Plaasterreur raak ons harte

Plaasaanvalle2017-map

Grafika: Verskaf.

Moordenaars het my grootworddorpe se name met bloed besmeer. Boerebloed. Sannieshof, Ottosdal, Leeudoringstad, Wolmaransstad.

Hierdie name klink soos klippe op die sinkdak van my kindertyd se plaashuis as ek die moordnuus hoor. Rampokkers verbrand my herinneringe aan geboue in Lichtenburg, Coligny en Schweizer-Reneke. Delareyville en Bloemhof verval van verwaarlosing.

Hierdie dorpe is my grootwordplekke: gebore op Delareyville, laerskool in Sannieshof, “dorp toe” gegaan in Lichtenburg. Die hartseer nuus maak seer. Die ergste is die wreedaardige moorde, veral op weerlose plaasvroue en oumense. Dít laat mens rooi sien.

Maar die bloedspore word egter landswyd getrap. Tot 6 Junie hierdie jaar, was daar 148 aanvalle op plase. Soveel is vermoor, vermink en verkrag. Ek glo nie meer die stories dat dit “gewone” misdaad is nie. 148 aanvalle in minder as ses maande is nie gewone misdaad nie, dit is terreur. ’n Soort onverklaarde (misdaad)oorlog. Om dit as gewone misdaad af te skryf is om aandadig aan die bloedvergieting te wees. Dit is siek dat ’n wit rassistiese twiet meer opspraak maak as al hierdie boeremoorde saam. Daar is seker nie ’n sentrale plan wat die veldtog dryf nie, maar daar is duidelik ’n sentrale idee wat dit in politieke kodetaal aanmoedig of stilswyend toelaat. Waarom anders sal die nuus dan oor die twiets skreeu en oor hierdie terreur fluister?

Die bestaanskrisis van boere is die dun verspreide, onverdedigbare plase in die uitgestrekte platteland. Ons bly in ’n kontinent waar hongersnood gereeld voorkom, maar hier word boere verguis en verskree en vervreem. Én vermoor. Voedselsekerheid behoort ’n nasionale prioriteit en nie net lippediens te wees nie. Maar dit gaan oor veel meer as net die voedselketting. Boereplase tower vir my beelde op van gasvryheid, boekevat, kampvuurkuiers, familiebyeenkomste en ’n Afrikaanse lewe. Die grond en die gras en die geskiedenis is in plaasname ingeskryf. Boerdery is ’n leefwyse, nie net ’n besigheid nie. Boere se swaarkry is ons almal se swaarkry.

Kettingreaksie

Elke boer wat sterf sit ’n kettingreaksie aan die gang. Die eerste skakel in die voedselketting breek morsaf. ’n Duisend borde word leeg. Tientalle werkers gaan in sinkhuise rondom dorpe sit. ’n Kleinkind word sonder Ouma en Oupa groot. ’n Afrikaanse woord raak stil. ’n Leegstaanplaashuis sonder lag, kuier en gasvryheid. Nog ’n leë stoel by die boerevereniging, ’n oop sitplek in die kerk, een stem minder wat Psalm 23 saamsing, ’n Bybel wat ongeopend bly lê, kleinkinders wat nou oorsee Engels praat, ’n leefwyse wat uitsterf, en ’n traan wat eensaam in die ouetehuis val.

Ek lees dat twee van die drie seuns van ’n boer wat vermoor is reeds in Kanada woon. Hulle was op skool in Lichtenburg. Hulle is nie emigrante nie, hulle is bannelinge. Emigrante trek agter ’n wortel aan, bannelinge vlieg oor ’n stok. Een woord in die Volksdigter Jan F Cilliers se gedig “Dis al” verander voor my oë:

Dis die blond,

dis die blou:

dis die veld,

dis die lug;

en ’n voël draai bowe in eensame vlug –

dis al

Dis ’n banneling gegaan

oor die oseaan,

dis ’n graf in die gras,

dis ’n vallende traan –

dis al.

