Ope brief: ‘Plaasmoorde is harde en brutale werklikheid’

Argieffoto: AfriForum Jeug

Argieffoto: AfriForum Jeug

Aan:

Die agbare president van die Republiek van Suid-Afrika
Die agbare adjunkpresident van die Republiek van Suid-Afrika
Die agbare kabinetsministers van die Republiek van Suid-Afrika
Die agbare adjunkministers van die Republiek van Suid-Afrika
Die agbare lede van die Nasionale Raad van Provinsies van die Republiek van Suid-Afrika
Alle agbare parlementslede van die Republiek van Suid-Afrika

Afskrif aan:
Die Suid-Afrikaanse media
Die internasionale media
Alle burgers van die Republiek van Suid-Afrika

Die einde van die jaar is die tyd wanneer die aantal plaasmoorde getel word. Dit bly ʼn negatiewe beeld van wat besig is om in die land te gebeur. Dit is brutaal en onbeskaafd! Wanneer die nuwe jaar aanbreek, is daar die versugting dat dit miskien beter sal gaan, hoewel daar ook die ongemaklike wete is dat dit waarskynlik nog slegter kan gaan.

Kommersiële landbou kyk al vir jare na die parlement vir ʼn oplossing van die probleem van plaasmoorde. Die parlement het die afgelope jaar vir ure en weke Nkhandla-Nkhandla gespeel. Partye het mekaar oor die vloer geïntimideer, uitgedaag en by die venster uitgekyk as besluite geneem moes word.

Daar is geen bespreking gevoer of besluite geneem wat die probleem van plaasmoorde kan oplos nie. Kommersiële landbou kyk in afwagting na die parlement vir stellingname en aksie, maar daar gebeur niks. Die konstitusie waarop die hele politieke stelsel berus, spreek tog duidelik. Die mens het die “reg op lewe” (art. 11) en in art. 12 word die “sekerheid van persoon” bevestig. Vry van enige vorm van geweld 12(c) wat impliseer dat niemand gemartel mag word nie 12(d).

Het ons in Suid-Afrika by die punt gekom waar die parlement nie meer die toepassing van die grondwet kan waarborg nie? Want met ʼn plaasmoord verdwyn die “reg op lewe” wanneer mense gewelddadig om die lewe gebring word en waar marteling dikwels deel is van die proses.

Moet kommersiële landbou maar weer eens die parlement hoflik vra om dringende aandag aan die saak te gee of het die tyd nou gekom om sekere goed reguit te begin sê? Om te herbevestig wat tydens ons TLU-SA-kongres gestel is: Nou word ʼn streep in die grond getrek! So kan dit nie voortgaan nie!

Plaasmoorde is nie maar net ʼn saak wat met die minister opgeneem word vir sy aandag nie. Vir kommersiële landbou is dit ʼn harde en brutale werklikheid. Mense word in die proses doodgemaak, gesinne word opgebreek en produksie-eenhede word beskadig – dikwels onherstelbaar! Eventueel bedreig plaasmoorde die voorsiening van kos op die tafel. Dit is daarom dat ʼn streep in die grond getrek moet word. Dit is nou die voortbestaan van die demokrasie – of nader omskryf – ʼn beskaafde samelewing wat nou bedreig word.

Indien die parlement dit nie verstaan nie, dan is dit die tyd om dit nou reguit te sê.

  • Kommersiële landbou het die vermoë, kundigheid en wil om ʼn stabiliserende rol in die platteland te speel. Kommersiële landbou kan help voorkom dat die provinsies en plaaslike munisipaliteite verder in duie stort.
  • Kommersiële landbou is gewis die grootste bate van kundigheid waaroor die land beskik. Tog word die bedryf hanteer asof dit ʼn ongewenste politieke aanhangsel tot die partypolitiek is, wat liefs nek omgedraai moet word. Kommersiële landbou – 36 000 boere – produseer 95% van die kos wat elke dag op die tafel kom vir ʼn bevolking van 50 miljoen. Dit is nie ʼn aanhangsel nie; dit is ʼn sleutelbedryf! Wie ook al hiermee peuter, soek vir groot moeilikheid.
  • Vir die ANC-regering en die gesprek in die parlement gaan landbousake oor die herverdeling van grond. Die regering wil grond herverdeel, maar stel nie in die kundigheid belang nie. Dit is ʼn resep vir ʼn nasionale ramp.
  • Ons kry die indruk dat die politieke amptenare nie altyd opgewasse is vir hulle taak nie. Ondeurdagte politieke stellings word opgeblaas en niemand het die vaagste benul oor die implikasies van daardie uitsprake nie. Hou maar dop: Wanneer voedseltekorte kom en kospryse begin styg, dan volg sosiale onrus. Dan skuif die probleem vanaf die plaas na die dorp en die stede. Wanneer die mielieoes swak is, gaan die amptenare se motors eventueel aan die brand gesteek word.
  • Die parlement se huidige hantering van kommersiële landbou is ʼn strategiese fout. Ons is nie die vyand nie. Ons bly steeds bereid om te praat, maar moet ons nie uitnooi om te kom praat oor ons eie ondergang nie.

