Ope brief : Jaco Oelofse se EFF(ense) denke

Capture1-320x452Man, ek is lief vir filosofie, is geensins homofobies nie en maak werk daarvan om my geskiedenis te ken. En as daar geen konsensuele geskiedenis bestaan nie, is daar geen rede om ander s’n bo myne te kies nie. Laasgenoemde is die verskil tussen die liberale denker en die behoudende een.

Dit het my ‘n paar jaar langer gevat om die realistiese scenario te eien vir wat dit is, bloot omdat ek geleer is om dinge te oordink. Maar om te dink dat daar geen alternatiewe is vir nasionalisering nie, sê vir my dat jy, Jaco Oelofse, onderdink. Dit is fataal vir ‘n EFF philosopher-in-the-making.

Daarom ‘n paar vinnige notas:

1. As jong filosofiestudent (en dramastudent) was ons almal radikaal. Dis ‘n fase. Nie ‘n lelike fase nie. Dis ‘n omgee-fase. Ook ‘n rebelse een waarmee ons ons studente toevertrou om ons oues se asems weg te slaan met iets nuuts en unieks. Maar daarna gebeur die establishment met jou. Die regte lewe sal jou ook nie ontsien nie, Jaco. Jy werk, trou, kry kinders en swoeg vir hul gemak, ʼn paar voordele en sommer baie oorlewing. Jy staan verstom hoe groepe desondanks mooi, liberale teorieë steeds na hul hoekies graviteer en hoe dit ongelukkig altyd eensames oplewer. En hoe wreed en eensydig alles bly en hoe min beskerming ander jou, jou kinders en jou ouers bied as die k*k die fên slaat. Soos die Marxisme maar is, ‘n pragteorie met geen voete in realiteit nie, ontgroei baie dit ná kampus, ná sakgeld, ná subsidie en ná volwasse nabetragting. Jy gaan universiteit toe om jou eie voete te vind. Om jou eie voete te vind is onversoenbaar met Marxisme. ʼn Jaar later rasionaliseer jy en kyk eendag as ‘n reël terug uit ‘n meer gematigde posisie, soms in skaamte. Wie volhard dan in Marxisme, sou jy vra? Dié wat skaamteloos geen aversie toon vir ander se geld nie en ander se bates en inkomste as hul “regmatige” kwota sien. Hulle wat weier om die ware potensiaal van individue en dié wat die ekstra myl sal stap, te wil beloon. Die Aanstap Rooies soldaatjie-fabriek. Eendjies-eendjies-staan-in-‘n-ry. Die ongenaakbare kleurloosheid van bestaan. Die tirannie van gemiddeldes. Die een waarvoor jy nou uitroep. Prestasie, kompetisie en vooruitstrewendheid – om beter te wees – ís die doel van die lewe en almal mag en moet saamspeel. Marxisme verlig geen armoede nie. Dit teel middelmatigheid en ek het vir jou ‘n hele kontinent as voorbeeld by Maandag se show&tell.

2. Miskien moes jy geskiedenis en regte ook oorweeg. Anneksasie in ‘n Tyd van Anneksasie was niks vreemd nie. Soos slawerny en kolonialisme in hul eras en konteks. Ons doen dit nie meer vandag nie, maar wêreldwyd het lande hul afbakenings aan dié ou polarisasies te danke. Ons almal het eintlik slawe as voorouers, weet jy, en kry boggerôl daarvoor. Reparasies en regstellings is aanvaarbaar, maar sodra dit oor generasies heen gebeur, word dit oneties; die verkeerde mense word vergoed en die verkeerde indiwidue word gestraf. Jy kan nie in ‘n moderne regsbank regverdiglik skuldig bevind word aan ‘n ander se ‘oortreding’ nie. Jy skep daarmee meer slagoffers, meer konflik en staan soos ons verbaas voor ‘n stagnerende werkloosheidsyfer – met al die mag, tyd en sosialisme in die wêreld, kon Suid Afrika in twee dekades nie ‘n enkele duik maak aan sy gruwelike werkloosheid nie.

