- akademiese aanstellings te maak, kon u regering elke ander Afrikataal (want Afrikaans is ook ʼn Afrikataal) akademies ontwikkel om ʼn beter en meer gelyke onderwysstelsel te ondersteun. Skole kon opgegradeer, gebou en ontwikkel word om in elke behoefte van elke jong kind te voorsien. Talente kon ontwikkel word en kinders kon leer om deel te neem en mee te ding. Só sou geleenthede op ʼn regverdige manier geskep kon word. Daardeur kon u ʼn sterker Suid-Afrika bou –die beste kans wat hierdie land ooit op werklike groei sou hê.

Hierdie regering, waarvan u deel is, het egter gekies om dít wat aan ander behoort, te herverdeel eerder as om self te bou. Dit is boonop gedoen ten koste van die meerderheid wat juis vir hierdie regering gestem het. Die spelers wie se optrede u so bevraagteken, oefen en speel hul harte uit vir hierdie land ongeag die kleur van hul spanmaats of afrigters. U skuif hulle uit met u rasse-ideologie en beroof hulle van hul regte. U wetgewing maak van hulle die ewige skuldige party en daarom verdien hulle niks wat hulle toekom nie; daarom moet hulle dít waarvoor hulle werk, as offer bring aan u verwronge begrip van gelykheid.

Vandag wil ek vir u sê dat dit nie die persoon met die ligter vel is wat u oor die Black Lives Matter moet aanspreek nie. U moet eerder u misnoeë tot die regerende party en tot u kaders rig wat hierdie land en sy mense kaal geplunder het.

Minister Mthethwa, ek is trots op die rugbyspelers wat opgestaan het vir dít waarin hulle glo. Hulle het nie die knie gebuig nie – nie voor intimidasie nie en nie vir selfbehoud nie. Hulle het opgestaan vir al die ander lewens wat óók saak maak: ek en my gesin, die onderwyser, sportafrigter, dokter, die persoon agter die kasregister, die kind in die plakkerskamp en die boer wat douvoordag reeds op sy lande is en vanaand sy laaste slukkie koffie neem voor hy en sy gesin ʼn marteldood gaan sterf –want hul lewens maak nie méér nie, maar nét soveel saak.

Vandag wil ek namens elke boer, elke student, elke skoolkind, elke sportman en -vrou en elke getroue werker in elke bedryf vir u sê: Ons sal nie die knie buig voor rassistiese veldtogte, ʼn gejag maak op mense en magsvergrype nie. Ons sal staan – vir ons behoud, vir geregtigheid en vir ʼn regverdige kans.

Die uwe,

Johnell van Vollenhoven

(ook namens ander Suid-Afrikaners)

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Fritz ·

In die kol Johnell! Die minister moet sy kop in skaamte sak!

Katrina ·

Dit is net jammer die minister gaan hierdie skrywe wat so 100% in die kol is, nooit te lees kry nie. Kan dit nie op ‘n ander platform ook geplaas word waar sy “eie mense” dit ook sal raaksien en daar dalk iemand is wat dit aan hom sal kan oordra nie….

Colette ·

Ek is bly ons sports manne neem standpunt in. ALL LIFES matter. Geen minister of regering kan enige iemand dwing om die knie te buig nie, dit is ongrondwetlik en plein rassisties.

Abel ·

Ek hoop hierdie brief kom by die minister uit. Ek twyfel of hy hom daaraan gaan steur want die motto van die ANCC (Corrupt Crimmenals) is: We don’t use, we abuse.

Johan ·

Baie goed gestel maar hy sal dit nie lees nie want dit is AFRIKAANS.

koos10 ·

Danksy BLM en die minister is my oë weer geopen vir ras. Idioot, wat het gebeur toe swartmense lank genoeg onderdruk was en genoeg is genoeg gesê het? Dit was in 1990. Dit gaan weer gebeur in hierdie land, as jy so aangaan.

Janee ·

Fantastiese brief!!! …..en dis soos ons almal voel oor die sake……niks met blm uit te waai in dieland.

Kokerboom ·

Uitstekende artikel Johnell. Baie dankie. Die Blanke en ALLE ander redelike mense in ons mooi land het dit baie nodig. Ons sal ons NIE laat afdreig of indoktrineer deur geharde rassiste soos mnr Mthetwa. Ek hoop mnr Ramaphosa tree op teen die man Hy is ‘n bedreiging vir ons samelewing

lollapot ·

Baie dankie Johnell van Vollenhoven! Niemand kon dit beter stel nie

Nell ·

Ek glo nie hy sal verstaan wat hy lees nie – ander waardes en ‘n ander lewensbeskouing.

Frans Hendrik ·

Dankie Johnell. Baie mooi rustig jou punt gemaak. Hoop jy kon dit in Ingels vertaal want hy sal definitief nie die Afrikaanse weergawe lees nie. Ons is nou moeg vir hulle twak

Vlekkie ·

Sjoe! Ek het lanklaas sò ‘n sinvolle, reguit maar diplomaties en met respek gestel brief gelees wat elke feit met sorg gekies het en nie èèn van wat als verkeerd gedoen is, uitgelaat het nie! Mooi so man! Trots op jou!

Jr ·

Namens my Jeff Ralph – Johnell van Vollenhoven. WE WILL NEVER KNEEL.

Jr ·

SOLIDARITEIT ( opgevoede mense ) lees dit asb in Engels vir die knaap sodat hy kan maak asof hy verstaan wanneer julle hom aanvat. VF praat maar net en doen niks by die sirkus in Pretoria

Anoniem ·

Ek buig voor geen mens nie, nog minder voor ‘n swartman aan wie ek niks verskuldig is nie. Ek sal my ook nie laat intimideer nie.

Hendrik ·

In die kol. Ek ondersteun jou. Ons het nie rassisme nodig in RSA of enige ander plek nie. Rassisme is deel van kommunisme!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.