Politiek in die Verenigde State van Donald Trump          

rhoda-kadalie-2019-01-28

Rhoda Kadalie. Foto: Verskaf.

Op uitnodiging van Maroela Media gaan ek maandeliks ’n rubriek oor die politiek in Amerika skryf – merendeels om die feite van wat régtig tans in Amerika aan die gang is, korrek weer te gee, om die leuens van die hoofstroommedia aan die kaak te stel en te verduidelik waarom die Amerikaanse politiek so plofbaar is.

Die SA hoofstroommedia se obsessie met die swartsmeer van en haatdraendheid teenoor Trump spruit hoofsaaklik uit vals inligting wat hulle uit die CNN-nuuskanaal se daaglikse lawaai oor Trump opraap en Suid-Afrikaners vir soetkoek laat opeet.

CNN het daarvoor berug geword dat hy daarop uit is om die Amerikaanse president te vernietig, eerder as om die nuus eerlik en objektief deur te gee – ’n uiters gevaarlike situasie. Weens CNN se snelle afname in geloofwaardigheid en gevolglik ook sy kykertal (vergeleke met ander kompeterende nuuskanale), is Amerikaanse burgers se vertroue in hierdie nuusnetwerk daarmee heen, en staan dit deesdae bekend as die Clinton News Network en selfs die Criminal News Network.

Terloops, in Oktober 2018 alleen, het Fox News Network gemiddeld meer kykers gehad as CNN en MSNBC saam.

My dogter is ’n onderoffisier in die Amerikaanse Vloot en gestasioneer by die Coronado-vlootbasis, San Diego waar sy ’n lugvaartwerktuigkundige is. Nadat sy haar graad in ekonomie en wiskunde aan die universiteit Harvard verwerf het, het sy besluit om by die vloot aan te sluit. Uit die aard van haar werk, het ek veel te wete gekom oor twee van die meer as 50 formidabele Amerikaanse vlootbasisse waar sy geplaas was, naamlik Pensacola in Florida en Coronado in San Diego. Nie slegs is die grootte van hierdie vlootbasisse ontsaglik indrukwekkend nie, maar ook die vloot se see- en lugvaart. Ek het werklik nog nooit sulke manjifieke helikopters, vliegtuie, vliegdekskepe, fregatte, torpedojaers, oorlogskepe en Osprey-vegvliegtuie (om maar ’n paar te noem) in my ganse lewe aanskou nie. Ek kon my verkyk daaraan, om nie eens te praat van die infrastruktuur om alles te akkommodeer nie. Daarbenewens is die vloot se wooneenhede, museums, vliegtuigloodse, opleidingsgeriewe en -sentrums, skietbane, laboratoriums, dokke, ensovoorts, van so ’n aard dat dit Simonstad se vlootbasis na ’n speelpark laat lyk.

Dit is maar net ’n toonbeeld van die ontsagwekkende mag van die VSA.

Met ’n bevolking van 320 miljoen mense, tref jy van die beste universiteite ter wêreld daar aan: uit ’n total van 5 300 universiteite en kolleges is 2 618 daarvan geakkrediteerde tersiêre opleidinginstansies wat 4 jaar-graadkursusse aanbied. Die land spog ook met die wêreld se beste museums, mees innoverende entrepreneurskultuur, ’n opbloeiende ekonomie met meer as 7 miljoen oop vakatures, ’n werkloosheidsyfer van slegs 3,7%, gevorderde tegnomaatskappye in Silicon Valley, asook Amazon, die grootste aanlynwinkel ter wêreld. Die lys van grootste en beste is veel langer as dit.

Die demokrasie van Amerika dateer uit 1787 en vandag lê sy tweepartystelsel ingebed in sy kongres (parlement), federale- en staatsregering, en ’n onafhanklike regstelsel.

Ten spyte hiervan, is die kern van Amerikaanse politiek gesetel in Washington DC, eintlik maar ’n groot deurmekaarspul. Dit wemel van stemwerwers, skenkers, spesiale belangegroepe en buitelandse agente wat dit niks meer as ’n vuilput van werkers maak nie – almal op soek na hul plekkie in die politieke son. Donald Trump het dit tereg gedurende sy verkiesingstyd ’n moeras genoem. Hierdie “moeras” is nog nooit voorheen so blootgestel soos toe Trump aan die bewind gekom het nie.

Trump, ’n miljardêr uit eie reg, se doel was eenvoudig, naamlik om Washington en die regering te hervorm met sy visie, “Make America Great Again”. In die lig van bogenoemde, was hy onafhanklik van enige finansiële steun – nie eens van sy eie party nie. As voormalige en suksesvolle sakeman was sy oplossings radikaal in hul eenvoud in ’n kultuur waar die implementering van beleide meestal met ompaaie geskied het, die burokrasie omslagtig was en die dienslewering stadig.

