Rasbehepte regeringshulp kom neer op ekonomiese moord

Kallie Kriel. Foto: AfriForum

Die ANC-regering se rasbehepte afkeur van minderheidsgemeenskappe het tydens die Covid-19-krisis tot nuwe vlakke van gemeenheid gedaal. Hoe is dit moontlik dat enige regering – veral in ’n tyd waarin duisende kleinsakeondernemings en hul miljoene werknemers om oorlewing veg – ’n sake-eienaar se ras as maatstaf vir die toekenning van hulp kan gebruik?

Die onetiese aard van die regering se optrede word goed uitgebeeld in ’n spotprent deur die spotprenttekenaar David. In dié spotprent roep ’n klomp drenkelinge langs ’n skeepswrak om hulp, maar daar word beveel dat die lewensreddingboeie slegs na swart drenkelinge gegooi mag word. Dit is ondenkbaar dat so iets kan gebeur, maar dit is presies wat president Cyril Ramaphosa se regering tans doen wat betref hulp aan klein ondernemings wat om oorlewing veg. As jy swart is, kry jou onderneming op grond van ras meer punte om vir hulp te kwalifiseer.

Dink jou byvoorbeeld in: ’n Groep siek mense in ’n hospitaal veg om oorlewing, maar die hospitaalbestuurder gee opdrag dat swart pasiënte voorkeur moet ontvang wanneer mediese hulp gegee word. Pasiënte uit minderheidsgemeenskappe word dus volgens dié hospitaal se BEE-pasiëntbeleid aan hulself oorgelaat om maar te sterf. Dit sou op moord neerkom. Dit is daarom nie vergesog nie om te sê dat die ANC-regering se rasgedrewe Covid-19-hulpprogram aan kleinsakeondernemings op ekonomiese moord neerkom wat op minderheidsgemeenskappe gerig is.

Die feit dat die regering die Covid-19-krisis wil misbruik om van minderhede se ondernemings ontslae te raak, mag vir baie mense ’n skok wees. Dit is dalk selfs iets wat hulle weier om te glo. Ongelukkig strook dié standpunt met ’n uitspraak van Ramaphosa byna twee jaar gelede dat Suid-Afrika moeg is vir ondernemings wat deur minderhede bestuur word. Lees gerus The Citizen se berig hieroor hier. Hy sê, onder meer, dat “our own people” sakeondernemings moet bestuur. Teen dié tyd weet ons al dat Ramaphosa se “our own people” nie minderhede insluit nie; dieselfde met sy stelling dat grond in die land aan “our own people” gegee moet word nadat dit sonder vergoeding onteien is.

Die vraag is natuurlik hoe minderhede op hierdie situasie moet reageer. AfriForum se veg-en-bou-plan bied ’n bruikbare antwoord.

Natuurlik moet ons die regering se diskriminasie op elke moontlike terrein beveg. Dit is waarom AfriForum en Solidariteit rassediskriminasie met Covid-19-hulp enduit in die howe en internasionaal op verskillende platforms sal beveg. Ek is oortuig daarvan dat die internasionale veldtog die ANC se rassisme teen minderhede finaal sal ontbloot. Die diskriminasie teen minderhede midde-in ’n krisis plaas die ANC internasionaal in ’n onverdedigbare posisie.

Die vegopsie is egter ’n beperkte deel van die oplossing. Die volhoubare langtermynoplossing is dat ons selfstandig na onsself, ons gesinne en ons eie gemeenskappe moet omsien op die pad na selfbestuur. Die vraag is hoe. Flip Buys se boek Die pad na selfbestuur bied ’n nuttige roetekaart van wat ons te doen staan.

Wat betref die toekoms van ons klein en mediumgrootte ondernemening te midde van die owerheid se rassediskriminasie teen ons, lê die antwoord daarin om ondernemings in elkeen van ons gemeenskappe in ’n helpmekaargees met ons koopkrag te ondersteun.

AfriForum het derhalwe reeds ’n aanlyn sakeplatform by www.afriforumnetwerk.co.za geskep. Sake-eienaars in ons gemeenskappe kan hul ondernemings gratis op AfriForum Netwerk lys, terwyl verbruikers ook gratis op dié platform kan soek na verskillende kategorieë van sakeondernemings in hul plaaslike gemeenskappe.

Sedert die begin van die inperking het die getal ondernemings op dié platform tot meer as 11 000 toegeneem. Dit wys dat lede van minderheidsgemeenskappe toenemend besef dat ons onsself en mekaar sal moet begin help as die regering nie minderhede se sakeondernemings wil help nie.

Die oproep om plaaslike ondernemings te ondersteun, word nie net deur sentiment gedryf nie, maar ook met die wete dat daar baie plaaslike ondernemings is wat gehalteprodukte en ‑dienste lewer. AfriForum Netwerk bied juis ter wille van gehaltebeheer ’n funksie waar verbruikers terugvoering kan verskaf oor die dienste of produkte wat hulle van ’n gelysde sakeonderneming ontvang het.

AfriForum Netwerk word gratis aangebied omdat die doel van www.afriforumnetwerk.co.za is om optimale voordeel vir sowel sakeondernemings as verbruikers in gemeenskappe in te hou. Die helpmekaaringesteldheid het ons voorgeslagte deur verskeie krisisse gedra. Daar is dus geen rede waarom ons geslag nie ook die Covid-19-uitdagings met ’n helpmekaaringesteldheid die hoof kan bied nie.