Die uwe

Louis Meintjes

President: TLU SA

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Gert Strydom ·

Ek is nie ‘n boer of landbouer nie maar my kinders is een van daardie 36 000 boere. Dankie vir die moed en oortuiging om die streep te trek. Daardie streep moet egter nou sigbaar getrek word, anders lag hulle in die Praathuis net die boere uit. Soos net die hoof induna dit al soveel maal in die verlede gedoen het. My voorstel bly nog steeds, maak die paaie toe met die stropers en trekkers wat nou onproduktief op die plase staan. Sluit die N3 by Van Rheenen en die N11 by Majaba. Skielik gaan die lorries vanaf die KNZ kus staan en word dit moeilik om alles via. Bloemfontein te herlei. Op die manier sal julle die aandag kry wat nodig is. As die studente dit kan doen, kan ‘n klein gedeelte van ons 36 000 boere dit seker ook doen. Vir eens in die lewe van die landbouers en ons gewone mense, staan saam en gedeeltelik sluit die paaie.

Therese van Schalkwyk ·

Ek is ook nie ‘n landbouer nie, en nie eers in SA op hierdie oomblik nie, maar so wragtiewaar, dis nou of nooit. ‘n Mens is sprakeloos van magtelose woede met die lees van elke plaas- en dorp of stadsmoord. Dit is lánkal tyd om die streep te trek en te sê tot hiertoe en níks verder. By die tweede, derde moord op onskuldige lede van die blanke minderheidsgroep was dit al tyd om ruggraat te wys en halt te roep. Dat dit meer as 20 jaar gevat het, is ‘n klad op ons naam en amper ongelooflik. Geen beskaafde, trotse groep mense (ek is te polities versigtig om van ‘n volk te praat) sou stilswyend en apaties toelaat dít wat daagliks in SA gebeur nie; ‘n minderheidsgroep wat genadeloos deur die meerderheid uitgewis word.

Gert Strydom is reg, iets ingrypends is nodig wat internasionaal opspraak verwek. Franse boere doen dit bv. gereeld oor veel minder belangrike sake en stel hul standpunt hard en duidelik vir die wêreld om te sien en hoor. Niemand anders gaan dit vir ons doen nie.

charmaine ·

Ek ondersteun Gert se kommentaar. Die streep moet duidelik gemaak word tot dusver was dit nog net n BLOEDSTREEP.

DB ·

Moeilik om wolf te stuur om die ander wolwe te keer om die skaape te vang

Omgekrap ·

Trek ‘n duidelike streep. Trek hom soos die ander burgers van die land strepe trek. Trek hom so dat almal dit sien en hoor en voel. Trek daardie streep op hulle manier sodat hulle dit kan begruip.

BOERE, trek die streep met ‘n staking.

Moenie plant totdat julle nie aandag kry nie.
Moenie vee verkoop vir slag totdat hulle aandag gee nie.
Laat die produk vrot op die lande.
Brand dit af.
Bring die land op sy kniee.

Kyk hoe lank dit vat voor die wêrekd luister.

Marous ·

Harde woorde …. maar waar! Die regering het GEEN simpatie met plaasaanvalle nie!

Plaasbrak ·

Ek stem saam,
Georganiseerde staking sal dinge laat gebeur……………….

vermeende ·

Dit het 21jaar geneem vir iemand om te se genoeg is genoeg maar die vraag is, is dit regtig genoeg om nie die streep te skuif soos vele al gedoen het nie?
Ek voorsien dat die een ook maar net praat is want hy se duidelik dat ons nie die vyand is nie en “kom praat met ons” Die deur word duidelik oop gelos vir die eindelose onderhandelings!
Nee, jy trek die streep en jy staan jou man en as daar besluit word dat daar gestaak word dan forseer jy die daat af op die buurman wat skelm kool en melk aanry na die honger klomp toe.

Mense besef nie sleg dit werklik gaan met die moorde nie en hulle kan nie onthou hoe goed dit was voor 94 nie.
In die hele apartheid era was daar ‘n gemiddelde moord syfer van 170/jaar en dit sluit die geweld van die 80’s in.
In dieselfde tyd het die polisie ‘n oplos syfer gehad van swart moorde 7?% en blanke moorde 9?%. Ek het ongelukkig die presiese persentasies vergeet maar dit was in die 70 en 90 persent.

Van 94 af het ons ‘n gemiddelde jaarlikse moord syfer van 24 000/jaar.
Wat die oplos syfer vandag is weet nugter alleen want die regering het ‘n moratorium daarop geplaas en hoogs geheim geklassifiseer.

