Puk-debakel: Wanneer waghonde weerwolwe word

Op 21 Maart 2002 word Milly Dowler, ‘n 13-jarige Engelse skoolmeisie, ontvoer oppad huistoe van skool.

Dowler

Dowler

In die dae en maande wat volg, word haar ouers meegedeel dat dit lyk asof sy na haar stemboodskappe op haar selfoon luister want sommige word afgevee. Op 18 September 2002 word haar ontbinde liggaam gevind deur mense wat sampioene in die veld pluk en sy word deur middel van haar tandheelkundige rekords uitgeken.

In Julie 2011 kom dit aan die lig dat die Britse polisie bewyse gevind het dat Milly se stemboodskaprekening deur die News of the World, die gewildste Britse Sondagkoerant, gekraak en afgeluister is in ‘n poging om nuus te bekom en dat dit die koerant was wat die stemboodskappe op Milly se rekening afgevee het om te verhoed dat die rekening vol word.

Dit was nie die eerste keer dat News of the World se nuusredaksie geïmpliseer is by onetiese en selfs onwettige optrede nie. In 2005 het die koerant ‘n storie oor Prins William gepubliseer waarvoor die koerant se redakteur wat gemoeid was met beriggewing oor die koningshuis later skuldig bevind is aan die onwettige onderskepping van private inligting deur middel van die kraak van stemboodskaprekeninge. Hy is vir vier maande lank tronk toe gestuur.

NewsworldVolgens ‘n meningstuk wat in The Economist gepubliseer is, was daar by die News of the World ‘n kultuur waarvolgens daar geen probleme met, en min beperking op, die wyse was waarop die koerant stories ingesamel het. Die debakel het verreikende regs- en kommersiële gevolge vir die eienaar van News of the World ingehou. Die koerant moes sluit en personeel van die koerant, insluitend twee voormalige redakteurs, is tans in die hof op aanklagte van onwettige selfoonkrakery, omkoop van polisielede, dwarsboming van die gereg en die uitoefen van onbehoorlike invloed in die soeke na en publisering van stories.

Op 21 Februarie 2014 publiseer die Afrikaanse dagblad Beeld, voorbladartikels wat die indruk wek dat die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Uinversiteit ‘n Nazi-instelling is. In totaal word agt berigte en spotprente gegrond op ‘n beeldgreep van twee sekondes uit ’n video van 108 sekondes wat ’n koshuisgroet vaslê, geplaas.

By verdere ondersoek word daar egter bevind dat slegs twee uit 20 koshuise in die verlede ‘n soortgelyke saluut as deel van hul koshuisgroet gebruik het en dat die bestuur van die universiteit reeds weke voor Beeld se beriggewing die gebruik van hierdie saluut verbied het.

Die vraag word gevra hoe dit kan gebeur dat ‘n professionele koerant die waarheid so ver kon rek om die Potchefstroom-kampus van NWU in ‘n slegte lig te stel? Gerugte van persoonlike vendetta’s en die infiltrasie van gewone studente deur verslaggewers met voorbedagte rade het vinnig die rondte begin doen.

Sit ons hier met nog ‘n simptoom van die siekte wat blykbaar in die koerantwese ontstaan wanneer baie geld en ‘n bykanse monopolie op invloed bymekaar kom om waghonde in weerwolwe te verander?

Die globale finansiële krisis van 2008 is deels veroorsaak deur banke wat te groot geword het vir hul eie beswil weens samesmeltings en die vermindering van mededinging in die sektor. Hul grootte en mag het veroorsaak dat hulle soos ‘n Icarus in die waan geraak het en begin dink het dat hulle maar kan doen soos hulle wil.

Soos met die internasionale banke, skep die gebrek aan mededinging in die koerantwese en die tekort aan ‘n verskeidenheid van politieke sienings in die minderwordende nuuskantore ‘n blinde kol in hul vermoë om hul omgewing te verstaan en verantwoordelik daarmee om te gaan.

