Prof. TT Cloete se geskiedenisles aan Mantashe

Prof TT Cloete

Prof TT Cloete

Gwede Mantashe het Sondag  glo beweer die ANC lei Suid-Afrika na die beloofde land soos Moses die Israeliete na bevryding gelei het.

Mantashe kom tweede ná Zuma wat onkunde met betrekking tot hulle eie geskiedenis betref.

Mag ek hom daaraan herinner dat toe Moses sy volk duisende jare gelede uit Egipte gelei het, het niemand op die ganse aarde nog geweet daar woon mense in suidelike Afrika nie! Toe het die mense in suidelike Afrika in totale onkunde en onbekendheid geleef, terwyl die res van die mensdom toe al roemryke kulture opgebou het!

Die aarde het eeue en eeue later eers bewus geword van mense in suidelike Afrika, eers toe die Portugese, Hollandse en Engelse ontdekkingsreisigers om die Kaap geseil het, en daarná het dit nóg eeue en eeue geduur voor die geskiedenis bewus geword het van die omtrent volledig vegetatiewe bestaan van mense op hierdie deel van die aardbol.

Mantashe moet ook onthou Moses was ʼn Jood en die ANC is anti-Joods en pro-Palestyns. Sy vergelyking is onvanpas en eintlik beledigend vir die Jode.

Mantashe moet teruggaan skool toe en die nasionale en internasionale geskiedenis eers onder die knie kry voor hy verder praat.

Hierdie meningstuk is deur ʼn onafhanklike persoon opgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

TT Cloete

Meer oor die skrywer: TT Cloete

Prof. T.T. Cloete is onteenseglik een van die merkwaardige figure op die Afrikaanse literêre toneel. Hy is literator, kritikus, digter, dramaturg, prosaskrywer en psalmverwerker. (Uit: ttcloete.com)

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

10 Kommentare

anet ·

Mooi so Prof TT vertel hulle bietjie waar Moses die wortels gegrawe het. Hulle het geen begrip van die Bybel geskiedenis nie, want hulle lees nooit die Bybel nie, tree nie op teenoor hulle naastes soos volgens die Woord nie. Gebruik net aanhalings uit die Bybel wanneer dit hulle pas.

Jo ·

Mooi so Prof Theunis! Vertel hom so ‘n bietjie van sy eie, onbekende geskiedenis. Dis duidelik dat hulle skoolopleiding (syne, Zuma en so ‘n heel paar ander) totaal of onvoldoende was of totaal verniet was. Ek salueer u.

HEVW ·

Nouja, waarom die geskiedenis nou hier tersake is weet ek nou nie so mooi nie. Maar die feit bly staan langs hierdie weg waarmee hul nou besig is, sal dit beslis langer as 40 jaar neem, en daar beslis nie n land Kanaan wees nie, veel eerder n onherstelbare verlore stat.

André Badenhorst ·

Selfs ‘n anti-Zuma ou soos ek sukkel om Prof. Cloete se argument te verstaan. Dalk is ek net plein dom, want dis moeilik om te aanvaar dat ‘n goeie denker soos hy so ‘n logiese blabsie kan maak. Wat het die feit dat die Afrika later eers ontwaak het, te make met die nie-geldigheid of geldigheid van die vergelyking Van die ANC met die herder Moses? Of dat die ANC anti-Joods is? Die Voortrekkers was beslis nie Jode nie, maar is wél outestamenties geïnspireer. Wat wel waar is, is dat die ANC met sy idiotologie hom aanmatig as ‘n godsdienstige beweging – tipies Afrika senkritisties. http://inside-politics.org/2012/09/17/the-ten-commandments-according-to-jacob-zuma/

HFC ·

Moses was ‘n Israeliet en nie ‘n Jood, daar is ‘n groot verskil.

Gerhard ·

Jode sluit in die stamme van Simeon, Judah, Benjamin en spesifiek die stam van Levi. Moses is vd Hebreuse stam Levi, dus is hy n Jood.

Pietertjie ·

Ek dag weer die woord “jood”, of “jew” of “juden” (in watter taal ookal) het eers in die 17-18e eeu ontstaan: ek kry geen verwysing daarna vóór hierdie tyd nie, behalwe in vertalings van die Bybel wat in elk geval ná daardie tyd gemaak is. Kan iemand dalk help?

Kurt ·

Tag, maar dis lekker om te lees wat die slimstes deel! Ons het meer hiervan nodig! Prof Theuns, salute!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.