As jy weet hoe die eerste vryheidstryd begin het dan sal jy weet. Een boer het sy streep getrek toe hy aangese is om sy ossewa te skuif, hy het sy man gestaan en die eerste boereoorlog het gevolg.

Johannes ·

Is die afrikaner volk van vandag (21 ste eeu) nog steeds dieselfde, of het die jare van Engelse en liberale wetserse invloede ons rugge gebreek. Ek kan onthou van ‘n land waar alles gewerk het, hospitale van wêreld gehalte, die Rand wat gelyk was aan die Amerikaanse dollar, een van die beste weermagte in die wêreld, skole en universiteite wat gehalte onderwys gegee het en ‘n land waar jy nie jou deure hoef te sluit in die nag nie.

Nou staan ons voor die keuse : genoeg is genoeg, ek weier om skaam te wees oor my velkleur, geloof en manier van hoe ek beskaafd is, kortom ek is gatvol. Ja, ek kan ook my goed verkoop , my ouers, wat nou in outehuise moet sit agterlaat en in ‘n ander land probeer om my self te behou, waar my kinders met New Zealenders, Australiers of kanadese gaan trou en vergeet van RSA.
Ek kan nie , daar lê te veel sweet, bloed en trane in die land van my en my voorsate om net op te gee. iewers moet ons begin en die vloed golf keer, alleenkan ons dit nie reg kry nie, ons moet saam staan, dit help nie ek huil saans oor my boeremense wat elke dag vermoor, verkrag en vermink word, al wat ek kan doen is BID, ek weet die beskermer van Israel sluimer of slaap nie en die geroep oor die grond is groot.

maar ek weier om te my hande slap te laat hang, ek steek my hande uit my moue, werk self in my huis, tuin, plaas en gebruik blankes waar ek kan as ek iets nodig het. Ek glo in my volk en glo dat ons die nog steeds die selfde bloed in ons are het as Christiaan de Wet en Jopie Fourie, ons dink nou dat ons dat alles kan verloor maar ons moet oppas ons het al klaar alles verloor.
leer jou buurman ken, soos wat ons mekaar geken het 40 jaar gelede, gee om vir mekaar en staan saam , ons kan , ons skuld die ander volke in SA niks. Vertrou hulle nie, hulle het altyd ‘n verskuilde agenda.

ek glo in my GOD en sy krag en geregtigheid, ek glo ook in my volk.

My volk wees waaksaam, versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe, lees die tekens in en om jou huis, plaas besigheid en wees wakker. ons enigste bron van ondersteuining is nie die polsiese nie,, maar my buurman, die ander blankes op my plaas en die mense rondom my van my eie soort.

Jaco ·

Johannes,

As ons organisasies nie vir ons volkie gaan opstaan nie, het ons geen ander uitweg as om soos die Voortrekkers van ouds die “grensplase” te verlaat en te trek na nuwe hoop nie.

Ons is net enkele miljoen mense, en ons organisasies ons ruggraat- TLU SA, Solidariteit, Afriforum. As hulle wyfel, dan gaan die plundery en moord en verdrukking aanhou tot ons uitgedelg is. Die lot is geen ander volk gespaar nie en sal ons ook nie gespaar bly as ons nie NOU n standpunt inneem nie. Indien dit nie gebeur nie, is die geskiedenis myns insiens besig om homself te herhaal en sit ons voor dieselfde keuse as die trekboere van ouds.

Johann Marx ·

Aan almal wat hier kommentaar lewer……gaan dink net ‘n bietjie mooi voordat julle hier skryf. Dit klink awesome om te sê “trek die streep” en “boere moet staak”…..Kom ons kyk vir ‘n oomblik na wat gaan gebeur as 36 000 boere (uit ‘n bevolking van 51 miljoen + mense) staak. Die eerste ding wat die “meerderheidsregering” doen is om die boere te verkwalik vir die tekort aan voedsel, die boere se aksie te veroordeel as hoogverraad teen ‘n volk, en dan het hulle die perfekte rede om AL daardie boere se plase af te vat……en vir “mense” te gee wat WIL boer…..en die internasionale gemeenskap gaan sit en kyk hoe dit gebeur, en selfs die aksie ondersteun….want dit gaan lyk of die regering optree tot “voordeel” van die massas. Staking is die laaste ding wat boere nou moet oorweeg….Dit gaan net uitloop op ‘n “massa vernietiging” van die boere…..

Petrus ·

Johan, ek glo jy het hier ‘n punt beet. Dit sal die finale strooi wees, veral as die mense waarna jy verwys ” ‘mense’ wat WIL boer” – begin “boer” Ja, dit sal ‘n HELSE gemors wees en dan ….

