Ramaphosa gaan ons nie red nie, ons moet self bou

ian-cameron-01

Ian Cameron is hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum. Foto: Verskaf.

Deur Ian Cameron

Dit is vir my verstommend hoe daar ʼn skielike utopiese gevoel in die land onder sekere gemeenskappe opgespring het. Buiten die feit dat Ramaphosa ʼn voorstander van “grondsteel” is, moet ons baie mooi verstaan dat hy al die jare toegekyk het terwyl die Zumas, Mbeki’s en ander trawante die land bankrot bedrieg het.

Die voorkoms van misdaad dui direk op die bestaan van ʼn mikrokosmos van die staat se vermoë. Dit is ironies dat al die futiele pogings van die staat om korrupsie en bedrog hok te slaan eindelik ʼn weerspieëling is van waarmee die staat hom besig hou, naamlik die voortsetting van misdaad. As voorbeeld is die land se moordsyfer wat jaar op jaar vir die afgelope halwe dekade aaneenlopend met amper 1 000 moorde per jaar styg. So het 2016/17 se skokkende syfers aangedui dat daar meer as 19 000 mense vermoor is. Hoe versoen mens dit met ʼn regerende party wat omgee?

In September 2017 het die minister van ekonomiese ontwikkeling, Ebrahim Patel, gemeen dat korrupsie die land se bruto binnelandse produk (BBP) ten minste R27 miljard kos.

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, wat tot ʼn mate die regerende party van Ramaphosa se regterhand is, of andersom, is self al by talle bedrogspulle betrek en word tans geïmpliseer by nog ʼn Gupta-verwante saak.

Die vrou van die flambojante polisieminister Fikile Mbalula is geïmpliseer by ʼn Vrystaatse behuisingskandaal waar die regering meer as R80 miljoen se sement in twee weke “aangekoop” het en meer as R600 miljoen betaal is aan me. Mbalula sonder dat een huis gebou is! Dit is die minister wat onder Ramaphosa moet help sorg vir wet en orde wat gehandhaaf moet word.

Ramaphosa is ʼn leier van ʼn ANC wat sy eie grootste vyand is, ʼn sogenaamde revolusionêre organisasie wat nou intern met ʼn groter revolusie sukkel as nog ooit van tevore. Die land se onrus spreek boekdele daarvan en weereens is die ANC, of eerder die toestand van ʼn belemmerde staat, die mikrokosmos van die ongelukkigheid wat onder die meerderheid mense in die land heers. Kom die volgende nasionale verkiesing, gaan onrus verseker net erger word, of dit nou voor of na die tyd is.

Ramaphosa gaan nog jare vat om werklik ʼn duik in die ANC se verwoesting te maak en dit is indien hy werklik iets daaromtrent gaan doen. Die feit bly staan dat die ANC nog nooit enige iemand wat hom gekritiseer het oor sy wanpraktyke en verwoesting, kon verkeerd bewys nie. En dit sal vir seker voortduur. Onder rookskerms van mooi praatjies en leë beloftes hou die ANC en dus die Ramaphosa-party aan om soos rysmiere te rys.

Ek is oortuig dat sy uitsprake oor grond nie net as publisiteitfoefies gesien moet word nie. “Kill the Boer, kill the Farmer” is ook “verskoon” deur sekere groepe as bevrydingsretoriek, maar tog word boere op ʼn daaglikse basis in die land aangeval en vermoor. Gedurende 2018 alleen is al meer as 80 aanvalle aangeteken en die jaar is nog nie twee maande oud nie. Ramaphosa se grondretoriek kan onder die verwarrende toestande oor regeringsbeleid maklik ʼn realiteit word en diegene wat meen hy sê dit net om sekere mense gerus te stel, het gerieflike oogklappe op. Ons weet almal hy is ʼn sakeman en dat hy nie uitsprake behoort te maak wat in stryd is met vooruitgang nie, maar is mnr. Ramaphosa se lojaliteit nie groter as sy logika as dit kom by verslawendheid aan die ANC nie? Ramaphosa sal soos al die vorige ANC politici doen wat vir veral die ANC en sy kaders die beste finansiële bevryding inhou.

Wat kan ons doen? Ons moet fokus om vinniger meer doen, met minder. Ons moet ʼn staat se dienste binne die wetlike raamwerk kan begin lewer sonder die staat se inkomste. Sou ons in staat wees? Verseker. Ons moet deur die vestiging van gemeenskapstrukture vir mense hoop gee en ʼn voorbeeld van verandering, wat ons eie behoeftes en vermoëns verreken, stel.

Ons hoop teen misdaad en vir verandering in die land is nie Ramaphosa nie, maar onsself.