3. Daar bestaan nouliks enige Suid Afrikaners wie se huidige eiendom met “geweld” bekom is. Almal se lewensgeldjies is in hul grond, hul lenings, hul bates en hul lewens daarop. Almal sou ryker wou wees, maar meeste van ons krap die potjie om ons gesin met ‘n mate van waardigheid uit die nes te verlos. Om dit te wil wegvat is siek afguns, krimineel en luigatgeit, algar fataal vir ‘n land wat, soos Suid Afrika, produktiefgestremd is.

4. Swart mense eis grond uit die geskiedenis in netjiese vierkante hektare. Tradisioneel het hulle grond so “besit” nie, beslis nie in die Westerse terme waarmee hulle dit nou wil opeis nie. Hulle kan die landgrypkommissies met geen titelaktes of dergelike kontrakte voorsien nie en moet oorwegend spekuleer oor waar hulle koeie eens gevreet het voor hulle nomadies aan beweeg het na groener weiding. Dis natuurlik onmoontlik om grond terug te eis sonder die eeu-oue beskawingskultuur wat daardie grond produktief en duursaam maak nie. Jy het die wysheid van Salomo nodig, nie die opportunisme van Malema nie, om daardie twee te kwantifiseer en dan te skei. Laat staan die feit dat 90% van afgeloste grond óf summier verkoop word óf gesteriliseerd agtergelaat word. Grondeise is maar selektief, omdat ek geen pogings waarneem waar die getekende kontrakte tussen my voorouers en eertydse swart indoenas enigsins eerbiedig word nie. Jy vergeet te maklik dat die 20ste eeuse Suid Afrika NIE ‘n swart soewereiniteit was nie. Hoe vreemd dit ook al nou mag klink, daardie eintlike alleenheersers se reëls was wet, danksy húl oorloë, húl grafte, húl inspanning, húl moed, húl Unie, húl Republiek, en daarmee saam hul verstommende ekonomie as minderheid, hul voorbeeldige verkrag- en moordsyfers, hul lae werkloosheidskoers, hul uitnemende skole en briljante universiteite, hul ongeëwenaarde hospitale, dokters en die algehele indeksuitblinkers in hul midde. Nasionaliseer dit.

5. As gay man is die vooruitsig van kinders moontlik en noodwendig ‘n mindere prioriteit, en daarom die toekoms oorkant die vergesig, ook maar. As jy nou ál die denkskole kombineer sal jy verstaan hoekom jy aansluit by ‘n dissipline wat slegs in die nou konfigureer en aan onmiddellike versadiging ly, wat maar dweep oor die toekoms buite die nate van jou beursie. Die Marxisme het geen noemenswaardige prestasie ooit behaal by ontwikkelende lande nie en het vele nageslagte in enorme nood gedompel. Gays (en vroue) is vir my lankal nie meer sosiale buitestaanders nie en jou reaksie is een wat die strooiman lewe moet gee, want daarsonder kan jy jouself klaarblyklik nie definieer nie. Jy is ‘n ook ‘n leerling-gay. Die “moffies” in my vriendekring hoef geensins hul seksualiteit voor te hou om te presteer of erken te word nie.

6. Om hierdie konteks werklik te begryp sal dit nodig wees vir party swart mense om iets te doen wat by wit mense miljoene jare reeds gemeenplaas is: die gewoonte om te lees. As jou demografie of kultuur jul eers enkele dekades gelede met lees, skryf, analise, kuratorskap en argivale gewoontes begin bemoei het, sal julle altyd ander blameer vir jul agterstand. Sal die ware sondebok nooit op sy naam genoem mag word nie: dat die algehele verlamming in elke departement in jou universiteit – ekonomie, administrasie en militêre vernuf ingesluit – op jou voorouers blameer moes word.

Die vraag is, wit kind, Afrikanerkind, wat presies is jou verskoning?

