Pretoria FM is 25 jaar jonk

Pretoria-FM-01

Willie Spies is die besturende direkteur van Pretoria FM. Foto: Reint Dykema.

Deur dr. Christo Pretorius

Pretoria FM het Sondagaand 16 September ʼn kwarteeu se uitsaaidiens met groot dankbaarheid en vreugde in die Senotaaf-saal van die Voortrekkermonument gevier.

Hierdie vieringe was ’n geleentheid aan luisteraars, personeel en medewerkers om opnuut te besin oor die rol wat die radiostasie in sy gemeenskap en op ander platforms speel.

Dit het vereis dat ʼn opname gemaak word van die omgewing, die wêreld waarin Pretoria FM-diens lewer.

As media-instrument neem Pretoria FM kennis van die kenmerke en invloed van die wêreld waarin ons hoop, glo en leef in Afrikaans.

Van daardie kenmerke is die deelname van luisteraars aan programme en met sosiale platforms ter hand is interaksie op globale skaal en die deel van gebeure ʼn breukdeel van ʼn sekonde ver.

Inligting, nuus, gebeure is nie net onmiddellik en skielik nie, maar orals toeganklik. Dit word kruis en dwars oor die aardbol en dikwels gelyktydig gedeel.

Terwyl berigte oor plaasmoorde die wêreld ingestuur word, is daar gelyktydig ʼn veldtog om berigte hieroor te diskrediteer, ander beelde van die werklikheid te skep en dit word deel van ʼn stroom van miljoene berigte wat gelyktydig plaasvind en ʼn oorbelading van inligting veroorsaak.

Die effek hiervan het die mediumkenner, Marschall McLuhan, uitgewys:

Enersyds lei die onmiddellike en gelyktydige beriggewing na ʼn ongenuanseerde wêreld. ʼn Wêreld ontdaan van nuanses en sonder ʼn oorkoepelende en samebindende verhaal.  ʼn Wêreld waar almal elke ander mens beïnvloed en waar die onmiddellikheid van inligting lei tot ʼn gefragmenteerde lewe en ongetoetste oordeel.

Dit is die gefragmenteerde lewe wat tot die verlies aan identiteit bydra, want identiteit is, na die oordeel van die huidige tydsgees, ʼn oorblyfsel van ʼn vergane era.

Andersyds lei die oorbelading van inligting, die onmiddellikheid en gefragmenteerdheid daarvan na verskillende hanteringsmeganismes, waarvan een die skep van ikone is.

Ikone as persoonlikhede of instansies aan wie ʼn bepaalde gesag toegeken word en wat vertroue (verdiend of onverdiend) wek en wie se oordeel aangehang word.

Hierdie instansies, instellings en mense is deel van die daaglikse lewensritme. Dit is hulle wat kan help met die sif van die kaf en die koring, wat ʼn spieël is waardeur die wêreld gekaats word.

Ikone is die instrumente wat ʼn komplekse en onbekende wêreld vereenvoudig en verstaanbaar kan maak – of kan vertroebel.

In ʼn komplekse en onbekende wêreld reik Pretoria FM graag en steeds die hand na sy luisteraarsgemeenskap met die uitnodiging om mee te werk aan ons voortbestaan.

ʼn Voortbestaan gebou op die volgende bestaansredes:

  1. Om tot eer van God te bestaan;
  2. om ons mense te inspireer om ons roeping en kultuuropdrag uit te leef;
  3. om gesonde gesinswaardes te bevorder en ʼn lewenskragtige Afrikaanse uitsaaimedium te wees;
  4. om met goeie nuusdekking en ooggetuieverslae ons luisteraars se beste bron te wees;
  5. Afrikaanse musiek, musikante, letterkunde en ʼn leeskultuur te bevorder;
  6. om aan Afrikaners as kultuur- en taalgemeenskap ʼn luistertuiste te bied;
  7. om politieke korrektheid te vermy, maar eerlike, bedagsame en hoflike verslagdoening lewend te hou;
  8. om oor die toekoms te berig met ʼn ingesteldheid van geloof en hoop;
  9. ʼn toekomsverwagting in Suid-Afrika vir Afrikaans in die algemeen; en
  10. Afrikaners in die besonder, te bevorder.
  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Tania Heyns ·

Dagsê Johann

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Jerry ·

En dan is daar mense wat se daar is geen hoop vir Afrikaans nie. Ek dink daar is sommer baie hoop, hier en in die buiteland!

Kiewiet ·

Nou waarvoor is die vlag van die Congo daar. Is dit deel van Pretoria FM.

Afrikaan ·

Pretoria FM is al waarna ons luister. Altyd eerlik, positief, christelik en eg Afrikaans. Julle is inderdaad ‘n lig in donker SA.

Dienkie ·

Ja Thys, ek verlang ook na Radio Pretoria want toe was hulle nog ‘n UNIEKE radiostasie. Wanneer ‘n mens na Radio Pretoria op die radio gesoek het kon ‘n mens dadelik hoor jy is nou op Radio Pretoria ingeskakel want hulle het ‘n unieke musiekkeuse gehad. Vandat hulle Pretoria FM geword het hulle die luisteraars in die ouderdomsgroep (50+) in die steek gelaat. Dit wil vir my voorkom asof Pretoria FM net musiek vir die jeug speel want hulle speel net die hededaagse gemors. Ek luister tevergeefs of hulle die musiek gaan speel van Rina Hugo, Ge Korsten, Bles Bridges, Jim Reeves ens. Wie wil nou heeldag na daardie “blermusiek” luister. Asseblief Pretoria FM julle het nog luisteraars wat graag na bogenoemde sangers se musiek wil luister. Julle het nie net die jeug wat na julle luister nie. Neem asseblief julle ouer luisteraars se musieksmaak in aanmerking by die opstel van die musiek wat julle bedags gaan speel want julle musiekkeuse laat veel te wense oor. Om die waarheid te se daar is GEEN radiostasie wat meer van bogenoemde sangers se musiek speel, dit sluit in Groot FM. Lekker FM en Bosveld Stereo.

Jakkalsdraai ·

Pretoria FM bring asb Tienie Mans se program “Wat u wil hoor” terug. Waarom is dit gestaak? Daar is geen soortgelyke program op die radio nie!!! Dit het perfek gepas op ‘n Sondag laatmiddag. Ook het julle geen klassieke musiek programme gedurende die week nie. Hou asb Sondae oop vir klassieke en christelike musiek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.