Ek doen daarom ’n vriendelike beroep op jou om jou vriende en familie van AfriForum Netwerk te vertel. Kom ons staan saam, want saam is ons sterker!

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Kallie Kriel

Kallie Kriel is die Uitvoerende Hoof van AfriForum.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Michael 1 ·

Ek stem saam maar dit is hoe ons sal oorleef en bo ons omstandighede sal uitstyg deur na mekaar te kyk en mekaar te help.

Jan ·

Die bekamping van Covid 19 is lankal nie meer die doel van die inperking nie. Die doel is Radikale Ekonomiese Yransformasie, soos die President in elke toespraak na verwys.
Die BEE wetgewing is in plek en die Solidariteitsfonds is beskikbaar.

Alleen Wolf ·

Ek sê dit al hoelank op hierdie forum, Radikale ekonomiese transformasie is C.R. en sy maatjies se 1ste prioriteit

Adam Adriaan ·

Die doel van die ANC is soos reed gesê is in kommentaar om die klein sake manne te vernietig. Hierdeur verarm hulle die bevolking, maak hulle dan afhangklik van die regering. Hierdeur verkry die ANC beheer oor die bevolking en skop hulle radikale ekonomiese transformasie in, soos reeds by verskeie kere uitgespel is deur CR. Die Covid-19 pandemie speel so reg in die kraal van die sosialistiese regering. Wees op julle hoede hier kom nog groot “Eye Openers”

PH ·

Dit is siek dat Ramaphosa ‘n biologiese pandemie gebruik om sy diskrimenirende idioloië te bevorder

Kanjynoumeer ·

Na Covid-19 wag daar nog groter uitdagings.
Die eerste wat seker die nuus sal haal is Onteiening sonder vergoeding en die res sal volg.

Ons Afrikaners kan nie almal oorsee gaan nie, met verskeie redes.
Vir ons as Afrikaners se toekoms lees gerus DIE PAD NA SELFBESTUUR Anderkant die mislukking van staatsbestuur geskryf deur Flip Buys. Boek kan bestel word by Kraal Uitgewers.

koos ·

Wat die COVIDiote nie verstaan nie, is dat baie van die sogenaamde wit besighede heelwat mense van ander rasse in diens het. So raai dus wie trek aan die kortste ent as die wit besighede tot niet gaan? Ook, dit sal insiggewend wees om die bejaarde Zimbabwiërs te vra wie hulle verkies – Smith of Mugabe?

BoerSonderRoer ·

Ons Boere betaal nou met genot belasting aan die regerings van Amerika, Asië, Europa ens.

SARS kan my gerus ekonomies onderdruk, maar hulle moet my nie in die proses dan belas ook nie.

Emmigrasie of ‘n volkstaat is ons volk se enigste heil in Suid Afrika. So lekker Swaziland net vir die Boere. Ek trek more terug SA toe.

david ·

Ek stem saam dat ons saak nou op Internasionale vlak gepropageer moet word—
Maar Kallie, as jy baie vinnig die buitewereld se aandag wil kry, moet jy wat hier
gebeur koppel aan iets waarin die wereld ‘n baie groot weersin het.
Daardie “IETS” is ‘n stelsel wat deur Hitler gebruik is–met een doel: om die lewe so moeilik
as moontlik te maak vir die Joodse Etniese minderheid–om hulle te dwing om te emigreer…
Kry vir jou Hitler se 1936 Neurenberg deklarasie in die hande….dit staan alles daar..
Hitler het tot en met 1939 die Jode heeltemal uit die samelewing gedwing..op alle gebiede
Ekonomies, onderwys . ens. Daar was bv ‘n regulasie dat as ‘n Jood sou aansoek doen vir ‘n werk
moes hy eers ‘n PERMIT van die regering kry. ..klink vir my na die woorde vir ‘n vakante pos
“slegs persone uit aangewese groepe “mag aansoek doen. Ek kan so aangaan ad infinito…
Maar Kallie, toe ek laas getel het was ONS OOK NET ‘N 8% minderheid..
Sien jy die ooreenkoms ?

Helizna ·

Die probleem is nie net die regering nie, maar aunt Stienie wat Hugo aansê om die polisie te bel elke keer as sy ‘n volksgenoot sien sonder ‘n masker of op die strand of met ‘n hondjie na 9 vm. Volksverraaiers is ons ware probleem.

Hannes ·

Hierdie onderdrukking van die blankes deur BBBEE, 51% swart aandeelhouding as vereistes vir finansiële hulp, slegs finansiële hulp aan klein en bestaansboere, honderde rasistiese wette teen blankes, regters wat weier om teen rasistiese ootrede deur ANC ministers uitsprake te lewer, voorskrifte aan wie en op watter manier voedselhulp te verleen mag word ens vorm deel van ANC se moderne VERSKROEIDE AARDE BELEID !!

Andre ·

Ons almal weet wat gaan van SA word, net ‘n kwessie van tyd!

SomeOne ·

die regering dwing ons wit boere en al die wittes wat waardes het om terug te keer na voor 1994, alle tekens wys daarop

Maria ·

Waarom moet ons Suid Afrika verlaat? Ek hoort ook hier, en ek doen geen mens skade nie, en het nog nooit. Die enigste mense wat hier was oor 80% van die land se area was die Khoe mense. Ek praat nou van 1652, dit is 368 jaar gelede. Die Zulu nasie is eers gestig in Kwazulu-Natal in 1850 rond. Ek vra dus graag, waarom word ons geboelie uit ons eie land?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.