Ou politieke orde in Europa verloor nog meer veld

Emmanuel Macron. Foto: (Benoit Tessier/Pool Photo via AP)

Die afgelope weke was nie te lekker vir talle Europese leiers nie. Die Franse president, Emmanuel Macron, is tans uiters ongewild in Frankryk en het tydens ’n toespraak aan die Franse volk totaal verward en oorwonne gelyk. Die glans van die nuwe era wat hy vir Frankryk sou inlei, het heeltemal verdof.

In Brittanje is Theresa May se politieke loopbaan naby aan verby met die Britse volk en haar eie party wat hul rug op haar Brexit-ooreenkoms met die EU gedraai het. Dit is onseker hoe May hierop gaan reageer, veral nadat leiers van ander Europese lande die afgelope week aangedui het dat hulle nie bereid is om die Brexit-onderhandelinge te heropen nie.

Theresa May, premier van Brittanje, verlaat 10 Downing Street. Foto: Xinhua/Tim Ireland

Terwyl die een helfte van May se party haar flouerige, mislukte ooreenkoms ondersteun en die ander helfte ’n harder soort van breuk met die EU wil sien, lyk dit onmoontlik asof May weer haar party met ‘n sterk gesamentlike agenda kan saambind.

In België is die regering onder druk nadat die grootste party in dié land, die Nieuw-Vlaamse Alliantie besluit het om nie die internasionale immigrasie-ooreenkoms, ook bekend as die Marrakesh-pakt, te steun nie. Ten spyte daarvan dat die N-VA teen die ooreenkoms is, het die Belgiese eerste minister, Charles Michel, voort gegaan en die ooreenkoms onderteken.

Charles Michel. Foto: (John Thys, Pool Photo via AP)

In reaksie daarop het die N-VA aan die regering onttrek en die huidige koalisie in België verteenwoordig nou slegs een derde van parlementslede in die federale parlement. Hierdie minderheidsregering sal waarskynlik in die komende maande geen vordering kan maak nie.

In Duitsland is die era van Angela Merkel verby. Sy het onlangs as leier van haar party uitgetree en ’n onindrukwekkende opvolger is vir haar aangewys. Totdat die volgende federale verkiesing in 2021 plaasvind, sal Merkel moet voortploeter om as ’n soort flou makou Duitsland te regeer.

Angela Merkel, die Duitse kanselier. (Foto: Markus Schreiber, AP)

Merkel se era in Duitsland sal onthou word vir die enorme immigrasiestroom wat sy na haar land oopgemaak het en die opkoms van die populistiese Alternative für Deutschland. Hoewel Duitsland onder Merkel se leiding groot ekonomiese sukses behaal het, het die Merkel-vlam die afgelope tyd toenemend flou begin skyn.

In Nederland vind jy ook dat die huidige koalisieregering van sentrumregse en sentrumlinkse partye in peilings steun verloor, maar die uitsondering in Nederland is dat die vlugvoetige eerste minister, Mark Rutte, daarin slaag om met sy pragmatiese en slim politieke skuiwe steeds genoeg steun te behou. Die politieke proses in Nederland is heelwat anders met meer ruimte vir robuuste debatvoering.

Dit is juis die leemte aan opposisie in Frankryk wat tot die grootskaalse optogte daar aanleiding gegee het.

Die Amerikaanse president, Donald Trump. (Foto: Ting Shen, Xinhua)

In kontras met Duitsland, België en Frankryk staan lande soos Hongarye, Italië en Oostenryk waar regse en populistiese regerings gewild is. In al drie hierdie lande daag die huidige regerings die mag van die Europese Unie uit en word ou praktyke beëindig en nuwe tuisgemaakte strategieë vir hedendaagse uitdagings ontwikkel.

Donald Trump se voortdurende druk op Europese leiers en sy uitdaging van gevestigde denke in trans-Atlantiese verhoudings het ook met die huidige verskuiwing in Europese politiek te make.

Met die Europese verkiesing oor drie maande, lê ’n interessante tydperk vir Europa voor. Dat die ou liberale politieke orde toenemend aan die verloorkant is, is nou ’n uitgemaakte saak.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans is hoof van internasionale skakeling vir die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Krummel ·

Ja, ou tannie May se regeer tydperk wa maar van korte duur. Dankie tog!!

Gert ·

Hierdie veranderinge is meestal goeie nuus, dis asof die kiesers begin besef dat die linkse benaderings nie werkbaar is nie.
Net een opmerking: Die term “populisties” is vir my ‘n negatiewe term, dis vir mal mense soos die EFF, vir my is die Afd eintlik ‘n nasionalistiese party.

