‘Rassisme’ ’n stok om wit mense mee te slaan

kallie kriel

Kallie Kriel die uitvoerende hoof van AfriForum. Argieffoto.

Dit is in almal in Suid-Afrika, asook toekomstige geslagte, se belang dat wedersydse erkenning en respek bevorder moet word tussen die onderskeie gemeenskappe in Suid-Afrika. Pogings om rassistiese uitsprake en optredes uit te roei – indien dit ewewigtig aangepak word – sou steun ontvang van die meerderheid mense in die land. Die wyse waarop die “stryd teen rassisme” egter tans deur die regering, die Menseregtekommissie, linkse aktiviste en sommige media-instellings gevoer word, veroorsaak baie meer rassespanning en polarisasie in ons samelewing as wat dit tot vreedsame naasbestaan bydra.

Die “stryd teen rassisme” in Suid-Afrika het in der waarheid ontaard in ʼn stok wat misbruik word om wit mense mee by te kom. Die openbare diskoers rakende rassisme word deur dubbele standaarde oorheers. Hiervolgens word die rassistiese optrede van selfs ʼn onbekende wit mens met groot ywer hard en aanhoudend aan die groot klok gehang om ʼn valse beeld te skep van hoe rassisties wit mense nou eintlik is. Daarenteen word weinig verontwaardiging uitgespreek wanneer selfs prominente swart mense hulle aan blatante rassisme skuldig maak. Sommige rasbehepte aktiviste voer dit selfs verder deur aan te voer dat swart mense nie rassisties kan wees nie.

Daar is baie meer voorbeelde van hierdie dubbele standaarde as wat hier genoem kan word. Dit is wel nodig om ten minste ʼn paar voorbeelde te noem.

Sparrow vs. Molele

Die bekendste geval is waarskynlik dié van ʼn voorheen totaal onbekende Penny Sparrow wat die onaanvaarbare uitspraak gemaak het om swart mense met bobbejane te vergelyk. Haar dwase uitspraak het die hoofnuus van byna elke media-instelling geword – dermate dat sy ʼn huishoudelike naam geword het en as simbool dien van hoe rassisties wit mense is. Die Menseregtekommissie en ander rolspelers het dadelik ingespring en Sparrow is uiteindelik in die gelykheidshof skuldig bevind en swaar beboet. Daarenteen het ʼn swart onderwyser van Limpopo, Tlou Molele, onlangs wit mense op sosiale media in gekruide rassistiese taal beledig en onder meer geskryf dat wit mense se bestaan die gevolg van ʼn genetiese afwyking is. Afgesien van enkele media-instellings wat dit vermeld het, het die res dit geïgnoreer. Nadat die Menseregtekommissie uiteindelik op aandrang van onder meer AfriForum na die saak gekyk het, is Molele liggies oor die vingers getik. Die feit dat die meeste mense vir wie jy vra, bewus sal wees van wie Penny Sparrow is, maar jou vreemd sal aankyk as jy hulle vra wie Tlou Molele is, dien as bevestiging van hierdie dubbele standaarde in die nuusdekking oor rassisme.

Jacobus Kruger vs. Velaphi Khumalo

Die konstitusionele hof het pas beslis dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens geregverdig was om Jacobus Kruger af te dank nadat hy die k-woord geuiter het. Dit ten spyte daarvan dat die bevinding ná Kruger se dissiplinêre verhoor was dat hy ʼn waarskuwing moes ontvang en 10 dae se salaris verloor. Rassisme vereis volgens die hof afdanking. Tog het die Gautengse staatsamptenaar, Velaphi Khumalo, veel ligter daarvan afgekom nadat hy geskryf het dat wit mense uitgemoor moet word soos wat Hitler die Jode uitgemoor het. Khumalo is bloot deur sy werkgewer, die Gautengse regering, met ʼn waarskuwing oor die vingers getik.