Jaco ·

Swart oorname van wit plase gaan in iedere geval gebeur as die huidige koers van moorde voortgaan.Terloops, die huidige groepering in die ANC se Marxistiese ideologie vereis juis plaas besettings, so meer is te wagte. Hulle pas n paai beleid toe terwyl hulle saggies die mat onder julle uitruk.

Miemie ·

Omgekrap… skat jy weet nie waarvan jy praat as jy sê laat die produk vrot nie, moenie verkoop vir slag nie, moenie, moenie, moenie. Die land gaan nie na so iets op sy knieë wees nie. Ons kindertjies gaan doodgaan van die honger, ons Boere gaan nie oornag kos voorsien as hulle hul eie grond so mors nie, en ook meer waar sal die winste vandaan kom as hy als verbrand het wat moes verkoop word??? Skrik wakker, begin boer en praat weer. Staan eerder saam die een persoon en trek ook die lyn!!!!!!!!!!!!!!! Kry vuurwapens en skiet om dood te skiet. Een is een minder wat jou kom vermoor en besteel….

Peet J ·

Daar is net een oplossing en dit is dat die witmense van hierdie land wat nie hulle eie ondergang wil bewerkstellig nie eenvormigheid moet praat en handhaaf en dit in die hande van die mense wat selfbeskikking voorstaan nl. Front Nasionaal los, sou laasgenoemde nie die aangeleentheid kan beredder nie dan is ons voortbestaan in hierdie land gedoem.

Dan ·

Ja Sune van Heerden so sal daar nooit die waarheid gepraat word nie . julle is te kuis as daar van sekere mense en dinge geskryf word. Vir wat is julle so bang?????

Koos ·

Jammer maar net om te noem dat jy ‘n streep trek is nie ‘n ” streep” nie. ‘n Streep is ‘n ultimatum aan die regering , wat sê doen julle niks dan gaan ons oor tot aksie en ons gaan “A” “B” en “C” doen. Die skrywer bedoel dalk goed maar jammer om te sê hy mors sy tyd. Eks sê weer, die regering is nie die kwaliteit mens met jy wil onderhandel nie . Ek dog na 20 jaar het meeste van ons dit nou al besef. Indien ‘n inbreker in jou huis is , gaan jy sekerlik nie oor tot briewe en onderhandelinge nie. word wakker!!

Kaaiman ·

Al die retoriek van strepe trek, genoeg is genoeg en bring die doodstraf terug, beteken niks. Ons is mos meer begaan oor sport (kyk maar hoeveel kommentare lewer sportberigte op) en wat ons vanaand gaan braai. Ek dink helde soos Genl. CR de Wet en andere draai in hul grafte om as hulle die Afrikaners van vandag sien “strepe trek”. Jare terug het Genl. Constant Viljoen ook aangekondig: Laat nog net een boer vermoor word! Ha-ha, lag JG Zuma! Jy onderhandel nie, jy doen. Daar is genoeg georganiseerde liggame wat kan “retaliate”, en dan vir JGZ laat weet dis wat ons nou gaan doen na elke plaasmoord. Natuurlik is wet in eie hande neem onwettig en gewaagd, maar is plaasmoorde en versuim van die regering (lees ANC) nie ook onwettig nie? Ons gewone mense kyk op na ons leiers (soos die TLU) maar niks gebeur nie! Doen iets of bly stil!

J.Z ·

My kommentaar sal seker weer uitgevee word want daar is mense wat nie hou van die feite of waarheid nie as dit nie politiek reg is nie.Vat jou rekenaartjie en werk self uit ,36000 boere waarvan + — 2000 al vermoor is water % dit jou gee.Die % grens aan volksmoord ,Marikana lyk na n sondagskool uitstappie,maar die ANC regering gee baie aandag daaraan maar keur die slagting onder boere stilswyend goed .Dit is die waarheid wat tot sekere witmense nie wil hoor nie.

Jaco ·

Agbare Mnr Meintjes,

Graag wil ek verneem of jy nie in plaas van net voorstel, wel die streep NOU in die sand wil trek nie?

Want ons wag net vir dit.

Johan 2 ·

Net een eis is nodig: beskerm ons of verbeur ons belasting. Dit is hoekom ons belasting betaal en dit is wat die ANC najaag..weerhou dit in n groot klas aksie en nie jy of jou industrie kry seer nie maar die ANC regering het in n maand of twee n groot probleem met mense wat nie eers brandstof in hul karre kan sit nie. En ek glo dit is oppad, sodra Afrikaner besighede uit die “verslaande geslag” se hande beweeg sal jul sien, verder kan groot groeppe wat so goed kommunikeer (onder mekaar) soos ons Boere dit maklik vermag. Weerhou net die belasting niks meer nie dan sal ons sien wie kan nog Afrikaans praat onder die ANC.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.