Ope brief aan President Jacob Zuma oor misdaad in Suid-Afrika

Yusuf-Abramjee

Yusuf Abramjee. Foto: Twitter.com

Beste Meneer die President,

Ek haal al my professionele hoede af en skryf aan u in desperaatheid, as ‘n Suid-Afrikaanse burger wat diep bekommerd is oor die misdaadvlakke in ons land.

Ek skryf as een van die vele landsburgers wat slagoffers van misdaad was met die skadu van vrees op ons hakke.

Ek skryf aan u met ‘n swaar hart namens die baie mans, vroue en kinders wie se lewens vewoes is deur misdaad.

Ek skryf aan u te midde van die brutale oorlog op ons manne en vroue in blou wat tragies soos honde in ons strate doodgemaak word.

Ek smeek u om u te verbeel dat u ‘n gewone burger is sonder die voordeel van lyfwagte en alle maatreëls wat my beskerm teen bedreiging by my huis, my werkplek, op straat, in openbare ruimtes en in my motor.

Ek dring daarop aan dat u u verbeel dat u die hele tyd in vrees lewe. Dit is die omgewing waarin miljoene van ons landgenote lewe.

Wanneer ons ons stemme dik maak oor die ernstige vlakke van misdaad, word ons beskuldig daarvan dat ons vrees aanblaas en paniek saai in die land.

Daar is geen twyfel dat die aantal misdade wat in die media en op sosiale platofrms gerapporteer word, toegeneem het nie. Baie insidente haal glad nie eens die media agenda nie.

Mens moet blind wees vir die werklikheid as jy die desperaatheid van burgers en die gelyke hulpeloosheid van wetstoepassing nie raaksien nie.

U het onlangs die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Nasionale Herdenkingsdiens by die Uniegebou bygewoon en daar gepraat.

U het gesê ‘n aanval op ons polisie is ‘n aanval op die regering.

Mnr. die President, u skatting is korrek, maar woorde is leeg. Wat word gedoen?

Baie lede van die publiek het vertroue in die polisie en die regstelsel verloor.

Wydverspreide korrupsie, swak leierskap en swak dienslewering het die respek wat hierdie instellings toekom, weggekalwe.

U het swak leierskap in sleutelposisies ingestel. Die gevolge word oral gevoel.

Die Marikana-slagting het ononberekenbare skade aan die beeld van die polisie veroorsaak. Die uitkomste van die Farlam-kommissie was verdoemend vir die SAPD. Ons moet nog aanspreeklikheid sien. Baie het bloed op hul hande en daar moet sonder versuim met hulle afgereken word.

Daar was geen werklike geregtigheid vir die gesinne wat behoeftig gelaat is met die verlies van broodwinners en geliefdes nie.

Kosbare tyd en hulpbronne word gebruik om beamptes wat skande gemaak het, in hul poste te hou, net om die onvermydelike uit te stel.

Hoe verwag u moet die gemeenskap aanhou om hierdie instellings te respekteer?

Hoe verwag u moet polisiebeamptes trots wees om die kenteken te dra wanneer hul lewens so min beteken, gereduseer tot lippediens in ‘n welsprekende toespraak en nog ‘n naam op ‘n gedenkmuur?

Dit lyk asof die lewens van ons burgers nog minder werd is. Gemiddeld 47 Suid-Afrikaners word elke dag vermoor.

Mnr. die President, ek hoop u sal trots wees op die baie gemeenskappe en individue wat opstaan en weier om te buig voor die aanslag van misdaad.

Weereens moet u landgenote die verantwoordeliheid neem vir ‘n probleem wat die regering moet aandurf met alles wat hy het.

Die verrotting is so wydverspreid dat die stank oorweldigend is.

Desperate tye vereis desperate oplossings.

Selfs die volhardendste en aktiefste mens kan nie eenshoop om die stryd te wen wat ons verloor weens ‘n totale gebrek aan politieke wil om iets te DOEN aan misdaad nie.

Mnr. die President, u is die enigste mens wat dit kan keer.

Hou op om voorsiening te maak vir mense wat politieke ambisies het. Hou sommer politiek totaal uit die vul van sleutelposisies en stel mense aan wat die werk kan doen en wie se optrede bo verdenking is.

Hou op om middelmatigheid, waardeloosheid en korrupsie op die skouer te klop en hul diensknegte weg te stuur met ‘n goue handdruk.

Luister na u mense wat geterroriseer en vervolg word.

Hou u by hierdie internasionaal-erkende leierskapbeginsels:

Wees die voorbeeld – stel ‘n voorbeeld deur te hou by die regte en verantwoordelikhede wat in die Grondwet vervat is en bevorder dit. Betoon geen genade aan diegene wat dit wil vernietig nie.

Inspireer ‘n gedeelde visie – Mnr. die President, u kan ‘n verskil maak. Glo dit en oortuig ander om te glo in die visie van ‘n veilige en vooruitstrewende Suid-Afrika.

Daag die proses uit – Hou diegene wat u aangestel het om hul onderskeie departmente te lei, verantwoordelik. Indien hulle nie presteer nie, is hulle sleg vir verandering en is hulle ‘n struikelblok in die vooruitgang van die land. Waarom moet die hele land ly onder een gek?

Maak dit moontlik vir ander om op te tree – Maak dit moontlik vir ander om gehoor te word en stel hul idees in werking.

