Paul Kruger en die beskadiging van standbeelde

Paul Kruger

Paul Kruger

Uit die EFF se dreigemente teen Anglo-Boereoorlog- en Paul Kruger-standbeelde blyk hulle skokkende gebrek aan kennis oor die geskiedenis. Dit is ook ʼn tragiese aanklag teen die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel wat sulke produkte lewer.

Die VF Plus het ʼn dringende boodskap aan die burgemeester van die Tshwane-metro, mnr. Kgosientso Ramokgopa, gestuur oor die dreigemente van die EFF om die Kruger-standbeeld op Kerkplein te beskadig. Die beskadiging van ʼn standbeeld is ʼn misdaad. Vroegtydige en verantwoordelike optrede kan onnodige insidente en konflik rondom die Kruger-standbeeld voorkom.

Leiers speel ʼn belangrike rol as dit by goeie of swak verhoudinge kom. Dit is nie toevallig dat buitelanders in KwaZulu-Natal geteiken word kort nadat die Zoeloe-koning hom teen die teenwoordigheid van buitelanders uitgespreek het nie. Op dieselfde wyse het pres. Jacob Zuma ʼn anti-wit heksejag aan die gang gesit met sy negatiewe verwysing na Jan van Riebeeck vroeër vanjaar. Hierdie leierskap-optredes staan in skrille kontras met pres. Nelson Mandela se versoeningsbenadering waar hy met een uitlating in die jare negentig die debat oor die verwydering van die Springbok as sport-embleem gestop het.

Die EFF verstaan duidelik niks van die konflik en stryd van die verlede nie. So het pres. Paul Kruger sy lewe grootliks gewy aan ʼn stryd teen Britse imperialisme en kolonialisme. Dit het begin deur die Groot Trek waaraan hy deelgeneem het om onder Britse gesag uit te kom en het geëindig met twee oorloë, 1881 en 1899, teen die koloniale moondheid Brittanje. Kruger is in Switserland dood omdat hy gesê het dat hy onder die Britse vlag gebore is, maar nie bereid is om onder die Britse vlag te sterf nie. In hierdie opsig is hy een van die eerste Afrika-vryheidsvegters teen Europese kolonialisme en imperialisme.

Die Kruger-familie se goeie bande met swart mense blyk uit die feit dat die kosbare familiebybel, waarin Kruger self die familiestamboom ingeskryf het, tydens die Anglo-Boereoorlog aan die Magato by Rustenburg gegee is vir beskerming teen die Britte.

Kruger het ook ʼn positiewe rol gespeel in die geskiedenis van die Royal Bafokeng wat vandag as die rykste stam in Afrika beskryf word.

In 1887 het Kruger ʼn ooreenkoms met Lobengula, die Matebele-hoof gesluit. In hierdie tyd het die Britte en Rhodes in Lobengula se land, die huidige Zimbabwe, belang gestel. Kruger het Piet Grobler as ʼn spesiale konsul met ʼn boodskap na Lobengula gestuur. Kruger se boodskap aan hom was: “Jy moet nie van jou land aan ander weggee nie, maar dit vir jou kinders hou.”

Die EFF se soort politiek om standbeelde te beskadig is ʼn misdaad en los geen probleme op nie, maar skep net nuwe konflik en probleme in ʼn ingewikkelde, diverse land.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Pieter Mulder

Dr Pieter Mulder is ’n voormalige VF Plus-leier, voormalige parlementslid en professor.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Francois Nel ·

Dankie Dr Mulder vir die geskedenisles, maar ek dink met die beperkte breinkapasiteit en een-ogigheid van die tipe mense wat die EFF ondersteun sal die les nie inslag vind nie. Die vroee pagtige kerkplein is nou onbegaanbaar en onveilig vir blankes en te gevaarlik om soontoe te gaan. Dit loop oor van rowers, uitlanders met stalletjies en mens moet ver parkeer en deur rowerbendes loop om daar te kom. Dehalwe besoek geen behoudende Afrikaner dit meer. Dit sal beter wees om die beeld-kolom te berwyder na ‘n plek soos die Voortrekkermonument terrein waar dit beskerm kan word en deur baie meer Afrikaners en toeriste in veiligheid besigtig kan word. Pasop, die volgende teiken kan die Paul Kruger huis wees.

Albert ·

Francois ons kan nie deur hulle intimidasie en drygemente die heeltyd retereer nie.
Skuif ons die standbeelde dan is, soos jy tereg ook opmerk, die huis volgende en wat dan van Die Ou Raadsaal ons museums ens wat ons nie na veilige plekke toe kan skuif nie. Solank daar enige strukture is, wat sogenaam “aanstoot” gee, sal hulle aanhou om dit te wil vernietig – behalwe natuurlik die damme, paaie en geboue wat hulle tot hulle voordeel kan gebruik en wat blykbaar gerieflikheidshalwe nie “aansoot’ gee nie,
Indien ons iets wil red gaan ons verplig wees om die lyn te trek want hierdie mense soos Malema het geen perke nie.

Hendrik ·

Dit is nie ‘n kwessie dat hulle nie verstaan wie Paul Kruger was nie. Hulle agenda is heel duidelik en hou gouer ons dit besef hoe gouer kan ons na werklikke oplossings soek. Die EFF, ANC and ander radikale groepe soek die wittes nie meer in SA nie. Hulle begin met die aanslag teen ons kuktuur, taal en alles wat kosbaar is vir ons. Daarna sal ons dieselfde sien as in ZIM, net veel erger.

Mathys ·

Hendrik jy slaan die “spyker op die kop”; ons sal dit moet besef.

