Plaasmoorde in Suid-Afrika haal Nederlandse koerant

sylvain-ephimenco

Sylvain Ephimenco. Foto: Speakersacademy.com

Sylvain Ephimenco, ’n Fransman wat as rubriekskrywer vir verskeie Nederlandse koerante en ’n radiostasie optree, het hom hierdie week in die koerant Trouw oor plaasmoorde in Suid-Afrika uitgelaat. Die wrede moord op Annette Kennealy, wat hy as menseregte-aktivis beskryf, het hom geruk en geïnspireer om sy kuberpen oor die lot van blanke Suid-Afrikaanse boere in ink te doop. Hy draai nie doekies om nie.

Ephimenco is in Algerië gebore te midde van die onafhanklikheidsoorlog. By geleentheid het hy ’n massaslagting van wit mense aanskou, en dit het ’n blywende indruk op hom gemaak. Hy skryf in Frans en Nederlands.

Hy het die volgende in sy meningstuk oor die voorval geskryf: “Net gister het my blik op haar foto geval: Geliefdes het dit op haar Facebook-bladsy gedeel. ‘n Mooi vrou in haar vyftigerjare, glimlaggend in haar pers rok, met haar linkerarm leunend op die rug van haar stoel. Kennealy is gisteraand op haar Suid-Afrikaanse plaas vermoor.”

“Ek het gaan inloer op die Facebook-blad van hierdie menseregte-aktivis wat die afgelope jaar bekommerd was oor die lot van wit Suid-Afrikaanse boere. Die rekening was nog oop. Kennealy het Sondag om 09.49 twee boodskappe gepos. Ongeveer 24 uur voor haar dood. Die eerste het gelui dat tien plaasaanvalle binne vier dae plaasgevind het. Die tweede was dat 126 plase in Suid-Afrika aangeval is en dat van Januarie tot April 16 boere vermoor is.

“Die eerste boodskap bevat 81 antwoorde. Byna almal bevat meegevoel wat Kennealy nie kan lees nie. Ongemaklike surrealisme. Sy is Dinsdagoggend deur haar familie in ‘n plas bloed met ‘n verbryselde skedel gevind. Langs haar was ‘n hamer en ‘n ysterpyp. Of Kennealy vermoor is as gevolg van haar aktivisme, is onbekend. Sy het dikwels ‘n 9 mm Astra-pistool gedra, maar kon dit nie vir haar verdediging gebruik nie.

In Suid-Afrika word wit boere met onteiening bedreig, hul plase is aangeval en baie van hulle is brutaal vermoor, dikwels nadat hulle ure lank met boormasjiene gemartel is. Tans word ‘n plaas elke dag aangeval en ‘n boer word elke sewe en ‘n half dae vermoor. Die oudste slagoffer vanjaar was 88. Baie wit boere het die afgelope twee dekades geëmigreer en die Suid-Afrikaanse boerepopulasie het met sowat die helfte tot 30 000 gekrimp.

“Ek is herinner aan daardie jare van wrede apartheid toe die wêreld terselfdertyd teen die rassistiese regime gemobiliseer het. Nou is die wêreld stil. Daar is baie onverskilligheid in Suid-Afrika. En ook ‘n swart suprematistiese party genaamd Black First Land First (BLF) wat gelei word deur Andile Mngxitama, wie se slagspreuk op T-hemde lui: “Land or Death” (wat beteken: gee jou land en plaas aan swartes of sterf). Hierdie maand het Justisie die BLF gevra om sy slagspreuk te los, maar Mngxitama het geweier.

Ek lees op die NOS-nuusdiens se webwerf dat daar glad nie bewyse is dat moorde op blanke boere om politieke of ideologiese redes gepleeg word nie. En bowendien maak hulle jaarliks ’n fraksie uit van 19 000 ander moorde.”

Oorspronklike rubriek hier.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Boerboel ·

Hoop dit word nie net gelees nie ,maar begin druk op die regering te plaas.

van Es ·

I live in the Netherlands and my father lives in South africa western cape. The Netherlands is such a small country, there won’t be any impact. I wrote a letter to our government about plaasmoorde to get attention.. but did not get ant response. It will only help if europe stands up.. not only the netherlands.. I am always very afraid that my father will be one of the victims from farmattacks. He says: ek is altijd wakker en dra my Glock altijd by my.. is it enough? I don ‘t think so, if they want to Harm you, they will.. God bless you all.