Kampusse

Wit studente loop ook op kampusse onder hierdie dubbele standaarde deur. Dink maar aan die twee Afrikaner-studente by Kovsies wat summier deur prof. Jonathan Jansen geskors is nadat valse bewerings van rassisme teen hulle gemaak is. Jansen het geweier om hulle kant van die saak te hoor. Toe die hof en die Menseregtekommissie die twee studente maande later onskuldig bevind het, was hulle studiejaar reeds daarmee heen. Nog meer vergesog is hoe twee wit vrouestudente by Stellenbosch deur die universiteitsowerhede geboelie is oor hulle dit gedurf waag het om hulle gesigte pers te verf. In teenstelling hiermee het die Universiteit van Pretoria steeds nie vir Luvuyo Menziwa as student geskors nadat hy vroeër vanjaar op die sosiale media geskryf het dat hy wit mense met ʼn bazoeka wil skiet nie. Daar is talle ander gevalle op kampusse waar swart studente anti-Afrikaanse en anti-wit-uitsprake gemaak het sonder dat ʼn haan daarna gekraai het.

Ander sondebokke

Die onrusbarendste geval van anti-Afrikaner-rassisme is die uitspraak van pres. Jacob Zuma dat al die land se probleme begin het met die aankoms van Jan van Riebeeck. Hierdeur is Afrikaners, as nageslag van die aankomeling uit Europa, gebrandmerk as moeilikheidmakers wat geen positiewe bydrae gelewer het nie. Nodeloos om te sê was die Menseregtekommissie en linkse aktiviste se stilswye oor Zuma se rassisme oorverdowend. Zuma is natuurlik nie die enigste senior politieke leier wat anti-Afrikaner-uitsprake maak nie. Min. Lulu Xingwana het byvoorbeeld met verwysing na die Oscar Pistorius-saak haar aan erge rasse-stereotipering skuldig gemaak deur te sê dat Afrikanermans geweldsneigings het en vroue onderdruk. Ook nodeloos om te sê, is Xingwana nie gekruisig soos wat die geval met regter Mabel Jansen was toe sy swart mans se gedrag teenoor vroue gestereotipeer het nie.

“Rassisme-wetsontwerp”

Binne hierdie konteks van dubbele standaarde rakende rassisme, behoort daar groot kommer by wit mense te heers dat die nuwe Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak net ʼn nóg groter stok is wat die regering soek om wit mense mee te slaan. Veral noudat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) met die bekookte klagtes teen min. Pravin Gordhan duidelik getoon het dat hulle polities gedienstig is aan Zuma en sy bondgenote, is dit hoogs waarskynlik dat die NVG ook nie sal huiwer om selektiewe vervolging toe te pas om gedienstig te wees aan die Zuma-regering se pogings om wit mense as die enigste “sondebokke” uit te sonder nie. Dit is een van die redes waarom AfriForum die wetsontwerp teenstaan.

Hoe moet wit mense op die dubbele standaarde reageer?

Dit is belangrik dat wit mense kennis neem van hierdie dubbele standaarde rakende rassisme en alles moontlik doen om dit teen te werk. Een van die beste maniere om dit teen te werk, is natuurlik dat individuele wit mense met hulle optrede sal wys dat die beskuldiging dat wit mense rassisties is, nie waar is nie. Om alle mense se waardigheid te respekteer is nie net die regte ding om te doen nie, maar sal ook voorkom dat daar skietgoed gegee word aan diegene wat daarop uit is om wit mense by te kom.

Wit mense moet ook nie toelaat dat valse beskuldigings van rassisme hulle onderkry en sensor nie. Die strategie om wit mense wat ʼn geldige standpunt inneem of ʼn beswaar opper, die swye te probeer oplê deur hulle van rassisme te beskuldig, raak nou afgesaag. Ek is self al tydens debatsgeleenthede wanneer die opponerende party nie ʼn antwoord het nie, as ʼn rassis afgemaak. Aangesien ek weet dat dit nie waar is nie, is dit deesdae vir my soos water wat van ʼn eend se rug af loop.

