Panyaza Lesufi en die skoolnaam dwaalspoor

alana-bailey-afriforum-featured

Alana Bailey, AfriForum se adjunk- uitvoerende hoof van internasionale skakeling. )Foto: Reint Dykema)

Wil jy nou meer!  Panyaza Lesufi, LUR van onderwys in Gauteng, kondig met groot lawaai aan dat waar die name van leiers van die verlede, byvoorbeeld Hendrik Verwoerd en Jan Smuts, in skoolname voorkom, dit deur hom verander gaan word. Volgens Lesufi sal sy departement op dié wyse toegewyd bly aan ’n nierassige onderwysstelsel in die land.

Hierdie uitlatings van Lesufi bevestig net weer sy verbintenis tot die aanstook van rassepolarisasie en sy algehele gebrek aan belangstelling in die bevordering van gehalteonderrig. Vir hom is hierdie sleutelpos wat hy beklee, ’n geleentheid om politieke punte aan te teken en ideologiese speletjies te speel, met Gauteng se leerlinge as speelballe.

Waarom sê ek so?

Ten eerste, Hoërskool Hendrik Verwoerd, wat nou Rietondale Secondary School word, het reeds oor jare “getransformeer” soos die demografie van die area waarin dit geleë is, verander het. Die naamsverandering gaan geen bydrae tot nierassigheid in die land se onderwysstelsel lewer nie, dit is bloot ’n kosmetiese proses. Lesufi sê graag kinders moet saam in klaskamers en op die sportvelde verkeer en by dié skool is dit reeds jare lank die geval.

Tweedens, die naamsverandering van hierdie skool is al in Mei vanjaar aangekondig. Toe reeds het die skoolgemeenskap Lesufi baie duidelik daaraan herinner dat hy geen rol in die proses gespeel het nie, dat dit húlle besluit was en dat die meeste oudleerlinge geen slegte gevoelens oor die huidige naam het nie. Oudleerlinge het ook op vele sosialemediaplatforms (soos by https://www.dailymaverick.co.za/article/2019-05-27-whats-in-a-name-old-woeries-share-thoughts-on-schools-name-change/) getuig dat hulle nooit in hul skooljare rassespanning of rassisme in die skool ervaar het nie, inteendeel, leerlinge van alle rasse en maatskaplike agtergronde het goed saamgewerk. Hierdie is dus geen reuseoorwinning vir die LUR nie, maar die uitkoms van ’n gemeenskap se eie besluit.

Derdens, van geskiedenis gepraat, in Maart 2016 ‒ ’n volle drie jaar en vyf maande gelede ‒ het die einste LUR Lesufi met ewe veel fanfare aangekondig dat skole met die name van “apartheidshelde” soos Verwoerd teen September 2016 sou verander. Toe reeds is hy herinner daaraan dat die versoek om naamsverandering van ’n skool van die ouerbeheerliggaam en skool moet kom. Daarna het die kwessie weer in die stilte versink.

Nou vir die belangrikste vraag: waarom word hierdie ou nuus nou opgewarm? Want Gauteng se skoleplasingsproses is byna afgehandel. Ouers gaan binnekort weet of hul kinders vir 2020 geplaas is.

’n Jaar gelede het Paul Colditz van Fedsas al verklaar dat die leerlingtal van 2006 tot 2016 in openbare skole in Gauteng met 348 118 toegeneem het. Indien ’n mens sou veronderstel dat ongeveer ’n duisend leerlinge per skool geakkommodeer word, sou dit beteken dat ten minste 348 nuwe skole in dieselfde tyd gebou moes word. Helaas is net 85 deur die onderwysdepartement opgerig. Sedertdien het weinig verander. Die agterstand moet nou reeds ver verby ’n honderd skole wees, want al meer leerlinge migreer na Gauteng.

Dan moet ’n mens ook byvoeg dat Suid-Afrika een van die lande is waar die grootste persentasie van die nasionale begroting aan onderwys toegewys word. Die klagte van ’n tekort aan fondse moet dus teen die aanwending (of moet ek sê wanaanwending) van begrotings opgeweeg word.

’n Mens kan gevolglik met groot sekerheid voorspel dat daar vanjaar weer probleme gaan wees om plek te kry vir alle Gautengse leerlinge wat in 2020 in graad 1 of graad 8 sal wees. In die verlede het oplossings wat Lesufi voorgestel het, onder meer ingesluit dat alle Afrikaanse skole moet verengels.  Die skole is reeds almal vol, dus sal die verandering van hulle taalbeleid hoegenaamd nie bydra daartoe dat meer kinders toegang tot skole sal kry nie.

