Polisienalatigheid by plaasmoorde dra by tot die probleem

plaasmoorde-afriforum-jeug20 Februarie 2012 het begin as ʼn gewone dag in die lewens van David en Bernadette Hall. Die Halls was besig om beeste op hul plaas, Buffelshoek naby Fochville te melk. Daar is hulle deur vyf aanvallers oorrompel.

Bernadette is vasgebind en met ʼn stomp voorwerp aangerand. David was minder gelukkig. Na ’n vuisgeveg met die rowers, wat net te veel vir hom was, was hy uiteindelik op sy knieë. Die grasperk buite die melkery is waar David sy laaste oomblikke beleef het.

Die gemeenskap was opgesweep en lt.genl. Zukisa Mbombo, polisiekommissaris in Noordwes, het gesê dat die polisie nie hulle soektog sal staak voor die verdagtes agter tralies is nie.

“Hy gaan nooit die voorreg hê om terug te staan en te sien wat hy met sy lewe gedoen het nie,” het Bernadette hierdie week by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) oor David gesê. “Hy gaan nie sien hoe sy kinders eendag trou nie en hy gaan nooit sy kleinkinders ontmoet nie.”

Wat erger is, is die feit dat die aanvallers steeds op vrye voet is en dat Bernadette hulle van tyd tot tyd sien. Die saak is nie deeglik ondersoek nie. Verskeie forensiese bewysstukke, waaronder ’n baadjie, sigaretstompies en die kabels waarmee Bernadette vasgebind was, is op die toneel gevind. Aanvanklik het die polisie dit nie gekonfiskeer nie, totdat hulle deur boere in die gemeenskap daaroor gekonfronteer is. Nie dat dit gehelp het nie …

Die aanvallers is vasgekeer en het in die hof verskyn. Daar kon die staat egter nie ’n saak teen hulle bewys nie, omdat daar nie bewyse teen hulle was nie. Niemand weet nou wat geword het van die bewysstukke wat op die toneel gevind is nie. Feitlik die enigste bewyse wat daar teen die aanvallers was, was die feit dat Bernadette hulle tydens ʼn uitkenningsparade uitgeken het. “Ek was daar. Ek het gesien hoe hulle my man vermoor. Ek weet wie hulle is,” het sy later gesê.” Die Halls se voertuig, waarmee die aanvallers gevlug het, is ook gevind, maar geen vingerafdrukke is op die voertuig geneem nie.

Uiteindelik is die saak nie uitgestel nie, maar die aanvallers is onskuldig bevind. As gevolg van die regsbeginsel autrefois acquit kan hierdie aanvallers ook nooit weer van dieselfde misdaad aangekla word nie, selfs al sou die bewysstukke skielik verskyn.

“Ek is soos ʼn krimineel behandel tydens die hofsaak. Dit was baie traumaties,” het sy verduidelik. Haar regte as slagoffer is nooit aan haar verduidelik nie. Niemand het haar gehelp om vir die verhoor voor te berei nie en in die hof is sy erg deur die aanvallers se regsverteenwoordigers aangeval en verneder.

Maar Bernadette is steeds op die plaas. “Waarom trek jy nie dorp toe nie?” vra een van die menseregtekommissarisse haar. “Om te boer is in my bloed,” antwoord sy. “Sedert ek ʼn klein dogtertjie was, het ek vir my ouers gesê ek wil ʼn boervrou word. Daar is niks wat die reuk van die reën en grond op die plaas kan vervang nie. ʼn Mens besluit nie eendag dat jy wil boer nie. Boere word gebore, nie gemaak nie.” En dan die dramatiese stelling: “Ek sal eerder op die plaas bly en vermoor word as om in die dorp te bly. Ek sal dit nie oorleef nie.”

Vandag is Bernadette aktief by AfriForum se veldtog teen plaasaanvalle betrokke. Sy ondersteun dit nie net nie, maar neem ook inisiatief en reël ook aksies van haar eie.

Dit is egter duidelik dat die polisie nie die enigste sondebokke in die stryd teen plaasmoorde is nie, maar dat die vervolgingsgesag net so skuldig is. Die MRK was erg deur Bernadette se verhaal gegrief. Sy is egter nie ’n uitsondering nie. Byna elkeen van die slagoffers met wie AfriForum in verbinding is, kla dat hulle sake nie opgevolg word nie, dat lêers en bewysstukke verdwyn, dat ondersoekbeamptes nie hulle fone antwoord of terugskakel nie en dat slagoffers soos misdadigers in die hof behandel word.

AfriForum het onderneem om ’n aanvullende verslag in hierdie verband aan die MRK voor te lê.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Ernst Roets

Dr. Ernst Roets is beleidshoof van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Marieta Pretorius ·

Kan berigte soos hierdie in Engels ook geplaas word sodat dit maklik gedeel kan word met buitelandse facebook vriende. Baie dankie, ek hoop dit is moontlik! Groete.

