Ope brief: ’n Reuse-rooikaart vir Totalsports

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het ‘n ope brief geskryf na aanleiding van Totalsports se besluit om kartonafbeeldings van die Springbokslot Eben Etzebeth uit sy winkels te verwyder:

Foto: Eben Etzebeth/Instagram

Geagte Anthony Thunström, uitvoerende hoof van The Foshini Group, die houermaatskappy van Totalsports,

Eben Etzebeth is jul winkel verbied. Sy kartonweergawe is verwyder. Dit is enkele dae voor die Rugbywêreldbeker-eindstryd. Hy speel sy hart uit vir Suid-Afrika, maar Totalsports verbied hom.

Saru het hom nie die trekpas gegee nie. Die anderkant van die saak moet eers gehoor word. Saru doen ’n behoorlike ondersoek onder leiding van ’n oudregter. Hulle sê Etzebeth is onskuldig tot hy skuldig bevind is.

Saru sê verder: “Ons kan nie net ’n speler skors nie. Wat dan as dit oor ’n paar weke blyk dat hy onskuldig is?”

Die Springbokkaptein Siya Kolisi sê Eben gaan speel.

Nie Totalsports nie! O, nee, hy moet die trekpas kry, want dalk gee hy kliënte aanstoot.

Julle skryf dat julle sport doen en nie in omstredenheid gewikkel wil wees nie. Julle sê julle kies nie kant nie en oordeel nie, en dan verwyder julle vir Eben om almal, volgens julle, gemaklik in die winkels te laat voel. Julle skep omstredenheid, kies kant, vel ’n oordeel en laat ’n groot deel van jul kliënte vervreemd voel.

In die Etzebeth-saak het die omstrede waarnemende regshoof van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK), Buang Jones, Etzebeth tydens ’n gemeenskapvergadering, aangekla, skuldig bevind en gevonnis.

“Eben is daaraan gewoond om met moord weg te kom,” het Jones gesê. Hy sê ook dat Etzebeth in ’n sel in Langebaan hoort, en vele meer.

Suid-Afrika se Eben Etzebeth vier ‘n oorwinning saam met sy spanmaat, RG Snyman (4 Oktober 2019) (Foto: AP Photo/Shuji Kajiyama)

Dit het later geblyk dat hy al die uitsprake gemaak het nog voordat die slagoffers hul verklarings afgelê het, voor Etzebeth sy kant kom stel het en voor daar enige billike prosesse gevolg is..

Nuwe politiek korrekte regsreëls word geskep. Die een kant van die saak is genoeg. Jy is skuldig op grond van hoe jy lyk. As ras beweer word, is daar nie reëls nie. Dit gaan nie oor jou skuld nie, maar oor hoe mense voel. Die waarheid mag nie in die pad van populisme staan nie.

Dis ’n nuwe soort boendoereg (ook genoem Lesufi-reg) wat buite die reg ontwikkel. Die gevaar is dat dit later die reg word.

Die gemeenskap begin later die boendoereg bevestig, want hulle is bang vir ʼn “gepeupel”.

Deur Eben te verwyder het Totalsports die boendoereg bevestig. Hy is nooit deur enige proses skuldig bevind nie, maar hy moet weg. Hy gaan dalk aanstoot gee. Dit gaan nie oor wat hy gedoen het en of hy dit gedoen het nie; hy moet net weg, want dit is polities korrek om dit te doen.

Dít het aanstoot gegee, nie net onder wit Suid-Afrikaners nie, maar onder almal wat aan basiese regsreëls glo.

Selfs die MRK het Buang Jones oor die vingers getik omdat hy te vinnig geskiet het, maar Totalsports sê Etzebeth moet weg.

Sonder om ’n oog te knip, val Totalsports in by reëls van die boendoehof. Hierdie reëls is egter nie die reëls van die meeste kliënte wat by julle koop nie. Die meeste van hulle, swart en wit, is bloot goeie mense wat sport wil beoefen en wat glo aan reg en regverdigheid.

Hulle is moeg vir dubbele standaarde met rassisme, dik vir vals rassisme-klagtes en siek en sat vir die blitsige rashowe. Hulle wil dit nie sien in die winkel waarheen hulle vir ontspanning gaan nie.

