Poetin se einde moontlik nie vreeslik ver weg nie

 

Wladimir-Poetin-president-van-Rusland-Foto-Rusland-regeringskantoor-

Pres. Wladimir Poetin van Rusland.

Pres. Wladimir Poetin is waarskynlik verantwoordelik vir die gifmoord op die Russiese dissident Alexander Litwinenko in 2006, het ’n afgetrede regter van die Britse hooggeregshof, sir Robert Owen, in ’n verslag einde verlede week bevind.

As Owen reg het, wat sê dit oor Poetin en die huidige Rusland? Belangriker nog, wat sê dit oor Rusland se posisie in die internasionale politiek?

’n Mens sou tereg verontwaardig kon raak oor Poetin se beweerde gewoonte om lastige andersdenkendes uit die weg te ruim. Litwinenko is nie die enigste slagoffer nie.

Die joernaliste Anna Politkowskaja, Natalja Estemirowa en Paul Klebnikof, die politici Galina Starowoitowa, Boris Njemtsof en Sergei Joesjenkof, die regsgeleerdes Joeri Skoeratow en Stanslaf Markelof, die verslaggwers Igor Domnikof, Sergei Nowikof, Iskandar Chatloni, Sergei Iwanof, Adam Tepsoergajef, Joeri Sjtsjekostjichin, die menseregte-aktivis Nikolai Girenko, die bankier Andrei Kozlof – hulle is almal mense wat korrupsie en magsmisbruik in die Poetin-regering aan die kaak gestel het of wou stel en wat geheimsinnig vermoor is.

In soveel gevalle kan ’n rasionele mens moeilik volhou dat Poetin of sy luitenante niks daarmee te make het nie.

Maar daar is een groot verskil tussen dié gevalle en dié van Litwinenko. Litwinenko, luidens die Owen-verslag, is op Britse bodem vermoor terwyl hy politieke asiel in Brittanje gehad het. Dit was ’n regstreekse klap in die gesig van ’n moondheid met wie Rusland in daardie stadium op goeie voet was.

Die reaksie van die Britse minister van binnelandse sake, Theresa May, in die laerhuis was skerp. Dit was ’n “erg skokkende gebeurtenis,” het sy gesê. Dat die Russiese staat waarskynlik betrokke was, is “kommerwekkend”, en sy het die Russiese ambassadeur op die matjie geroep om sy kop goed te was.

Tog sal dié onthulling waarskynlik geen blywende gevolge vir die betrekkinge tussen Rusland en die Weste hê nie. Sinies soos dit klink, die internasionale politiek het in die praktyk slegs sydelings met moraliteit en beginsels te make en oorweldigend met harde belange.

Reeds in die 19de eeu het die Britse staatsman lord Palmerston tereg gesê state het geen permanente vriende nie; slegs permanente belange.

Die belange wat tussen die Weste en Rusland op die spel is, is uiters belangrik. Die kern daarvan lê in Sirië.

Die Siriese burgeroorlog is die episentrum van ’n aardbewing waarvan die skokke (veral in die vorm van ’n vloedgolf vlugtelinge) regoor Europa gevoel kan word. En aangesien die Poetin-regime die Siriese diktatuur van pres. Basjar al-Assad se belangrikste bondgenoot is, is Poetin se hulp nodig vir ’n politieke oplossing van die Siriese probleem.

Dus is die kans oorweldigend dat die Westerse en die Russiese regerings ’n paar skerp woorde oor en weer oor die Owen-verslag sal kwytraak, maar verder as dit sal dit waarskynlik nie gaan nie.

In elk geval nie voorlopig nie. Want die bevestiging dat Poetin heel waarskynlik agter die moord op ’n soveelste dissident sit, beteken wel dat hy stadigaan sy krediet op internasionale vlak opgebruik. En die oomblik dat die Weste se belange dit toelaat (of dalk dikteer), sal hulle Poetin met oorgawe in die rug steek.

Daardie dag, so lyk dit, is moontlik nie meer al te vreeslik ver weg nie. Dit gaan steeds slegter met Rusland.

In 1987 het die Amerikaanse historikus Paul Kennedy die aandag getrek met ’n opspraakwekkende boek, The Rise and Fall of the Great Powers since 1500. Daarin ontdek hy ’n siklus: ’n Moondheid groei ekonomies vinnig, word polities sterk, word gedwing om al hoe meer energie aan die behoud van sy mag te bestee, gaan dus ekonomies agteruit en stort ten slotte ook magspolities in.