Die groot tragedie is egter dat daar geen wenners uit hierdie soort debakels tree nie. Die loopbane van belowende jong joernaliste word beskadig. Die koerant self word beskadig, wat tot nóg minder mededinging aanleiding gee en die groter gemeenskap word beskadig deur die gevolge van die optrede van redakteurs wat roekeloos die volgende storie jag.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Ebert Terblanche

Ebert Terblanche is 'n bestuurskonsultant by 'n internasionale ouditeursfirma. Hy spesialiseer in risikobestuur. Hy is betrokke by die Orania Beweging, Afriforum en die FAK.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johan ·

Geen wonder die regering wil die media inperk nie, ek begin al dink dit is nie n slegde idee nie,hoewel dit my teen die bors stuit. Die media se gedrag is baie kere onverskoonbaar.

Rindie ·

Boikot die Beeld. Sal daarvan hou om hulle laaste uitgawe te sien. Hulle lewer nie nuus nie – hulle is n “tabloid”. Vaarwel Beeld.

Johan Brits ·

Die ” Heil ” groet het tydens die antieke Griekse en Romeinse tydperke ontstaan. Derhalwe kan nie Hitler of die Puk aanspraak maak op goederereg in hierdie verband nie. Die vraag is wie staan pa vir die uiters rassistiese ” swartmag saluut” ?

Antw99 ·

Ja wel die werld verander en die mens is nie meer tevrede om deur instansies soos die pers misbeuik te word nie. Die ope media maak alles anders. Mense word nie so maklik geindoktruneer en die ou triek van die pers werk nie meer so goed nie.

Ons sal wel sien hoeveel vaardigheid en weisheid Media 24 voor die dag sal bring om hul saak te beredder.

Slim Daan ·

Uhhhhhmmm.
Sal wYs wees as jy maar aanhou Afr koerante lees. Elke bietjie help. Soms.

Antw99 ·

It the good old days when there was a one man press in town, things were simple. And work. The problem starts with the large corporations where the agendas are born – thee. Bigger. The corporation, the bigger the problem.

Hannie ·

Meroela Media hier is die geleentheid vir julle om ‘n dagblad te begin, wat goeie en waardevolle Afrikaanse gemeenskapsnuus vir lesers sal bied. Beeld het goeie joernaliste wat julle kan nader, want ek is oortuig dat wat Beeld publiseer, glad nie hulle goedkeuring wegdra nie. Dis ‘n jammerte wanneer mag misbruik word en impulsiewe besluite die beeld van Beeld verwaarloos!

Danie ·

Hannie,besef jy wat dit gaan kos om n Afrikaanse dagblad te begin?.Daar is geweldige koste aan verbonde,drukwerk,verspreiding ens.Die gedrukte media is eintlik besig om deur die digitale media vervang te word,want almal het deesdae rekenaars.Die gedrukte media is glad nie baie winsgewend nie.
Tog is daar iets spesiaal daaraan verbonde om in die oggend n dagblad oop te maak,en die nuus van die dag te kry,in jou eie taal,en geskryf deur joernaliste wat hul taal keurig kan gebruik.Die afrikaanse mark is eenvoudig te klein vir twee afrikaanse koerante wat in kompetisie met mekaar is.

Slim Daan ·

Inderdaad so Daneman.
Ander ” ingeligtes ” wil toon-omkrul van lekkerte suggereer dat die afwaarste tendens ( sirkulasie ) van gedrukte media ( veral die sg NAARPERS-groep ) toegeskryf kan word aan substandaard beriggewing. Inderwaarheid is hierdie die vernaamste rede hiervoor. Die ” omskakeling ” geskied stelselmatig juis om die oues van dae te akkommodeer. Daarna is dit koebaai Meraai.
Drukverligting op ons flora is wat ek die meeste van die gebeurtenis waardeer.

Johnny botha ·

Ek vermoed ook dat hierdie hele debakel deur Beeld opgeblaas is. Adriaan Basson se verradelike aanval op die laaste Afrikaanse bastion getuig van sy liberalisme. Ek oorweeg nou sterk om my meer as 30 jr verbintenis met Beeld te beeindig.

andrea van vuren ·

Ek was gedurende 1962 erger as die arme huidige Pukke ontgroen. Ons groep BA Verepleegsters van Up het lewendig anderkant uitgekom. Gelukkig het Beeld destyds nie bestaan om gesonde studente aktiwiteite te ondermyn met siek liberale onderdrukking nie! Is Beeld vir die Afrikaner of nie? Let wel, Puk is ons enigste oorblywende Afrikaner bastion. Gaan ons toelaat dat Basson en Kie dit ook vernietig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.