Vergiftig

Die Suid-Afrikaanse post-1994 omwenteling het soos ’n tsoenami alles in sy pad omskep. Die bestanddele van ’n krisis het stelselmatig soos blokkies van ’n bose legkaart in plek geval. ’n Regerende party wat nie met hul struggle ideologie kan regeer nie. ’n Mooi land wat verander in Zuptastan. ’n Welsynsgedrewe bevolkingsontploffing onder arm mense. Swak skole waar kinders nie leer nie. Verbrokkelde gesinstrukture wat nie waardes oordra nie. Vinnige verstedeliking wat gemeenskappe opbreek. ’n Pap ekonomie. Dorpe sonder dienste, ’n verterende korrupsiekanker, en staatsdienste wat inplof. Politieke beloftes waaraan die ekonomie nie kan voldoen nie. ’n Politieke burgeroorlog wat van die Uniegebou tot in elke stadraadsaal woed. Wedywering met ’n rooier opposisie. Massas onopgeleide onindiensneembare jongmense. Dit alles het ’n geslag sonder hoop, maar met televisiehoë verwagtings geskep. Rustelose ontevredenheid het politieke vulkane soos molshope op ’n grasperk oral oor die land laat oprys. Twee gemeenskappe bly langs, tussen en naby mekaar. Die een het ’n getalleoorwig en oorweldigende politieke mag. Die ander het relatiewe voorspoed. Die een voel ekonomies ongelyk, die ander polities ongelyk. Die een gemeenskap meen dinge bly maar dieselfde as voor 1994. Die ander voel dat hul veiligheid, vryheid en voorspoed vanweë hul velkleur geteiken word. Die meerderheid in die een gemeenskap word oortuig dat die oplossing in die politiek lê. Stem vir ’n beter lewe. Die ander een moet speel volgens die harde spelreëls van ongenaakbare globale mededinging, produktiwiteit en ’n regering wat teen hulle regeer. Werk vir ’n beter lewe.

Politici grawe ou griewe teen wit mense uit om hul ondersteuners in gelid, en hulself in die kussings te hou. Dit alles laat die politiek verskuif na die linkse herverdeling van ander se eiendom en produksie, gemeng met rassenasionalisme en sondebokpolitiek. Die mislukking van hierdie politieke resep vergroot die gaping tussen die beloofde verwagting en die troostelose werklikheid. Dit verskerp verdelinglyne volgens ras en klas. So ontstaan ’n klimaat om ’n verspreide, oorpresterende minderheid te laat lyk soos ’n geregverdigde teiken om te plunder, te verneder en selfs te vermoor. Nie ’n bewysbare, openlike sentrale plan nie, maar ’n stilswyende sameswering waarin “ons” “hulle” mag teiken.

Kultuurkapitaal

Wat hou die toekoms in? Dis noodsaaklik dat boere besef dat daar nie vrede heers nie, maar dat hulle die teiken van terreur is. Hulle sal dringend hul plase, huise en leefwyse daarby moet aanpas. Wie homself nie kan verdedig nie, word aangeval. Boere sal veiligheid moet léwe. Hulle is dit aan hul vroue en kinders én hulself verskuldig.

Maar dis nie genoeg nie. Die probleem is veel groter as net ’n misdaadprobleem, dus sal die oplossing ook groter moet wees as bloot beter veiligheid. Grond(hervormings)wette kan boere se plase afvat, maar dit kan nie hul kulturele kapitaal steel nie. Afrikaners se bestaanskrisis is nie ons klein getalle nie, maar ons dun verspreiding. Soos ander bedreigde groepe in die geskiedenis lê ons oplossing in groter konsentrasie in streeksdorpe, stede en selfs nuwe dorpe en stede. Dit gaan makliker wees om die boere van die plase te red, as die plase van die boere. Die boere is ’n mikrokosmos van die Afrikaner, en wat met hulle gebeur is tekenend van die groter gebeure.

Afrikaners is deur eeue gebrei deur die uitdagings van Afrika. Ons het verwoestende oorloë, uitmergelende droogtes, politieke krisisse, kulturele armoede en ekonomiese rampe oorkom. In hierdie bestaanstryd het ons die kulturele kapitaal opgebou om nie net te oorleef nie, maar om voluit te leef. Ons het al met wêreldklas prestasies uit die diepste krisisse gekom. Ons is deeglik gestaal en toegerus om in enige omstandighede ’n sukses te maak. Soos ons groot denker Van Wyk Louw gesê het, “ons moet die kosbare skat [van ons taal, kultuur en leefwyse] veilig deur die skare dra”. Ons hét dit al gedoen, en ons kan dit weer doen.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Flip Buys

Flip Buys is voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Stephan ·

Flip, hier is ‘n 1977 boek bygewerk en herdruk in 2017. R W Johnson.” How long will South Africa survive?”
Moenie dit mis nie!

Chris ·

Dr Buys, dit is werklik n stukkie kommentaar wat baie goed deurdink en gestel is. Dit is die werklikheid. Ons – swart, wit, bruin – het almal gehoop of eerder geglo Suid- Afrika gaan n land van geloof, voorspel, vrede, geluk maar ook realisme wees na 1994. Wit en bruin word nou egter uitgeskuif en gemarginaliseer. Maar ons sal oorkom en oorleef…

Leendert ·

Ek sien James Myburgh, redakteur van Politicsweb, sê vandag in ‘n artikel genaamd “‘n Gemeenskap wat rassisties mal geraak het”, ons het grotendeels ‘n ras gesentreerde land met ‘n bende-psigose geraak.