Verder word sommige skole eenvoudig volgeprop. Mediaberigte verwys na skole waar daar sewentig of meer kinders per klas is. Uiteraard bly gehalteonderrig dan in die slag, om nie te praat van die veiligheidsrisiko’s wat só vir leerlinge en personeel geskep word nie.

Hierdie soort scenario’s en ander probleme soos boeliegedrag en bende-aktiwiteite, het die afgelope tyd Gautengse skole om die verkeerde redes in die kollig geplaas. Die TALIS-verslag wat in Julie vanjaaruitgereik is, het bevind dat Suid-Afrikaanse skole die gevaarlikste instellings uit skole in 48 lande is.

Waar hierdie uitdagings die LUR in die gesig staar, is sy aksieplan eenvoudig: fokus op ras en blaas polarisasie aan, deur weer Afrikaanse taalbeleid en skole se name as teikens op te stel om sodoende die spervuur van sy eie onvermoë weg te trek.

Hierdie is ’n gevaarlike spel wat maklik op vandalisme en selfs geweldpleging kan uitloop, soos betogings by verskeie skole in die verlede reeds bewys het. Dit bied ook geen oplossing aan kinders en ouers wat droom daarvan om ’n beter toekoms te hê nie.

So ’n dwaalspoorstrategie het ook net ’n beperkte leeftyd. Êrens oorspeel die verantwoordelike gewoonlik sy hand en word tot verantwoording geroep. Dit mag wees omdat hy wette oortree en met regstappe vasgevat word, dat kollegas moeg raak vir sy speletjies en hom uitrangeer, of dat die benadeeldes intree en sorg dat hy aanspreeklik gehou word.

AfriForum hou die uitsprake en aksies van die LUR fyn dop.  In die verlede het ons nie geskroom om onderwysdepartemente en hul amptenare wat buite die raamwerk van die wet optree, vas te vat nie en ons bly deurlopend verbind tot die bevordering en beskerming van moedertaalonderrig van hoë gehalte.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Alana Bailey

Alana Bailey is lid van die Afrikaanse Taalraad en adjunk uitvoerende hoof van AfriForum (verantwoordelik vir internasionale skakeling, taal en kultuur).

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Jerry ·

Ten spyte van n transformasie de-kolonisasie agenda en die politieke mag om dit te implementeer het Lesufi sy mes in vir Afriforum wat hom in die uitvoering van sy transformasie taak hinder. Op die einde van die dag bly dit in elk geval die skoolleerlinge, ouers en onderwysers wie dit ontgeld. Hoe meer Afriforum teen die prikkels skop, hoe erger raak Lesufi se transformasie aanslag. Al wat Afriforum bereik deur Lesufi aan te val, is weerwraak van Lesufi af. Julle moes eerder pelle gemaak het met die nar as om aan te hou om hom te irriteer!

Fanie ·

Afrikaanse organisasies het vir jare probeer vriende maak. Lesufi is egter ‘n magsbehepte rassis, wat sy onvermoë om swart skole te verbeter probeer wegsteek deur Afrikaanse skole te probeer afbreek. Churchill kon nie met Hiter vriende maak nie, want Hitler was oorlogsugtig.

Ledufiracist ·

Hy voel minderwaardig. Nie omdat afrikaanse organisasies hom aanval nie, inteendeel, verdedig hulle net ons regte of mag ons nie regte he nie? Hy is ‘n rasis soos die res van hulle, en niks wat ons of ons organisasies doen gaan dit verander of vererger nie.

JohanL ·

Dankie aan Afriforum vir jul werk. Elkeen geregtig op sy opinie (soos Jerry). Maar iewers is daar ‘n punt (van balans) waar ons as Afrikaanssprekende moet opstaan vir dit waarin ons glo. Gaan ons maar net toelaat dat ons “rondgeslaan” word deur ‘n openlik rassistiese Lesufi, of gaan ons beskaafd en met geldige argument opstaan vir dit wat ons in glo.

Die Afrikaanssprekende se argument was nog deurgaans gegrond op welbewese plaaslike en internasionale studies deur kenners wat moedertaalonderrig
as die beste bewys het. Dit is die een groot pyn wat Lesufi het.

Die ander een oor naamsverandering – wel dit is ‘n suiwer politiese spel wat Lesufi speel en bewys eintlik direk of indirek sy rassistiese agenda.

Die ongelukkige realiteit is dat ons lewe in ‘n tyd waar ons “sekere dinge nie mag kwytraak nie”. Hoekom nie? Want dit is ‘n feit dat die ANC se sogenaamde “vryheid van spraak” (in Vryheidsmanifes) nie regtig bestaan nie. Dit is net woorde op papier wat niks werd is in die realiteit nie.