Die Washington-establishment, wat tot dusver heel tevrede was met sy status qou, het geweet dat Trump dinge sal verander, dus het die Hillary- en Obama-trawante ’n plan georkestreer om Trump se presidentskap ongeldig te verklaar nog voordat hy president was. Die rede? Hulle het gevrees dat Trump die verval en agteruitgang van die politieke establishment in die algemeen, en die demokratiese party in die besonder, aan die kaak sou stel.

Trump se filosofie was om rompslomp uit te skakel en resultate in rekordtyd te behaal. Reg aan die begin van sy termyn het leiers van sy party gekla dat hy te hard werk. Maar vir hom was een van sy hoofdoelwitte om verkwistende uitgawes te verminder en dit was ook die beweegrede agter baie van sy beleidsbesluite – sowel binnelands as buitelands. Hy het gou aangedui dat ’n paaibeleid hom nie aanstaan nie en tot die verlede behoort – hy het verkies om vrede na te jaag deur eerder ’n sterk hand na Amerika se vyande uit te steek en hulle te probeer betrek – lande soos Noord-Korea, Rusland en Sirië. Maar ook sy vriende, soos Israel, Frankryk, Duitsland, die Europese Unie en natuurlik Nato (North Atlantic Treaty Organization).

Maar, hoe meer Trump teen die establishment gedraai het, hoe meer het sy politieke opposisie sy agenda probeer dwarsboom. Oud-Clintoniete, onder andere, Lawrence Summers, Obama se ekonomiese adviseur en emerituspresident van die Universiteit Harvard en die Nobelprys-ekonoom, Paul Krugman, was van mening dat Trump alles wat Obama vermag het, in rekordtyd sal omkeer en ’n resessie veroorsaak.

In The Washington Post van 6 Junie 2016 het Summers die volgende kwytgeraak: “Indien (Donald Trump) verkies word, voorspel ek ’n uitgerekte resessie wat binne 18 maande sal begin. Die skade sal na alle waarskynlikheid baie wyer as die VSA gevoel word.”

In The New York Times van November 2016 het Krugman op sy beurt verklaar: “Hier kom die moeder van alle negatiewe invloede – en daarmee saam ’n regime wat onkundig is ten opsigte van die ekonomiese beleid, en vyandiggesind is teenoor enige poging om dit te maak werk. Dus kyk ons heel waarskynlik na ’n wêreldresessie met geen einde in sig nie. Dalk is ons gelukkig, maar wat die ekonomie betref, soos eintlik met alles, het ’n verskriklike ding pas gebeur.”

Nodeloos om te sê, The Wall Street Journal het onlangs beweer dat die VSA – vir die eerste keer in ’n dekade – tans die wêreld se mees kompeterende ekonomie het en steeds met 5% per jaar groei. Op die politieke front het die Clinton-veldtog ’n allemintige maneuver van stapel gestuur om Donald Trump se presidentskap ongeldig te laat verklaar as aanloop om hom te ontsetel.

My volgende rubriek beloof ’n spyskaart met vuilspel as hoofgereg.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Rhoda Kadalie

Die rubriekskrywer Rhoda Kadalie is afgetree en woon tans in die VSA. Sy is die voormalige direkteur van Impumelelo Sosiale Innovasiesentrum, menseregtekommissaris en akademikus.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

WAS ·

Rhoda, dankie dat vir die eerste keer ordentlike kommentaar oor die Trump presidensie gegee sal word. Die Beeld se mense neem hulle insae bloot bamaf CNN. Trump is nie ‘n maklike mens nie – arrogant, buffelagtig, egoïsties, ensomeer maar IS besig om Amerika te herstel na die Obama verval. Net jammer van die liberale en ver-linkse sosialisme se haat vir alles wat behoudend is.

Lena Jonk ·

Baie dankie Maroelamedia, sy sal die waarheid praat en nie doekies omdraai nie. Het baie vertoue in haar. Sterkte en voorspoed met jou werk. Die mense was dik gevoer van CNN se gemorsnuus en baie het dit geglo.

christa ·

maak nie saak wie wat se van Trump nie. Sy privaatlewe het niks met ander te doen nie. Ek hou van Trump. Hy staan op sy regte en ek dink hy is n baie goeie staatshoof. Hoekom moet hy ‘n toestroming van buitelanders in sy land toelaat? sien wat gaan in SA aan. Vol buitelanders en sy eie mense sit sonder werk.

