Orban-oorwinning belangrik vir toekoms van Europa

Viktor Orbán. Foto:Európai Bizottság/ Végel Dániel/Commons.wikimedia.org

Sondag 8 April was ’n slegte dag vir die politieke skyn-elite van Wes-Europa. Die manne en vroue van die ivoortorings van Brussel, Berlyn en Den Haag het soos die kosmopolitaanse joernaliste van koerante met sinkende sirkulasiesyfers, styf duim vas gehou dat Viktor Orban en sy konserwatiewe Fidesz-party, tog nie meer as 50% van die setels in die Hongaarse verkiesing sou wen nie.

Vroeg Maandagoggend, terwyl die stemme nog getel is, het die BBC berig dat Orban en Fidesz wel die verkiesing sou wen, maar dat hulle heelwat minder setels in die parlement sou kry. Teen Maandagmiddag was dit duidelik dat hierdie stukkie linkse hoop, wat as feite in ’n nuusstorie omskep is, nie gerealiseer het nie. Jean-Claude Juncker, die groot leier van die Europese Kommissie, en iemand wat self nou nie juis demokraties tot sy amp verkies is nie, het oor die afgelope paar maande saam met suikerklontjie-politici van Wes-Europese lande bly hoop dat Orban sou verloor.

Wat Sondag gebeur het, is egter totaal iets anders. Die waarheid is dat ’n vry en regverdige verkiesing in Hongarye plaasgevind het. Viktor Orban het ’n baie sterk mandaat van Hongaarse kiesers gekry en Fidesz het meer as tweederdes van die setels in die Hongaarse Parlement gewen. Orban het in aanloop tot die verkiesing nie politieke speletjies met die kiesers in Hongarye gespeel nie. Sy boodskap was duidelik. Die Christelik-Westerse beskawing moet van sekularisering, globalisme, Moslemimmigrasie en, om dit eintlik blatant te stel, ook van moderne liberalisme gered word. ’n Oorgrote meerderheid van Hongaarse kiesers het hiervoor gestem.

Teen Maandagaand is die een ná die ander desperate poging uit die ivoortorings en kwynende nuuskantore die wêreld ingestuur. Orban is nou glo ’n outokraat, iemand wat deur dom, onopgevoede landelike Hongare die groenkaart gegee is om Hongarye in ’n ondemokratiese nagmerrie van Christenskap en Westerse waardes te omskep. Een groep wat die verkiesing Sondag gemonitor het, het selfs beweer dat verkiesingsbedrog gepleeg is omdat regse retoriek in aanloop tot die verkiesing deur Orban en sy party gebruik is. So asof retoriek en proses dieselfde ding is.

Oor die afgelope jaar of twee het ons gesien hoe dieselfde politici en joernaliste wat erg deur die verkiesingsuitslag in Hongarye ontstel is, ook die politieke gebeure in Pole as die opkoms van nuwe fascisme beskryf het. In Duitsland is die Alternatief vir Duitsland sonder enige bewyse as neo-Nazi’s gebrandmerk. In Italië is na die Liga-party, wat tweede in die onlangse verkiesing gekom het, as verregses verwys. Toevallig is een van dié party se nuutverkose senatore die eerste swart senator in Italië.

Verlede jaar het die media uitbasuin dat die verkiesingsuitslag in Nederland ’n groot nederlaag vir Geert Wilders en sy Partij voor de Vrijheid was. Die PVV het van die vierde grootste party tot die tweede grootste party in Nederland gevorder. Wat ’n vreemde nederlaag!

Massa-immigrasie, sekularisering en globalisme het kultuur en identiteit in Wes-Europa oor die afgelope dekades begin vernietig. Veiligheids- en ander gevolge van massa-immigrasie uit die Derde Wêreld is welbekend. Terwyl politici en joernaliste ’n onvolhoubare status quo probeer handhaaf, mag Europa dalk net vanuit sy ooste gered word. Hou gerus Hongarye, Pole, Oostenryk en ander Sentraal- en Oos-Europese lande oor die volgende paar jaar dop.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans is hoof van internasionale skakeling vir die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Loeis ·

Dit is nie net in Europa waar die media misleidend berig nie.