Gemaskerde Sopbeen ·

Hy’s welkom om vir ‘n maand of so te kom kuier….ek sal vir hom sorg en hom ‘n paar goed gaan wys wat hy NIE op sosiale media sal lees nie….Hy sal dan lekker BAIE inligting hê vir sy rubrieke…

Kosie Kramer ·

Die Russiese Engelssprekende nuusdienste RT en Sputnik plaas gereeld artikels oor plaasmoorde. RT het selfs `n dokkie, waarin met oorlewendes gepraat word.

piet piet ·

Die beste nuus in n lang tyd plaas druk op die regering en voeg sommer die regering se diskriminerende wette teen die minderhede by waneer word dit geskrap of het hulle n 1000 jaar nodig.

Therese van Schalkwyk ·

Ernst Roets se “Kill the Boer” moet beslis wyer gelees word in die stamlande.
Verblydend dat Ephimenco kans sien om te skryf oor hierdie tragiese onderwerp, op ‘n reguit manier wat Afrikaanse en Engelse hoofstroom-joernaliste nooit doen nie.
Hy is reg oor die “onverskilligheid” wat heers in Suid-Afrika, ‘n algemene apatiese afgestomptheid wat ontnugter. Selfs nie die geteikende groep het eenstemmigheid hieroor nie.
Die vyandiggesinde organisasie, “African-European Indaba,” o.l.v. Johan ‘Sloet’ de Villiers is boonop in Amsterdam gesetel, vanwaar hierdie gewese Suid-Afrikaner en sy helpers vurige veldtogte voer om enige bewusmakingspogings uit SA in die wiele te ry.
Wil jy nou meer!

Andreas ·

Baie kommentare onderaan die artikels kry te min erkenning, baie. Herman Toerien, jy en Maroela moet ‘n boek daaroor skryf. Oor die ingesteldheid van die kommentator en en en …. hoe hy dit veil vir sy land en dit waaraan hy glo het.

Dan is daar mense se name wat soos samurai vegters klink ….

Disselboom ·

DIt is verblydend dat die onderwerp uiteindelik oorsee in die media begin kom, maar onbedoeld doen daardie skrywer steeds mee aan die opsweping wat aandeel het in die plaasmoorde, deur na die sogenaamde “wrede apartheid” te verwys. Dis ongekwalifiseerde onverantwoordelike frase bly ‘n valsheid wat waarby vasgehaak word. Steeds asof daar tog wel ‘n verskoning vir 2019 se wreedheid is.

Vintcent ·

Die gemiddelde Europeër het geen idee en gee ook nie werklik om wat in Afrika gebeur nie. Die Nederlanders was nog altyd anti-Afrikaner…hul steun is wensdenkery. Nes die klomp wat dink dat Trump, die witman in SA se belange op die hart dra. Mense, julle is naïef! Gaan bly in Europa en bewys my verkeerd.

Hendrik ·

@Vintcent. Ek stem saam met wat jy se van die gemiddelde Europeer, in hierdie oomblik.
Nogal interresant om te dink hoe dieselfde gemiddelde Europeer te kere gegaan het in die laat 60’s, die 70’s en die 80’s. Elkeen en sy hond was teen die blankes in Suid Afrika (nie net die regering nie).
Slotsom: Die propaganda van die nie-Europeers in Europa was goed. Dit gaan alles oor ras Punt

JohanL ·

Stem saam met Hendrik dat die propaganda masjien uiters doeltrfeend was in die 60’s tot 80’s om feite sowel as leuens te versprei. Veral die leuens wat versprei was.

Nou wonder ek net – teoreties moet dit baie, baie makliker wees in die huidige tyd met tegnologie tot ons beskikking (sosiale media, webwerwe) om die regte waarheid oor plaasaanvalle te versprei. Sekerlik kan iemand ‘n webwerf begin (al is die webwerf in die buiteland) waarop daar gedurige opdaterings is oor plaasaanvalle, regstellende aksie ens.

Kan selfs ‘n “nuusbrief” via e-pos uitstuur op weeklikse basis aan verskeie ambassades – hul e-pos adresse is oop in die publieke domein.

Die tegnologie is daar – tyd dat ons as blankes ook met ‘n propaganda oorlog begin – al verskil is ons moet die waarheid versprei.

Jeremia ·

Die skrywer kan nie genooi word om self te kom kyk nie, want hierdie hele land is ‘n “verkeerde land” om te wees.
Spesiale versoek: indien die kommentaar van my ‘verbeter’ word in ‘n antwoord, wees so oorspronklik om tog maar ‘n ander naam of skuilnaam te gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.