Tobie Klarens ·

Beslis n goeie alternatief vir Snert 24, wat hulle nuus oor Amerika ontvang van die ekstreem linkse Huffington Post, hulle surrogaat wat in SA misluk het.

Estelle ·

Ek persoonlik dink dat Trump die beste ding is wat nog ooit met Amerika kon gebeur. Net wat hulle nodig gehad het om hulle wakker te skud uit hulle selfbehepte slaap. Baie dankie, sien uit daarna om meer te lees.

Dries du Toit ·

Altyd gedink dat Trump n uitstekende President is. Kon net nooit verstaan dat alle media huise hom verguis nie. Klakkelose napraters van CNN

Andréas ·

Dankie aan Maroela asook hierdie skrywer. Ek wil graag die waarheid leer. Moeg vir sensasie en almal wat in sirkels praat of dié wat eintlik niks sê nie. Leuens en swartsmeer so alledaags dat niemand werklik weet watter kant toe nie. Maandeliks? Is die interval nie te groot? Sal graag die waarheid wil hoor van so baie wat reeds dié afgelope weke gebeur het. Hou so aan…

Gert ·

Dankie tog uiteindelik iemand wat die ander kant van die saak stel. Ek is so moeg vir almal wat ek ken wat heeltemal inkoop in die massahisterie teen Trump. Daar is hoeveel bewyse van hoe hy die ekonomie verbeter het maar niemand hier wil dit glo nie, hulle glo die leuens oor hoe hy glo die ekonomie vernietig het. Sommige beweer tot dat hy president wou word om geld te kan verduister soos ons politici, dit terwyl hy ‘n miljardêr is wat nie eens ‘n salaris wil vat nie.

Thinus Erasmus ·

Ek is so verras! Ek sal gretig wag op nog meer ware inligting en feite.
Kyk ek hou regtig nie baie van Trump nie, het lankal met hom kennis gemaak op TV, maar ek hou van wat hy probeer doen: defnitiewe besluite – daadwerklike optrede in die regte rigting!
En wat ons verseker van sy sake vernuf in SA (regering) nodig het is:
“YOU’RE FIRED”

John ·

Miskien kan die karakters bekyk word wat die glo Russiese betrokkenheid probeer gebruik om Trump te pootjie. WW3 is selfs op die kaarte as uitloop van die slinkse speletjie. Die rol van Nazi-afstammelinge is nie te vergesog in ‘n poging om Rusland by te kom nie. Oom Juncker self se weerstand teen Brexit om sodoende Brittanje te kelder, is ‘n ander kwessie wat bekyk kan word.

Jerry ·

Ek hoor wat jy se Tannie Rhoda, maar dit wat ek van Trump met my eie oe sien lyk glad nie goed nie. Die tweets wat hy uitstuur is om die minste te se kinderagtig en nie altyd gebaseer op feite nie! Jy druk jou kop in n byenes om sy lof te wil besing, want bo en behalwe dat hy n mens met voete van klei is, is hy n besigheidspersoonlikheid wat nou reeds uitgevang was dat hy sal lieg en dalk ook bedrieg net om sy sin te kry, soos toe hy vir die kiesers gelieg het deur te se Mexico sal vir die MUUR betaal! Die demokrate ondermyn Trump omrede hy nou daarop aandring dat die belastingbetalers vir die MUUR moet betaal! Trump staan beslis nie apart van die politieke moeras nie. Hy veroorsaak die gemors in die moeras! Enige leier wat sy eie mense en werkers te na kom deur die “government shutdown” toe te laat, verdien by my absoluut geen respek nie!

Rudie ·

Ek stem saam met jou. Trump is ‘n uiters skelm narcissus (? ). Ek kan waaragtig nie glo dat die Amerikaners so ‘n man tot president kon verkies het nie!

Dries du Toit ·

Nee Ou Jerry. Kyk maar uit vir Trump. Hy is n strateeg. Ongewilde goeie besluite maak hom nie bang nie. Soos hulle se “sometimes you have to be cruel to be kind”

johan grobler ·

Jerry, jy kyk heeltemal te veel na CNN. Verbreed tog maar jou visie….

Staak saam ·

Jerry jou liberale onkunde is groot.
Trump is tot president verkies bloot oor die muur, dit is waarvoor die publiek hom verkies het, die demokrate staan die muur teen en dit is ook hulle wat die Trump regering geiselaar hou met die sluiting van die regering.
Die liberale demokrate weet mos kwanseis beter, volgens hulle handel en wandel tel die kiesers se stem nie veel want hulle wil dra meer gewig as die kiesers s’n.
Trump het nie n Biljoner geword soos CR nie, hy verstaan besigheid.
Hy gaan daai muur bou en dit gaan die VSA geld spaar.