Om die dubbele standaarde oor rassisme te help pak, het AfriForum besluit om voortaan ʼn nog groter fokus daarop te plaas om toe te sien dat anti-wit-rassisme dieselfde openbare aandag kry as anti-swart-rassisme en dat die selektiewe uitdeel van strafmaatreëls beveg word. Slegs wanneer rassisme deur wit én swart oor dieselfde kam geskeer word, kan ons wesenlike vordering maak om ʼn samelewing te bou waar wedersydse erkenning en respek aan die orde van die dag is.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Kallie Kriel

Kallie Kriel is die Uitvoerende Hoof van AfriForum.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Theuns ·

Baie dankie Kallie wat jy, AfriForum en Solidariteit vir ons doen! Ons trek swaar aan die onreverdigheid en polities korrektheid van die Media wat probeer om “BROWNIES” te “SCORE” by Swartmense. Malema kan byvoorbeeld na Afrikaners verwys as “Boys” maar jy mag nie die selfde woord gebruik om byvoorbeeld na Zulus te verwys nie! Groete.

Pietman ·

Goeie atikel. Kan iemand asb dit vertaal en die wêreld instuur. Dit moet defnitief by die VN uitkom. Help nie Kallie sê ons iets wat ons reeds weet nie. Die wêreld moet kenins neem hiervan.

Nakkie ·

Kallie, baie goeie artikel. Ek sal graag wil hoor hoe jy die EFF antwoord wanneer hulle beweer dat Afriforum ‘n boeremag is, en ook vra dat Afriforum net so hard moet veg vir hierdie swart man in die “coffin case”. Ek verstaan die mandaat van Afriforum, maar weet nie hoe om dit te verwoord aan iemand anders nie.

Neewat ·

Die EFF veg vir geen blanke nie, inteendeel hulle blaas haat teen blankes aan en waarsku hoe hulle ons gaan AFSLAG, hoekom nadat hulle Afriforum ‘n boeremag genoem het verwag hulle hulle moet optree in die doodskis saga? Voel ons Afrikaners regtig so skuldig dat ons weereens politiek korrek gaan wees en die doodskis saga gaan aanvat? Dit is indiwidue wat dit aangevang het, kom ons ignoreer dit soos die EFF die “shooting whites with my bazooka” geignoreer het sowel as “&&& all whites” en “kill the boer” .. Hulle het alles geignoreer asof dit nooit gebeur het nie, ons moet ook maar die coffin case (alhoewel ‘n groot verleentheid) ignoreer, it never happened.!

Winston ·

Ek dink die wêreld weet waardeur ons gaan in SA. Min spreek hulle uit daaroor en ander ignoreer dit eenvoudig net. Steve het ook reeds baie se aandag hierop gevestig en die kandidaat van VSA het ook n opmerking gemaak hieroor. Baie dankie vir leiers soos Kriel en ander wat n moeisame taak op hulle geneem het om wit afrikaner belange te verdedig. Ons is huidiglik op onsself aangewese, maar dit kan verander. Ons het nog te veel om te verloor.

Lance ·

Dit is n stok en moet asb end kry of my belastinggeld kry ook end !

Cilliers van Niekerk ·

Als redelik, waar en gevolglik treurig en onrusbarend, maar dit verdien seker beter proeflees en redigering as twee keer se “rassime”, met een sommer in die hoofopskrif! A nee a, Maroela!

Landi Slatter ·

Dagsê Cilliers

Dankie vir jou terugvoer! Ons vra om verskoning vir dié growwe oorsig. Die berig is gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Jaycee Krüger ·

Nog nooit is rassisme so openlik en blatant gebesig soos nou nie. Nie eers in die “Hey days” van apartheid nie! Haat, anargie en geweld word gestook deur rassehaat aan te blaas. Dit affekteer ook vir ons, en ons eerste reaksies is ook nie altyd liefdevol nie. Laat ons die stille meerderheid wat WEL in harmonie leef ondersteun met konstruktiewe boodskappe soos hierdie. Ter wille van ons geliefde land.