In 1987 het hy dié model tereg op die destydse Sowjet-unie van toepassing gemaak. Net vier jaar later, in 1991, is dit bewaarheid.

Daarna het Poetin van Rusland, synde die sterkste brokstuk van die Sowjet-unie, weer ’n groot moondheid gemaak. Maar die wyse waarop hy die staat se bronne vir homself en sy luitenante plunder, en waarop hy miljoene aan buitelandse avonture bestee, skaad Rusland ekonomies.

Belangriker nog, die dalende olieprys bring Rusland in ’n krisis. Die roebel (nes die rand!) is op die internasionale valutamark net ’n skadu van wat hy was, en die staat se beursie raak leeg. Sy steun onder die Russiese kiesers is nog hoog, maar peilings wys dat dit wankelrig word.

Dit kan gevaarlik wees. Wat diktatoriale politici in sulke omstandighede graag doen, is om ’n buitelandse bedreiging te skep. En dit kan die internasionale politiek verder deurmekaar krap.

Hoe ook al, die wêreld kan homself regmaak vir verdere skokke.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Leopold Scholtz

Leopold Scholtz is 'n onafhanklike politieke kommentator en historikus. Hy is al sedert 1972 as joernalis en historikus werksaam.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Adriaan ·

Wanneer mens hierdie berig lees en in die lig van Kennedy se gevolgtrekking die van Toerien oor die Kruger debakel dan wil mens byna hoop kry. Vader Tyd sal wel uitwys.

LPR ·

Pateties dat Maroela Media sulke berugte plaas wat gebasseer is op spekulasie deur Rusofobiese media. Wonder of die joernalis al ooit in Rusland was en enigsinds verstaan hoe dinge daar werk?

jean ·

Ja nee. Ons moet britte vertrou na hulle blatant gelieg het oor wapens in Irak en meer as n miljoen burgerlikes gedood het. Nee wat hou verby.

Sune van Heerden ·

Dagsê LPR

Ons vra om verskoning indien dit moontlik geblyk het dat ons hierdie berig in die nuuskategorie gepubliseer het.

Die artikel is slegs deur ‘n meningsvormer geskryf, en ons noem dit ook baie duidelik bo-aan die berig: “Hierdie meningstuk is deur ʼn onafhanklike persoon opgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie.”

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

LPR ·

Dankie vir die terugvoer Sune. Die artikel reflekteer ongelukkig nog steeds terug na Maroela Media waneer julle die skrywer voorhou as ‘n ervare joernalis en historikus.

Leopold Scholtz ·

Beste LPR
Ek was vier keer in Rusland en weet baie goed hoe dinge daar werk. Ek lees jy betwyfel dit dat ek ‘n ervare joernalis en historikus is. Ek is al sedert 1975 in die joernalistiek. In 1978 het ek ‘n doktorsgraad in geskiedenis gekry en vyf boeke gepubliseer. ‘n Sesde is in die pers en ek is besig met my sewende. Is dit genoeg om jou te oortuig?

Johan 2 ·

Ek weet darem nie. Sodra hoofstroom media (waarvan die skrywer duidelik deel is) n land so teiken kan mens min glo van wat gesê word. Is Rusland nie ook heelwat beskerm teen die $ nie en wat van Amerika is hul dae van oorvloed nie ook alewig min nie? Westerse magte (waarvan die ANC een is) skep baie meer gaos.

LPR ·

Leopold hoekom stuur jy nie jou berig waarin jy Putin beskuldig van sluipmoord en die stroop van hulle natuurlike hulpbronne vir persoonlike gewin na die Russiese ambessade in Pretoria en dan gaan kuier jy weer in Rusland? Dan sien ons of jy werklik verstaan hoe hulle werk!

chrisp ·

Om dier Weste te vertrou is ewe naief. Kyk veral in die gaos, bloedvergieting ens wat hulle in die Arabiese lande agter laat.Hulle is al oor ‘n jaar besig met ISIS terwyl hulle olie verkoop deur Turkye (wat Putin bewys het).Nou is hulle so bietjie omgekrap oor hom omdat hy van die vervoer roetes vir juis die olie vernietig het?
Vra die vraag waarom kry Putin dit reg om in ‘n baie kort tyd isis te laat les opse , grondgebied te laat verloor terwyl die weste(Obama se Vsa) dit nie eers oor meer as ‘n jaar kan regkry nie?.Dit terwyl hulle oor die beste weermag en meeste geld beskik? Hoeveel onskuldige mensie is nie deur hulle gedood nie?Putin is omtrend al “konserwatiewe”(uitgesproke Christen) leier wereldwyd en volgens my die groot rede vir die aanslag teen hom. Nee wat om Putin te beskuldig is eenkant van die munt.Dat hy skuldig is is moontlik,dat hy “opgesit” word deur ander organisasies of lande is ook moontlik.Die bewyse vir veral die VSA se “moorde” wereldwyd is daar vir almal om te sien. Ek weet wie ek eerder sal glo.