Ludwig Churr ·

En toevallig gebruik ons eie Sunday Times, asook eNCA Tv nuus, vir CNN as hulle nuusbron oor die VSA en Pres, Trump.

eNca gebruik gereeld ook CNN komentators. Ek stel voor dat u ook kyk hoe hulle die nuus verdraai hier in SA,

Don ·

Polities korrektheid is belangriker as feite volgens die ‘demokrate’

Goedkoop ·

Rhoda, ek verskil totaal en al van jou sentimente oor Trump. Hy is deur en deur ‘n ammorele mens, ‘n mens met geen morele waardes nie. Ek het ‘n sterk vermoede Maroela Media het nie die ruggraat om menings te plaas wat krities is van die Trump kaping van die Republikeinse Party nie. Jammer dat dit so is.

gatiep ·

Goedkoop kyk verskilende soorte nuuskanale dit sal jou mening dan verander.As mens in n hof is kan nie net een kant getuig nie.So baie mense sal dan onskuldig Tronk toe gaan.Luister mooi en fyn wat Trump se.Ek weet baie mense is so hardkoppig dat hulle glad nie wil hoor wat Trump sr nie.N nuwe wereld sal dan oopmaak vir jou.

Kobus ·

Dankie vir die verduideliking. Ek het gewonder wat “ammoreel” beteken. Baie mense is gebreinspoel deur die valse Amerikaanse media wat elke liewe ding wat Donald Trump sê of doen uit ń negatiewe hoek benader. Probeer objektief wees oor sy sienings en die resultate wat hy met sy reguit en onortodokse benadering bereik, dan sal jy ń ander prentjie sien. Donald Trump is besig om die internasionale speelveld ten bate van die gewone werker in die VSA gelyk te maak.

Fanie ·

Goedkoop, jy gee nou ‘n goedkoop klap na Maroela! Daar was al baie negatiewe artikels oor Trump, deur bv Leopold Scholtz en Jaco Kleynhans. Is jy nie so gewoond aan blinde anti-Trump artikels dat een wat die ander kant van die saak stel, jou die publikasie laat veroordeel nie?

tiaan ·

….En onthou: HY IS ‘N CHRISTEN. Daarom haat die korruptes en leuenaars hom so. Seenwense mnr Trump. Ons bid vir jou!!

gatiep ·

Dankie tog ek sien Maroela begin darm reg kom.Alles wat op CNN gese word kan mens net die teenoorgestelde vat dan het mens die regte nuus.Die nuus lieg is nog een ding maar hulle hou regte nuus weg van kykers en dis nog erger.
Al wat nodig is vir evil om heeltemal oor te vat is vir goeie mense om stil te bly.
Ek sal graag wil he jy moet n stukkie skryf oor Putin van Russia,en wat jy dink van hom.

Stephan de S ·

Ek s so bly dat MM vir Rhoda gekry het om artikels te skrywe. Het haar artikels oa in Die Burger gereeld gelees en het geweldige waardering en respek vir haar insigte, perspektiewe en historiese perspektief – –lg ontbreek mos totaal by die moderne kindergarten verslaggewers. Ek sien dus met opgewondenheid uit na die komende artikels en insigte.
Lyk my Tom en Jerry verkies nog steeds die perspektiewe van CNN.

Nico K ·

Trump sal nie nog ‘n termyn president wees nie. Hy is te veel van ‘n “showman”. Baie gepraat maar min gedoen.

Frans C ·

Trump mag omstrede wees maar Amerika se werkloosheidsyfer is tans die laagste in 18 jaar!.CNN sal natuurlik sê dat dit die werk van Obama is.

Trump is ongewild want hy is ‘n nasionalis.Dit is teen die wêreld tendens van globalisme.
In globalisme verdwyn,taal,kultuur en geskiedenis.Dit is eintlik maar ‘n Westerse konsep.
In teorie werkbaar maar in praktyk omdat dit handel gedrewe is word die handellaars ryker en die verbruikers armer want hulle is prysnemers en nie prysbepalers nie.

In Suid Afrika is dit duidelik dat plaaslike firmas en politici op die ‘band wagon’ geklim het en sommige skatryk geword het terwyl werkloosheid en armoede die hoogte ingeskiet het.Buitelandse rolspelers het dit terdeë uitgebuit,vergelyk wapenskandaal en die plaaslike wapenindustrie,wat in die sanksie tydperk die mees moderne wapentuig ontwikkel het,het in die slag gebly.