Moedig die hart aan – Beloon diegene wat u aangestel het om ons gedeelde visie te bereik. Te veel aktiviste en harde werkers binne en buite die regering word vervolg in plaas van gevier. Die persepsie dat u die korruptes bevoordeel is nie net sleg vir u nie, maar het ook uiteindelik ‘n slegte uitwerking op almal.

Mnr. die President, ek hoop dat ek my bekommernis oor die probleem wat ons met misdaad in die land het, behoorlik aan u oorgedra het.

Die polisie moet die venootskap met gewone burgers, die burgerlike samelewing, die sakewêreld en teen-misdaadaktiviste versterk. Die tyd is nou!

Ek weet dat die vasvat van misdaad beteken dat al die ander probleme wat ons land het, ook vasgevat moet word.

Ek sal altyd hoop dat ons hierdie struikelblokke kan oorkom, maar u leierskap is baie belangrik om dit te doen.

Ek is steeds ‘n trotse burger van Suid-Afrika en sal enigiets in my vermoë doen om ‘n verskil te maak. Ek vra net dat die eerste burger dieselfde doen.

Mnr. die President, sal u vir ons opstaan?

Yusuf Abramjee

  • Abramjee is die hoof van Crime Line en stigter van die Lead SA-inisiatief. Hy is ook die tweede adjunkpresident van Crime Stoppers International en hoof van nuus en aktuele sake by Primedia Broadcasting.

 

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Kobus ·

Yusuf,
Dit is alles so waar, maar jy vergeet waarmee ons hier te doen het.
Hy het eerstens nie die wil of die vermoëe om dit uit te leef wat jy as eienskappe van ‘n leier hierbo uitstippel nie.
Tweedens het hy toegelaat dat sy “comrades” in posisies aangestel word om hom en hulle te beskerm te vervolging vir korrupsie en ander misdade. Nog nooit in die geskiedenis van die land word soveel amptenare uitgewys en partykeer gevang vir misdade nie.
Derdens, hy lees nie Afrikaans nie, so die gaan nie by hom uitkom nie.
Ek stem saam, stel mense met vaardighde aan in sleutel poste en die res sal self regkom want die persoon sal nie mense in poste duld wat sy posisie in gevaar stel deur swak diens of werk nie.
Sterkte met jou taak

Nic Grobler ·

Ek dink Yusuf se brief is in Afrikaans vertaal uit Engels.

Winston ·

Beste Yusuf
Miljoene mense gaan jou bedank vir n baie mooi opregte brief. Ongelukkig is dit waar dit gaan bly. Jy moet onthou dat jy met Afrikanisme te doen het en niks sal verander nie. Die regering gaan die land verkrag tot niks oor is nie. Al kry die liewe president jou brief te lees gan hy lag Yusuf. Dis al wat hy goed kan doen. Groete en sterkte vir jou.

Henk ·

Goed gestel. Vergun my die geleentheid om ‘n opmerking of twee te maak.
Eerstens, die president lewe daagliks in vrees, vrees dat hy danksy die regstelsel verantwoording sal moet gaan doen vir dit waarvan hy reeds wyd en wel bekend beskuldig word.
Dit dryf hom om aanstellings te maak wat hom gaan beskerm en wat die skrywer van die berig so mooi stel as “politieke aanstelling” of “persone met politieke ambisies”
Ek dink wat hierdie land se burgers werklik wil he, is dat Zuma bedank, saam met AL sy aanstellings, en dat ons ‘n verantwoordelike en betroubare regering en amptenare kry waar dit saak maak.
Slegs dan en dan alleen sal misdaad in die land onderdruk kan word en die regstelsel behoorlik kan funksioneer.

Sarel Strydom ·

Ek sien niemand in die huidige bestel, ANC of Opposissie wat sterk genoeg is of oor voldoende leiereienskappe besit om oor te neem nie. Dankie aan mense wat prober om verskil te maak. Ons vernietig ons self omdat ons besig is om total moed te verloor.

Gerhardus de Jager ·

Zuma is nie ‘n president se gat nie, dit help dus nie om hoegenaamd met hom te probeer kommunikeer nie – totale mors van tyd en energie.

Johannes Meintjes ·

Elke pleidooi dra minstens by om ‘n prentjie van wat in SA beleef word te vorm. Dit is jammer dat die hele SA gemeenskap besig is om korrup, brutaal en misdadig te word a.g.v. die voorbeelde in meeste van die leierskorps op alle terreine van ons samelewing. Elke burger tree deesdae reaktief, eiegeregtig en selfregverdigend op – en dit raak die destruktiewe norm!

pop ·

Nou ja, ons lees nou die brief!!! Ons is die mense wat Yusuf van praat, en kan niks doen behalwe dit maar lees nie. Het die brief onder Zuma se oe gekom.

neelsie ·

Dankie Yusuf, ten minste het jy die moed gehad om alles by die naam te noem.
Saam met Afri forum,Solidariteit en vele ander organisasies sal ons ons stemme dik maak.
Moenie dat ons monde gesnoer word nie!.
Dit is ons taak om goeie waardes aan ons kinders oor te dra.
Moenie skaam wees omdat ons wit en Afrikaans is nie.

Belinda ·

Dis te laat vir briewe te veel mense is gemoor. dis nie die regering se probleem nie maar die oorsaak! fw de klerk het mos die land weggegee omdat hy massa optogte wou voorkom. maar nou is daar geen weermag of polisie oor vir ons beskerming nie. dalk moet erens n wit leier opstaan en die manne bymekaar maak??? ons sien praat help nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.