Siya Kolisi en Eben Etzebeth (links) verlaat die veld saam met die ander spelers na hul oorwinning oor Wallis. Foto: (AP Photo/Mark Baker)

Natuurlik is dit jul reg om uit jul winkel te verwyder wie julle wil. Kliënte het ook die reg om te koop waar hulle wil.

Wat daardie aand in Langebaan gebeur het, weet ek nie, maar Totalsports weet ook nie. Wat ek wel weet, is dat Etzebeth se weergawe van die aand totaal anders as die klaers s’n is. Ek weet ook dat daar verskeie prosesse is om die waarheid te bepaal. Ek gaan nie die uitkoms vooruit loop nie, want ek weet nie. Ek weet egter wel dat Eben onskuldig is tot hy skuldig bevind is.

Terwyl die Springbokke Suid-Afrika se bankvaste steun verdien, besluit ’n sportwinkel om dae voor die eindstryd omstredenheid rondom die Bokke te voed.

Politieke korrektheid is soms ver van die werklikheid.

Saterdag gaan Eben Etzebeth uit Totalsports se winkels wees, maar in miljoene Suid-Afrikaners se huise. Hulle gaan juig as hy ’n lynstaanbal afvat. Miljoene, swart en wit, gaan hulle kele hees skree vir Eben en al die ander spelers in hulle huise. Hulle gaan nie ras sien nie, maar rugby.

Julle het ’n fout gemaak, Totalsports. Vra om verskoning en maak dit reg.

Groete,

Dirk Hermann,
Bestuurshoof van Solidariteit

 

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Dirk Hermann

Dirk Hermann is die bestuurshoof by Solidariteit.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

98 Kommentare

Naas ·

Dirk, baie dankie. Jy slaan die spyker op die kop. Koebaai Totalsports.

Lizelda ·

Totalsports moet maar dieselfde paadjie as SPUR en d DA stap…

Hannetjie ·

Moenie vergeet dat Foshini deel is van daai groep nie. Vermy daai winkels. Hulle soek nie ons besigheid nie

Hannetjie ·

Moenie vergeet dat Foshini deel is van daai groep nie. Vermy daai winkels. Hulle soek nie ons besigheid nie. Go BOKKE

Eric Effing ·

Kom op allemaal, het gaat om de ongelooflijke eer die de Springbokke gaan verdedigen. De sport verenigt ons. Bij ons wappert de Zuidafrikaanse vlag, en we zijn nu al nerveus voor morgen. Wij rechten onze rug voor SA Rugby span! Groete, rugbyondersteuners van Goor, Nederland.

Wielspore ·

Totalsports = Toe beursie
Nou het julle sports van jul eie!

Stephan de S ·

Baie goeie artikel wat die waarheid baie doeltreffend uiteensit. Mag dit mense help dink oor die lewe en nie net alles aanvaar waarmee die media met ons koppe smokkel nie.

Linda ·

leer besighede nie……spur…miway ens. Kan enige besigheid in hierdie ekonomie tyd sulke kanse vat. NO more foschini group shopping
go Eben…speel jou hart uit. Jy word ook in Langebaan ondersteun

Laetitia ·

Ek is nie van plan datTotalsport my naweek gaan bederf met hulle snert nie. Staan bankvas agter Eben.Go Bokke!!

Hennie Dreyer ·

Totalsports sien my nooit weer nie, nes Spur.
Hoe begin mens ‘n petisie lys om Totalsports te boikot?
Ons moet begin sterk staan teen hierdie tipe nonsens

Reg ·

Ek wou nog vir my ‘n rugbytrui gaan koop by Totalsports voor saterdag se indstryd. Hulle kan maar hulle truie ook uit die winkel haal vir al wat ek omgee. Dan koop ons maar die swart mark produkte langs die pad. Boikot alle Foshini Group winkels…..Nie net Totalsports nie

Joan Strydom ·

Ek stem saam. Totalsports saam met die Foschini sien my nie.

Siener ·

Ek sien in die toekoms dat Total Sport se boeke nie klop nie.
Total Sport winkels maak toe en mense verloor hulle werk agv swak besluite deur die Total Sport bestuur.