Verlede jaar het Huisgenoot byvoorbeeld ‘n artikel gepubliseer met ‘n opskrif wat lui dat mensee woedend oor Steve Hofmeyer se nuwe musiekvideo is. As jy egter die artikel lees, sien jy dat die operateur van die hommeltuig wat opnames gemaak het, regulasies oortree het. Daar is ander voorbeelde waar Naspers se media baie misleidende opskrifte gebruik, en ander goed weer net doodswyg, en so persepsies rig.

humor ·

Wendinge in verkiesingsuitslae bevestig meer en meer dat onse voorgenome reenboognasie uit pas is en heel moontlik totaal sal verdwyn.

JC ·

Dankie tog; ‘n wonderlike dag vir REG EN GEREGTIGHEID en die westerse (blanke) beskawing wat op die randjie van ‘n DIEP afgrond staan!

Geluk Viktor Orban! Mag die Here jou seen en voorspoed gee in jou missie om Europa VANUIT DIE OOSTE te red van dwepers, huigelaars, en polities korrekte, volksverraaiende totalitere burokrate, oikofobete en aartsglobaliste!

In ‘n neutedop: ek wil dankie se (op paradoksale wyse) aan die onderdukkende, en godsdiens-onderdukkende, ideologie van kommunisme, die Ystergordyn, en Stalinisme; – waarsonder die wonderlike nuus, en die terugvegpoging van GEWONE mense (wat reeds die gevaartekens van ‘n komende polities-korrekte en erg onderdrukkende diktatuur kon sien in hul wysheid_ – nie moontlik sou gewees het nie.

En wie sou 50 jaar terug hierdie verwikkelinge kon eien, die onderduktes- teenoor wie teen wil en dank vreemdelinge “afgesmeer” word (wat nie wil assimileer nie en onverdraagsaam staan teenoor hulle unieke europese kultuur)- is nou aan die ander kant van die ystergordyn- naamlik die van die “EUSSR”

Eintlik behoort die oorwinning aan die Hongaarse burgery! Hoera!!!

Dankie vir ‘n uitstekende artikel Jaco.

Sarie ·

In Oos-Europa het hul al onderdrukking gesien onder die kommuniste. Party van hierdie lande het al meer as twee keer onderdrukking gesmaak en hul is bedag op die dinge wat hul waardes en identiteit bedryg. Die meeste van hierdie lande was ook nie koloniale moondhede en ly nie aan wit skuld nie.

Christian ·

Wat wel so is, is dat Orban se party 48% van die stemme gekry het, maar wel met tweederde van die setels weggestap het. Dit is seker ‘n fout in die Hongaarse kiesstelsel.

In semi-demokratiese stelsels, soos ook in die Suid-Afrika van 1953, kan nie proportionele stelsels ‘n verwoestende impak op demokrasie hê.

Orban sal moet toon dat hy die demokrasie in sy land waarborg en nie ontmantel nie – soos die NP in 1953 gedoen het. Sy groot toets lê nou voor: Orban sal steeds vrye pers moet bevorder (en nie muilkorf soos hy die afgelope jare gedoen het nie), genoeg politieke ruimte vir sy politieke teenstanders laat (en nie sy teenstanders fisiek mishandel soos sy koalisievennoot Jobbik namens hom gedoen het) en die regstaat en onafhanklike regspraak intak laat.

Al vertel sy rekord dat hy dit nie gaan doen nie.

Sloet ·

Voor Kleynhans lekker kry oor Orban se oorwinning, sal dit help as hy feite oor Europese verkiesings navors en meer eerlik weergee in sy artikels. In Nederland het die verregse PVV van Wilders in 2017 nog steeds minder setels gehad as in 2010. Mense soos Kleynhans het voorspel dat Wilders sal wen ná die verkiesing van Trump en die Brexit uitslag. Ons weet almal dat hierdie twee gevalle nie so goed uitwerk vir Amerika en Engeland nie. Die waarheid is dat Wilders in 2017 nié terug is op sy 2010 setels nie, en dat die linkse GroenLinks gegroei het van 4 in 2010 na 14 setels in 2017. So bêre maar eers die borrelende Orania Orange Juice….

Therese van Schalkwyk ·

Bekommerd omdat konserwatiewe behoudendes uiteindelik ‘n stem begin kry?
Ontspan gerus, dis m.i. ongelukkig te min en te laat.

