Politieke skietgoed

busiswe-mkhwebane

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer. Argieffoto.

Deur Jeannette Gnade

Dit maak sin dat drukgroepe daarop aandring dat die regering miljoene dokumente uit die vorige bedeling moet vrystel. Hulle meen dit is die enigste manier om vas te stel of geld op ʼn onbehoorlike manier na banke en maatskappye gekanaliseer is. ʼn Reddingsboei wat die eertydse Reserwebank aan Absa – eers Bankorp en nou Barclays – toegestaan het, is tans die middelpunt van ʼn aansienlike klomp moddergooiery.

Thuli Madonsela het die saak ondersoek, maar kon nie haar verslag vrystel nie weens ʼn tegniese probleem. Die nuwe openbare beskermer is net bereid om te sê dat die verslag uitgelek het. Sy eis dat Absa meer as twee miljard rand terugbetaal. Dit is onduidelik of sy haar voorganger se verslag aangepas of gewysig het en Madonsela wil ook niks sê nie.

As die miljoene dokumente van die ou NP-regering wat in argiewe gebêre word, blootgelê word, kan dit natuurlik ook bewys dat daar geen ongerymdhede was nie. Dit is nogal vreemd dat daar nie eers ʼn studie van die tersaaklike dokumente gemaak is voordat die vorige regering en Reserwebank sommer van korrupsie beskuldig is nie.

Die ANC-veteraan, Maria Ramos, is die groepshoof van Barclays Afrika en was die hoof uitvoerende beampte van Absa. Sy is getroud met die voormalige ANC-politikus Trevor Manuel, wat lank die minister van finansies was. Albei het ʼn skoon rekord en Ramos is boonop lid van die Wêreldbank se Ekonomiese Adviespaneel. Absa het sy verpligtinge voortspruitend uit die finansiële hulp deur die Reserwebank in 1995 nagekom. Die Davis-paneel wat in 2000 deur die Reserwebank aangestel is, het ook bevind dat Absa se aandeelhouers nie onbehoorlik bevoordeel is deur die Sentrale Bank se ingryping nie en dat daar dus nie gronde vir restitusie teen Absa is nie.

Teen dié agtergrond begin dit lyk asof die voorlopige verslag nie sommer net uitgelek het nie, maar doelbewus aan die media uitgelek is. Dit is ook nie die eerste keer in die nuwe openbare beskermer se kortstondige termyn wat sy van politiekery verdink word nie.

Sy het met die intrapslag gesê staatskaping is nie vir haar ʼn voorkeursaak nie, maar om die armes en die sukkelendes in die land by te staan. Dit herinner nogal sterk aan die Zuma-retoriek wat ons nou al jare verduur. Ongelukkig kom daar selde iets van dié beloftes.

Die nuwe OB besef blykbaar ook nie dat geld wat weens korrupsie verlore gaan, nog minder hulpbronne bied om die werklike behoeftiges en slagoffers te help nie. Sy kan nie tegelykertyd die openbare beskermer én die staatsbehoeder wees nie.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Alida ·

Sy kan niks wees solank Zuma haar beheer nie. Dit was sy aanstelling.

Justice ·

As ek so op my state na Absa se bank kostes kyk is daardie lening ongetwyfeld al met rente teen 1995 terugbetaal.

miv ·

Me Gnade, jy slaan die spyker op die kop. Hierdie bankstorie word aangeblaas om die aandag weg te lei van die Gupta storie. Me Mandonsella het versoek dat ‘n ondersoek gelas moet word na staatskaping, maar die publiek wag steeds tevergeefs vir optrede deur Zuma.

Jan ·

Ek wat die heel tyd gewonder het wat het Julius en die EFF besiel om laas jaar vir haar in die OB pos te stem, juis omdat hulle vooraf daarvan bewus was dat sy ‘n Zuma-maatjie is. Nou sien ek op Netwerk24 hy erken dit was ‘n aaklige fout wat hulle gemaak het.

zoom zoom ·

Jy kry meer uit ‘n brood as uit die muwe OB. Net so sleg as die regerende party. Sien Malema erken darem vandag dit was ‘n fout van die EFF om vir haar te gestem het.

snoefie ·

die anc betreur nou die verliesvan die geld wat hulle nie kan uitgee nie. dit was NP geld. dit het nie in PW of FW of Pik se eie persoonlike huise se sekuriteitsopgraderings gegaan nie.

Charl ·

Nee wat. Laat hulle al die dokumente vrystel. Ek dink daar was baie korrupsie onder sekere lede van NP. Daar word wyd bespiegel dat NP ministers geld gemaak het uit olie en ivoor in die Angola oorlog. Laat die waarheid uitkom, van alle kante!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.