Vera du Toit ·

Ja nee, was nog nooit ‘n Totalsports ‘fan’ nie, want diens by die takke waar ek al was, bestaan nie. Verseker sal ek nie weer my voet in hulle winkels sit nie. En dankie Dirk, dat jy sê wat baie van ons dink.

Betsie ·

Hul diens was nog altyd in elk geval uiters swak. Koop lankal nie meer daar nie. O, en nou is Foschini ook taboe. Goeie bemarkings strategie van hulle af. Lol.

Pierre ·

Gaan lees ook ñ berig in News24 wat deur Steve Tshwete se seun geskryf is dan besef jy vir eens en altyd dat daar nooit versoening in hierdie land sal wees nie. Kyk mooi hoe alles altyd terug gegooi word na ñ minderheidsgroep wat blykbaar soveel vrees inboesem dat alles gedoen word om hulle te vertrap. Nie Totalsport of Tswete se seun dra by om hierdie land te verenig nie. Ek dink onwillekerig aan ñ gedig op skool wat ons moes leer, ” Daar het ñ doringboompie vlak by die pad gestaan……..daarom het my wiele jou kroontjie plat getrap….Langsaam het die boompie weer opgestaan….” Is dit nie waaroor die vrees gaan nie, dat hierdie minderheid weer op sal staan en ñ mag word om mee rekening te hou nie. Geen besigheid of individu gaan my ontneem van wie ek is nie, ek is wie ek is. Ek ervaar vanoggend ñ ander gees van samehorigheid in my werksomgewing, wat die teendeel spreek van al hierdie negatiewe publikasies, en dan besef ek dat dit dalk ñ klein groepie is wat nie versoening will sien nie.

.

My mening ·

Nog n winkelgroep wat ek nie weer sal ondersteun nie. Ek weet dit maak finansieël en op geen vlak n verskil aan hulle nie, maar ek sal tonne beter voel om te weet ek ondersteun hulle nie meer nie.

Hendrik ·

Ek dink Totalsports het vir hulle n gat gegrawe waar hulle moeilik gaan uit kom. Maar ja hulle sien my nooit weer nie

Flaffie ·

Totalsports maak nou sports – tree op soos ‘n trop honde !!

Flaffie ·

Skuus Oud Aanklaer – ek stem volkome saam jou. Ek trek onvoorwaardelik my woorde oor die honde terug :)

No more Total Sports ·

Ek is op die “No more Total Sports / Foschini group” , dit is nie ligtelik besluit nie, maar ek stem 100% saam met Dirk Hermann. Daar word onskuldige kinders en mense gemoor en hulle steur hulle aan kroeg stryery. Steek eerder jul hand uit en help minder bevoorregte mense en neem standpunt in teen boelies, gesinsgeweld etc

charmaine ·

Wonder nou net of Totalsport ook die rugby gaan kyk en saam skree??

Dorothy ·

Baie goed gestel en dis die waarheid – Total Sports het baie goeie kliente verloor…ek en my kinders en familie sal nooit weer enigiets daar koop nie

ursula ·

Nee wat die truie langs die pad is baie goed koper en die persoon maak ook so ietsie uit dit.

PJN ·

Dankie Dirk. Hoe kan n speler hom sielkundig voorberei vir ‘n eindstryd as daar soveel omstredenheid om sy kop woed. Die mense wat sulke valse aantuigings maak was die aand in Langebaan onder die invloed van drank. Hoe kan hulle geloofwaardige getuienissse wees en valse aantuigings maak as jy nie by jou volle positiewe is nie. Sterkte Eben ons staan agter jou en die Bokke.!!

Hendrik S. ·

Het jy die foto gesien van die klaer met al die daggaplante in die agtergrond?

Cobus ·

Ek het hierdie week By Total Sports ingestap vir die eerste keer in my lewe om n paar stapskoene te koop. My ondervinding was as volg;
Geen diens . Al het daar n paar rondgestaan het niemand diens aangebied nie.
Swak kwaliteit teen hemelhoe pryse.
Al was dit nie vir Eben nie, sou hulle my in elkgeval nooit weer gesien het nie, nou nog minder

Sirkus ·

Geen mens of instansie het my respek as hulle nie hou by wat die reg stelsel verklaar nie: Jy is onskuldig tot skuldig bevind word.
Totsiens Totalsports…
Totsiens foshini groep…
Totsien Anthony Thunström…

Anoniem ·

Hier op Nylstroom is dit ” hello anybody home” by Total sports

Gee daai bek jêm ·

Dirk Hermann verwoord wat ek voel 100%. Ek hoop die Etzebeth saak gaan die keerpunt wees. Die nonsens moet end kry dit is ‘n reuse verleentheid vir Suid-Afrika.