Solank die USD die maatstok is waaraan ander geld-eenhede en alle produkte(omtrent) gemeet word bepaal die VSA en meer spesifiek hulle federale bank die koopkrag en pryse wereldwyd.Dit is belaglik . Daarom ook dat sekere Leiers vermoor of tereggestel is nou onlangs.Want sien hulle wou wegbeweeg van die USD.Rusland en China is ook besig om dit nou te doen .Dit laat mens wonder oor die groot gejag na Putin of hoe?

Trolle ·

chrisp jy is reg met alles kan sien jy doen jou huiswerk.
Toemaar eendag op n reendag sal die mense sien wie die usa eintlik is.

Johan 2 ·

100% Chrisp…ons Afrikaners kan dalk nog n vriend maak in Rusland met Putin.

chrisp ·

Johan 2.
Ja dit is omtrent al wat die ANC reg gedoen het volgens my.

Wat Putin aanbetref is hy vir my die beste wereld leier vandag.As ek hy is slaap ek met een oog oop.Ek sal glad nie verbaas wees as hy “uitgehaal”word nie,natuurlik deur een of ander rus waarvan die weste geen kennis dra nie!
Wat na Putin kan gebeur(die een wat hom vervang) dink ek gaan net sleg wees.

Bloues ·

Maroela. Baie dankie vir hierdie berig. Dit laat ‘n mens wwer mooi sit e dink oor wat hier neergepen is en hoe die situasie kan uitspeel.

Puik.

Greg ·

Niks snaaks nie, meeste Presidente is misdadigers. As ek nou op feite ingaan en name begin noem word die nie geplaas nie

Griki ·

Dit klink amper of Poetin se kloon SA se president is. Wat daar gebeur, gebeur ook hier. G’n wonder SA probeer so hard om met Rusland bevriend te raak en besigheid te doen nie. Maar oppas – Rusland is, nes die SA-regering, ook nie te vertrou nie en hulle kan baie harder slaan.

TTh ·

nee wat, dit is ‘n wreede aanname om te dink Putin se einde is nie ver nie, Putin het ‘n baie belangrike rol in die groter arena om te vervul en hy mag dalk opgevolg word deur ‘n persoon uit die kommunistiese stal gaan kom – hy is tans die beste landsleier in die wereld…

Mariki van heerden ·

Mense weet so min van Putin en aanvaar slegs dit wat hulle lees. Daar is geen bewyse dat Putin verantwoordelik was vir dit waarvan hy beskuldig word nie. “waarskynlik” beteken slegs dat dit iemand se opinie is. Terloops hy is n belydende Christen Kyk gerus op sosiale media.
Te lank het die Suid Afrikaners toegelaat dat die politici hulle voorskryf oor die sg “rooi gevaar”

Piet Snot ·

Nee manne, jul kritiek is onredelik. Jy hoef nie met die menings in die artikel saam te stem, om te sien dis ‘n baie interessante stuk nie.
Ons gee almal hoog op oor vryheid van spraak. Moet dan nie ‘n ander man daardie reg wil ontneem met uiters afbrekende kritiek nie.
Om die man te speel, gee jou nie ‘n goeie argument nie.
Behalwe as jy oor politici praat :)

DewaldS ·

Maar Leopold Scholtz word toegelaat om vir Mnr Poetin te beswadder?

Lekker dubbel-standaard, as jy my vra…

Maddox ·

DewaltS,
Jy is reg, en as mens dit uitwys is Maroela baie vining om jou kommentaar te verwyder.

Piet Snot ·

Dewald, ‘n mening word uitgespreek oor die geval Poetin – as deel van die tipe debat wat ons oor politici moet hê . Vir soverre hy die onderwerp vd meningstuk is, word hy as “onderwerp” ( kom ons sê as politikus) bespreek.
Mens hoef nie met die skrywer se mening saam te stem nie.
Om dit egter te beantwoord met ‘n aanval ad hominem teen die skrywer, dra nie by tot die debat nie.