dirk L ·

ek wonderLeendert, ek hoor jou maar statistieke oor rasseverhoudinge vertel n ander storie ook, die meeste mense is nie rassisties nie en aanvaar mekaar, Dis die ANC wat verdeling skep soos ons sien met die bell pottinger aaslag, n maatskappy so koudbloedig en vuil soos die ANC

PvZ ·

Kan ons nie net die onverklaarde oorlog, op ‘n manier maar net verklaar kry nie? Waar is die slim mense, hoe kry mens dit reg? As die oorlog verklaar is, dan kry mens buitelandse simpatie. As die oorlog verklaar word, kan ons terug skiet. As die oorlog verklaar word, kan ‘n mens offensief aksie neem in plaas van defensief. As die oorlog verklaar word, kan ons belasting weerhou. Nou befonds ons die weermag wat teen ons veg deur belasting te betaal. Laat ons asb. net die speelveld gelyk maak.

SeMaarNet ·

PvZ – ek stem – ons krag is nie in getalle soos Flip duidelik stel – maar ons het nog ALTYD – kyk maar na die geskiedenis van ons dapper volk – nog ALTYD – deur strategie ons weg wat vir die aanvaller onmoontlik gelyk het – wel daai weg gevind en gebruik en gewen!!!

maria van dyk ·

Daaar is nie n president om te se stop die moorde nie , en om die weermag uit te stuur vir die aan valle op die plase nie, wie en watse president gaan ons help

Rina Vermeulen ·

Hierdie artikel wys die ware toedrag van sake en raak mens diep mooi geskryf Flip Buys. Ja die punt is waar gaan dit stop en wanneer met die regering ?Hoop mense besef en doen iets dit raak laat in die dag

Jaco ·

Dink net as al die groot besighede vir drie maande hulle tax geld weerhou wat aan sars betaal moet word, dan stort die hele ANC en al sy personeel wat ons land droog tap in een. Mense moet ophou praat en kla en begin doen!! Raak die wat aan bewind is waar dit saak maak, aan hulle sakke.

Hendrik ·

Hoe doen ‘n mens dit? Hoe keer jy jou werkgewer dat hulle outomaties jou belasting aftrek en oorbetaal aan SARS. Deur ‘n hofgeding? Miskien as daar baie meer mense aansluit by Afriforum kan hulle deur ‘n hofgeding keer dat jou werkgewer jou belasting aftrek.

jan van riebeeck ·

Gaan lees die Bybel , die antwoorde is daar , maar Christene vandag wil aan hulle naaste doen wat God sê jy moet aan jou vyand doen en aan hulle vyand doen wat Jesus gesê het jy moet aan jou naaste doen , hou op om die twee instruksies te verdraai dan sal dinge beter gaan

foxi ·

Ek kan dit regtig nie verstaan nie. Die grootste misdadiger van die land sit in sy gemakstoel en maak net soos hy wil en almal sal nogsteeds vir hom stem en veg! Maar Helen Zille wat veg vir die WAARHEID word gestenig………boere wat die land se mense moet voed, moet ook self veg vir oorlewing, maar tot hulle moet boet met hul lewens. Hoe verklaar n mens dit?
Hemel tog….het die mens nie meer n verstand nie om te dink nie…….

johannes van zyl ·

So bietjie meer as n jaar gelede is my vader op sy plaas vermoor. Kom ons kyk hoe maklik dit was. Alleen, 82 jaar, krom gewerk, en die hart van n leeu. Sterk in sy geloof, Sy Reder leef, vreesloos sou hy noormag oorwin. Die naaste bure, so plus minus 3 na 4 kilometers. Selfoon verbinding maar swak as daar was en n burgerband radio as hy naby genoeg was om dit te kon gebruik. Die werklikheid was dat hy al baie swak was van liggaam, maar in sy oe kon hy nog die wereld oorwin. Daar was niemand sterk genoeg om hom te kon versorg nie. Daar moet klein gemeenskapies op plase gevestig word, langs mekaar bly en minder bekommerd wees oor wat die bure sou se. Ons moet as sterk gesinne leer om in een woning saam te bly en te leef. Ons eie spasies en privaatheid sal tot ons ondergang lei. Ons het nog nie geleer dat dit beter is om saam te staan as teen mekaar te staan nie. EEN DRAG MAAK MAG. Vir my is dit te laat, maar nie vir jou, ons Suid Afrika.

Bert ·

Langtermyn is die enigste antwoord sekerlik ‘n semi-onafhanklike staat binne die grense van die Republiek. Ons kan uiteraard nie sommer oornag ontkoppel vanuit die SA ekonomie nie maar ons sal moet parallel begin ontwikkel aan ‘n staat van ons eie. Terwyl ons nog die hulpbronne het. Ek voel dat Solidariteit/Afriforum ‘n fokus-skuif moet ondergaan en nie net reaksioner moet wees nie – maar dit gaan net werk as die idee van ‘n eie staat genormaliseer word deur hoofstroom instansies.