Sandy ·

Dirk, mooi gese. So ‘n bek kort jem, soos my ouma altyd gese het.

Tanya ·

“Vra om verskoning en maak dit reg” – ek stem met alles saam behalwe die sin, geen verskoning gaan dit regmaak nie – los die verskoning, dis te laat. Vergewe en vergeet gaan nie hier vir my werk nie.

aj ·

Wys ons Anrhony Thunström se gesig …!

Wil weet waarheen om my pruimpie te spuug !

Anoniem ·

Sal dankbaar wees as die saak opgeklaar word.
Go Eben!!! Dankie dat jy jou hart uit speel vir Suid-Afrika ten spyte van alles.
Go Bokke!!! Saterdag sal ons weer lekker skree vir julle!!!

Katryn ·

Nee wat..gaan hulle nou regtig nie mis nie. So bly ek het net voor die hele commotion ‘n pragtige foto van my by Eben (plakkaat) laat neem. Baie trots daarop

Scalla ·

Op ons plattelandse dorpie het ons gelukkig nie so n winkel nie en indien Totalsports sou belangstel om een te wil open in die toekoms, hul is nie welkom nie, ons reel sommer ons eie Sports.

Tiger ·

Gelukkig hoef ons gladnie in ‘n Totalsports winkel OF Foshini tak in te gaan vir wat ons wil/moet koop nie.
Sterte Totalsports en Foshinigroep – julle GAAN dit nodig he vorentoe.Kyk mooi wat met Spur se omset gebeur het in 2 jaar.

Pierre ·

Dit is regtig ñ hartseer dag wanneer besighede hulself by ñ geding inmeng sonder enige feite. Dit is duidelik dat die massas in die land meer vir besigheid beteken as die waarheid. Dit is swak gees om dit te doen, veral op die vooraand van ñ finaal waar ons as land moet verenig. Ek aanvaar dan seker ook dat hulle die massas ook lei om vir die Rose te skeep in plaas van die Bokke. Dit is hierdie mense wat ñ land in twee skeur. Ek hoop uit my hart uit dat Eben hierdie rondte met ñ volstrekte meerderheid gaan wen.

a ·

Enige aap wat 1 + 1 kan tel weet hoekom daai sogenaamde 4 eers na ‘n maand hul verklarings afgelê. Hulle wou eers seker maak al 4 lieg saam die selfde storie

Ilse van vuuren ·

Glo my, as hulle in die hof staan kom hul stories nie ooreen nie

Dawie Wandrag ·

As ons eerlik is met onsself, moet ons erken dat ons aannames en vooropgestelde idees soms verkeerd is, en daarom is ons interpretasie van gebeure verkeerd. Dit veroorsaak dat ons oorreageer, dinge persoonlik neem, of om mense onregverdig te veroordeel. Totalsports het bogenoemde vervolmaak en hulle skuld vir Eben en die Springbokke ‘n publieke verskoning om so ‘n vermetele /patetiese ding te doen op die vooraand van die Wêreldbeker finaal.

Annoniem ·

Ek bly in Langebaan. Jy is n algemene gesig hier by ons. Eben onthou mense gaan jou uitlok. Hulle soek geld en dan die ander vraag…hoekom noem ons tuindienste mekaar daardie naam. Hulle roep hul eie manne op daardie naam. Dit is so snaaks vir my. Ek verstaan dit nie. Maar dankie ou seun dat jy ons land verteenwoordig. En so goed ook. Seënwense vir ons dorpie en sy mense.

Henry ·

Skitterende skrywe!

Enigste gedeelte waarmee ek nie saamstem nie, is die heel laaste sinnetjie wat lees:
“…Vra om verskoning en maak dit reg.”

My huis se mense is netsoos ek, laaaaankal siek en sat vir die onregte wat hierdie droewe land se regime, hul ondersteuners, Politiek Korrekte (PK) besighede en hul sakelui, onophoudelik teenoor die wit bevolking in die algemeen en Afrikaners in besonder, pleeg.