John ·

Dit gaan glad nie so goed in Hongarye, Italie en Oostenryk nie. Soros, die Joodse miljarder wat in Hongarye gebore is, en die konserwatiewe regering daar teestaan, het moontlik baie te make met die huidige ommeswaai. In die ander twee lande begin gevoelens ook verander na die geelbaadjie-aksies in Frankryk. Sedert Merkel se liberalistiese grensverskuiwings in Europa het die sg menseregte-tema soos veldbrand versprei.

waarheid ·

Dit sal hulle net ‘n les leer – Tyd dat dinge verander – die mense is moeg vir die tipe nuttelose leiers.

ZAR ·

Baie dankie, ek het veel geleer. Wat my opval is dat tydens die ongelukkigheid met die Europese Unie se besluite deur die meerderheid van Europa, word hierdie teenstrydige dinkers as neo-nazis uitgekryt, in plaas daarvan dat die EU hul eie besluite en strategieë, wat soveel ongelukkigheid veroorsaak, heroorweeg. May was veronderstel om vir ander lande die voorbeeld te wees met die Brexit, maar die EU het seker gemaak hulle maak dit onmoontlik om van die EU af te breek, sodat ander lande dit nie ook sou doen nie. Die EU is mense wat nie ingestem is nie, maar die mag wat hulle het maak hul onaantasbaar. Hulle wil met alle mag die mag behou. May se woorde self was dat sy liewer geen ooreenkoms sal vat as om ‘n slegte ooreenkoms te teken, nou draai sy teen haar eie woorde, en die mense sal dit nie aanvaar nie. Die EU het ver weg van sy oorspronklike bestaan beweeg en die nuwe EU het duistere bedoelings en vuil hande. Daar is bewyse dat die EU bendes beskerm, betrokke met dwelms of mensehandel. Maar hulle maak seker hulle bly die “untouchables”

Anton X ·

Die EU sal net soos Prinse Charles wens hulle is die “New world order”.
Lees weer. Daar is ‘n klein horinkie wat tussen die grotes opkom. Dit staan so geskrywe.
Nou sit 2 en 2 bymekaar en kyk wie is die een mens voor wie elke wereld leier sy knie gebuig het.
Dan begin jy amper die Waarheid begryp.

Twakkie ·

Begin ideologieë nie maar altyd goed en vorder tot ‘n onaanvaarbare uiterste waarná dit ongewild raak en verval nie? Die liberalisme van die bevrydingsbewegings wat begin het as reaksie op wit manlike oorheersing tot ongeveer die middel-1960’s, het uiteindelik die belaglike uiterstes van verheerliking van die absurde bereik wat ons die laaste jare in die VSA en Europa gesien het. Liberalisme het alt-linkse onverdraagsaamheid geword van alles en enigiets wat normaal is, in die sin van die norm, oftewel dit wat die meeste voorkom, soos bv. heteroseksualiteit. En selfs humanisme is verdraai tot waar linkse media die aaklige waarheid van die migranteprobleem in Europa die hele tyd verdoesel en gewone mense se normale reaksies die probleem maak. Die bewese onwaarhede in die mediaberiggewing wat steeds die verworde “liberalisme” steun, toon duidelik dat dit ‘n onaanvaarbare uiterste bereik het en dat die ommeswaai op hande is. Dit is bloot tyd dat die pendulum begin terugswaai.

Jan ·

Soros wen altyd.nadat hy vir merkel omgekoop het om die dom duitsers te oortuig om hulle grense oop te gooi sal moslems weldra sie meerdeeheid in europa wees. Moenie vergeet dat die katolieke kerk ook die moslem geloof geskep het nie…

William ·

Soros en kie, i.e. die NWO is verantwoordelik vir die Afrikaner se oorgawe , en het namens ons on land weggegee. Dit het niks te make gehad met die Apartheids struggle nie.
Die Vrye Messelaars en NWO is een en dieselfde.
Soros en ANC is groot maats, en hy is numero uno as dit kom by die dinge wat in ons land gebeur.
Ons mense in Govt. is te dom om te verstaan wat die einddoel is, gelukkig sien Trump deur die slinkse linkse planne.
Theresa May, Macron, Merkel is almal marionette wat die NWO se deuntjie dans.
As Merkel die Afrikaners genader het vir immigrasie, wie sou nie wou gaan nie?.
Nee, hulle soek die mense wat heeltemal teen die weste is , en hulle kultuur, wat nooit ditsers sal of wil wees nie, wat van lande afkom wat soos ashope lyk, en waar die kultuur ALS beheer in die land. Regtig slim, is hulle nie?.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.