
Prof TT Cloete
Gwede Mantashe het Sondag glo beweer die ANC lei Suid-Afrika na die beloofde land soos Moses die Israeliete na bevryding gelei het.
Mantashe kom tweede ná Zuma wat onkunde met betrekking tot hulle eie geskiedenis betref.
Mag ek hom daaraan herinner dat toe Moses sy volk duisende jare gelede uit Egipte gelei het, het niemand op die ganse aarde nog geweet daar woon mense in suidelike Afrika nie! Toe het die mense in suidelike Afrika in totale onkunde en onbekendheid geleef, terwyl die res van die mensdom toe al roemryke kulture opgebou het!
Die aarde het eeue en eeue later eers bewus geword van mense in suidelike Afrika, eers toe die Portugese, Hollandse en Engelse ontdekkingsreisigers om die Kaap geseil het, en daarná het dit nóg eeue en eeue geduur voor die geskiedenis bewus geword het van die omtrent volledig vegetatiewe bestaan van mense op hierdie deel van die aardbol.
Mantashe moet ook onthou Moses was ʼn Jood en die ANC is anti-Joods en pro-Palestyns. Sy vergelyking is onvanpas en eintlik beledigend vir die Jode.
Mantashe moet teruggaan skool toe en die nasionale en internasionale geskiedenis eers onder die knie kry voor hy verder praat.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Mooi so Prof TT vertel hulle bietjie waar Moses die wortels gegrawe het. Hulle het geen begrip van die Bybel geskiedenis nie, want hulle lees nooit die Bybel nie, tree nie op teenoor hulle naastes soos volgens die Woord nie. Gebruik net aanhalings uit die Bybel wanneer dit hulle pas.
Mooi so Prof Theunis! Vertel hom so ‘n bietjie van sy eie, onbekende geskiedenis. Dis duidelik dat hulle skoolopleiding (syne, Zuma en so ‘n heel paar ander) totaal of onvoldoende was of totaal verniet was. Ek salueer u.
Nouja, waarom die geskiedenis nou hier tersake is weet ek nou nie so mooi nie. Maar die feit bly staan langs hierdie weg waarmee hul nou besig is, sal dit beslis langer as 40 jaar neem, en daar beslis nie n land Kanaan wees nie, veel eerder n onherstelbare verlore stat.
Hy is sooo reg
Selfs ‘n anti-Zuma ou soos ek sukkel om Prof. Cloete se argument te verstaan. Dalk is ek net plein dom, want dis moeilik om te aanvaar dat ‘n goeie denker soos hy so ‘n logiese blabsie kan maak. Wat het die feit dat die Afrika later eers ontwaak het, te make met die nie-geldigheid of geldigheid van die vergelyking Van die ANC met die herder Moses? Of dat die ANC anti-Joods is? Die Voortrekkers was beslis nie Jode nie, maar is wél outestamenties geïnspireer. Wat wel waar is, is dat die ANC met sy idiotologie hom aanmatig as ‘n godsdienstige… Lees meer »