Verskonings se wat ookal!!!*

Mnr Hermann is egter ‘n veel hofliker persoon as wat ek is, daarom verkwalik ek hom nie. “Each to his own”, soos my slim Ma gewoonlik versklillende opinies/optredes hanteer het.

Maar Totalsports, Foschini, Spur en die res van die kaboedel se ‘verskonings’ is laaaankal nie meer vir my aanvaarbaar nie. Hulle sal ook nooit weer vir my of enige van my huis se mense, pelle en familie in hulle bedrywe te siene kry nie, al verskoon hulle hulself tot binne in oorle’ Oom Daantjie se kallerhok in.

*uiters teensinnig self gesensor.

Oorhstig, kort denkend ·

Aaaah nog ‘n groep wat besluite neem voor die brein uit “neutral” verskuif is.

Ek stel voor almal bly weg en kyk hoe vaar die kleinhandelaar, klein denkende groep sonder ons ondersteuning en die rugby mark.

Lindtjies ·

Totalsports julle het heel duidelik nie uit die Spur se foute geleer nie. En julle pryse is in elke geval so belaglik dat mens nie by julle wil koop nie. Daar is baie ander sportswinkels wat ons kan ondersteun.

Boet Fasie ·

Koebaai aan Totalsport en sommer Fochini ook , kry vir julle wat kom

oeps ·

Nogal snaaks dat die Foschini Groep die mense is wat ons jare gelede geleer het dat daar net een baas is-die klient. Hy kan jou enige dag in die pad steek deur sy besigheid weg te neem na ‘n ander maatskappy. Wel, hulle het dit so pas gedoen!

Marita ·

Dirk Herman … “give that man a Bells” ! Totsiens Foschini groep!!!!

Total Oops ·

Hulle het nou totaal vir hulself ‘n klomp sports veroorsaak. Hehehe

Leon ·

Goed gestel Dirk, jy vat waaragtig raak – weereens.
Gaan dit ook nou beteken dat elke keer wat Eben die bal kry Saterdag, sy klaers gaan wegkyk, of stilbly, terwyl die land juig en skree.
En wat nou as die einste Eben die wendrie druk, sou dit sou wees? Gaan hulle dan sê die wedstryd is nie regverdig nie, omdat ‘n wit ou die drie gedruk het???

Bamsie ·

Ek het al 2x aankope by Totalsports gedoen. Die diens was nie vir my sleg nie, maar nou sal ek nie weer soontoe gaan nie. Omdat n swart regter al in 2012 skuldig was aan bewese rassime en nou nog nie gestraf is., maar die wit rugby speler is by voorbaat skuldig.

Frik ·

Ek gaan beslis nie my stem hees skrou vir die Kwotas nie. Lankal opgehou om SA sport te ondersteun.

Kobus ·

MM lesers wat die finaal op TV kyk gaan seker op SABC inskakel. Hopelik het julle wel TV lisensiegeld betaal.

Gina Beanie ·

Ek het nuwe tekkies nodig, gaan dit beslis nie by Totalsports koop nie. Hoe belaglik het hulle nou hul naam gemaak…

Johanna Botha ·

Hulle gaan nog verskoning moet vra …voortydig die total sports

Gerda ·

Die vraag is: WIE by Total Sports het hierdie besluit gemaak? Ons soek die naam en die gesig! Nou moet die hele maatskappy daaronder lei. Vat die werklike skuldige vas! Wys ons daai gesig!

Vonnie ·

Ek het ook sommer klaar besluit ek sal nie weer by TS koop nie. Net ingeval hulle dalk verkeerd was.