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr is onder meer skrywer, aktivis en geselsprogramaanbieder. Hy het meer as 2 miljoen CD's op sy kerfstok en is 'n driemalige SAMA-wenner (insluitende Besverkoopte Suid-Afrikaanse Kunstenaar 2004). www.stevehofmeyr.co.za

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Marieta Pretorius ·

Kolskoot, Steve. MAAR enk het probeer om hierdie brief te deel en kan nie a.g.v een of ander probleem wat my ou tannie kop nie snap nie. Help asseblief, ALMAL moet hierdie uiteensetting sien. Die waarheid met volwassenheid oorgedra.

Nico Strydom ·

Dagsê Marieta

Probeer dit gerus van Facebook of Twitter af deel of kopieer die skakel aan die bokant van die blad.

Laat weet asb jy nie regkom nie.

Vriendelike groete
Nico Strydom
nms Maroela Media

Marieta Pretorius ·

Kolskoot, Steve. MAAR ek het probeer om hierdie brief te deel en kan nie, a.g.v een of ander probleem wat my ou tannie kop nie snap nie. Help asseblief, ALMAL moet hierdie uiteensetting sien. Die waarheid met volwassenheid oorgedra.

Jaco Griesel ·

Skitterende brief, maar ek vermoed dis heeltemal té hoërgraad vir die rooi-klong. Al wat hy gaan onthou is dat Steve Hofmeyr vir hom ‘n brief geskryf het. Dan gaan sy lover-klong jaloers raak, en die twee mannetjies gaan baklei. Dit sal net handsakke, lipstiffies en rooi EFFies wees waar jy kyk.

En dan, jare later, wanneer hy eendag krepeer op sy karige staatspensioen, sal hy die mense in sy plakkerskamp steeds verveel met sy claim to fame: Steve Hofmeyr het destyds vir my ‘n briefie geskryf. En steeds sal hy nie ‘n druppel wyser wees nie…

Vincent van Zyl ·

Pasop dis dalk nog steve se kind. Hy is mos n windpomp.

kt ·

Ai onverdiende en n flou opmerking. As dit jou kommentaar is, het jy verstaan wat jy gelees het? Of liewer, het jy die brief gelees? Geluk Steve, n puik brief, maar dalk bo die outjie se vuurmaakplek.

Estelle ·

Jaloesie is ‘n lelike ding Vincent van Zyl! Steve well said soos altyd bly en is jy ‘n ster!!

Jean ·

HA! kt en Estelle,

Volgens Steve lees wit mense al miljoene jare. :) Hy is nie letterlik korrek nie, maar ons weet wat hy bedoel.

Vincent reken daars ‘n eindige kans dat Jaco dalk Steve se kind kan wees oor Steve so ‘n “windpomp” is :) Hy is moontlik nie letterlik korrek nie, maar ons weet wat hy bedoel.

Miskien is ontrouheid iets om op jaloers te wees deesdae?

Miskien is verlore skape ons helde en moet ons hulle vereer?

So Steve skryf goeie briewe, maar wie gaan die arme man (en Jaco) waarsku teen die hel se vuur?

Estelle ·

Jean as die mannetjie Steve se kind was so hy wraggies bietjie meer intellegensie gehad het en sy “rooi pet” at least reg op sy kop gesit het! Die jaloesie waarvan ek praat het absoluut niks met “ontrouheid” in gemeen nie!

Jean ·

Dan gee ek toe, ek het inderdaad geen idee waarvan julle praat nie. Ek vra omverskoning. :(

Pieter Louw ·

Jislaaik ek het nie geweet `n mens kry nog sulke vlak mense nie.Jy skuld Steve `n verskonihg ?

Andre Smit ·

Ten minste betaal hy vir sy kinders.Nie een van sy vele vrouens en meisies was verkrag nie.Miskien is jy so bietjie jaloers,omdat jy nooit sal kan regkry wat Steve reggekry het nie.Jy sal n verstandlose, sukkel bestaan voer met jou lee-blik opmerkings.