CJ ·

Bert. Solidariteit en die VF+ moet hulle louheid en flouheid oor die volkstaat laat staan en daadwerklik leiding begin neem. Daar is geen ander alternatief vir ons in Afrika nie. Daar is geen voortbestaan vir die Afrikanervolk, anders as in Afrika nie. Geen ander opsies of alternatiewe nie. Ons moet besluit of ons as volk wil bly voorbestaan en of ons wil wegsmelt in die Engels oorheersde wêreld. As ons wil bly voortbestaan, is ‘n Volkstaat die enigste opsie. Die ENIGSTE OPSIE!

Catryn ·

@Bert ons as volk het ‘n internasionale reg tot selfbeskikking

Hoekom?

Omdat ons menseregte geskend word op verskillende terreine

1. Daar is al sedert 1994 deur liberaal verligte blankes verwag ons moet afstand doen van ons identiteit, kultuur en taal. Terwyl elke ander etniese volk hul eie Tuislande behou het, al wat verander het, is die naam na Trustgebiede.

2. Regering en swart leiers, maak nes die britte destyds, en FW het saam hiermee gekonkel, met die ondertekening van die Ingonyama Trustwet net voor 1994 se “oorgang”, waar swartes hul gebiede behou het, terwyl ons Afrikaners en Boere (alle blankes) moes meng met die res uit Afrika vir die reenboognasie.

3. Ons taal word van ons vervreem.

4. Ons word oorskadu met swart bemagtiging en baie besighede wat ons sin was is nou B-BBEE en ander tot niet.

Selfbeskikking/self-determination is ons enigste pad, om ons eie gebied te verkry, nader aan mekaar beweeg, waar daar reeds 700000-1 miljoen is om dit verder te versterk, daar is reeds sulke gebiede geidentifiseer.

Ou Plaasvark ·

Beste Flip, baie dankie vir hierdie insiggewende artikel.
“Soos ander bedreigde groepe in die geskiedenis lê ons oplossing in groter konsentrasie in streeksdorpe, stede en selfs nuwe dorpe en stede.” Met beperkde bronne, uitmergelende diskriminerende wetgewing, opportunistiese politiek en ‘n toenemende bevolkingsontploffing van armlastiges met honger mae, sal die miljoene der miljoene werkloses swerm na die eilande van voorspoed, die “streeksdorpe, stede en selfs nuwe dorpe en stede”. So, die probleem sal net verplaas word. Die Wes-Kaap is ‘n voorbeeld. Waternood sal ook daar sy kop uitsteek.

Catryn ·

@plaasvark
Daardie gebiede bestaan reeds, die Volkstaatraad van 1994 het reeds sulke gebiede geidentifiseer, ons moet dit uitbou en versterk – ons eie gebiede versterk, ons eie skole versterk en ook ons eie regering kry met die oog op ‘n volle soewereine gebied.

Arend ·

Nee, Ou Plaasvark, dit is juis die afhanklikheid van vreemde arbeid wat ons in die verlede vernietig het as ‘n volk. Saam met territoriale selfbeskikking staan eie arbeid as een van die hoofvereistes vir ‘n suksesvolle selfregerende gemeenskap. Orania en Kleinfontein het reeds getoon dat dit haalbaar is. Ons moet net die geleentheid wat deur Art 235 van die grondwet gebied word, aangryp.

Gideon ·

Uitstekende artikel, akkurate probleemomskrywing. En dit wat gebeur dra stilweg die goedkeuring weg van die meerderheid. As ek kon, sou ek more pad gevat het. Maar ek kan nie. Wat nou? Wat kan ons doen? Dit wat normale burgers in ‘n werkende demokrasie kan doen, doen ons reeds. Dit is nie goed genoeg nie.

Leon ·

Die boere se situasie baie goed opgesom.
Ek het ‘n ruk terug ‘n skrywe aan Afriforum gerig. Dit gaan oor ‘n paniek sisteem – jy moet ‘n paniek knoppie altyd aan jou dra. Ek was verheug om te hoor dat hulle alreeds aan so ‘n sisteem werk. Net een van die baie goed wat jy moet doen om te oorleef…

SARIE VAN HEERDEN ·

Wat ‘n pragtige stuk werk van Flip Buys. Lees lekker en gaan ek dit uitdruk en in my spesiale leer liasseer. Daardie is ‘n Afrikanerhart wat so skryf. Dankie daarvoor.

hannes marais ·

goeie berig flip buys…wil net een punt uitlug…dis nie net die witman wat op plase vermoor word nie…duidende witmense is in dorpe en stede al vermoor sedert 1994..

hannes marais ·

so ons moet eintlik hier praat van volksmoord…maar ek kan nie verstaan dat n redelike funksionerende organisasie soos afriforum nie pres donald trump kan inlig oor die volksmoord op blankes in suid afrika nie…n vliegtuig kaartjie amerika toe kos nie so baie nie

Catryn ·

@hannes : jy is totaal en al reg, veral % gewys, is dit volksmoord of genocide is reeds vanaf 1994 aan die gang en word net erger.