  • Ian Cameron is hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

apie ·

Presies wat ek ook dink. Jy kan geen siel in die ANC vertrou nie. Die enigste ding waarop Ramaphosa gaan fokus is om SARS reg te ruk om die mense se sakke nog meer te ruk. ‘n Realistiese optrede van ‘n staatshoof sou wees om misdaadvlakke dadelik te pak en te fokus op burgerlike veiligheid

Hendrik ·

Die dienste wat daar voorgestel word moet gelewer word binne wetgewing sonder die staat se inkomste is regtig ‘n pypdroom van formaat. Cameron kom kuier gerus vir ons en sien hoe duur is dit regtig om dienste te lewer vanuit die gemeenskap se geld. ‘n Baie meer praktiese voorstel is om bestaande dienste te verbeter in ‘n gemeenskap want die infrastruktuur is klaar daar. Indien jy praat van dienste om jouself te beskerm kan dit wel werk met gemeenskap betrokkenheid. Maar matter daar is nie meer geld in die middelklas se sak nie.

Riaan ·

Ag dankie tog. Iemand wat bietjie sin maak. Almal is eufories oor Ramaphosa. Ek val nie so maklik daarvoor nie.

Alex Maritz ·

Ian Cameron vat raak hier. Behoorlik. Soveel mense se onuitgesproke gedagtes.
Kan nie meer saam stem nie.

Die ANC regering kom nie hul plig tot die burgery na nie en het ook nooit nie.

Eddie ·

Ian ,Apie e Riaan , julle slaan die spyker op die kop , die leiers en vorige leiers het en sal steeds doen wat die ANC van hulle verwag ! Dieselfde poeding net ‘n ander sous !

Eish ·

Ek stem saam met die inhoud van die skrywer se artikel, maar begin al meer twyfel oor ons vermoë om die uitkoms te bewerkstellig. Die Vrystaatse Goudvelde is hoe lank al sonder Afriforum verteenwoordiging, wat my met die gevolgtrekking laat dat vanweë geografiese verspreiding, slegs enkele dorpe/stede voldoende kritiese massa het om die aksies te loods. Die gevolg is uit die aard van die saak dat finansiële bydraes sal graviteer na gebiede met getalle oorwig.
Afrikaanse Kaukasiërs is Persona non grata wanneer ons die woordgimnastiek verwyder van uitsprake en restitusie wat afgedwing word deur slim wetgewing gaan nie in my tyd stop nie.

JaNee ·

Dankie Ian. Uiteindelik iemand wat sê wat werklik aangaan en nie met klappe om die oë rond loop nie. Dit is interressant om te lees hoe ons nog steeds geflous word. Het die mense dan nof steeds nie geleer van die lesse van die sogenaamde onderhandelinge nie? Kyk hoe is ons ore aangesit toe en nou is ons in die posisie waar ons is.

Kosie Kramer ·

Ian Cameron is betrokke by gemeenskapveiligheid, maar hy is “verstom” oor die “utopiese gevoel” oor Cyril. Bedoel hy dalk “euforie”? Dit is normale menslike gedrag, Ian. Party is eufories, ander, soos ek, is sinies. As jy met beveiliging van die gemeenskap werk, moet jy dalk meer mensekennis opdoen.

Pierre de Villiers ·

Ek probeer ook sin maak van alles. Moet ons werklik so bedreig voel, of is ons dalk paranoies?

ChrisE ·

Dit is soos die skrywers sê, almal is in vervoering oor Ramaphosa. Hy het in 1994 tydens die onderhandelings gesê, dat die witmense soos paddas in ‘n pot water moet hanteer word. Jy stel die hitte stelselmatig op sonder dat daar onmiddelik agter gekom word dat dit warmer word. Dan neem jy af wat jy wil. Dieselfde Ramaphosa het in die 80’s die Oppenheimers genader om ‘n vakbond te stig, (NUM). Wat intussen gebeur het is geskiedenis. Waar sien jy dat ‘n president van ‘n vakbond oornag ‘n multi miloenêr word. Die Ingelse spreekwoord lui, ” you can fool a lot of people for a long time but you cannot fool all the people all the time”, of iets in dier voege. Die probleem is ons sit met ‘n terroriste organisasie wat die regering is. Ons wag maar en sien. Onder Ramaphosa is die Ingelse weer/nog steeds in beheer van ons land. Devide and rule.