Ferdi Pieterse ·

10 uit 10 Steve! Ek het jou brief begin lees met die (valse) indruk dat dit homofobies gaan wees. Maar teen die einde van die brief kon ek nie anders as om 100% saam met jou te stem nie. As ‘n gay man is ek amper oor sensitief oor homofobiese aanmerkings, maar ek erken dat ek geensins die gevoel gekry het toe ek die brief lees nie. Ons generasie moes werk daarvoor om gerespekteer te word. Ongelukkig is vandag se generasie arrogant genoeg om alles op ‘n skinkbord te verwag en van self sprekend te aanvaar. Dis ‘n groot jammerte, en ‘n kommer punt om te dink dat dit hulle gaan wees wat ons land eendag die toekoms in gaan moet lei.

adri harmse ·

Wel gedaan Steve, soos altyd! Wat vir my die grootste raaisel bly as jy na ‘n man, skies sal hom maar so noem aangesien sy keuse om gay te wees my nie pla nie, soos Jaco Oelofse van die EFF kyk wonder jy waar is sy ouers. As sy opvoeding reg was het hy ‘n EFF(ense) draai aan die anderkant gaan maak. Hy is jonk, geen plooie, geen eelte van allerdaagse gewone handewerk – skies met syne gebruik hul lubrication gel. Hy is heeltemal verward en oningelig. Geen kennis van waarvoor ons sal bly staan nie, nee hy is bang hy kry seer. Ons almal vrees geweld maar met sy kinderlike, oningeligte, en gemaklike lewe as student waarvoor ons betaal met hard verdiende geld, het hy verdwaal. Dit was geen keuse nie want as hy die geskiedenis geken het sou hy weet jy hoef nie EFF te wees om onder omstandighede normaal te leef nie. Waarom veg ons jeug vandag teen mekaar en selfs soos in die geval teen hul voorouers en dit wat hul moes deurmaak? Oningelig

SY de Wet ·

Moet julle nie hierdie kwaad ook goedkeur soos julle ander kwaad goedkeur nie ? Gee dit n naam , iets soos ,…. EEF -LEEF . en die wat se dit is verkeerd noem hulle EEFoob . Dan is alles mos hunky-dory

Jesaja_5:20″ Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter. ”

Toe ,Toe ,toe ,en waar’s die mense nou wat se jy mag nie oordeel nie ? EN “ons weet nie in watse gesin hy groot geword het nie” ?

Jesaja 5:21 ” Wee hulle wat in eie oë wys en na eie oordeel verstandig is.” 5:24 Daarom, soos die vuurtong stoppels verteer en droë gras in die vlam inmekaarsak, so sal hulle wortel soos poeier word en hulle uitspruitsel soos stof opstuiwe; omdat hulle die wet van die HERE van die leërskare verwerp het en die woord van die Heilige van Israel verag het. 5:25 Daarom het die toorn van die HERE ontvlam teen sy volk en het Hy sy hand teen hulle uitgestrek en hulle swaar getref, sodat die berge gebeef het en hulle lyke soos vuilnis op die strate was. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar is sy hand nog uitgestrek. ”

Is die venster nog oop op die 22ste verdieping?

Danie ·

Die mannetjie is verward en gaan weggegooi word deur Malema soos n gebruikte kondoom.Net vandag het Mugabe,Malema se held,gese die laaste wit mens moet Zimbabwe verlaat.Ek sal nie sy gay seksualiteit oordeel nie,maar ek dink hy is n verraaier van sy eie mense,want die EFF bedoel dit glad nie goed as dit by Afrikaners kom nie.Enigiemand wat sy eie mense uitverkoop is n verraaier.
Maar klaarblyklik is ander goed vir hom belangriker as sy eie mense en die welstand van die land in die geheel,want Afrikaners se welstand is ook gekoppel aan die welstand van Suid Afrika in die geheel.
Ek hoop regtig daar is nie nog verwardes wat sy pad gaan loop nie.

gert ·

wat was sal weer wees…..gatkryp werk nie,nie in werk,skool of vir mev zille en glad nie vit jou rooipet troepe nie!!!jy is slegter as n werf etter.

gert ·

wat was sal weer wees…..gatkryp werk nie,nie in werk,skool of vir mev zille en glad nie vit jou rooipet troepe nie!!!wonder maar net wat in daai kop van jou aangaan?

daphne ·

Net so Jaco Griesel. ..LMGA vir sulke kinders. .nog baie om te leer….te lui om te gaan verder leer…te lui om te werk…Steve vir President. ..