Natuurlik sal lande begin tjank want die man se slagspreuk van ‘America first” beteken bakhand lande en organisasie kom tweede en dit beteken hul sal self moet begin opdok,want ‘big brother’ het die beursie toegemaak.
Volgens sommige berigte het’In 2017, South Africa received a total of $471 million from the US. This is the equivalent of R6.1 billion using the dollar/rand exchange rate from 30 June 2017.”

Jaco ·

Rhoda, kan nie wag om jou reeks artikels te lees nie. My persoonlike vermoede is dat ons in Amerika ‘n soortgelyke situasie het, as in Suid Afrika met staatskaping. Die demokratiese party word nou beheer deur die dwelm kartels, en hulle toegang tot triljoene dollars. Dit is baie duidelik dat hulle nie kan bekostig dat daar ‘n muur opgerig word om die vrye vloei van dwelms te beperk nie. Ek was my lewe lank ‘n liberalis, met ‘n linkse uitkyk op die lewe. Ek het altyd aanvaar die aanval op vryheid sal van regs kom. Ek kon nie in my wildste drome glo dat die aanslag op demokrasie en vryheid van links af gaan kom nie. Die wêreld is op die oomblik in ‘n titaniese stryd teen goed en kwaad en dit speel af in Amerika. Wat daar gaan gebeur, gaan die wêreld ingrypend verander. Ek is net nie seker Trump gaan dit oorleef nie. Polities of met sy lewe. Wie sou ooit kon dink ‘n rowwe, vuilbek sakeman gaan die laaste bastion wees teen ‘n totalitêre stelsel waar vryheid van spraak net ‘n vae herinnering sal wees. #walkaway

Human ·

Die Suid-Arikaners wat SA verruil het vir Amerika as gevolg van politiek en `n legio ander probleme asook onwettige instroming weet ewe skielik baie van Amerika se politiek en omstandighede met instroming. Hulle dink of vermoed dat die selfde besig is om daar te gebeur. Daar is egter slegte nuus vir hulle , dit gaan en gebeur, ongeag wat Trump beplan.

Ronnie ·

Vir die oomblik glo ek Maroela Media is ‘n “gratis Afrikaanse nuus en kuierplek – gebalanseerd…..” In die inleidende artikel word openlik verklaar dat die doel van komende artikels is om die hoofstroom media, spesifiek CNN aan die kaak te stel en beweerde onwaarhede wat hulle verkondig te ontbloot. Ek vertrou dat die skrywer enige sulke onthullings sal staaf met feite, bewyse en voorbeelde.
Ek verstaan dat baie deelnemers aan die debat die wat van hulle verskil beskuldig van haatdraendheid teenoor Trump. Ek vat dit van wie dit kom. Ek dink nie meeste mense wat deelneem aan ‘n debat háát juis die politikus nie. Dit gaan bloot oor opinies en eie waarnemings. Ek het egter ‘n probleem daarmee as ‘n uitgenooide rubriekskrywer dieselfde terme gebruik en die media beskuldig van swartsmeerdery. Dit is onvaspas.
Persoonlik kyk ek selde of ooit na CNN. Daar is vele meer betroubare bronne wat die moeite werd is. My eie oë het my nog nie in die steek gelaat nie. Ek volg Trump direk vandat hy sy eerste buiging op die roltrappe van Trump Tower gemaak het. Ek kyk en luister wat hy self kwytraak voor sy ondersteuners en vanuit die Withuis. Ek volg hom op Twitter.
Ek kyk direk na wat gebeur op Capitol Hill wanneer daar belangrike onderhoude gevoer word met genomineerde kandidate. Dus weet ek presies hoe die Kavanaugh sage verloop het en ook die Barr onderhoud.
Van die Trump/Putin kwessie kan ek net sê: “the lady doth protest too much.”

Sussie vannie Kaap ·

Ai, Rhoda, jy kon darem maar ‘n proefleser nadergeklap het om jou pennevruggie so ‘n bietjie te versorg! Dalk ‘n paar Amerikaanse sente werd ter wille van professionalisme?

Bernie ·

Jammer dat ek in Engels skryf….Like Trump himself, this piece is full of factual errors. Just one example: Where’s the evidence that Clinton and Obama tried to contest the results of the 2016 election? It’s just not true.

Dries du Toit ·

Baie baie insiggewende artikel van n baie inteligente vrou. Dankie Rhoda

remondo ·

Dankie vir n ander prentjie van VSA politiek kan nie wag vir volgende aflewering nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.