Omdat ons min is, en ons daagliks uitgewis word, is die persentasie groter in elk geval.

Swartes daarenteen is enorme groot, want niemand weet watter swartes wat vermoor word is die van immigrante of etniese swartes nie. Daar word nie onderskeid gemaak tussen die vermoordes uit Lesotho, Zimbabwe of Ingonyama Trust of Durban of Pretoria nie, want tussen ons bly miljoene immigrante en miljoene is onwettig, naamloos ook daarby.

Die bevolking van beraamde 60 miljoen is nie die ware statistiek nie, want dit sluit geen immigrant daarby in nie.

Pieter ·

Baie dankie Flip vir die artikel wat diep besinning regverdig.

TDW ·

Aan al die kommentators wat oorlog roep, ek smeek jou, dink weer. Oorlog is die lelikste ding wat kan gebeur. Dis nie soos die flieks nie, dis nie eers soos ons geskiedenis boeke nie. Dis wreed. Ons is te min vir oorlog, ons is ontwapen, ons weet nie meer hoe om ‘n kolskoot van ‘n perd se rug af te skiet nie en meeste van ons weet nie hoe om ‘n wapen te gebruik nie. Moet asb nie oorlog druk nie. Selfs die wenners is verloorders in ‘n oorlog. Bid dat Wysheid oor Suid Afrika kom. En as oorlog kom, moenie dat dit eerste uit jou geweer kom nie. God kan wel ‘n klein groep oormag gee, maar dit moet deur Sy wil geskied. Bid vir wysheid, dit begin deur die dien van die Here. Laastens wil ek net vra; my volk, moenie verbitterd word nie.

Ampie ·

Goed verwoord. Ongelukkig sit blankes in SA met ‘n demografie probleem. Ons word al minder en minder as persentasie van die geheel. En ons is wydverspreid. Dus is ons uitgelewer aan die massas en die moordspanne. Daar is nie ‘n oplossing nie want ons raak al minder. Soos ons voorvaders is die enigste oorlewingsmeganisme laertrek – soos in die stuk genoem word – nuwe dorpe stig of as gemeenskap in sekere dele saamwoon. Vir baie is dit “terugtrek” Kaap toe. Ander emigreer (die laaste Groot Trek).

CJ ·

Ampie. Konsentrasie in dorpe, stede of selfs ‘n provinsie, is nie genoeg nie. Die ellende bly met ons. Ons het ons eie LAND nodig. Hoepenlik bring die realiteite soos deur Flip beskryf, ons uiteindelik by hierdie logiese gevolgtrekking. ‘n Onlangse meningsopname op MM het oorweldigende steun vir ‘n Volkstaat getoon. Ons soek nou net na leiers met gesonde verstand en ruggraat om dit in te sien en die moeilke pad aan te durf.

Catryn ·

CJ en Ampie

Daar is reeds honderde duisende van ons in sekere streke gevorm al .

Daar was ‘n Volkstaatraad ondersoek rakende dit, en hulle finale verslag en aanbevelings is aan Parlement gegee, asook VF en andere, wat weet hiervan. Dat ons in die gebiede reeds meerderheid vorm. ANDER wat naasliggend is of verder weg, moet eenvoudig net probeer skuif na die plekke toe om ons getalle te verskuif.

Dit hoef ook nie te gebeur nie, daar bly baie Franse buite Frankryk ook. Maar dit is lonend dat jy as burger van so ‘n gebied jou besigheid skuif, nie net boere nie, alle tipe besighede. In die gebiede is heelwat blanke arm nedersettings, wat gebruik kan word om opgelei te word, in die veiligheid van plase en besighede, dus moet ons leer om onsself te beveilig, tot ons reg is vir Selfbeskikking (onafhanklike gebied)

Daar was baie ondersoeke gedoen deur Volkstaatraad .. en dis positief in ons guns, ons het ‘n internasionale reg tot selfbeskikking.

Dit is al hoe ons ons menswaardigheid gaan terugwen.