Doons ·

Ek sou eerstens baie sukkel om enige Brit te glo,ons ou klompie hier aan die Suidpunt het nogal ondervinding,vra maar enige Indier oor hulle ondervinding met die Engelse in hul verlede.Amerika is jare gelede deur die einste Putin gewaarsku om nie summier leiers in die Midde Ooste uit te haal nie,want hulle gaan n leierskap vakuum skep,hierdie Arabiere kan nie funksioneer sonder n slawedrywer nie.Amerika en die Britte het ingeklim en skoongemaak!
Nee, hierdie hele mense slagting en diaspora kan voor die deur van hierdie twee moonthede gele word.

mariki van heerden ·

Stem heelhartig met jou saam Bly om te sien daar is nog mense wat vir hulself dink

Frans ·

Die verbrokkeling van die USSR was ‘n groot slag vir mense soos Putin.Van ‘n wêreldmag na ‘n land eers onder sanksies was inderdaad vir sommige een stap te veel. Net soos Duitsland onder Hitler begin het met ‘n herbou van sy weermagte en toe ‘n wêreldbedreiging geword het, is Putin besig met ‘n herbou van Rusland se weermagte en plaas ‘n webblad soos Global Fire Power Rusland tweede na Amerika,

Die Westerse wêreld het magteloos toegekyk hoe dit die Krim-skiereiland sonder slag of stoot annekseer. Die Russiese beer is besig om uit sy winterslaap te ontwaak en besig om nuwe velde te verken.

Dit is ook nie skaam om sy wapens te versprei nie want hoe weet jy of goed gaan werk as jy dit nie gebruik vir die doel waarvoor dit ontwerp is, want wapentuig verouder amper net so vinnig so tegnologie.

chrisp ·

Frans.
Gaan kyk na NATO(eintlik maar die VSA) se gebiedsvergroting wat hulle belowe het sal nie gebeur nie(deel met die val van die USSR is dit aan Rusland belowe).Gaan kyk na VSA se miletere bassise in die wereld daar is 800+ terwyl rusland 9 het waarvan hulle nog aanspraak maak as deel van Rusland op drie van die nege. Nou wil jy ons maak glo die westerse wereld is magteloos.Gaan leees op oor die krim sommer ook, dat meer as 90% van die mense daar gestem het om deel van rusland te word.Maar jy noem dit nie,hoekom?
Rusland is nie die probleem nie die VSA is.

chrisp ·

Ek wil net byvoeg dat dit mos logies wie ‘n wereldbedreiging is .
Haal nou die name uit en kyk wat is jou logiese afleiding. Dit help om ‘n neutrale besluit te maak.
Land A het 800 militere basisse buite hulle landsgrense.
Land B het 9 militere basisse buite hulle landsgrense.
Wie sou jy se is die aggressor?

Stokies ·

Stem 100% saam, ook bly hier is nog mense wat deur die westerse media klug kan sien, glo alles wat vir hulle op gedis word.

Gail ·

Ek vervies my vir mense wat nie kan sien deur die VSA se leuens nie. Om nie te praat van die arrogansie van die VSA nie. Ek sal eerder onder ‘n Putin regering bly as ‘n VSA een. Hulle het ten minste morele waardes, anders as die imorele VSA.

Frans ·

Dit gaan mos nie daaroor oor hoeveel basisse jy het.Dit gaan daaroor wat jy met dit doen.
Rusland bewapen Ukraine rebelle.Videomateriaal wys duidelik hoe ‘n missielbattery minus een die rebelle gebied verlaat.Daar is sterk vermoede dat ‘n russiesvervaardigde missiel gebruik is om die passasiersvliegtuig af te skied.

Rebelle het baie lank ondersoekspanne verhinder om die gebied te besoek.Gail jy laat my lag.Putin word verbind met die moord van mense in Engeland. Daar is geen persvryheid in enige vorm in Rusland nie. Sien Freedom house.

chrisp ·

Frans.
Ons gehue is baie,baie kort.Presies wat hier gebeur het met die ou RSA gebeur en ek bedoel presies.Dit is propaganda uit die boonste rakke,dieselfde rak waar die leuns van afgehaal is oor die RSA.

Vrae die vrae en soek die antwoorde en kyk of die antwoorde sin maak.
Hoekom pla dit die USA juis hier as daar op baie meer plekke mense verniel word(Zimbabwe en nog meer, hulle groot bondgenoot in Arabie nl Saudi Arabie)? So dit kan nie liefdadigheid en mense regte wees nie. Wat is hulle belang in die land wat derduisende km op ‘n ander kontinent van hulle gelee is?
Die regeringsmagte van die Ukraine het van die bewysstukke weggedra voor die ondersoek,hoekom?Dit was juis hulle wat die ondersoekspanne toegang geweier het.

