Privaat nuus, outomatisering en die maan: Hallo, 2019!

Foto ter illustrasie. (Foto: Michael Probst, AP)

2018 was propvol verrassings. En 2019 blyk om selfs nog meer hiervan in te hou. Andries Brink, uitvoerende hoof van Andile Systems, het ʼn paar ingeligte voorspellings gemaak rakende die onderwerpe wat hierdie jaar op almal se tonge gaan wees – en hy begin sommer deur die planeet te verlaat:

2019 gaan ʼn terugkeer na die Maan oplewer, met nasies soos Israel en Japan heel voor in die ry. Dit sal egter ʼn onbemande ekskursie wees, met ʼn eerste menslike besoek (hoogs waarskynlik Chinees of Indies) en beplan binne die volgende 5 jaar. Daar is natuurlik ʼn paar individue wat in hul private hoedanigheid ook aan hierdie resies gaan deelneem – bloot omdat tegnologie ruimtereise soveel meer bekostigbaar gemaak het.

Intussen, terug op Moeder Aarde, sal ons gemeenskappe ook begin om die breër impak van hierdie selfde tegnologieë wat sulke ongelooflike prestasies al hoe meer algemeen bereikbaar maak, te beleef. Brink het spesifiek die unies bewus gemaak: kunsmatige intelligensie (KI) en robotika is op pad en gaan lei tot werkverlies indien mense nie voldoende opgelei word nie. In die nabye toekoms kan ons selfs verwag dat selfaangedrewe voertuie ʼn drastiese afname in aangestelde drywers gaan veroorsaak. Daar gaan hierdie jaar ook ʼn afname in die aantal witboordjiewerkers soos tellers, handelaars en reisagente wees – so ook in die aantal blouboordjiewerkers wat aangestel is in vervaardiging. Hierdie verandering noodsaak dat mense gehelp sal moet word om by die nuwe rolle aan te pas.

landbou-trekker-oestyd

Foto: Jed Owen/Unsplash.com

Landbou neem voortou

Aan die ander kant toon outomatisering reeds wonderlike resultate vir grootskaalse boerdery met groter opbrengste en laer voedselpryse:

Kommersiële boere sal voortgaan om ernstig te belê in outomatisering en KI omdat dit die industrie winsgewend maak en ook in staat stel om te voorsien aan die ontploffende populasie se behoeftes. Hierdie belegging skuif die balansstaatwaarde van enige voedselproduserende entiteit al hoe meer na intellektuele eiendom en toebehore.

Daar is egter ʼn waarskuwing wat hand aan hand met hierdie beweging gaan: weens die onsekerheid van grondhervorming, is skrander boere besig om al hoe meer te belê in beweegbare tegnologiese bates. Dit mag lei tot ʼn afname in vaardigheidsontwikkeling aangesien beleggingsvooruitsigte moeilik is om vas te stel.

groei-stad-selfoon-verstedeliking

Foto:
Henry Marsh/Pexels.com

Verstedeliking moet verbeter

Tegnologie gaan ook al hoe meer sigbaar raak soos wat die kontinent uitdagings van vinnige verstedeliking aanpak. Afrika suid van die Sahara is een van die snelgroeiendste verstedelikingsentrums op die planeet en bykans ʼn halfmiljard mense van hierdie area woon reeds in stedelike gebiede. Laasgenoemde gaan nuwe maniere vereis om probleme in stede aan te pak. Maar die gereedskap wat nodig is om dit wel reg te kry, is reeds daar, het Brink gesê:

“Verstedeliking in Afrika het by ʼn keerpunt gekom en die behoefte aan skerp oplossings neem toe. Danksy 5G netwerke en KI-aangedrewe stadsnetwerke wat vinnig ontwikkel, mag tegnologie dalk ʼn groot rol speel wanneer dit kom by die hantering van die voorgestelde uitdagings. Aangesien ons net ʼn paar jaar weg is van munisipale verkiesings, sal die potensiële groot hupstoot in lewenskwaliteit, wat kan spruit uit weldeurdagte stadsprojekte, politici aanspoor om sulke projekte wel uit te voer.”

Argieffoto: Pixabay.com

Die nuwe nuusbedryf

Die mees oënskynlike verandering in 2019 sal egter die manier wees waarop ons ons nuus kry. Mediabedrywe is reeds vir amper twee dekades onder aanval. Advertensie-inkomstes sak, disinformasie het ʼn wantroue in nuuskoerante geskep en kwaliteitverslaggewing is vinning besig om vervang te word deur poniekoerantsensasie.

Gelukkig is daar hoop – veral in Suid-Afrika waar ʼn vry en magtige media ʼn kritiese rol speel in die stryd teen korrupsie en misdaad wat blyk die nasie te verswelg. Nuutgestigte nuusmaatskappye wat deur hul aanhangers befonds word, is besig om die weg te baan na nuwe nuusmodelle waar integriteit en lidbydrae mekaar ontmoet. Terselfdertyd help tegnologie om twyfelagtige beweringe uit te wys en te verwyder:

Kwaliteitnuus sal verder geprivatiseer word. Die aanval op ‘vals nuus’ sal verskerp en KI en nuusrobotte sal inligting vinniger bevestig as wat ANN7 van die lug af is. Dit beteken wel dat die behoefte aan die nuuskantoor van die tagtigs steeds sal afneem en, daarmee saam, posisies vir inhoudskeppers. Wees op die uitkyk vir meer onafhanklike, hardkoppige verslaggewers en opinievormers wat geborg word deur groepsbefondsing en Patreon-modelle.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Produksie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

John ·

Blykbaar gaan net die hardekwas joernaliste nog werk vir hul geld, die res gaan tuis sit, Sassa ontvang en mekaar vermoor van verveling. Niks is gesè oor beter mediese dienste nie, want die grooooot wèreldbevolking gaan baie siekes hè. Baie masjiene en wonderlike produkte, maar alles kos geld of… sal die maan dalk potte vol geld aan die agterkant weggesteek hè?

Judge Dredd ·

Onthou net dis hoofstoom media wat self die wantroue gestep het met hul fopnuus, eensydige beriggewing en sensasie nuus – en hulle doen dit al vir dekades – tegnologie het dit moontlik gemaak dat hierdie vals nuus vinniger versprei maar ook dat hierdie media huise makliker uitgevang word.

Ek sien dat hoofstroom media nou probeer om die skuld op klein onafhanklike media te plaas en hulself voordoen as die vegters vir ware nuus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.