John ·

Flip, kry kundiges byeen, dink en maak planne. Vra raad by Jode wat onder sulke omstandighede was en so in hul vaderland woon. Los eers vir Trump. Hy is self onder beleg. Hou op wag en wonder. Ons Afrikaners moet nou mekaar se hande vat en naasteliefde pleeg. Diegene wat welsyn lief moet nou hul eie ding elders gaan doen. ‘Bye.’ ‘Charity begins at home.’ Dis waar dat ons Boere altyd die blink kant bo wil hou en individualisties neig. Oor ‘my grond en my reg’ gaan die huidige geveg. Wil ons boere die hele Afrikanerdom laat sneuwel met hul meerwaardige houding wat dieselfde bly sedert #94. ‘Laat hulle ons maar kom, maar ek verander nie ‘n duit aan my leefwyse op my familie-erfplaas nie.’ Die vyand voel vere vir gewels en stinkhout en ou koper is bloot geld vir swendelaar. Koeelgate deur Van Wouw pla nie as die naaste in bloed roggel nie. Ons almal moet ons lekkerleefdrome los en na raad luister. Die wrede vyand doen ook so.
Flip is die regte man vir leiding gee!! Staan asseblief op. Mense ondersteun hom. ‘n Rustige helder verstand is nodig in die’ donkerland!

Bert ·

Maar Flip [en Solidariteit] sal die water moet toets vir n eie staat. Hulle sal eenvoudig dit moet opskuif op die ‘te doen’ lysie. Tans sit ons en wag vir die ellende. Miskien word hy verras. Begin tog net die idee daarbuite kry dat dit nie so verregaande en onmoontlik is nie.

CJ ·

Bert. Maroela Media het ‘n tydjie gelede ‘n meningsopname oor ‘n Volkstaat gedoen. Meer as 50% van respondent was onvoorwaardelik te gunste, met nog ‘n groot persentasie (19% as ek reg onthou) “indien dit ekonomies haalbaar is”. Die steun is daar. Die grootste struikelblok op pad na ‘n Volkstaat is die gebrek aan visioenêre leierskap. Natuurlik gaan dit nie maklik wees nie. Die alternatief is dat die Afrikanervolk gaan verander in ‘n kantaantekening in geskiedenisboeke.

Bert ·

Mag ons gouer eerder dan later ‘n Maroela Media hoofopskrif sien wat lees: “Buys wil Afrikanerstaat begin”. Dalk ontketen so ‘n stap ‘n nuwe energie en dinamika wat almal verras.

Danie M ·

Ek stem saam dat Solidariteit en Afriforum ‘n Raad moet aanstel om alle blankes + mense van kleur wat saam met ons die eerlike pad wil loop, bymekaar te kry vir ‘n groot saamtrek. Daar kan dan vooruit beplan word hoe ons moet vorentoe! ‘n Spreker vir èlke segment van die samelewing: Veiligheid / Omgewingsonderhoud / Munisipalepligte-aanspraak / Openbare vervoer (Busse/Treine) om stadsverkeer te verlig. Werkskepping vir ongeskooldes wat op straathoeke pleit vir ‘n werkie, ens. Solidariteit verval in gewoonte van reaksie in plaas van paraatheid en pro-aktief mense aan te moedig om self op te tree!

Catryn ·

@Danie M: Ondersoeke was daar reeds gedoen, daar was verskeie kenners wat selfs oorsee gaan kers opsteek het in verskillende lande rakende ons vryheid.

Die wiel hoef nie weer van vooraf ontwerp te word nie.

Die Volkstaatraadslede van 1994 moet net daardie artikels afstof,.. aanbevelings was dat ons ‘n provinsie verkry waar ons REEDS meerderhede vorm. DUS, hoekom al die ondersoeke WEER van vooraf doen as die uitslae en kennis reeds daar is. Dis ons wat dit alles in ons guns moet aanwend en gebruik.

Selfbeskikking/self determination is ons enigste ware antwoord,

Catryn ·

Danie M:

ELKE volk en elke ander minderheid, is geregtig tot ‘n volle onafhanklike gebied, waar hulle deur hul eie leiers regeer kan word.

Elke volk het ‘n internasionale reg tot selfbeskikking.

Ons as Afrikaners, Boere en ander blankes, kan nie namens ander volke soos Zoeloe, Xhosa of Khoisan besluite neem nie, omdat ons nie ‘n mandaat het nie, net soos hulle nie oor ons kan besluite neem nie.

Dit is in elk geval ons regte wat geskend word, B-BBEE is net op ons van toepassing, en dis ons taal wat van ons vervreem word.