Peet ·

Dankie vir die brief
Ons is een land maar Total Sports probeer om ons op te breek
Dit is hoogtyd dat ons hulle vasvat

Christine ·

Net ñ paar woorde uit ons Volkslied …
” Sounds to call to come together,
And united we shall stand,
Let us live and strive for freedom,
In South Africa our land…”
Nou ja die meerderheid van ons veelkleurige reenboog nasie probeer ons bes om daardie reël te handhaaf en met groot sukses ek moet sê, dan kry jy ñ handjie vol gekke wat hul verlustig in verdeeltheid soos Total Sport en diesmeer.
Besighede Besin voor bankrotskap jul in die oog staar. Onthou net koopkrag lê by JAN PUBLIEK en NIE by PIET POLETIEK nie. My eenvoudige afleiding is soos volg:
JAN PUBLIEK STAAN BANKVAS AGTER EBEN ETSEBET, LAAT REG EN GEREGTIGHEID GESKIED !!
“Skoenmaker hou jou by jou lees”
Total Sport hou jou by jou besigheid … Jan Publiek koop nie Poletiek nie, hulle koop Produkte en Lewensmiddele!!
GO BOKKE GO !! ONS VIR JOU SUID AFRIKA !!

Annoniem ·

En daar sê absa ook totsiens vir afrikaans. Hoe sleg. Maar hul soek afrikaaners se geld. Totsiens …..

Gesiggie ·

Sies Total Sport, SKAAM JULLE! Ons gaan julle nooit weer onderdteun nie. Go Bokke!!!

Total pic ·

Sportmanne en vroue kan getuig van die aantal kere wat hul moet ligloop vir mense wat enige tipe aantuigings sal maak vir n oomblik van roem. As dieselfde aantuigings gemaak is teen byvoorbeeld myself, nie n publieke figuur nie, sou dit dalk slegs Facebook gehaal het. Maar as jy sulke aantuigings maak teen n professionele rugbyspeler, reg voor die wereld beker, gaan dit Mos elke voorblad haal.

Ek Ken nie die waarheid nie maar weet dat mens eers deeglik ondersoek moet instel alvorens iemand skuldig bevind word.

Ek wonder hoeveel sportsmense se fotos gebruik Kon word as ons AL die aantuigings teenoor elke sportman en vrou dadelik, sonder ondersoek, moes glo.

Duidelik verstaan Totalsports nie die “Total Picture” nie.

Alida ·

Ek is nie ‘n sportiewe persoon wat normaalweg sporttoerusting by Totalsports sou koop nie, maar ek het redelik gereeld by Foschini gekoop. Die belangrike woordjie hier is HET. Daar is oorgenoeg ander winkels om by te koop.

Anoniem ·

Nee Charmaine, ek het so ‘n vermoede Totalsports gaan die Bokke boikot omdat Eben Etzebeth in die span is.

JC ·

Totalsports welkom by my sanksie lys. Julle is in elk geval te duur en bied swak diens.
Gaan julle glad nie mis nie.

Bok ·

Puik gestel, Dirk! Ek stem heelhartig saam met jou!! GO BOKKE!

Feite ·

Dit is so hartseer dat die kommentators op hierdie sosiale platform hoek en sinker val vir Dirk Hermann se lafhartige ideologiese hantering van uitdagings. n Mens se gesonde verstand se vir jou dat enige individu of besigheid sal swig voor die druk en intimidasie wat deur n boendoereg met staatsmag, op hulle afgedwing word. Total Sports is nie die uitdaging nie mense! Dit is die boendoereg met die staatsmag wat die uitdaging is en indien jy ruggraat het dan val jy die boendoehof aan, jy val nie die slagoffers aan nie, wie in hierdie geval, beide Total Sports en Eben is. Dirk Hermann moet dus net vir eenkeer in sy lewe n bietjie buite sy ideologie dink en ruggraat wys en beide slagoffers beskerm deur die boendoereg met hulle “mag” aan te val. Dit getuig van n ideologiese engheid en verknogtheid wanneer mense nie buite die “boks” kan dink nie!

DewaldS ·

Jy string ‘n klompie woorde en sinne hier aanmekaar en hoop dan dat dit intelligent sal klink.

As Totalsport nie ‘n kant gekies het nie, was hulle mos nou nie ‘n ‘slag-offer’ nie. Stille diplomasie, konsentreer op jou eie besigheid en gaan aan met jou dag-taak – daai is dinge wat nie wat die ego voed nie, maar DIT is intelligente optrede…

Dirk Breytenbach ·

Feite, jy verstaan duidelik nie wat hier aan die gebeur is nie. Jy verstaan nie regverdigheid nie en jy beledig vir Dirk omdat jy op sosiale media kan gal afgaan sonder gevolge, myns insiens is dit lafhartig. Staan eenkant toe daar is mense in die land wat respek het vir vir hul mede Suid Afrikaners en graag wil bou aan ‘n verenigde nasie wat respek vir diversiteit het. Almal kan sien wie jy eintlik is, jou woorde spreek boekdele, ons het jou nie nodig in Projek SA nie.