Deon ·

Wat is “rassisme”? Thomas Sowell beskryf dit as volg “The word racism is like ketchup. It can be put on practically anything – and demanding evidence makes you a “racist””. Die konsep, en aantuiging, van rassisme is ‘n amorfe van aard – dit word daagliks aangepas om ‘n narratief te pas waar blankes inherent euwel is en nie-blankes skuldlose engels is wat vertrap word deur blankes vir geen goeie rede. Deesdae is patroonherkenning binne ander ras / etniese groepe se optredess ook rassisties – (wat hierbo beskryf word as stereotipering) hoewel in die natuur is dit ‘n oorlewings meganisme is. M.a.w. natuurlike instinkte is “rassisties”. Hoe belaglik – volgens hierdie logika is diere in die natuur dan ook “rassisties”. Dit is hierdie einste “misdaad” waaraan Regter Mabel Jansen (en elke liewe persoon wat sy beursie stywer vashou wanneer hy in ‘n inkopiesentrum tussen groepe nie-blankes beweeg) hom of haar skuldig maak. “Wit bevoorregting” is ‘n uitbreiding van die “rassisme” konsep. Hierdie term het ten doele om blankes te ontmenslik as euwel slegte wesens deur die blote feit dat hulle met te min melanien gebore is. Die hele aanklag van rassisme moet verwerp word met die minagting wat dit verdien

Chris du Plessis ·

Dis reg kallie.
En dit gaan nooit verander nie. Tyd om selfbeskikking openlik te bevorder … or else..

Theresa ·

Dankie Kallie en jou personeel wat so hard werk om ons te beskerm teen die aanslae van boelies. Jy’s reg dat elke mens ‘n ander moet respekteer (raak al hoe moeiliker met dié dat grashalmgrypery maak dat wittes as die slegtes uitgekryt word – sommer oor die algemeen!). Ek moet sê, ek is trots op ons ou paartjies in die land – reeds seker bitter min oor, aangesien moord en doodslag daagliks voortduur. Ons bly mooi rustig so onder al die houe. Ons bly asseblief en dankie sê. Ons probeer hard om ons koppe omhoog te hou.

Moedeloos ·

Luister maar net daagliks na radio 702, veral sekere omroepers tussen 7 en 12 in die oggend – om te hoor hoe anti-wit propaganda elke dag in mense se koppe ingeprent word. Hoe rassisme dag na dag aangeblaas word. Hoe wit mense elk dag uitgebeeld word as die rede vir alle swart misrabelheid. Hoe liberale linkse politiek tot die absolute waarheid opgehemel word.

En skokkend genoeg: hoeveel witmense inbel om die sienings te ondersteun. As hulle nie stokke kry om ons mee te slaan nie, dra ons sommer self nog aan….

Andrea ·

Ek het na 702 geluister vir al die jare vandat John Burkes dit laat omskep het in gesels radio. Gevoel dat daar redelike balans was met al die verskillende opinies wat gelug word; beide wit én swart. Baie kop gestamp met rassistiese uitsprake (swart teenoor wit) van omroepers deur die jare. Maar iets het nou onlangs drasties verander en dis glad nie meer ‘n plesier om na 702 te luister nie… dus het ek vaarwel geroep aan dié radiostasie na meer as 25 jaar. RIP

Daniel ·

Ons is goed genoeg om groot bedrae belasting te betaal wat in meeste gevalle wanbestee word maar word soos vreemdelinge in ons eie land behandel en gedreig en beledig, dit moet end kry!!!!

Ena Diedericks ·

Ons weet sekerlik dat die retoriek uit die hel kom en verder gestook word deur liberale media. Die media-aanval op Donald Trump was geweldig en die liberales is werklik met vrees gelaat toe hulle kandidaat – wat vergeefs $ biljoen spandeer het op negatiewe propaganda – tog oorwin is. Ons kan nie hierdie stryd in eie krag wen nie. Dit sal ons volk goed doen om die oproep tot keer na God ernstig op te neem. Ek weet vir ‘n feit dat daar gebedskringe vir Amerika al geruime tyd aan die gang is. Ek weet van gemeentes wat met lang periodes van vas en gebed namens die volk ingetree het. Ons eie harte en gewetes moet ondersoek en gereinig word sodat God vir ons kan optree. Ons Afrikanervolk is tog nie nog ‘n sekulêre volk nie. Ons het ‘n Vader. Laat ons die band met Hom regkry – dan sal Hy vir ons veg. Hy sal ons pad oopmaak vir guns en vryheid van menswees. Maar ons besef dat ander bevolkingsgroepe ook gruwelik benadeel en beïnvloed word en die aanhoudende leuen retoriek eggo heeldag in die luisteraars se ore. Ons stemme, ons getuienis moet luider aangehoor word. Laat die reine waarheid die huidige retoriek vervang. Ons is dankbaar vir elke publikasie, elke groep en elke individu wat die leuens verkeerd bewys deur word en daad.