Melanie ·

Jaco is tien teen een iemand met “daddy” issues,
en nou is hy woedend vir alle Afrikaners. Hoop
maar die mannetjie kry professionele hulp.

Melanie ·

Jaco is duidelik iemand met “daddy” issues
en nou is hy woedend vir alle Afrikaners

Danie ·

Daar is altyd aandag soekers,want die EFF is die hele tyd in die nuus.Dit is die media wat die EFF so groot opblaas,dit is hoekom hulle 6% kon kry.Daar gaan n tyd kom wat almal net gaan begin moeg raak vir hulle.
Dit is die EFF se beleid om die plase van wit kommersiele boere sonder vergoeding af te vat.En wit kommersiele boere besit minder as 2% van Suid Afrika se totale oppervlak.
Ek se weer, enige Afrikaner wat hulle steun is n verraaier,want hy verkoop sy eie mense uit.

Gideon van Zyl ·

Ek het geen probleem daarmee dat Steve die mannetjie aanvat in ‘n openbare forum nie, en kan met gedeeltes van sy onderliggende redenasie saamstem. Ek het wel ‘n probleem daarmee dat Steve die mannetjie se denke gelykstel aan “liberale denke” en ook ‘n probleem daarmee dat “behoudende denke” as die ekwivalent van logies. Kommunisme is ver van liberaal af en het veel meer in gemeen met ultrakonserwatisme as met liberalisme.

Op ‘n manier word die werklike saak hier ondermyn deur ‘n paar terloopse klappe uit te deel na gematigdes wat toevallig nie hul motivering op ras basseer nie, maar op regverdigheid.

Frik Lotz ·

Steve,dis n uitstekend artikel wat jy geskryf het. Wel gedaan. Ja,ek het in een van die koerante gelees van die blanke student wat n lid vd EFF is. Dink hy staan ook as kandidaat vir die EFF in die studenteraadsverkiesing by Tuks. Besef die outjie die EFF wil banke en myne nasionaliseer? Weet hy hul wil die boere se grond vat sonder vergoeding? Weet hy werklik wat kommunisme en Marxisme is? Lyk my nie so nie. Keur hy die mannewales vd EFF goed of weet hy nie wat in sy eie land aangaan nie. Nee wat,bly maar weg vd EFF. Hul is beslis nie goeie nuus vir Suid Afrika nie.

Kelly ·

Die EFF was ‘magshonger’. Hulle is toegelaat tot die parlement en is nou ‘magsdronk’. Agv die klein ‘skermutselinkie’ wat hulle dmv hul bully taktiek ‘gewen’ het in die parlement , verblind hul almal en dus storm hul voort in onkunde en wanaangepaste denkpatrone. Ek verwys spesifiek na denkpatrone aangesien dit baie duidelik is dat die EFF en spesifiek ‘Jacomien Oelofse’ dink ons almal is bang vir hulle of wil soos hulle wees. Klein ou klankie van verbygaande aard. Almal soek maar aandag. Ons verstaan. Vir die Oelofse dame, dis baie duidelik dat u eintlik uit die kas wou spring en dat u die EFF as platvorm gebruik. Aandag soek is ‘n lelike ding. Byt gewoonlik terug en so. Nou wonder ek so bietjie, destyds met die Caster Semenya petalje het Mnr Malema beweer dat gay nie onder die ‘Pedi’ voorkom nie. Ek ken hom nie daai deng,but she is all woman. Toe vra hulle nou waarom trou hy nie met that ALL woman nie. Eish, she is not that kind of woman, was sy antwoord. Ek wonder oor jou
Motiewe en redes. Wees versigtig met jou standpunte en uitlatings. Suid Afrika verander te vinnig en vandag se sogenaamde Heros is more se verraaiers. EFF gebruik jou net omdat jy hulle toelaat. In hul ‘parlement’ is daar nie plek vir mense soos jy nie. Vertrou jou ook nie. Draai dan teen jou eie mense. Flip you over and do you dry! Jy is sad en onkundig. Ai tog………

Shannon ·

My vraag Steve, is : ‘Vir wie is Jaco dan veronderstel om te ondersteun ?’ Die VF met plusse ?