Geert Wilders en andere het egter goed genoeg gedoen, dank je wel, om enige regdenkende mens ‘n sprankie hoop te gee dat die héle Nederland/Europa nóg nie so erg met “white guilt” geïndoktrineer is dat hulle nie meer reguit kan dink nie.
As Weelders nie konstant verguis word in die hoofstroommedia, en Mark Rutte nie dele van die PVV se beleid oor immigrante net voor die verkiesing oneerlik oorgeneem het nie, het hy heel waarskynlik nóg beter gedoen.

Dankie, Jaco Kleynhans, vir puik, gebalanseerde verslaggewing.
Goed dat die “politieke skyn-elite van Wes-Europa” en hul fanatiese aanhangers so effe stik in hul oggend-koffie.

JC ·

Dit is beslis so Theresa-‘n laaste uitgehoudene van die verstikkende vryheidsbeperkende, polities-korrekte diktatuur, kultuurvernietigende, globalistiese, outokraties- gesentraliseerde, “thought police”, kom-voor as-humanis-maar-is-eintlik- anti-MENSLIK, en anti state en gemeenskappe se soewereine regte om hul eie lot te bepaal – sien Afrikaners- TIPE.

Hulle tyd is VERBY, hulle aanvaar dit egter moeilik en sukkel om daarmee saam te leef.

Sentraal- en Oos-Europa is NOU deel van die “nuwe Weste”-na millennia se opheweling . HOERA !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Wes-Europa het nog nie diktatoriale- sensuur en sentralisasie gesmaak nie -hulle wil dit blykbaar he!!

Effe wes van die Ryn- daar kry jy NOU totalitarisme, outokratiese regering, anti-demokratisme- die WIL VAN DIE MENSE le blykbaar in Brussel- en met betrekking tot die “EUSSR”; mag ek se -tong in die kies- die streek van die nuwe “verligte Despotisme” !!

Ons geliefde Vlaandere (Noord-Belgie) is die ENIGSTE uitsondering hierop -nee kyk; – die Vlaminge WEET van onderdrukking, en is dus soortgelyk aan Oos-Europa (plek van die Westerse Renaissance) .

Maak Hongarye Weer Groot! Maak Orania Groot!!!

Judge Dredd ·

En van waar dink jy kry daai groen linkses hulle setels. Definitief nie van die regses nie, maar van die liberale, of is dit nou lib-leke-linkses wat hulle maarself net voordoen as liberale.

Johan Strydom ·

Waarvan praat jy sloet? Dit het uitstekend vir die VSA uitgewerk. Die ekonomie het het baie verbeter en onwettige immigrasie het drasties verminder. Die feit is dat die ekstreem linkse era in die Weste wat in die 1960’s begin het is besig om te eindig. Mense wil nie slave van die staat wees nie, hulle is moeg vir die onsedlikheid wat deur die linkse media genormaliseer is, hulle besef dat multikulturele samelewings n ramp is en hulle besef dat wanneer die regering in die vryemark inmening dit alles erger maak. Die likse ideology is agterlik en besig om uit te sterf. Dit sal nog tyd vat, maar die wiel is besig om te draai. Die PVV is slegs regs t.o.v multikulturialisme, hulle is links wat die res betref en is basies n eenman party wat rondom Wilders draai.

JC ·

Waarom nie opgewonde raak oor Orban nie?

Die PVV was die tweede grootste party wat betref stemgetalle in die 2017 nasionale verkiesing.
Van 950.263 stemme in 2012, tot 1.372.941 stemme in 2017, met ‘n wins in setels van +5 (20 teenoor 15) en ‘n persentasie styging in totale stemme van +2,98%.

Jou bewering dat die PVV dus minder setels gewen het, is VALS EN ONWAAR.

Waarop is jou ongegronde bewering gebaseer dat Brexit en Trump nie goed uitwerk vir die VSA nie?

Die Groenlinkse “liberale” het wel 10 setels opgetel, daar is jy immers korrek,-maar hul totale setels van 14 sit hulle maar in 5de plek, en is derhalwe onbeduidend.

Die waarheid is dat konserwatisme wereldwyd aan die styg is, en dat “liberalisme”- LW nie klassieke liberalisme nie- besig is om ontbloot te word vir die siel-dodende en verstikkende dogma wat dit is.

Jou kritiek van Jaco is ongegrond, en die borrelende Orania sap kan beslis uitgehaal kan word, sela!

Sloet ·

En jy lees soos Kleynhans navors….
Ek het verwys na die PVV se setel hoogtepunt in 2010…. en dat hulle NOU nog nie weer terug is daarby nie. Ten spyte van jou “die regses wen veld!” stuiptrekkings….
Dagdrome. Terug na jou drawing board en jou calculator.