John ·

Danie, ek gee op. Ek dog daar is ‘n DA. Die pad saam… vir soustreinry en weer die baas kies en die Afrikaners weer die ‘underdogs’. Daar is tans presies so ‘n situasie. Wat wil julle met die ‘ander’ of bepleit jy ‘n mega-welsynsorganisasie met nog ‘n giggelende ‘cowboy’ as leier. Julle hou skynbaar van die huidige situasie. Vir wat dupliseer? … Jammer vir die voortstel…

Alet Rademeyer ·

Hierdie rubriek het my hart uitmekaar geruk. Dankie Flip vir die waarheid, die begrip vir die seer en die nugter denke.

william ·

Absoluut in die Kol . Baie hartseer.
Probleem is dit gaan nie ophou nie tensy ons onself teen die tirannie verset.
Ons betaal belasting sodat hulle ons vermoor, verafsku en minag .
Is dit nie tyd om ons verset DMV belasting weerhouding te wys nie.
Is ons regtig so dom?.

Peet J ·

Ek sal maar in die toekoms my eie potjie krap en vergeet van blanke- instansies , politieke partye, kerke ens. gesien in die lig daarvan dat hulle nie oor die nodige magte beskik om ons wittes se situasie te beredder nie.
Alle blankes , nie net boere nie, asook anderskleuriges , moet hulle vergewis van die feit dat hulle teikens van terreur is .
Die eintlike probleem in die NSA is die herverdeling van landbougrond wat op alle gebiede vertraag word deur teenkanting van die landbousektor en minderheidsgroepe wat uitsluitlik die gebruiker attend daarop wil maak dat ‘n voedsel tekort mag ontstaan, gevolglik word die regering gedwing om die konstitusie te wysig, wat tyd gaan neem,maar aan die einde van die dag sy kiesers tevrede gaan stel maar tans onskuldige plaas en kleinhoewe eienaars se lewens in gevaar stel .

Catryn ·

Hoe kort is sommige mense se geheues nie vandag nie ?

Die Volkstaatraad van 1994 het ‘n paar STERK aanbevelings gemaak in hul finale verslag, dat daar sekere dele van Gauteng, Mpumalanga, Vrystaat, Noordwes en selfs Kaapse gedeeltes, waar ons REEDS in die meerderheid is en dat daar aanbevelings was aan Parlement, dat ons as volk ons eie provinsie verkry met die oog op selfbeskikking.

Daardie gebiede kan verder verbind word met mekaar waar moontlik en die ou Volkstaatraadslede wat ten gunste hiervan was, moet vorentoe tree. Ons het breinkrag nodig, julle het die ondersoeke gedoen en ook aanbevelings gemaak. Moenie die WIEL van vooraf ontwerp nie, of gaan ons aanhoudend watertrap op dieselfde plekkie? Die finale verslag/aanbevelings moet slegs afgestof / aangepas word.

Hoekom praat Flip Buys of selfs die VF plus nooit van hierdie VERSLAG/aanbevelings nie. Flip Buys het dan op die Volkstaatraad gesit saam die ander 19 raadslede. Dis hoe die VF ontstaan het, juis as gevolg van Selfbeskikkingbevordering. Hulle was deel van VF, wat juis geskep was om ons selfbeskikking te ondersoek.

Beide hierbo moet ophou kyk na ‘n sekere dorpie se voordeel, en konsentreer waar daar reeds meer as 700000 van ons Afrikaners/boere is soos wat daar aanbeveel is.

Ons het ‘n internasionale reg tot ‘n volle soewereine gebied, vir ons eie leiers, ekonomie, en sonder swart bemagting, ens.

Fanie ·

Cathy, het die demografiese omwenteling van die afgelope 25 jaar ongesiens by jou verbygegaan? Die feit dat daar niks vd Volkstaatraad se belaglike’wit’ volkstate met kunsmatige grenslyne in die middel van swart gebiede gekom het nie, wys mos ons moet aanbeweeg.

catryn ·

@Fanie –

Mag ek vra: het jy die finale Artikel van die Volkstaatraad van 1994 gelees, en het jy hulle verslae gelees wat by die Parlement ingedien is, oor waar hierdie gebiede is.

Jy sal ook opmerk, dat dit die gebiede juis so getrek is, sodat die groot hoeveelhede swartes by die huidige “reenboognasie” sal aanbly, en nie sal deel vorm van ons gebiede nie, daar sal wel minderhede van hulle in die voorgestelde gebiede voorkom, en ook aan hulle sal geleentheid gebied word, ek dink dit is normale praktyk, waar hulle wil wees, of die huidige “failed republic” ….

En as jy die Trustgebiede bestudeer, sal jy sien dat KZN is 60% Zoeloe Trustgebiede, maar daar is 9 afsonderlike gebiede. As ek reg onthou het die Tswana iets soos 12 afsonderlike gebiede, en verskillende provinsies, Khoisan se 6 Trustgebiede is miljoene hektaar groot en loop oor 3-4 provinsies. NIKS verhoed ons om dit ook so te versoek nie.