Danie ·

Shannon.Se jy vir ons.
Vir wie moet ons stem?Ek wag in spanning.

Y Stemmet ·

Waarom wil jy stem ? As jy vir Ta bang wil sien – onttrek jou aan sy parlement

Shannon ·

Geen minderheid stem in `n sirkus van grypers sal jou ooit baat nie. Onttrek en vestig jou eie kultuur met sy eie owerheid BUITE die R.N.E.
M.a.w. los Dok Pietie en broers saam met oom Zuma en begin weer.

jannie ·

“Om hierdie konteks werklik te begryp sal dit nodig wees vir party swart mense om iets te doen wat by wit mense miljoene jare reeds gemeenplaas is: die gewoonte om te lees”

Regtig??? – (wit(mense) lees al vir miljoene jare??

Rad ·

die probleem met open source kommentaar en briewe is dit kos niks.

Andre Jacobs ·

Ek is engels, en het hard probeer om te verstaan wat ek geless en het gesukkel. Kan iemand wat engels ken die brief in Engels skryf en vir my stuur, of op Steve se website sit. Baie dankie

Izak Fourie ·

Ek voel dat van die punte wat hier gemaak is wel gewig dra as n jong blanke man in hierdie land en boonop nog n student ook dit ek tog dat hierdie brief en die hele eff spul moontlik teveel aftrek. kry in die midia. Kan ons nie dalk die tyd en energie wat hier bestee word meer produktief aanwend nie ? Dit is nou maar net my opinie

Harry Dames ·

Mooi gestel Steve man! Rooi Pet Jaco gaan lees die eerste twee hoofstukke van Paulus se brief aan die Romeine!

Harry Dames ·

Wel gedaan Steve! Rooi Pet Jaco en sulkes, lees Romeine Hoofstukke 1 en 2 en neem dan die belangrikste besluit van jou lewe nou en hiernamaals!

kritbek ·

Eerstens, daar bestaan nie iets soos n Afrikaner nie, Dit is opgemaak. Soos julle Kleurling opgemaak en nog n anne klomp snert wat julle jul kultuur noem.. Tweedens Afrikaans is nie ‘julle’ taal nie, dus die eerste keer wat ek sien dat n colonist sy taal verander as hy n land oorvat… Daar is net een alternatief, die Khoisan het probeer Dutch praat en hul eie weergawe geskep. En daarna het die wat hulle ” Afrikaners” vandag noem dit maar net neer geskryf en suiwer gemaak. Ek se nog steeds Krotoa, of ‘eva’ soos julle koloniste haar genoem het is die eerste Khoikhoi wat Afrikaans gepraat het. Ek sal ons taal van nou af Krotoa noem.
Steve, ek dink meer witmense in die land moet begin die swart mense help… Jou voorvaders het als gevat, ons het nie titelakte nie, maar ons het bakens… nie fisies soos julle drade nie… so miskien moet jy ook bietjie jou geskiedenis gaan lees, o ja julle het dit mos geskryf, wel miskien moet jy die oral history wat ons het bietjie kom luister. ek sal jou wys hoe ons bakens uitgemeet het en hoe ons dit respek het… Daar is so baie vrae wat ek het… maar as ek wit was vandag, sou ek rerig my bes probeer het om reg te maak waar my voorvaders verkeerd gemaak het. en glo my as meer van julle dit doen, dan sal daar nie rede wees hoekom ons nou dnge moet afvat van julle nie, julle moet net leer deel…dus al

PR mc Kay ·

Djes djou djakkils , nu su prat n bek , ollewwhy frommie kypflets . Houdi dibyt wirm !