Die Ooste van Ukraine is by verre Russies sprekend maar die nuwe regering wat die VSA ingestel het wil hulle taal ongeldig maak.Klink dit bekend?Putin staan ten minste op vir sy taal en mense.Onthou met die val van die USSR is daar met Rusland ooreengekom oor die nuwe grense.Die oorlog gaan om die ooste af te stig( en hulle wil nie deel van Rusland word nie) in ‘n eie land .Maar net sekere volkere is geregtig op hul eie land soos deur VSA bepaal.Putin het belange hier want so land kan as buffer dien vir die VSA se imperialistiese vergrype ooswaards na Rusland toe.
Gaan bemagtig jou met die geskiedenis en mense van die streek.Luister en kyk CNN,BBC ens maar ook die ander soos RT en al jazeera dalk kry jy ‘n meer korekte idie wat aangaan want almal is propaganda masjiene ,tussen hulle sif jy die werklikheid uit.

En Frans nee dit gaan oor jou militere basisse en ja ook wat jy daarmee doen,ek meen 800 in ander lande terwyl hulle geen ander land dieselfde toelaat(geen ander lande se basisse in die VSA ) nie en jy dink dit is normaal?
So wat het Rusland met syne gedoen?
Hoeveel lande het Rusland help inval en regerings omvergewerp, tot ashope vernietig,in algehele gaos gelos, vanaf hulle ou nege basisse ?
Wat het die VSA met syne gedoen?
Hoeveel lande het die VSA met hulle ou 800 basisse (wat soos jy dink nie problematies vir die wereld is nie) omvergewerp en tot ashope vernietig?
Kom nou wees eerlik met jouself.

Trolle ·

Gail ek is so bly om te sien daar is nog Afrikaanse mense wat deur die USA kan sien.Ek het die laaste paar jaar begin dink ek is die enigste.Die USA is eintlik amper deur China oorgevat ek hoop maar op Trump om die land weer op die regte pad te sit,want hulle is op n baie verkeerde pad.Putin is al lankal my presedent ek weet alles van hom,hy het die NWO n lekker bloedneus gegee 3 keer agter mekaar.

Trolle ·

Frans dank jy dis reg die sanksies wat jou USA op al die lande toepas.Boere moet nou maar swaar kry in Europe om die USA te plesier,wat se goed kan uit daai sanksies kom,net elende vir die gewone mens ja.Syrians word nou verplig om in Europe te bly want hulle land lyk nou soos n Word War3 moevie wat ek al gesien het.Waarheen die inheemse mense van Europe heen gaan gaan weet ek nie maar ek dink hulle gaan begin voel hoe ons nog die heeeltyd voel Kan n mens regtig so vraatsig agter olie aan wees en ek sien die wereld wereld se drug vooraad kom ook uit daai gebiede.Lyk vir my soos n maffia run besigheid wat nou daar aan die gang is.

Frans ·

Chrisp

Verduidelik ‘n bietjie vir lesers hoe die USSR ontstaan het en wat die dodetal was in die totstandkoming daarvan en wat die dodetal was van die state wat hul uit die kloue van die
Russiese beer losgewikkel het.

Verduidelik dan ook die beweegredes agter Rusland se talle ‘invasions’.Jy kan dit Google
onder “military occupations by the Soviet Union”. Dit sal jou vraag beantwoord.

Jy is met alle respek totaal naief oor die Russiese beer se motiewe.Hy is aktief besig om die lande wat voorheen deel van die USSR was te ondermyn en te bedreig met militêre vertonings op hul grense en flagrante lugruimskendingd, in ‘n poging om hul weer onder sy invloed te kry en van NATO te vervreem.

Wat soek Rusland in Syria.Wel hul diplomatieke verhouding het in Julie 1944 begin en het Rusland ‘n klein seebasis daar. Militere bystand het in die jare 1950 reeds ongeveer $294 miljoen dolar beloop.