Die aanbeveling lees dat ons vra vir ‘n provinsie in die gebiede, waar ons REEDS meerderheid is, van 1 miljoen en dit kan steeds verander, want dis net voorgestelde gebiede …

Hoekom moet ons uitvermoor word, hoekom moet daar swart bemagtiging wees en hoekom moet ons taal van ons vervreem word.

catryn ·

@Fanie …

Selfbeskikking, is ‘n internasionale reg vir elke volk in SA, ook vir die Zoeloe, Venda, Tswana, Pedi, Sotho en Xhosa, wat swartes is, en die Khoisan wat bruin is, en almal van hulle het al sedert 1854 aparte gebiede…. ook hulle het reg tot Selfbeskikking. Ons is net ‘n blanke stam wat Afrikaners -Boere genoem word.

Terloops – die dag voor 1994, se verkiesing , was segregasie dan “taboe” en Tuislande was “APARTHEID”, maar in die 1994 onderhandelinge teken ‘n swart koning en sy prins, Zwelithini en Buthelezi , basies dieselfde akkoord wat Constand Viljoen vir ons Afrikaners en Boere geteken het, vir Selfbeskikking.

Is jy bewus daarvan dat die SWART leiers versoek het om aan te bly in die Tuislande, maar dit moet herdoop word na TRUSTgebiede toe, maar elkeen wil steeds hul eie identiteit behou, hul taal, kultuur, tradisies , inisiasieskole, edm. Presies identiese gebiede het FW de klerk wetgewing geteken wat Ingonyama Trust genoem is, en dit maak voorsiening vir Aparte gebiede vir etniese swart en bruines. Niemand van ons blankes het hulle daarin forseer nie, hulleself het.

Maar toe Trustgebiede in werking tree word dieselfde aparte gebiede nie as ‘n internasionale misdaad gesien nie, maar toe dit Tuislande was voor 1994 was dit ‘n internasionale misdaad.

Catryn ·

@ Fanie

Nog ‘n belangrike punt. Daar is internasionale vereistes wat ook nagekom moet word.

En gaan doen jouself ‘n guns, bestudeer die kaarte van die Volkstaatraad, en die publikasie ook, of eerder die artikel wat baie later by die parlement ingedien is, dan sal jy sien dat al hierdie gebiede wat die Volkstaatraad as ‘n voorlopige kaart(e) aanbeveel, is dat die gebiede REEDS onafhanklike gebiede was, naamlik die twee Boere republieke.

Die Twee Boere republieke was internasionaal erken as onafhanklike republieke.

Catryn ·

Ek herhaal weer hoekom moet ons die WIEL herontwerp as die Volkstaatraad vir jare daar gesit het , ondersoeke gedoen het, en dit in ons guns aanbeveel het vir ‘n aparte provinsie

Flip Buys weet wat daarin staan, hy was deel van die Volkstaatraad.

Ou Plaasvark se broer Aardvark van Aarde ·

@Catryn. En die honger werklose verarmde massas gaan by hul miljoene om die “eie stede en dorpe” plak. Hoe gaan ons die wolf van die deur weghou? Het iemand in die Volkstaatraad ‘n konsep Gantt-kaart opgestel oor die uitvoerbaarheid van die selfbeskikking – die Wie, Wat, Waar, Wanneer, Hoe? Die Afrikanervolk is vinnig besig om te verouder. Waar gaan die toekomstige jeug vandaan kom? My kleinkinders herinner my gereed aan die werklikheid: “Wêreldkompeteerbaarheid en die oorlewing van die sterkstes”.

Peet J ·

Net ter inligting met die sertifisering van die Grondwet deur die Grondwetlike hof is die reg op selfbeskikking ook aanvaar maar nou sê die politiekepartye hulle wag vir ‘n meerderheid en dat die kiesers, Afrikaners moet saamstaan om hulle ‘n mandaat te gee wat eintlik ‘n vermorsing van tyd is.

John ·

Varke ruik goed… en nie net truffels nie, moeilikheid ook. Te laat ook vir planne wat nie tot uitvoer gebring is nie, soos ’24 years dreaming about Alice’. Die ANC wil soos die res van Afrika lyk en funksioneer, maak nie saak of die wittes waarsku oor die uitloop/gevare nie. Hy wil sy kop stamp en korrupsie word geinterpreteer as buit in outydse terme. Die probleem, met ons Afrikaners is juis destyds uitgewys toe daar nie konsensus was nie anders was ons nou knus in ‘n eie volkshok vasgekeer en sou mekaar moes eet soos die ou Jode destyds… Selfs die mees onontwikkeldste stuk aarde gun die huidige prez ons ook nie en se so vroeg soos gister vir die massas ou mk’s dat ‘hulle’ alles moet he om waarlik vry te wees… So wat nou?

Phillip anti EFF ·

Mans en vroue, maak moeite, gaan leer skiet. Oorlog is naby of jy dit nou wil weet of nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.