Henkst ·

Afrikaans het in 1652 nog Nederduijtsch geheet en dit was die spreektaal van die eerste blankes aan die Kaap. Nederduijtsch is ook die naam wat deur die VOC (Vereenigde Oost-Indische Compagnie) aan die taalvorm gegee is. Die eerste gemeente wat aan die Kaap gestig is, het dan ook die Nederduijtsche Gemeente van die Gereformeerde Kerk geheet.
Die Nederduitse Gereformeerde Kerk het in 1571 in die stad Emden ontstaan. Emden wat tans in die Duitse deelstaat Nedersakse geleë is, was destyds deel van Oos-Friesland. In 1579 was dit die staatskerk van die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande. In 1795 het dit onder die Franse oorheersing opgehou om as offisiële staatskerk te bestaan, maar dit kry in 1816 van koning Willem I ʼn nuwe reglement en die naam Nederlandse Hervormde Kerk. Die term Nederduits in die naam dien as ʼn voertaal onderskeiding van ander gereformeerde kerke, soos die Nederlandse, die Waalse, die Skotse, die Hoogduitse en die Engelse gereformeerde kerke.

kritbek ·

Dankie vir die informasie Henkst… Als goed en wel, .My vraag is, hoekom het dit nie Nederduits gebly nie? Ek wil weet wat het bygedra dat die taal so getransformeer het in SA… en ons geskiedenis gee die antwoord, maar dit is n halwe geskiedenis… En ek weet nie of jy n agtergrond in Linguistics het nie, maar as jy wel het, sal jy weet wat ‘pidgin’ en ‘creole’ is. Die ding is, ek vind dit baie vreemd dat tot vandag nog se meerderheid Kleurlinge gemeeskape ‘djy’ en nie ‘jy’ soos os forseer was om in skool te se nie… Daar is nog baie ander voorbeelde wat ek kan maak…

Henkst ·

Ek is nie ‘n taalkundige nie. Jy kan gerus The Story of Language deur Charles Barber lees. Nederduits is weens politiese redes na Afrikaans herdoop. Die stamboom van Afrikaans is Oudsaksies – Nederduits – Afrikaans.
Nou weet jy sommer waarom die Skotse predikante ingebring is en waarom hulle so verafrikaans het.
Die Skotte stem vandag vir onafhanklikheid, maar het ongelukkig reeds hul Saksiese taal verloor.
Die Nederlandse dialek wat nogal baie soos Afrikaans klink heet Bildts.

Pieter Louw ·

Die gemors met name soos Khoi en San is deur Prof.Gilomee geskep. Lees gesk voor Gilomee dan sal jy sien dit is Boesmans en Hottentotte of is dit polieties korrek en geskiedkundig verkeerd?

Jessie ·

Jou poging getuig van onkunde en jaloesie. Die eerste onafhanklike Afrikastaat het ook sy geskiedenis herskryf en daarmee probeer illustreer hoe hulle vir beskaafde Europeërs wiskunde geleer het, maar wie glo hulle nou eintlik behalwe hulleself en hul afstammelinge wat daarmee ge-indoktroneer is. Die term “bakens” wat jy kwistig mee omgaan kan kwalik deur iemand verstaan word wat nie kon lees en skryf nie maar wel deur wilde diere soos leeus aangewend is om hul gebied mee af te merk deur daar te urineer.

kritbek ·

Die Khomani San ( Dawid Kruiper hulle) in die Kalahari verkies om tot vandag toe nog Boesmans genoem te word, selfs in Namibia is daar n paar stamme wat verkies om Boesmans genoem te word. Maar daar ander stamme wat dit nie verkies nie, en in die algemeen beskou as ‘derogatory’ . Hottentot is nog erger… wat dit is hoe die koloniste gedink het hoe die Khoikhoi en San se taal klink a.g.v die ‘clicks’. Plus party debateer dat die koloniste gedog die inheemse mense aanbid die hotnotsgod…Maar as jy nou sal kyk sal jy sien dat in die traditionele huis is daar verskillende groepe vd Khoisan, naamlik, Korana, Griqua, San, Nama, en Cape Khoi… voorheen was daar vele meer stamme en in die boeke van Gilomee en Elphick, gee n hulle n aanduiding, maar weereens is dit ook net gedeeltelik… Ek voel net dat die government van vandag darem die Khomani San nie as Kleurling kan wil klassifiseer nie, en ek kan dit nie verdra dat die Nama taal nie n official taal in die land is nie maar dit is op os embleem. Ek is defnitief nie n Kleurling nie… want vir my beteken dit niks nie, dit se niks van wie ek is nie, vir my is dit maar net sowel die selde as om my Hotnot te noem…