Westerse middelklas staan op ·

Die westerse middelklas is moeg vir onderdrukking, om voorgeskryf te word deur die globale rykes dat ons ons geloof, kultuur, als moet weggee. Nee, dis tyd om op te staan en die supperrykes op hul plek te sit. Boikot groot globale maatskappye en koop plaaslik, dis waar hulle hulle befondsing kry om net nog ryker te word.

John ·

…. en die gesofistikeerde slinkse nazi’s het die hele Europa oorgevat soos die ANC die land, in sonder-een-skoot-te-skiet-fontein. Om uit daardie spinnerak te kom met die liefdevolle wyfie steeds stewig in die saal, is feitlik onmoontlik. Kyk hoe sukkel Brittanje en lande soos Italie is so in die skuld gedompel dat dit nooit daaruit sal kan kom nie. As Hillary president was, was die VSA seker ook al deel van die EU. En Duitsland reguleer die immigrante sodat net die beste daar bly en die res gepos word (met afdreiging) na ander lande. Reis na van die armer Europese lande en vreemdes uit Afrika, Indie en die Arabiese lande krioel orals, wagtend op beter dae.

Vaalseun ·

Jaco, politici en joernaliste van links en regs is blote mense met eweveel of ewemin slimstreke en eerlikheid. Regse politici is en was nog nooit nie die draers van Christelike Westerse waardes nie, al sou sommige so wou voorgee. Regse politici laat nie minder dooies op die oorlogsvelde agter as linkse politici nie. Die wese van die demokrasie is kritiek – dit laat opposie toe. En die heersende party en sy leier, links of regs, is die primêre teiken van die politieke kritiek. Kyk maar in ons eie land. Zuma het geval weens die kritiek teen hom. Trump weet nie meer hoe om al die kritiek teen hom en sy span te hanteer nie.
Net soos Trump, verteenwoordig Orban en Fidesz nie Christelike Westerse waardes nie. Wie het hulle daarvoor aangestel? Orban verteenwoordig Fidesz, ‘n politieke party wat ‘n verkiesing gewen het, en later weer gaan verloor teen ‘n linkse party. Soos enige politikus buit hy bloot die heersende sentiment rondom die probleme in sy land uit om politieke sukses te behaal. Dis hoe die demokrasie werk.

JC ·

Geagte Christian.Sokrates het verkondig dat die vernaamstefout van demokrasiewas dat dit nie spesiale kundigheid vereis in sy leiers nie,en dat dit mense se lewensbestemmings aan mans oorgegee het sonder voldoende ervaring om te regeer (klink dit bekend?)Jymis in elk geval die fundamentele en allesoorheersende punt wat hier van belang is .(sien my vorigekommentaar hierbo)DieVERSTIKKENDE een-man,een-stem kiesstelsel maak dat 51% vir die ander 49% kan se hoe,enwaaroorhulle moet dink en handel-dink aan die 4de Stand-wat deesdae net ‘n verlengstuk v/d regerende elite is)Die tirannie v/d meerderheid-meerderheidsoorheersing.
In die verband kan jy kyk na stelsels soos indirekte sisteme wat NIE ‘n GESLOTE proporsionele sisteem het nie maar eerder ‘n VERTEENWOORDIGENDE sisteem. (die ANC het transformasie pogings in die verband in die vroee 21 ste eeu gekortwiek om hulle self te bevoordeel.Kiesers het nie die mag om partylyste te bepaal nie, maar stem eerder vir politieke partye, ongeag hul afkeer van sekere individue op die lyste. In hierdie reëling kan ‘n party ‘n misdadiger langs mekaar stel met goeie mans en vroue – wetende dat kiesers geen keuse het nie-Zuma?In ‘n verteenwoordigende demokrasie is verkiesings ‘n manier waardeur burgers verteenwoordigers benoem, wat hulle die bevoegdheid gee om besluite te neem en namens hulle te implementeer. ‘n VERTEENWOORDIGENDE DEMOKRASIE IS DUS DIE ANTWOORD.’n Swakheid van proporsionele verteenwoordigingstelsels is verder dat dit politieke partye aanspoorom ekstreme standpunte en beleide te handhaaf om die ondersteuning van ‘n ideologieseof rassegroep te wen-EFF?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.