KG Peiper ·

Ek sal so nie ligtelik wees as om die polisie te beskuldig van nalatigheid nie… dis veel erger. Dis meer ‘n traak my nie agtige roekeloosheid wat hulle inneem in verband met misdaad wat wit mense affekteer. Gaan basies na enige ppolisie stasie toe van Sandton na Vanzylsrus en vra hulp met enige iets van ‘n motorbotsing aanmeld tot vuurwapen lisensie aansoek… dis asof hulle jou ‘n guns bewys om net jou bestaan te erken. Daar mag dalk uitsonderings wees waarvan mense kan getuig mmaar dit sal eerder individuele polisie beamptes wees wat in ‘n see van roekelose onverantwoordelikheid poog om ‘n vloed van niks omgee om te keer deur hulle individuele werk effektief te verrig. Hulle reaksie wanneer misdade plaasvind is beduidend in hierdie geval. Mens kan met vele vriende en selfs uit eie ondervinding praat oor hoe “snel” die polisie reageer op misdaad om te kan bewys hoe min hulle omgee om misdaad op te los of te bekamp. In my eie oondervonding alleen van geweldsmisdaad het hulle een uit drie keer reageer ten spyte daarvan dat mens hulle gebel het. En die keer wat hulle wel het, was hulle twee ure na die tyd daar want die plaaslike metro polisie het hulle gaan haal! Die plaaslike metro polisie was onder 5 minute op die toneel en het selfs een van die boos doeners gevang!

Sannie Wiese ·

Ek sal dink dat hulle ook die skuld dra vir die plaas moorde. Mens hoor baie min dat die aanvallers gevind is. En baie van die moorde hoor mens vorentoe niks. Is net nog n nommer im by die plaas moorde te voeg. Ek wonder waar sal hul kos op hul tafels vandaan kom as daar nie boere is nie. Die ander kleuriges stel nie belang om te boer nie. Dit sal gaan soos in Zimbabwe. Hongersnood. Dit is wat sal gebeur met SA. Wou maar net my mening lig. Ons wordbmoeg

Ek sou so dink ja. Want is baie min wat mens hoor dat die skuldiges aan gekeer is. Baie van die plaasmoorde is net nog n nommer. Wonder waar die kos op die tafels vandaan gaan kom as al die boere moeg word om bedreig te voel en opgee. Mens is n plaasboer gebore dit kom nie sommer net vanself nie. Anders sal jy opgee. Is harde werk van baie vroeg tot donker saans. Wou net se hie ons voel. Ons is ook plaas boere!!

Anton du Toit ·

Ek kan amper nie glo wat ek lees en wat daar beweer word nie. Ek het al baie plaasaanvalle as n polisieman bygewoon en gewoonlik is dit die gemeenskapwat die tonele betrap en bewysstukke vernietig. Volgens my is die oplossyfer op die misdaad baie hoog indien nie die hoogste van enige misdaad. Die polisie in geheel gee baie aandag en somtyds waardeer die gemeenskap dit net nie! Die plaasaanvalle is van die mees grusaamste tonele en bure en andere soek dan iemand om te blameer en nou ja die Polisie kom eerste. Ek ken baie lede wat hulle families afskeep om die misdadigers te vang en agter tralies te hou. Gee die polisie meer eer en behandel hulle met die integriteit wat hulle toekom! Groete

Fransiska Kloppers ·

Dit kan deels van nalatigheid wees, maar ek voel dat dit grootliks is as gevolg van onvoldoende keuring, onvolledige opleiding en algemene onkunde oor die gebied self waar die amptenare hul polisiëring doen. My standpunt spruit uit die volgende voorval wat met ons persoonlik gebeur het. Ons woon sedert Desember 2004 op ‘n kleinhoewe in Martindale, Bloemfontein, met die naaste polisiekantoor Bloemspruit. Gedurende die eerste helfte van 2011 het booswigte een aand ons hoofhekke oopgemaak en ons honde uit die werf uitgelok (gelukkig nie seergemaak nie), vermoedelik met ‘n teefhond wat op hitte was, ons kar se deur oopgemaak (venster gebreek), radio uitgesteel. Die volgende oggend het ons net die skade ontdek en die honde het later die oggend teruggekom. Die buurtwag was baie vinnig daar en hulle het sommer die polisie gebel, maar die speurders wat die vingerafdrukke en dies meer moes kom doen het, het nooit by ons uitgekom nie. En dit nadat hulle ons ten minste 3 keer gebel het om aanwysings te vra – en dis glad nie moeilik om van hulle tot by ons plek uit te kom nie.

Theuns ·

Dit begin alles by die regering.Solank die regering nie n traak my nie agtige houding het,sal niks verander nie.Dit is ook nie moeilik om te dink hoekom die regering nie regtig iets wil doen daaraan nie.Kom ons begin heel by die begin….instromingsbeheer wet wat weggevat was….kyk hoe lyk ons veiligheidsmagte vandag….ons vuurwapens wat afgevat is….skole en universiteite ….omgekeerde rassisme in besigheisd sektore deur regstellende aksies…..Geforseerde kwota aksies in sport ens.

kobus pieterse ·

Dit is so dat regstellende aksie van die regering daartoe bygedra het dat bekwaamde ervare polisie manne/vroue se insette tot bekamping van misdaad hul pakette aangebied is,baie van hierdie persone is betrokke by die privaat sektor soos bv sekuriteit. Die huidige polisie het geen benul wat polisiering betref nie,van hul is net aangestel om die polisie getal vol te maak,kriminele rekords is tot hul voordeel,inteendeel,hul is onbekwaam,onbevoeg en onopgelei en word nie vertrou deuur die publiek nie.baie polisie gebruik vangwaens vir taxis of vir privaat gebruik.ek se n onafhanklike instansie moet alle departemente ondersoek dmv ik toetse en hul kwalifikasies nagaan asook leunverklikker toetse en dan n siftging doen om ontslae te raak van alle vrot appels.dan eers sal dinge in plek val tot almal se voordeel.

Andrew ·

Polisie is soms self betroke by huis inbraak. Hul slaap in die staasies en het glo nooit voertuie beskikbaar as mens bel met nood geval. Maar sodra jy sê jy het swart inbreeker geskied stop hul daar met patrolies en ambulans diens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.