Kerneels ·

Dirk, almal is geregtig op ‘n opinie, ongeag of jy daarmee saamstem of nie. Hermann kan homself verdedig. Die wêreld sal vervelig wees en stagneer indien almal oor alles saamstem. Terloops, die DA is die enigste party wat die potensiaal het om diversiteit te bevorder.

Antie ·

Eben, dagvaar die 7 soorte wit waks uit hulle wanneer jy terug is!

Petrus ·

Besighede is onder enorme druk om almal gelukkig te hou en dan ook geld te maak. Hulle het ‘n dilemma en verdien meer simpatie.

Gert ·

Nee. Meeste lewer swak diens, swak produkte en verkul die verbruiker. Dit is juis die “groot” name wat skuldig is en nie ondersteun moet word nie.

Wingman ·

Gert, jy verwar nou bloot swak besigheid met politieke en sosiale druk.

Marinda ·

Sportmans Warehouse julle sal nou meer voorraad moet aanhou….

judith ·

Eben , al stoot wat jy sal gee is die een in die skrums ( verseker nie aanstoot nie) dit maak my so siek! verseker is dit weer een wat NIKS VAN RUGBY AF WEET NIE… KYK SEKER ROL BAL!!!!BOKKE BO!
geniet almal wat rugby kyk en weet wat is RUGBY – BOKKE BO!!!!!!!

Louis Botha ·

Hulle naam pas heeltemaal………TOTAL (waste of time).

Henry ·

Including @home, @homelivingspace, American Swiss, Charles and Keith, Colette, Donna, Duesouth, Exact!, Fabiani, The Fix, Foschini, G-star Raw, Hi, Markham, Mat & May, Next, Sodabloc, Sportscene, Sterns and Totalsports store.

NetMooiMoeg ·

Which stores belong to the Foschini group?
Including @home, @homelivingspace, American Swiss, Charles and Keith, Colette, Donna, Duesouth, Exact!, Fabiani, The Fix, Foschini, G-star Raw, Hi, Markham, Mat & May, Next, Sodabloc, Sportscene, Sterns and Totalsports store.

Derek ·

Total Sport/Foschini het met sy lafhartige optrede hier ‘n lat vir sy eie bas gepluk. Sou die aanklagtes teen Eben vals wees, kan die skade wat aan Eben se persoonlike en professionele beeld berokken is nou baie meer akkuraat bereken word – ek vertrou dus dat hierdie maatskappy se naam mettertyd by die lys van aanspreeklikes gevoeg sal word.

Feite ·

@DewaldS. Jy kies kant wanneer jy n keuse het. In Total Sports se geval het hulle nie n keuse om te kan kant kies nie, omrede hulle deur politieke inmenging afgedreig word. Wanneer n persoon of organisasie afgedreig of afgepers word en jou besigheid se oorlewing hang daarvan af, dan het jy nie veel van n keuse nie en dit maak van jou ook n slagoffer! “Ek neem aan dat DewaldS nog nooit voorheen in sy lewe homself in so n situasie bevind het nie”. Die kruks van die saak is egter dat dit net n lafaard is wat slagoffers aanval in plaas daarvan om die intimideerder met sy politieke mag aan te val. Dirk Hermann is “killing the messenger”!

Swanna ·

Van oggemd lees op een van die nuus gedeeltes op hierdie web blad dat ‘n sekere dame vergoeding ontvang het nadat sy afgedank is nadat sy ‘n sekere persoon ‘n aap genoem het wat ek dink baie van sal graag wil doen en ewenwel in die stilte doen in elk geval. Maar my punt is wanneer winkels lewens grootte karton weergawe plaas soos Etsebet vir advertensie, is hulle nie verondertsel om goedkeuring te kry en ook gelde te betaal vir die adveteering? As dit so is dan kan Etsebet hulle aanspreek daaroor. Ek glo jy kan nie net sulke advetensies misbruik nie. Vra maar net.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.