Brief aan die speaker van die parlement
Agbare me. Baleka Mbete
AfriForum is ’n nie-regerings-, burgerregte-organisasie wat veral fokus op die beskerming van minderheidsgemeenskappe se regte. Die organisasie het geen verbintenis met enige politieke party nie en funksioneer op die filosofie dat ’n demokrasie waarin die regte van minderheidsgemeenskappe en die pleidooi van die burgerlike samelewing nie ernstig opgeneem word nie, nie as ’n demokrasie beskryf kan word nie. Volgens ons jongste syfers, verteenwoordig ons meer as 95 000 lede waarvan die meeste individuele gesinne verteenwoordig.
Na afloop van die staatsrede en die parlementêre debat wat daarop gevolg het, het ons verskeie klagtes van ons lede ontvang insake die gedrag van sommige openbare verteenwoordigers.
By verskeie geleenthede die afgelope week is uitlatings gemaak deur verskeie lede van die nasionale vergadering wat slegs as blatante rassisme beskryf kan word. In een geval was dit die uitlating deur die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, wat verklaar het dat wit mense diewe is en dat grond wat aan wit mense behoort gevat moet word op ʼn wyse wat teen die Suid-Afrikaanse Grondwet asook die oppergesag van die reg indruis.
Ons is ook gegrief oor die gedrag van lede van die nasionale vergadering in die geheel. Dit wil voorkom of die nasionale vergadering in ʼn huis van beledigings en politieke loesings verander het en nie meer ʼn plek van opbouende debat is oor die belange van belastingbetalende Suid-Afrikaners nie. In een geval het die adjunkspeaker, die agbare Lechesa Tsenoli, selfs sy kommer uitgespreek dat lede van die nasionale vergadering die huis “onmoontlik maak om te beheer”.
AfriForum erken dat daar sekere reëls is wat in die parlement geld en dat lede van die nasionale vergadering parlementêre privilegie het om hulself uit te druk op welke wyse ook al. Die reël van parlementêre privilegie is egter ingestel as ʼn metode om verantwoordbaarheid te bewaar, maar die manier waarop dit tans uitgevoer word bereik die teenoorgestelde. Die voortdurende slingering van beledigings, veral teenoor minderheidsgemeenskappe wat nie genoegsaam in die nasionale vergadering verteenwoordig word nie, is afbrekend vir sosiale kohesie en wedersydse erkenning en respek, en dit sal net die intergemeenskaplike verhoudings in die land – wat reeds tenger is – verder destabiliseer.
Indien die afgelope week gesien kan word as ʼn aanduiding vir die volgende vyf jaar, is AfriForum diep bekommerd dat die publiek hul vertroue in die parlement sal verloor – ʼn werklikheid wat reeds sigbaar is in minderheidsgemeenskappe wat die slaansak van Suid-Afrikaanse politiek geword het.
Met hierdie brief doen AfriForum ʼn formele beroep op die speaker van die nasionale vergadering om nie met ligte woorde orde te probeer handhaaf nie, maar om streng te wees, nie net in die toepassing van basiese parlementêre reëls nie, maar om ook openbare verteenwoordigers tot orde te roep, veral wanneer hulle disrespekvol teen minderheidsgemeenskappe uitvaar.
Ons vertrou dat u hierdie brief in goeie gees sal ontvang.
Met vriendelike groete
Ernst Roets
Adjunk uitvoerende hoof
AfriForum
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Ek dink nie die witmens het meer n toekoms in die land nie.Ons word orals uitgedryf en behandel soos gemors.Op die ou einde gaan ons moet oppak en trek.
Ek dink nie die witmens het meer n toekoms in die land nie.Ons word orals uitgedryf en behandel soos gemors.Op die ou einde gaan ons moet oppak en trek.
Seer sekerlik is daar ook ‘n dragkode vir die parlement en moet die klomp narre met hulle rooi overalls beslis aangespreek word. Maak ‘n voorbeeld van hulle en weier hulle toegang indien hulle nie die dragregulasies wil gehoorsaam nie. Hulle maak net ‘n bespotting van die parlement !!!
Seer sekerlik is daar ook ‘n dragkode vir die parlement en moet die klomp narre met hulle rooi overalls beslis aangespreek word. Maak ‘n voorbeeld van hulle en weier hulle toegang indien hulle nie die dragregulasies wil gehoorsaam nie. Hulle maak net ‘n bespotting van die parlement !!!
Marius, om jou goed te vat en te trek is nie so maklik nie. Dit beteken jy gee op, op Afrikaans wees. Wat ons eerder moet doen is om ons mense saam te groepeer en areas uit te koop waarbinne ons kan vorentoe boer. Hierdie saam blyery met mense wat ons nie die son gun nie, gaan nie werk nie. hoe gouer ons dit agterkom hoe beter.