Rusland het ook ongeveer 75% van oor die 13 biljoen dolar afgeskryf en pomp steeds wapens die gebied in,

LPR ·

Noem vir my 1 land wat Rusland binnegeval het.
Kan ek vir jou lande noem wat die VSA en NATO binnegeval en gedestabiliseer het?
Jy vra wat soek Rusland in Syria? Rusland is daar op uitnodiging van die land se demokraties verkose leier Asad om Syrie te help stabiliseer nadat ISIS terroriste deur die VSA bewapen is.
Vertel my liewers wat soek die VSA in Syria?

chrisp ·

Frans.
Dit is ‘n enorme klomp geskryf wat jy vra ek gaan so kort as moontlik wees die res kan gerus nageslaan word gebruik egter meer as een bron,verkieslik van beide kante af.
Ontstaan uit Bolshevik party onder Lenin(kommunisties erens in 1912-1928 ek is nie seker nie) eers Rusland en later nog 14 republieke bygevoeg om die USSR te vorm.
Komminustiese rewolusie die dodetal is enorm om en by 50,000,000.00 mense(self Russe dws eie mense).Die VSA se dodetal is buite hul grense dws ‘n ander land inval.Die USSR is nie Rusland nie dit het geindig in die 1990’s.So as jy van Rusland onlangs 20 jaar + praat is dit sekerlik net miskien ‘n paar duisend mense(raaiskoot).
Britse ryk dodetal is enorm om en by 29,000,000.00 Indiese mense alleen meer as 15%. Boere (vrouens en kinders).2,000,000.00 uit 8,000,000.00 Iere(25% van ‘n nasie en het self hulle taal verban, weer bekend?) en so kan ek aangaan
Maar die wenner is die Roomse kerk. .(Ek gee die net as voorbeeld sodat ons die wereld en van sy slagtings neutraal kan vergelyk).
In die geskiedenis was daar talle ryke wat verantwoordelik was vir groot slagtings.As ons egter kyk na die onlangse geskiedenis (20)jaar staan een maar duidelik uit.

Die inmenging in talle lande wereldwyd deur die Sowiet Unie(dit is nie Rusland nie, die unie bestaan nie meer nie) was die geveg tussen kommunisme en Kapitaliste waarvan die VSA en Rusland die twee groot manne in die twee groepe(Nato,Warsaw) was.Warsaw bestaan nie meer nie maar Nato wel en hulle sluk die ou Warsaw republieke een na die ander in ,hoekom?Wie is die bedreiging met 800+basisse?Verstaan jy nou hoekom Putin begin knor en planne maak.
My opinie is dat die VSA verantwoordelik gaan wees vir groot elende in die wereld.Wat Rusland aanbetref vertrou ek hulle maar min maar tans is hulle verseker nie die probleem nie.

Nato het juis belowe dat hulle nie die ou republieke van die USSR sal deelmaak van Nato nie,juis omdat Rusland bang was vir die ooswaardse uitbreiding van Nato,nou doen hulle dit.Rusland en Putin het nooit ingemeng in die bg republieke slegs nadat NATO hulle woord gebreek het,het dit begin.Hiervoor het ek respek. Putin en Rusland laat hom nie voorskryf deur die arogante VSA nie soos die res van die wereld doen nie.

Wat Sirie aanbetref is dit vir Rusland uiters belangrik.Hulle het 2 vlootbasisse hier wat hulle swartsee roete beveilig plus Assad is hulle venoot en anders as die VSA staan hulle by hulle venote.Met Assad as venoot beskerm dit hulle teen Qatar wat hulle gaspyplyn bedreig.Hulle het ‘n direkte belang hier. Wat is die VSA sin?

chrisp ·

Ek het reeds kommentaar geplaas .Wag dat dit goedgekeur word.

LDR ,Ja goeie punte

Johan 2 ·

Frans jy haak vas by USSR…lees asb verder as die BBC en Sky “nuus”.

Doons ·

Frans,ons is so bang gemaak met die ou groot Russiese beer dat ons n klomp goed uit die oog verloor,ek ken die VSA mentaliteit redelik goed omdat ek al sedert 2005 nou met hulle werk op ontwikkelings projekte,hul houding heens ons is eenvoudig ons is “convenient ” vir hulle en “expendable”. Die VSA en Britanje was tydens ons swaar jare nooit ons bondgenote nie,inteendeel hulle het die huidige maghebbers gesteun, finanansieel,logisties en met propaganda,alles natuurlik kovert en so walglik ordentlik as wat hierdie moonthede dit kan doen.Met Rusland aan die anderkant het n mens presies geweet met wie jy te doene het,as hy jou vyand is,is hy jou vyand en as hy jou bondgenoot is kan jy hom vertrou.

Johan 2 ·

Jy kan Rusland beskryf soos die BaSotho ons beskryf “Afrikaners is kwaai maar reguit, Engelse is vriendelik maar steek jou in die rug”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.