Buks Oliefant ·

Onthou my woorde.Die Paul Kruger stantbeeld en al,al die stantbeelde van wit mense sal oor 8 jaar nie meer bestaan nie!Dit is vreeslik hartseer!!!!!!!Ek is nie negatief nie.Maar lees vrek baie en sien altyd ñ kom.Ek is bv vreeslik siek en kan nie werk nie en die regeering wil my niks gee nie.Ek weet ook van 416 DA stem briewe wat net weggegooi is.NIKS sal my ooit verbaas van die regerin nie.As ek ryk was gaan ek more in ander land woon.Hoe kan God so land seen?

Afrikaner ·

Ons gesels en met mekaar en is saam bekommerd. Maar die vraag is wanneer gaan ons weer saam staan? Eendragt maakt Magt. Ons kinders is die eintlike teiken. Wanneer die ouers van vandag te oud is om te veg , gaan ons kinders hulle slawe word omrede ons reeds gestop word om te emigreer (Nie dat ons moet weghardloop nie, maar slegs dat daai deur nou ook nou stadig toegemaak word) Ons kinders se opleiding verval saam hulle sin maar die parlement se kinders studeer oorsee. Ons mag nie meer ons eie besigheid he sonder om die helfte weg te gee nie. Ons is ontwapen. Ons word verfreemd met onuitspreekbare straatname. Ons geskiedenis word vernietig deur i volk sonder geskiedenis wat na ons in Suid Afrika opgedaag het….en nog te veel om te noem. Ons huil lekker saam ,maar wanneer staan ons saam. Onthou dat die Wit Afrikaner die 3 enige God het as sy fondasie , en die Woord sal nooit ledig terugkeer na jou nie. Ja apartheid was sekerlik sleg in baie se sienswyse maar dit wat nou aangaan is slegs i bewyse dat dit i sisteem was wat i bose nase onder beheer gehou het.

Albert ·

Afrikaner, indien ons kon saamstaan sou ons nie so vertrap en verneder gewees het nie – dan sou ons ons taal ook kon handhaaf – hoe moeilik kan dit tog wees ?
Ek weet nie wanneeer ons regtig gaan wakker skrik nie – daar was al soveel pogings om die verskillende groepe bymekaar te kry om saam te staan maar elkeen wil harkoppiglik sy eie ding doen.
Ons het werklik ‘nware leier nodig wat sy man kan staan en na wie ons kan opsien.

Bosvark ·

Al wat die wetters kan doen is afbreek, hulle kan net kla oor zuma en en en. Wie kan sulke moegoes volg, seker maar net moegoes. Bou die land, moet nie afbreek nie. Hule kla oor rassisme maar hulle veroorsaak dit. Die kalk moet einde kry.

Buks Oliefant ·

Onthou my woorde.Die Paul Kruger stantbeeld en al,al die stantbeelde van wit mense sal oor 8 jaar nie meer bestaan nie!Dit is vreeslik hartseer!!!!!!!Ek is nie negatief nie.Maar lees vrek baie en sien altyd ñ ding kom.Ek is bv vreeslik siek en kan nie werk nie en die regeering wil my niks gee nie.Ek weet ook van 416 DA stem briewe wat net weggegooi is.NIKS sal my ooit verbaas van die regerin nie.As ek ryk was gaan ek more in ander land woon.Hoe kan God so land seen?

Frik Lotz ·

Baie goeie artikel deur dr. Mulder. Soos ons weet is Paul Kruger se standbeeld toe wel beskadig. Dis onaanvaarbaar en dis tyd dat Afrikaners uit een stem sê: Genoeg is genoeg!

Pienk Spook ·

11 Keer by my ingebreek.SAPD kon niks,niks doen.My honde al 4 vergif.In die 80s het hulle nie een keer iets van my gesteel nie.Wat meer moet ek se.

Pienk Spook ·

Ek dink 60% van die probleem is hulle weet nie wat rasisme besteken nie.Dis mos waneer jy teen eeeeeenige iemand diskrimineer weens sy ras.Baie van hulle dink dit beteken net jy diskrimineer teen iemand wat nie blank is nie.Lyk my hulle gebruik nooit verklarende woorde boeke nie.Vrek in die vroeg 80s was rasisme erg.Maar nou is dit 1000 maal erger!Net omgedraai.GOD wil tog he mens moet vergewe.Mense was al onbeskryflik wreed teen oor my.Maar ek het hulle vergewe.Want anders kan ek nie Hemel toe gaan nie.Hulle wil nie vergewe nie.Hulle bly net haat en haat .Niks goed het nog ooit van haat gekom nie!!Net bly ek is nie meer op skool.Want die areme kinders word so gebreinspoel oor die Geskiedenis.Ek het teminste nog geleer oor die Franse Rewolusie,Jan Vanriebeek,Die Koisan,Presedent Abraham Lincoln van USA wat eers ñ prokureur was en in Kentucky gebore was,Boere Oorlog ens.Genade hulle leer Mendela was net ñ held.Hoe kan jy ñ held wees as jy ander vra om bomme te plant wat onderandere onskuldige mense (plus paar kinders)opblaas.Al voel jy ook hoe sterk oor ñ saak.Daar is nie verskilende weergawes van die geskiedenis nie.Daar is net die volle storie of ñ halwe storie met stertjies aan.Ek glo God heil gereeld oor die arem blankes in die land.Daar is soo,soo baie.Maar die regering sal nooit van hulle praat op SABC nuus nie.Ek wens daar was vrede in ons land en dat almel wan alle kleure van die reenboog gelukig kon wees.Dalk bid ons te min vir ons land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.