Ben C ·

As n engels sprekende man, is ek baie beindruk met die artikel. Dit het n nuwe respek vir Steve gekweek. Ek het altyd gedink die ver regse groepe is nou sonder n iemand wat deep dink en beleefed en respekvol sy mening kan uitspreek.
Ek stem heeltemal saam met die meeste van sy menings in hierdie artikel. Wat van die wit grond einaars wat se grond al klaar gesteel word deur plakker stede wat oornag opkom ? As die einaar van die betrokke grond nie die geld het om die plakkers te laat uitgooi deur die howe, is sy grond kwuit ,met geen vergoeding va die staat nie.

hippiegoth ·

“As gay man is die vooruitsig van kinders moontlik en noodwendig ‘n mindere prioriteit, en daarom die toekoms oorkant die vergesig, ook maar.” – Regtig? Glo jy biologiese voortplanting is die enigste weg tot ouerskap? As jy dan “moffie” vriende het (soos jy hulle te noem), ken jy geen gay mense vir wie kinders ‘n prioriteit is nie? Ek ken gay mense wat ouers is, of wil wees, en – in my mening – die taak van ouerskap uitmuntend verrig. Ek ken ook straight mense wat ouers is, wat kinders moes aanneem weens mediese redes. Is daar ‘n verskil?

Ek dog ons is al verby daardie punt.

Andries van der Walt ·

Ek vind Hofmeyr se gebrabbel wat as intelligente kommentaar gepubliseer word, erg amusant. Ek dink hy sou net so ‘n suksesvol kon gewees het as komediant as sanger. Hy moet baie verveeld wees en baie tyd he om briewe soos die uit te dink en aan mekaar te flans. Maar hy moet maar, en met sy eie lewensgeskiedenis as agtergrond, so voortdoen. Humor is iets wat ons abie nodig het.En o-ja, nou sal ek natuurlik van alle kante af en deur Hofmeyr self aan flarde geskeur word deur te durf om kritiek te lewer. maar gelukkig sal ek weet van waar dit kom en sal ek nie slapelose nagtwe daaroor he nie.

tj ·

Ek hou van Kritbek se argumente. Dit wys dat ons elkeen ‘n behae het na ‘n eie identiteit, kultuur, geskiedenis en lewenswyse. Dit dra by tot my sienswyse dat rassisme en “pro eie gemeenskap” wêrelde uit mekaar is. Dis tyd dat ons toegelaat word / ander toe te laat om, sonder om uitgekryt,gebrandmerk,”gesideline” of vervolg te word, gemeenskappe te vorm en te ontwikkel, daarin te ontwikkel en vreedsame naasbestaan na te volg. In wese is elkeen trots waar hy vandaan kom en moet dus toegelaat word om sy eie identiteit,taal ens. te beskerm, sonder om enige ander persoon / groep te na te kom. Deur kommunuale lewenswyses toe te laat, word die idee van “jy het, omdat ek nie het nie” of, “its payback time now” in die kiem gesmoor, aangesien jy verantwoording moet doen aan jou gemeenskap en nie net aan jouself nie. Ek gun enige iemand om ‘n Rainbow, Zoeloe, Xhosa, Sotho, Tswana, Pedi, San, Nama………… te wees en uit te leef. Gun my dan net so dieselfde reg om ‘n AFRIKAner te wees, met al ons foute, maar ook prestasies van die verlede.

Elena ·

Jaco Cloete het meer moed, integriteit en hart as wat Steve ooit in ‘n leeftyd sal leer. Dis tyd dat Steve Hofmeyer dit erken en maar sy geveg voortsit met windmeule en poppe soos Chester Missing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.