John ·

Cyril speel vir die toeskouer en hy voel minder as vere vir witmense vandaar dat hy iets wil kook waarvan hy nie eens moeite hoef te doen om die vere af te trek nie. Laasgenoemde bestuur hy soos hy destyds met die De Klerk-gebroeders gemaak het. Hy glo Afrikaners is almal so dom. Ons jongste president wil die 2019-verkiesing met ‘n 2/3- meerderheid wen. Cyril besit groot plase en beslis nie waar die Xhosas gehou het nie, maar hy praat van ander mense se grond wat witmense het. Die’ man en ons Giga-ekonoom is van dieselfde stoffasie. Hul vreesaanjaende aansitterige Ingels het mens al klaar moeg wat nog die teruggryp na die Mandela-mite vir glansryke effek. Dis waar, ons sal maar weer self moet aanploeter en net op die Hemelvader kan reken vir raad, leiding en proviant.

elisabeth ·

Ramaphosa is ‘n pleaser. Hy is ANC. Die Anc bly die Anc. Natuurlik sal hy onder enige druk val. Hy het klaar toe hy nie aksie geneem het toe hy moes, teen Zuma nie. Dus is sy integriteit nul.

Sy besluite met die begroting is blykbaar volgens die DA nie goed nie. Ek weet nie baie nie, maar ek sien chaos kom.

Ons afrikaners was nog altyd onderdruk. Maar ons kies God, ons vertrou God, en ons sal voor voorsien word deur God. Hy sal ons goeie planne gee en ons help.

Gemaskerde Sopbeen ·

Elisabeth? Dis nou dieselfde God wat NIEMAND geraadpleeg het nie in 1990 toe ‘n verraaier die massas oortuig het om die land weg te gee? NOU soek ons raak en hulp? Sy raad was om die land wat HY aan ons voorvaders gegee het (en waaroor almal nou so opgewonde gil op “geloftedag”) op te pas, uit te bou, en vir ons nageslag ‘n erfenis te laat…..en wat het ons daarmee gedoen? Ons het dit op die grond gegooi en daarop getrap soos ‘n stout kind………..en nou tjank almal krokodil trane en bid dat die spoeg spat. Die nare waarheid is dit: Ons het dit aan onsself gedoen, ons sal dit self moet regmaak…………Hou op bid, en rol daai moue op.

Spikkels ·

Stem ons het dit aan onsself gedoen. Ons moet bid maar ook daadwerklik iets doen bid sonder dade is niks. Rol daai moutjies op en laat sak die broekspyp en doen daadwerklik iets

Casper Labuschagne ·

@Sopbeen, ek moet getuig dat God wel na ons gebede geluister het en ons in die jare voor 1994 van die rand van ‘n burgeroorlog af teruggebring het. Daar was ‘n tydperk in 1992 waar die ganse SA om 12:00 in die middag tot stilstand gekom het en almal lang kettings op straat gevorm het om te bid. As pendelaar wat per trein werk toe gegaan het, het ek self telkemale gesien hoe groepe swartmense treine met pangas aanval, hoe mense uit vensters na hul dood spring, en hoe bebloede lyke vroeg soggens op perronne gelê het – my getuienis is dat God wel na ons gebede geluister het. Persoonlik glo ek steeds dat ons deur ons leiers te nagekom is deurdat hulle om die onderhandelingstafel oorweldig was, maar dit het niks daarmee te doen dat die meeste mense in die land toe wel in gebed vir God gesmeek het op ‘n uitkoms wat nie op ‘n oorlog sou uitloop nie. En jy is reg, ons taak is nou om self ons toekoms te verseker deur ons moue op te rol. En om steeds aan te hou om te bid, want net God kan ons werklik beskerm.

Casper Labuschagne ·

Ramaphosa sal nie ons laksman wees nie, hy is bloot die Judasbok wat al die nodige wetgewing in plek sal stel en ons met sy positiewe beeld sal lei tot op die drumpel van ‘n kommunistiese bedeling. Moet nie die demografie van SA buite die oog verloor nie, met elke verkiesing is daar nagenoeg vyf miljoen nuwe stemgeregtiges – die sogenaamde “born-free” jeugdiges. Dit is juis daardie jeugdiges wat radikaal militant is. Toenemend sal hierdie radikale faksie die ANC se agenda bepaal, soos wat reeds gebeur met onteiening sonder vergoeding asook die aanslag op Afrikaans.

Elizabeth ·

Hoor-Hoor!! Witmense kon nog altyd na hulleself omsien. Ons het net ‘n rukkie slapgelê. Kom ons ignoreer die ANC en begin weer vir onsself sorg. Neem pensioenarisse in diens wat nog weet hoe word dit gedoen en wat al die kundigheid het.

Al ·

Ek stem. Ons moet onsself bemagtig en hoop gee onder ons werklose jeug ook.
Ons sal die slagoffer bly indien ons toelaat dat daar oor ons geloop word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.