Boerseun ·

Ek weet nie hoekom die nar hom nie eerder toespits op multikultuur blaie nie.

Sandy ·

IPV daarvan dat hy konsentreer om die kinders se boeke betyds by hulle te kry, om die skoolkinders ‘n goeie onderrig te laat kry, bemoei hy hom met sulke stupid goed soos naamsveranderings. Sy politieke agenda, en sy rassisme teen wit en Afrikaanse mense, maak hom blind teen wat werklik aangaan. Ek het vantevore gese toe Ramaphosa die nuwe parlement gekies het was hy mos vir ‘n kort rukkie, dis nou Lesufi, in ‘n ander portefeulje, toe gaan hy terug na onderwys. Ramaphosa moet sy kop uit die nuwe beter stad se wolke uit kry, en sien waarmee Lesufi besig is. Hy is ‘n gevaar vir die versoening in ons land.

HESTER ·

Was dit nie nog altyd sy agenda nie, soos ek hierbo lees moet deur die beheerliggaam en skool ( NAAMSVERANDERING)ko silke besluite en dis reeds in Mei 2019 deur skool aangekondig en die gemeenskapp het hom toe daaraan herhinner dat hy niks daarmee doen gehad het nie. Hy druk altyd sy neus waar dit hoort nie, sover gegaan met die debakel van die onderwyseres Barkhuizen(geen verwantskap nie) en daar sommer in n ander provinsie se gebeured gaan indruk. Hy is meer bek as binnegoed. Wil graag iets wees. Maar weet nie hoe nie. Van bogenoemde saak gepraat het enige iemand weer iets van hom gehoor teenoor daardieonderwyseres soos n Publieke verskoning nadat hy haar in die publiek verneder en geskors(wat hy nie eens mag gedoen het nie) gehoor NEE net mooi niks. Hy is n moeilikheid maker en ry graag op ander roem.

A Mac ·

Hier is weer ‘n geval van ons skep die skuim bo van die kookpot af maar waar die inhoud vasbrand onder in die pot, die los ons. Ek dink daar is baie goed wat by verre meer belangrik is as skoolname, maar nee, kom ons verander die name intussen is daar skole wat nie eers genoeg klaskamers het, nie ordentlike toilette nie, nie boeke en ander onderrigmateriaal nie.

Andre ·

Hy het nognie agtergekom wat sy pos behels nie. Pleks hy die kinders en hul behoeftes raaksien en daarvolgens voorsien het hy vasgesteek by politiek. As hy die beste is wat die ANC Kan bied is daar geen toekoms vir Onderwys in die land nie

Jerry ·

@J. van Rensburg. Om te wil opstaan vir wat reg is en niks regkry nie, dan moes jy dit eerder gelos het, want al wat jy veroorsaak met jou niksseggende weerstand is dat die aanslag erger raak teen die kinders, onderwysers, ouers en taal, dit terwyl diegene met die mag soos Lesufi in elk geval die name gaan verander. Jy bied weerstand wanneer jy weet dat jy gaan wen en dat daar nie nadelige gevolge vir die weerloses gaan wees nie! Wanneer jy n weerstandsagenda volg dan kies jy die gevegte wat jy sal wen anders kom jy, juis die mense wie se regte jy wil beskerm, erg te na! Die “wolwe wen net soms” strategie (sakeryk) is regtig n bietjie dik vir n daalder, veral wanneer dit gewone mense is wat agv Afriforum se verloordery, n erger aanslag moet ontgeld! Kyk hoe moet die boere dit ontgeld met plaasaanvalle wat toegeneem het vandat Afriforum dit aan alle boerehaters uitbasuin het dat Afriforum plaasbeveiliging kwansuis by die polisie oorgeneem het omrede die polisie nie bevoeg is nie! Regtig, en nou, wie is nou nie bevoeg nie, wie verloor die stryd teen plaasaanvalle? Om selektief weerstand te bied daar waar jy bevoeg is om te kan wen is tog die kruks van enige teenaanslag!

Karlahari ·

Jerry. Lees weer die berig. Lesufi het nie die name verander nie en hy is ook nie by magte om dit te doen nie.
Korrupsie het toegeneem. Is dit ook Afriforum se skuld.
Moorde in die WesKaap het toegeneem.
Ook AfriForum se skuld? Betogers in Johannesburg laat die polisie vlug. Ook seker Afriforum se skuld oor hulle leemtes in polisie opleuding uit gewys het?
Net so kan jy toename in plaasmoorde nie aan AfriForum toeskryf nie.
Daar is algehele wetteloosheid in ons land wat op skool vlak begin waar dissipline teen “mense regte” indruis.
Die handjie vol mense wat nog bereid is om hulle sê te sê oor wat verkeerd is in hierdie land help om die skippie nog op koers te hou.
Volstruis politiek en kop in die grond druk en hoop dinge gaan reg kom, gaan dinge net vinniger uitmekaar kaat val.
Ek neem aan jy het FW ondersteun en nou blameer jy ander mense daarvoor.