Fanie ·

Lesers lewer gereeld goedbedoelde kritiek op Maroela. Ek wonder egter of mense weet wat dis kos en verg om so webblad te bedryf? Wat kan ons as lesers doen om te help om Maroela nóg beter te maak? Kan ons nie lesers vra om bv advertensies te werf nie?

Danie ·

Rassisme word deur nie-blankes in dieselfde konteks gebruik as die k-woord. Die twee woorde loop hand aan hand. As die k-woord verban word moet die woord rassis ook verban word. Waar die k-woord ongelowige glo aan niks beteken dink ek dat die woord rassis meer haatdraend is as die k-woord.

Johnny ·

Dankie Kallie. Jy het verwoord wat mense dink en oor praat. Ek het ‘n hele paar jaar gelede dit ook sien kom. As blanke het jy geen kans om iets daaraan te doen nie. Daarom het ek myself en my gesin in ‘ n ander land kom vestig. Die rassisme stok is oorals maar ek kan met dit saamleef waar ek nou is. Hier is ten minste oop diskoers oor wat rassisme is en wat nie.
Suid Afrika is ‘n verloor saak. Daar sal nie vrede wees alvorens die blankes totaal vernietig / uitgemoor is nie.

LongGone ·

Goeie artikel – maar julle mis iets belangrik. Die buiteland lees nie Afrikaanse nuus nie. Daar is geen blootstelling as ons in ons eie taal bevestig wat ons alreeds weet nie. Letterlik niemand met wie ek gepraat het in die USA of New Zealand byvoorbeeld, het ‘n clue oor wat in SA aangaan nie. Al wat die buiteland van ons weet is dat die movie Chappie en Invictus hier gefilm was, hulle weet van Mandela en hulle beskou Apartheid as SA se moeilikste tyd.

Zirk ·

Mandela se versoenende beleid het die potensiaal gehad om rassisme na jare grootliks uit te wis. Maar in Mbeki se wagbeurt, het die ANC valke, d.i. die rassisme drywers, die oorhand oor die duiwe gekry. Mbeki het lustig meegedoen. Zuma was en is vanaf die begin ‘n rassis en sy uitsprake bewys dit. Vandag is rassehaat in SA erger as ooit tevore en buite beheer.
Ek skryf dit toe aan die blatante aanhitsing van ANC leiers en dawerende stilswye van blankes. Sodoende bly die waarheid stil en die leun word wyd verkondig. Dus, die swart jeug bly oningelig oor die werklike geskiedenis van die land EN die blanke se geskiedenis.
So, oningeligtheid van beide kante voed rassisme.

Leon Poolman ·

Die wortel van hierdie “rassistiese” aanvalle is as gevolg van vrees en ‘n diepe minderwaardigheids kompleks. Baie van hierdie aanvallers is niks anders as boellies nie. Hulle het getalle, media ens. nodig om hulself te probeer laat geld. 1 tot 1, beteken hulle niks en ‘ rasse aanval dink hulle, (en dit gebeur soms), gee hulle die “unfair advantage”. ‘ n Praktiese teenfoeter is om in die situasie kliphard in die aanvaller se gesig te lag. As jy dit sou lees of hoor in die regte geselskap, lag uitbundig. Dit doen jou ook die wêreld se goed. En soos Kallie sê, laat die media stories van jou rug af rol

hansie ·

Dankie vir die still oor rasisme my werk kolega sit in die selfde bootjie ek het hom die still laat Lee’s om perspektief te kry dit is n saak hy se ek se ek kan getuig day ek nie die K world gehoot het want my Kantor deur is net oorkant die klaar het geen getuie my kolega is aandeel om my nie te gebruik as getuie en hy man ook nie sy Kant van die saak stel ons werk het sy eie regstelsel en ek kan jou se die burgerlike stelsel is nie so erg soos by ons jy word leterlik verkleineer .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.