Terreur ·

Ag asseblief, moet nie Afriforum blameer vir terroriste wat in die aande rond kruip en mense aanval in hulle slaap nie. Blameer die mense wat die dade pleeg, dit is hulle aktiwiteit. Maak oop jou oë…

Jannie van Niekerk ·

De vent moet by de EFF aansluit want hy haat wit mense en Afrikaans met dieselfde passie as was wat Malema en sy Rooi oorpak brigade dit doen

skurweberg ·

Toets die planne van die LUR deur ‘n skool referendum te hou oor die naamsverandering. Slegs huidige ouers en leerlinge mag stem . “JA” vir verandering en “NEE” teen verandering. Kan dit dan so moeilik wees die ware gevoel van die meerderheid te toets.. Of mis ek miskien iets, Word hier ‘n regsbeginsel in die artikel beredeneer?

Alana Bailey ·

Met die artikel wil ek beklemtoon dat die regering, en LUR Lesufi in die besonder, allerlei dwaalspore lê, soos skoolname in hierdie geval wat kastig ‘n krisis in skole is, terwyl die ware probleme soos finansiële en beplanningswanadministrasie, asook daadwerklike optrede teen misdaad en geweld in skole verswyg word. Ons moenie ons vasstaar teen die strooipoppe nie, maar kyk wat dit is wat hulle probeer wegsteek en daar fokus.

GL ·

Die spandering van geld vir verandering van skole se name is belangriker as honger kinders,moord,roof,verkragting,swak polisie,korupsie……………………………………………………

Andersen's Mooiweer ·

Ag nee man Kalahari. Daardie FW praatjies gaan ons niks in die sak bring nie. As jy jou skaar aan die kant van rewolusie, van ‘n oorlog wat tot uitwissing van die witman so lei, wat die enigste alternatief toendertyd was, sê dan so.
Ja, daar kon beter verskansingsvoirwaardes beding word, ongeag die gebrek van enige werklike waarde van ink op papier. En ja, ons het verwag dat groter gebruik van bestaande kundighede gemaak sou word in plaas van die roekelose ontplooiing van kaders. Maar nou moet ons aanbeweeg. Ondersteun Solidariteit, AfriForum en dergelikes en gebruik ons vernuf om uit te reik en ons waardes aan ander uit te dra om dit hulle eie te maak.

Karlahari ·

In 1990 het die Afrikaner die politieke en militêre beheer gehad met die beste weermag in Afrika.
Oral in Afrika het state misluk. Zimbabwe, Mosambiek en verder op.
Enige persoon wat bereid was om helder hieroor te dink sou kon sien dat SA dieselfde pad sou loop onder n ANC regering. Maar anders as in ander Afrika lande waar blankes altyd suid gevlug het was SA ons laaste vesting.
Logika sou dan sê dat n gedeelte van die land, bv Noord Kaap en Weskaap onder blanke beheer bly. Militêr sterk nie teen wigte op papier nie.
As die res van die land dan faal en daar geen toekoms vir blankes in die res van die land sou wees nie, kon hulle na n plek van vrede en voorspoed terug keer.
Waar grense streng bewaar is en toegangs beheer uitge oefen is om toestroming te verhoed. Geen uitmoor van die blanke bevolking nie en bydra tot stabiliteit in suidelike afrika.
Maar nee. Die wat dit sien kom het en afskeiding voorgestel het is op alle maniere beledig.
Nou is dit te laat. FW en sy trawante het ons land op n skinkbord weg gegee.
Wonder hoeveel die Guptas hom betaal het in 94……

At Dippenaar ·

Nou wat gaan my alam mater, Hoërskool Generaal Hertzog in Witbank, dan nou heet. Pangaman Sekapane Excuse for a School?

Slagyster ·

‘n kort samevatting van wat verkeerd is, ek stem met jou saam, maar nou wonder ‘n mens net, of ‘n groot persentasie wat die ANC ingestem het nie miskien deel van die korruptes nie?

Kallie ·

Dan Roodt beweer hierdie perd is nie eers ‘n SA burger nie. Dalk is hy nou ‘n burger maar kom van elders in Afrika om die SA geskiedenis te help herskryf.

Ledufiracist ·

Nierassig, wat ‘n grap. Dit is juis rassige besluit en kommentaar. Verander die name, ons gee nie om nie. Sal dit net weer verander met nuwe helde se name in die nabye toekoms, amper daar, hou aan…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.